DANKBAAR dankbaar...nie-Christelike prinsipe speel ʼn groot rol. Dit wys hoe die Franse Christus se...

2
Nuusbrief 4 2018 Oorlog tussen president Macron en die Geel baadjies? Algemene ontevredenheid oor veral brandstofbelasting en die lewenstandaard. Vir ʼn maand lank al is daar optogte, geweld en groot skade. Die mooi Champs Elysée straat (een van die duurste strate per vierkante meter in die wêreld) lê in puin (Sien foto). 12 000 polisiemanne is opgeroep. Mense sterf en word beseer – anargie word gevrees. Op die oomblik wat ek skryf brei die geweld uit na die skole oor die land. ʼn Slagspreuk “Koning” Macron se kop moet waai - feitlik soos tydens die Franse Rewolusie. Onreg word ervaar. Daarby ondankbaarheid, mense algehele regte (sonder noodwendige verantwoordelikhede) en nie-Christelike prinsipe speel ʼn groot rol. Dit wys hoe die Franse Christus se vrede, liefde en die Bybel se waardes broodnodig het. In die hele Franse geskiedenis was daar maar min tyd om die Bybel in vryheid te kon lees. Ons weet van die Franse Hugenote wat moes vlug uit Frankryk weens groot vervolging. Frankryk se verlies was Suid-Afrika se wins. As gelowiges het ons soveel om voor dankbaar te wees. Ewige redding in Christus, oorvloedige hemelse seëninge, baie beloftes en ʼn ewige hoop... Maar ook al die seëninge van ons Hemelse Vader tydens ons aardse lewe. Jesus is steeds op die troon in die deurmekaar wêreld. Wanneer dit 0° is hier in Frankryk sê ons dankie vir gas en elektrisiteit en bid sommer vir ons geliefde land Suid-Afrika se mense. BID asb. vir owerhede in Frankryk sodat daar vrede kan kom en die Evangelie steeds voort kan gaan. Martin de Lange wat tans onder die Turke in Frankryk werk het gehelp om twee Turkse geestelike leiers deur VERITAS op te lei. Hulle is flukse studente. Turkse gemeentes spring oral op in Frankryk. Dit in ʼn tyd waar soveel radikale Moslems in die Paryse voorstede juis van die ontevrede politieke klimaat gebruik maak. Die Islamisme word geskets as die enigste alternatief vir ʼn deurmekaar verkeerde konsep van die sogenaamde “Westerse Christendom”. God oor-regeer en bou steeds Sy kerk. DANKBAAR Hoe sê ʼn mens dankie vir mense soos julle wat opofferend oor jare vir God se Koninkryksaak in Frankryk gee. Nog nooit oor die 35 jaar se Sendingwerk hier was ons yskas leeg nie. Ons kon maand na maand aangaan danksy julle oop harte en liefde vir God. Hy wat ons geroep het bly getrou. Hy voorsien deur mense soos julle vir die GELOOFSENDING (wat net deur vrywillige gawes funksioneer). Mag die Here julle seën. Maleagi 3.10 Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1Tess. 5:18

Transcript of DANKBAAR dankbaar...nie-Christelike prinsipe speel ʼn groot rol. Dit wys hoe die Franse Christus se...

Page 1: DANKBAAR dankbaar...nie-Christelike prinsipe speel ʼn groot rol. Dit wys hoe die Franse Christus se vrede, liefde en die Bybel se waardes broodnodig het. In die hele Franse geskiedenis

Nuusbrief 4 – 2018

Oorlog tussen president Macron en die Geel baadjies? Algemene ontevredenheid oor veral brandstofbelasting en die lewenstandaard. Vir ʼn maand lank al is daar optogte, geweld en groot skade. Die mooi Champs Elysée straat (een van

die duurste strate per vierkante meter in die wêreld) lê in puin (Sien foto). 12 000 polisiemanne is opgeroep. Mense

sterf en word beseer – anargie word gevrees. Op die oomblik wat ek skryf brei die geweld uit na die skole oor die land. ʼn Slagspreuk “Koning” Macron se kop moet waai - feitlik soos tydens die Franse Rewolusie. Onreg word ervaar.

Daarby ondankbaarheid, mense algehele regte (sonder noodwendige verantwoordelikhede) en

nie-Christelike prinsipe speel ʼn groot rol. Dit wys hoe die Franse Christus se vrede, liefde en die Bybel se waardes broodnodig het. In die hele Franse geskiedenis was daar maar min tyd om die Bybel in vryheid te kon lees. Ons weet van die Franse Hugenote wat moes vlug uit Frankryk weens groot vervolging. Frankryk se verlies was Suid-Afrika se wins.

As gelowiges het ons soveel om voor dankbaar te wees. Ewige redding in Christus, oorvloedige hemelse seëninge, baie beloftes en ʼn ewige hoop... Maar ook al die seëninge van ons Hemelse Vader tydens ons aardse lewe. Jesus is steeds op die troon in die deurmekaar wêreld. Wanneer dit 0° is hier in Frankryk sê ons dankie vir gas en elektrisiteit en bid sommer vir ons geliefde land Suid-Afrika se mense. BID asb. vir owerhede in Frankryk sodat daar vrede kan kom en die Evangelie steeds voort kan gaan.

Martin de Lange wat tans onder die Turke in Frankryk werk het gehelp om twee Turkse

geestelike leiers deur VERITAS op te lei. Hulle is flukse studente. Turkse gemeentes

spring oral op in Frankryk. Dit in ʼn tyd waar soveel radikale Moslems in die Paryse

voorstede juis van die ontevrede politieke klimaat gebruik maak. Die Islamisme word

geskets as die enigste alternatief vir ʼn deurmekaar verkeerde konsep van die

sogenaamde “Westerse Christendom”. God oor-regeer en bou steeds Sy kerk.

DANKBAAR

Hoe sê ʼn mens dankie vir mense soos julle wat opofferend oor jare vir God se

Koninkryksaak in Frankryk gee. Nog nooit oor die 35 jaar se Sendingwerk hier

was ons yskas leeg nie. Ons kon maand na maand aangaan danksy julle oop

harte en liefde vir God. Hy wat ons geroep het bly getrou. Hy voorsien deur

mense soos julle vir die GELOOFSENDING (wat net deur vrywillige gawes

funksioneer). Mag die Here julle seën. Maleagi 3.10

Wees in alle omstandighede dankbaar,

want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1Tess. 5:18

Page 2: DANKBAAR dankbaar...nie-Christelike prinsipe speel ʼn groot rol. Dit wys hoe die Franse Christus se vrede, liefde en die Bybel se waardes broodnodig het. In die hele Franse geskiedenis

Mag julle gedurende 2019 elke dag God se teenwoordigheid ervaar. Vertrou God - Hy

sal vir jou sorg.

Na 500 jaar sedert Calvyn se geboorte en na feitlik vier jaar se onderhandelinge met die dorpsbestuur is

die groen lig gegee vir die aankoop van die Teatersaal om dit in ʼn Kerkgebou te omskep. Die afgelope jaar

het God genoegsame fondse voorsien vir die koop. Daar is ’n paar sale vir die erediens, vir jeugwerk en

kinders. Die gemeente groei steeds met rasse skrede. SOLI DEO GLORIA. Al die eer aan God alleen.

Die mediese ondersoek toon ongelukkig dat albei sy niere tans in ʼn baie slegte toestand is. Die

mediese span dink ʼn nieroorplanting sal nodig wees voor Simon 10 jaar oud is. Ons glo God kan

genesing bring en hou in die geloof aan ʼn Almagtige en Soewereine God vas. Bid asseblief en

vertrou saam vir God se wil. “Aan God wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om

oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe...” Efes.3.20, 21

“Laat U Koninkryk kom” “Stuur werkers vir U oes” is sekerlik gebedsversoeke deur verskeie Suid-Afrikaners wat Bretagne in Gebed aangeneem het. Tannie Alethea Pansergrauw van Hermanus is een van die getroue voorbidders. God antwoord gebede. REGS is ons eerste CEF werker na feitlik 70 jaar in die streek. Marie-Helene het al ʼn stywe program om saam met gemeentes uit te reik in die Noord-Westelike hoek van Frankryk. Die gemeente by DOL-de-Bretagne waar Suid-Afrikaners oor twee jaar uitgereik het is baie aktief. Nuwe lidmate arriveer. Verskeie evangelisasie-aksies. ʼn Tweede predikant werk veral daarop. ʼn Paar mense sal binnekort gedoop word. Hulle hoop om ʼn dogterkerk in PONTORSON te begin deur eenmaal ʼn maand ʼn erediens te hou in ʼn Historiese Protestantse gebou uit die 16e eeu. Die Suid-Afrikaanse span het in dié gebou God gebid dat dit weer ʼn Kerkgebou sal word en dat God dit vul met gelowiges... Bid en vertrou asseblief saam.

BYDRAES PER TJEK:

Maak asb. uit aan : “Child Evangelism Fellowship” Spesifiseer asb: VIR “ds J. F. Bloemhof Nr 30” Stuur asb. u tjek- bydraes aan : CEF posbus 3139 Somerset-Wes 7129

BANK/INTERNET of STOPORDERS Bank: FNB Rek. naam: Child Evangelism

Fellowship; Verwysing: Meld asb. u NAAM en VAN en sê:” VIR ds J.F. Bloemhof nr 30” Rek. nr.: 53 800 042 847 Takkode: 200912 Stuur ʼn afskrif van u inbetalings aan [email protected] of

Faks 086 540 6700 vir ʼn amptelike kwitansie.

Navrae: Mnr. Ernest van Zyl Tel 0817367679 E-pos:

[email protected]

DEBIETORDERS vorms, Nuusbriewe en Gebedsversoeke: beskikbaar by [email protected] Tel +33160861989 Sel +33649422585

“Vrees in ʼn deurmekaar wêreld” was die

tema van ons Franse Kinderevangelisasie

span by die onlangse Herfs Nasionale

byeenkoms. Voor op die foto is ons seun

Jean met Holly sy vroutjie en hulle twee

dogtertjies Anna en Sophie. Almal het die

hartsbegeerte om aan kinders die Evangelie

te bring. Dankbaarheid en waardering, liefde,

omgee en geestelike toerusting is oor vier

dae beleef. God se GENADE.