CVO GROMARgromar.co.za/uploads/Omsendbrief 5 van 2018.doc · Web viewFrans Eksteen (072 611 0634),...

13
Posbus 888 * Groblersdal * 0470 Tel. no.: (013) 262 5419/5334 Finansies E-pos: [email protected] Admin E-pos: [email protected] Omsendbrief 5/2018 14 Februarie 2018 Geagte Ouers Dit is vir ons aangenaam om die volgende inligting aan u deur te gee en ons vra u samewerking in verband met reëlings wat deurgegee word. 1. REGTE KANALE : Ons het verlede week die regte kanale wat gevolg moet word in Omsendbrief 4 aan u deurgegee. Ons wil u aandag daarop vestig dat geen ander kanale gevolg mag word nie! 1.1 KLEUTERSKOOL : Ouers gesels eers met die betrokke onderwyseres. Indien u nie tevrede is nie, dan met die hoof van die Kleuterskool, naamlik Mev. Karlien Wessels. As u dan daarna nog nie tevrede is nie, is u welkom om met die Skoolhoof, Mnr. Gerhard Swart te kom gesels. Sou u daarna nie voldoende reaksie kry nie, dan kan u ‘n afspraak maak met die Dagbestuur van die Opvoedingsraad. Hulle is mnr. Frans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), André Wessels (082 444 9724) en Wouter Scholtz (083 290 1032). 1.2 LAER- EN HOëRSKOOL : Minder ernstige gevalle gesels u eers met die betrokke onderwyseres. Indien u nie tevrede is nie, dan met die hoof van die skool, naamlik Mnr. Swart. Ernstige voorvalle kontak u eerste vir mnr. Swart. Sou u dan nie voldoende reaksie kry nie, is u welkom om ‘n afspraak te maak met die Dagbestuur van die Opvoedingsraad. Hulle is mnre. Frans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), 1

Transcript of CVO GROMARgromar.co.za/uploads/Omsendbrief 5 van 2018.doc · Web viewFrans Eksteen (072 611 0634),...

Page 1: CVO GROMARgromar.co.za/uploads/Omsendbrief 5 van 2018.doc · Web viewFrans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), André Wessels (082 444 9724) en Wouter Scholtz

Posbus 888 * Groblersdal * 0470 Tel. no.: (013) 262 5419/5334

Finansies E-pos: [email protected] Admin E-pos: [email protected]

Omsendbrief 5/2018 14 Februarie 2018

Geagte Ouers

Dit is vir ons aangenaam om die volgende inligting aan u deur te gee en ons vra u samewerking in verband met reëlings wat deurgegee word.

1. REGTE KANALE:

Ons het verlede week die regte kanale wat gevolg moet word in Omsendbrief 4 aan u deurgegee. Ons wil u aandag daarop vestig dat geen ander kanale gevolg mag word nie!

1.1 KLEUTERSKOOL:

Ouers gesels eers met die betrokke onderwyseres. Indien u nie tevrede is nie, dan met die hoof van die Kleuterskool, naamlik Mev. Karlien Wessels. As u dan daarna nog nie tevrede is nie, is u welkom om met die Skoolhoof, Mnr. Gerhard Swart te kom gesels. Sou u daarna nie voldoende reaksie kry nie, dan kan u ‘n afspraak maak met die Dagbestuur van die Opvoedingsraad. Hulle is mnr. Frans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), André Wessels (082 444 9724) en Wouter Scholtz (083 290 1032).

1.2 LAER- EN HOëRSKOOL:

Minder ernstige gevalle gesels u eers met die betrokke onderwyseres. Indien u nie tevrede is nie, dan met die hoof van die skool, naamlik Mnr. Swart. Ernstige voorvalle kontak u eerste vir mnr. Swart. Sou u dan nie voldoende reaksie kry nie, is u welkom om ‘n afspraak te maak met die Dagbestuur van die Opvoedingsraad. Hulle is mnre. Frans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), André Wessels (082 444 9724) en Wouter Scholtz (083 290 1032).

Van die skool en die Opvoedingsraad se kant, wil ons regtig probeer om alle kommunikasie lyne tussen die skool en die ouers oop te hou en dit is slegs moontlik as u met ons kom gesels. Kom ons vat hande in dié verband. Dit is tog alles “Ter wille van ons kinders”.

2. NOORD-STREEK ATLETIEK:

Baie geluk aan al die leerlinge wat deurgedring het na die Oos-Transvaal atletiek byeenkoms. Ons is trots op julle.

1

Page 2: CVO GROMARgromar.co.za/uploads/Omsendbrief 5 van 2018.doc · Web viewFrans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), André Wessels (082 444 9724) en Wouter Scholtz

3. PAARDEKRAAL BYEENKOMS:

Baie sterkte aan al die atlete wat aan die Paardekraal byeenkoms gaan deelneem eerskomende Vrydag, 16 Februarie 2018..

Ons gee vir u weer die inligting van die Paardekraal byeenkoms:

Datum : Vrydag 16 Februarie 2018 Plek : DP de Villiers Stadion, Sasolburg Tyd : Eerste items neem ‘n aanvang om 12:00 Toegang : R25 per volwassene, R10 per nie-deelnemende kind Beamptes vergader : 11:00 Akkommodasielys vir Sasolburg hierby aangeheg. (Bylaag A)

Slegs die leerlinge wat by Paardekraal byeenkoms deelneem, word Vrydag aanwesig gemerk. Indien skoolgaande boeties en sussies saam gaan, maar nie deelneem nie, word hulle afwesig gemerk.

Dit is eerskomende Vrydag ‘n gewone skooldag vir die res van die kinders wat nie na Paardekraal toe gaan nie.

4. OOS-TRANSVAAL KAMPIOENSKAPPE:

Hiermee die inligting vir die Oos-Transvaal atletiek byeenkoms:

Datum : 3 Maart 2018

Plek : HTS Middelburg atletiekveld

Opening : 07h45 (Atlete meld 07:30 aan) (Beamptes meld 07:00 aan)

Kleredrag Noordstreek atlete : Blou Suidstreek atlete : Rooi Alle beamptes : Wit en Blou

Die Oos-Transvaal registrasie-gelde is R80 per atleet wat voor of op Vrydag, 22 Februarie inbetaal moet wees. Atlete mag vir 6 items inskryf.

Neem asseblief nou reeds kennis dat geen ouer of atleet op die veld mag beweeg of afrig tydens die verloop van ‘n item nie. Dit kan tot diskwalifikasie van die deelnemer lei.

Ons benodig beamptes wat behulpsaam kan wees by die Oos-Transvaal atletiek byeenkoms. Vir elke 6 atlete moet daar 1 beampte gestuur word. Indien ons nie genoeg beamptes kan stuur nie, mag ons atlete nie deelneem nie. Ons maak asseblief staat op u samewerking. Voltooi die aangehegte skeurstrokie en stuur so gou moontlik terug skool toe.

2

Page 3: CVO GROMARgromar.co.za/uploads/Omsendbrief 5 van 2018.doc · Web viewFrans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), André Wessels (082 444 9724) en Wouter Scholtz

5. VLOOT BLOU T-HEMDE:

Vlootblou T-hemde kan by mev. Almari Genis bestel word vir die Oos-Transvaal atletiek byeenkoms van 3 Maart. Ouers moet direk met mev. Genis reël en die geld moet by haar inbetaal word. Die T-hemde is R80 per hempie en in alle groottes beskikbaar.

6. MNR. EN MEJ. “HARTJIE-MY-LIEFIE” ETE:

Ons vertrou dat die Graad 1 tot Graad 7 leerlinge die “Mnr en Mej “Hartjie-my-Liefie”-ete sal geniet wat Donderdagaand plaasvind. Baie sterkte aan die Graad 11 leerlinge. Ons gee weer vir u die inligting deur.

Wanneer : Donderdag, 15 Februarie 2018

Waar : Lapa by skool

Tyd : 17:30 – 19:30

Drag : Semi-Formeel (Langbroek en mooi rokkie)

Koste : R60 per persoon (Ete en een koeldrank ingesluit)

7. VERKENNERS ETE:

Die Verkenners-ete van eerskomende Vrydagaand word uitgestel tot latere kennisgewing.

8. GROENTJIEKONSERT:

Die Groentjiekonsert is vervroeg na Dinsdag, 20 Februarie 2018 en sal nogsteeds plaasvind by die NG Kerksaal om 17:30 vir 18:00.

Kostes is R20 vir volwassenes en hoërskool leerlinge en R10 vir laerskool leerlinge. Voorskoolse kinders is gratis. Daar sal ook kaartjies by die deure beskikbaar wees.

Die Graad 11 leerlinge verkoop hamburgers @ R15.00. Bestellings kan tot Dinsdag, 20 Februarie om 09:00 geplaas word. Betalings moet die bestellings vergesel, asseblief. Die hamburgers kan vanaf 17:30 afgehaal word by die NG Kerksaal.

9. SA ATLETIEK BEAMPTES:

Neem asseblief kennis dat indien u kind by Oos-Transvaal byeenkoms kwalifiseer en na die SA’s toe gaan, u bereid moet wees om

9.1 of as ‘n beampte te werk of

9.2 by die verversings te werk. Geen ouer sal verskoon word nie aangesien Oos-Transvaal die SA Atletiek byeenkoms aanbied asook kosstalletjies gaan hê.

Die SA’s vind Vrydag, 23 Maart en Saterdag, 24 Maart plaas te Sasolburg.

Voltooi asseblief die skeurstrokie en stuur so gou moontlik terug.

3

Page 4: CVO GROMARgromar.co.za/uploads/Omsendbrief 5 van 2018.doc · Web viewFrans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), André Wessels (082 444 9724) en Wouter Scholtz

10. SA ATLETIEK VERBLYF:

Hierby aangeheg is “Bylaag A” waar u nou reeds kan plek bespreek vir die SA Atletiek.

11. SKOOLFONDS:

Ons wil u weer herinner dat alle skoolfonds alreeds betaal moes gewees het. (Skoolfonds is voor die 7de van elke maand betaalbaar). Alle koshuis en nasorg gelde is ook vooruitbetaalbaar, anders sal u kind nie verder toegelaat kan word nie.

Indien u per internet betalings maak, moet u asseblief u kind se naam en waarvoor die betaling is, saam met die bewys van betaling aan die finansiële kantoor stuur. (Faks nr. 086 571 6916 of [email protected]).

Die skool se bankbesonderhede is as volg:

Naam : Gromar Bank : Absa Groblersdal Tjekrekening : 900 158 769 Takkode : 334-147 Verwysing : U kind se naam en waarvoor dit is.

Vanaf Maandag, 19 Februarie 2018 sal die volgende reëlings vir betalings geld:

U kan vanaf 07:00 tot 08:00 en vanaf 13:00 tot 14:00 betalings by die Finansiële Kantoor doen. Mev. Van Rooyen het opdrag ontvang om geen kontant betalings op ander tye te ontvang nie. Ons vra dat u asseblief hierdie reëling in ‘n goeie gees sal aanvaar aangesien sy nog ander pligte ook het.

12. MATRIEK EKSAMENGELDE:

Let asseblief daarop dat die Graad 12 leerlinge in April 2018 geregistreer moet word vir die Finale Eksamen. Die eksamengelde moet op 22 Maart 2018 ten volle betaal wees sodat dit oorbetaal kan word aan BCVO. BCVO betaal dit weer oor aan IEB.

13. VRYWARINGSVORM EN OUER VERANDERING VAN BESONDERHEDE:

U moet asseblief die skoolkantoor so gou moontlik in kennis stel van enige verandering van woonadres, posadres, telefoonnommers, e-pos adres, ens.

Daar is ook nog heelwat Vrywaringsvorms van die leerlinge uitstaande. Stuur dit asseblief so gou moontlik terug.

14. KOEKVERKOPING:

Die Graad 0, 1, 2 en 12 leerlinge hou Woensdag, 28 Februarie 2018 ‘n koekverkoping.

4

Page 5: CVO GROMARgromar.co.za/uploads/Omsendbrief 5 van 2018.doc · Web viewFrans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), André Wessels (082 444 9724) en Wouter Scholtz

15. RUGBY- EN NETBAL:

Indien daar ouers is wat bereid is om te help met Rugby- of Netbal afrigting vir Oos-Transvaal of die Bokkieweek, vra ons dat julle julle CV's voor of op Maandag, 10 Februarie 2018 na die skoolkantoor stuur.

Daar word elke Woensdag vanaf 14:30 tot 15:30 rugby fiksheidsoefeninge aangebied deur mnr. Evert Smit vir die laerskool leerlinge. Vanaf 17:00 neem mnr. Flippie Nieman die hoërskool leerlinge vir rugby fiksheid.

16. LOERIE HUIS:

Ons herinner u aan die behoeftelys vir die Jeugsentrum soos in Omsendbrief 3/2018 genoem.

17. SKOOLWAPEN:

Ons het die volgende inligting ontvang vanaf Groblersdal Workwear:

17.1 Indien die skoolwapen vasgewerk word op die sak, is die koste R30 per hemp

17.2 Indien die sak afgehaal word, geborduur word en weer vasgestik word, is die koste R50 per hemp.

18. BYBELKENNIS:

Ons moet u daarop wys dat indien ‘n leerling vir die tweede rondte inskryf en deurdring na die finale rondte, moet u as ouers bereid wees om u kind na Bloemfontein te neem aangesien die derde rondte by CVO Dankbaar in Bloemfontein gehou word op 11-12 Mei 2018.

Geen leerlinge sal toegelaat word om na die tweede rondte te onttrek nie aangesien so’n leerling die span in die steek sal laat en dit sal beteken dat die span gediskwalifiseer sal word. U moet dit asseblief onder u kind se aandag ook bring!!!

Inligting in verband met die Bybelkennis is op die D6 Kommunikeerder gelaai. U kan dié inligting onder Bronne – Kultuur – Bybelkennis 2018 vind.

19. NEUROVANCE:

Daar is ‘n nuwe produk by Apteke te koop. (Bylaag C)

20. HER-NASIEN VAN NSS UITSLAE:

Baie geluk aan Nelia Viljoen wat haar NSS Engelse vraestel laat her-merk het. Sy spog nou met ‘n onderskeiding in Engels.

Gromar het nou altesaam 14 onderskeidings wat in die NSS eksamen behaal is.

Voltooi asseblief aangehegte skeurstrokie en stuur so gou moontlik terug. Indien u nie die skeurstrokie kan voltooi nie, stuur met die klas se “What’s-App”-groepie die inligting deur.

GEDAGTE VIR DIE WEEK:

5

Page 6: CVO GROMARgromar.co.za/uploads/Omsendbrief 5 van 2018.doc · Web viewFrans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), André Wessels (082 444 9724) en Wouter Scholtz

“Goeie onderwysers kan hulself in die plek plaas van diegene wat dit moeilik vind om te leer”. Eliphas Levi

Gromar groete

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ek/Ons ______________ ouers van _______________________ neem kennis van Omsendskrywe 5/2018.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

__________________ en ___________________ ouers van ________________ in Graad ______ sal graag op Saterdag, 3 Maart as beampte werk by die Oos-Transvaal atletiek byeenkoms.

Naam en Eerste keuse: _______________________ _________________________________________

Naam en Eerste keuse: _________________________________________________________________

Naam en Tweede keuse:_________________________________________________________________

Naam en Tweede keuse:_________________________________________________________________

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------__--------------

__________________en ___________________ ouers van _________________ in Graad ______ sal graag op Vrydag, 23 Maart en/of Saterdag, 24 Maart as beampte werk by die SA atletiek byeenkoms.

VRYDAG, 23 MAART 2018:

Naam en Eerste keuse: __________________________________________________________________

Naam en Eerste keuse: __________________________________________________________________

Naam en Tweede keuse:__________________________________________________________________

Naam en Tweede keuse:__________________________________________________________________

SATERDAG, 24 MAART 2018:

Naam en Tweede keuse:__________________________________________________________________

Naam en Tweede keuse:__________________________________________________________________

Naam en Eerste keuse: __________________________________________________________________

Naam en Eerste keuse: __________________________________________________________________

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ek ___________________ bestel hiermee _____ hamburgers. Bedrag van R_________ hierby aangeheg.

6

Page 7: CVO GROMARgromar.co.za/uploads/Omsendbrief 5 van 2018.doc · Web viewFrans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), André Wessels (082 444 9724) en Wouter Scholtz

SA ATLETIEK AKKOMMODASIE TE SASOLBURG: GPS : 26 45 35.8 “S 27 50 02.0”E

7

Page 8: CVO GROMARgromar.co.za/uploads/Omsendbrief 5 van 2018.doc · Web viewFrans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), André Wessels (082 444 9724) en Wouter Scholtz

Akkommodasie vir Landswye Atletiek te Sasolburg 2018

Skoolkoshuise Kontakpersoon Kontaknommer Tegniese Hoërskool Sasolburg Mnr. Matthysen 016 976 8224 Sasolburg Hoërskool Mev. Du Toit 016 976 0534

073 333 5953Fakkel Skool Mnr. van der Merwe 016 976 8950

Hotelle Dorp Kontaknommer lndaba Hotel Sasolburg 016 976 0600 Emerald Casino & Safari Resort Vanderbijlpark +1- 15 km van Sasol 016 982 8000 Riverside Sun Vanderbijlpark +l-10 km van Sasol 016 932 1111 Riviere International Vereeniging +I- 27 km van Sasol 016 422 2861

Gastehuise Dorp Kontaknommer * lngwe Guest Lodge www.ingwelodge.co.za

Vanderbijlpark +1- 15 km van Sasol 016 987 3811 016 987 3470

* Casa Mia Sasolburg 016 976 7125 * Ceasars Geusthouse Sasolburg 016 976 6333 * Eikelaan Sasolburg 016 976 3941 * Loesthof Sasolburg 016 9761715 * Morari Sasolburg 016 976 3498 Kaniklani Sasolburg 016 976 4890 Villa Verde Mignon's B & O 082 568 2063

Sasolburg 016 976 3498 016 976 6334

Pavillion Inn Vaalpark 016 971 2790 Vaal View Lodge Vaalpark 016 971 1418 Waters Edge Deneysville +1- 50 km van Sasol 016 371 1217 Hlaselani Deneysville +1- 50 km van Sasol 016 371 1350 Rose Lodge Deneysville +1- 50 km van Sasol 016 371 1401 Anchor Creek Deneysville +1- 50 km van Sasol 016 371 2029 The Homestead Guesthouse [email protected]

Vaalpark 016 971 2790 083 635 0433

52 Oaks Guest House Sasolburg 016 976 3818 Old Willow No.7 Houseboat Charters

Vanderbijlpark 083 391 4884

Aark Guest Lodge www.aarkguestlodge.co.za

Vanderbijlpark 016 982 2782

lgoli River Castle [email protected]

Vanderbijlpark 016 932 4242

Mall Guesthouse [email protected]

Vanderbijlpark 016 981 3299

Kromellenboog Guesthouse Sasolburg 016 976 9452 Hananja Guesthouse Vereeniging 016 454 8275 Vaa l Meander Vereeniging 016 424 1121

8

Page 9: CVO GROMARgromar.co.za/uploads/Omsendbrief 5 van 2018.doc · Web viewFrans Eksteen (072 611 0634), Gerhard Nienaber (082 552 1700), André Wessels (082 444 9724) en Wouter Scholtz

9