BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om...

13

Transcript of BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om...

Page 1: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te
Page 2: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te

BELEID

A. DIE AKTE VAN OPRIGTING

AGS FARRARMERE

1. DEFINISIES

Die “GEMEENTE” AGS FARARMERRE

FAMILIEKERK

Die “BESTUURSRAAD” Die Bestuursraad wat bestaan uit die Senior

Pastoor en ander lede wat behoorlik

aangestel is soos in die konstitusie bepaal

Die “BESLUITNEMINGGLIGGAAM”

Die Besluitnemingsliggaam wat bestaan uit

die Senior Pastoor en die “Bestuursraad”.

Die “LIDMATE” Al die persone wat in die gemeente

voorgestel is.

LET WEL: In hierdie Konstitusie wat uit die AKTE VAN OPRIGTING en die

STATUTE bestaan, sluit die manlike geslag asook die vroulike geslag in en die

enkelvoud sluit die meervoud in en omgekeerd, behalwe as die konteks anders

aandui.

2. NAAM: Die “GEMEENTE” sal bekend staan as –

AGS FARRARMERE FAMILIEKERK

3. KANTORE: Die “GEMEENTE” se kantore is geleë te –

H/V 31 GENEVIEVE & DAFFODIL STR, FARRARMERE, BENONI

Page 3: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te

4. POSADRES: POSBUS 15413

FARRARMERE

1518

5. TYDSDUUR: Die “GEMEENTE” sal onophoudelik bly voortbestaan.

6. GELOOFSVERTREKPUNTE:

6.1 BELYDENISGRONDSLAG:

6.1.1 FONDASIE:

Die Gemeente glo en bely nederig dat hy sy oorsprong, bestaan en bestemming

van God het.

Dat die ‘n openbaring van die kerk van Jesus Christus is, regeer deur Hom as die

Hoof in ooreenstemming met die Heilige Gees en die gawes en bediening soos

deur God bepaal in die Heilige Skrif, die Bybel.

6.1.2 GELOOFSBELYDENIS:

Ons glo in God drie-enig, almagtig, skepper, behouer en regeerder van die hele

skepping.

Ons glo in God die Vader, die outeur van die skepping en verlosser.

Ons glo in Jesus Christus die enigste seun van God die Vader, die enigste ware

God wat ter wille van die mensdom se verlossing van die hemel neergedaal het,

vlees geword het, wat deur die Heilige Gees ontvang en gebore is deur die maagd

Maria, wie op die aarde gewoon het en gekruising is, gesterf het en begrawe is,

wat na die derde dag opgestaan het uit die dood en opgevaar het na die hemel waar

Hy sit aan die regtehand van die Vader.

Ons glo in die Heilige Gees wat deur die Vader en die Seun gestuur is om die

wêreld te oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en in alle waarheid te lei.

Ons glo dat die Bybel die woord van God is volgens 2 Tim. 3:16 geskryf deur

mense, soos deur die Heilige Gees geïnspireer. Ons glo dat dit met gesag die wil

van God oordra en ons alles leer wat nodig is vir saligheid.

Ons glo dat alle mense geskape is volgens die beeld van God. Dat hierdie beeld

deur hulle sondige rebellie versteur is, dat hulle almal voor God gesondig het en

dat die wil van God is dat alle mense verlossing deur geloof in Jesus Christus sal

Page 4: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te

ontvang. Ons glo in die doping met die Heilige Gees met die algemene bewys daarvan die spreke

in tale, soos belowe aan alle gelowiges. Ons glo in die manifestasie van die gawe en die

vrug van die Heilige Gees in die lewe van elke christen.

Ons glo dat ‘n christen ‘n dissipel van Jesus Christus behoort te wees wat ‘n toegwyde

lewe in heiligmaking sal nastreef.

Ons glo Jesus Christus die hoof van die kerk is, soos deur die Heilige Gees saamgestel,

en sal bestaan uit wedergebore gelowiges. Die kerk is verantwoordelik vir die

verkondiging en demonstrasie van die evangelie en God se wil aan alle mense. As ‘n

charismatiese gemeenskap het hulle gemeenskap met God en met mekaar, en daardeur

bou hulle mekaar op.

Ons glo dat die doop van die gelowige deur middel van die onderdompeling en die

nagmaal deur Jesus Christus ingestel is om deur die kerk toegepas te word.

Ons glo dat op die tyd deur God bepaal, Jesus Christus sal terugkeer om sy Kerk te kom

haal.

Ons glo in ‘n dag van oordeel waartydens Jesus Christus die lewende en die dode sal

oordeel. Ons glo in die opstanding van die liggaam en die ewige lewe vir die regverdige,

en die ewigeoordeel van die sondaar. Ons glo in ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde waar

God in heerlikheid sal regeer.

6.2 INLEIDENDE DOELSTELLINGS:

VISIE

Elke lidmaat sal rotsvas in Christus gevestig wees

MISSIE

Elke lidmaat sal wees soos:

‘n Skuilplek teen die wind

‘n Skuiling teen die reenstorm ‘n Waterstroom in ‘n waterlose land

‘n Skaduwee van ‘n groot, swaar rots in ‘n uitgeputte land.( Jes. 32:2)

WAARDESISTEEM:

LIEFDE

GEBED

WOORDGEBONDENHEID

Page 5: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te

INTEGRITEIT

DISSIPLINE

FAMILIE

SAAI & MAAI

NEDERIGHEID

HEILIGHEID

LOF & AANBIDDING

BEDIENINGE:

Die gemeente erken die volgende bedieninge:

Die toerustingsbedieninge in ooreenstemming met Ef. 4:1-14 naamlik:

Apostels, Profete, Evangeliste, Herders, Leraars.

Die charismatiese bedieninge in ooreenstemming met Rom. 12:6-9 en 1 Kor. 12:4-11

Die ouderlinge en diakonale bedieningsgawes soos in 1 Tim. 3:2-10.

Elke lidmaat het ‘n unieke funksie soos gesien word in die beeld van die “liggaam van

Christus”

7. HOOFDOELSTELLING:

Die hoofdoelstelling van die GEMEENTE is om ‘n lewende verhouding met God deur

Jesus Christus te bevorder.

8. OMSKRYWING VAN DIE HOOFDOEL:

8.1 Hierdie GEMEENTE en bediening in die Liggaam van die Here Jesus Christus, word

uitsluitlik bedryf en georganiseer om ‘n verhouding met God deur Jesus Christus te

bevorder d.m.v. onder andere die volgende kanale:

Christen Evangelisasie

Christen Liefdadigheid en Welsyn

Christen Opvoeding en Onderwys

Christen Ontspanning

Christen Kulturele bedrywinghede

Christen Maatskaplike bedrywighede

Christen Gemeenskaps- en Groepsbelange

Deur alle ontvangstes en toevallings, hetsy afkomtig van toekennings, beleggings,

erflatings of skenkings, aan te wend vir die doel en wat die volgende spesifieke

aktiwiteite insluit.

Page 6: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te

8.1.1 Om ‘n plaaslike gemeente, waarvan Jesus die Hoof is, tot stand te bring onder

leiding van die HEILIGE GEES en in ooreenstemming met die WOORD VAN

GOD.

8.1.2 Die verspreiding van die HEILIGE WOORD VAN GOD deur prediking by

gereelde eredienste, seminare, die radio, televisie, cd’s, videos, DVD’s, films en

die distrubusie en publikasie van literatuur gebaseer op die WOORD en om die

koste hieraan verbonde te dra.

8.2 Om eenheid in die Kerk en Liggaam van die HERE JESUS CHRISTUS te

bevorder

8.3 Om samewerking met ander Christen Gemeentes, Verenigings, Ondernemings en

Organisasies wat in die gemeente diens verrig, te bevorder en aan te moedig

8.4.1 Om Kinderbediening vir Godsdiensonderrig van die jeug tot stand te bring, sowel

as ‘n Bybelskool en Woordskole om die Heiliges toe te rus vir hulle dienswerk in

Christus Jesus.

8.4.2 Om liefdadigheids- en welsynswerk te bevorder onder die behoeftiges, oues van

dae, weduwees en wese, ten opsigte van hulle geestelike, liggaamlike,

verstandelike, finansiële en sosiale behoeftes.

8.4.3 Om alle mense gelyk voor God te beskou, om mense van alle kulture te bedien en

hulle insette met waardering te verwelkom.

8.5 Om in ALLES altyd GOD te verheerlik.

9. REGSATUS:

Die gemeente is ‘n regspersoon met ewigdurende regsopvolging, geregistreer as ‘n

goedgekeurde gemeente van die Apostoliese Geloof Sending van Suid Afrika deur die

Nasionale Leierskapsforum ingevolge artikel 2.1 van die konstitusie van die kerk, en die

beheerliggaam soos aangestel in terme van hierdie beleid is sy agent. Gevoglik –

is die gemeente en sy lidmate ‘n onafhanklike regspersoon van die kerk en sal

onderhewig aan die regulasies, as onafhanklike regspersoon:

geregtig wees om vaste eiendom, bates en fondse te besit.

geregtig wees om regte, verpligtinge, voorregte, magte en verantwoordelikhede

op te neem.

Page 7: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te

geregtig wees om regsaksies in sy eie naam te stel en/of te verdedig;

geregtig wees om regshandelinge van watter aard ookal in sy eie naam te verrig;

geregtig wees om eiendom te verkry, te vervreem en/of te beswaar en op eie wyse

daarmee te hanfel:

geregtig wees om persone in diens te neem, welke indiensneming insluit die

beroep van ‘n pastoor of enige ander bedienaar soos bedoel in die konstitusie van

die kerk.

Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig

mag wees om die roeping van die kerk te vervul in besonder, en om die besigheid en sake

te bedryf, en om die magte te beoefen, en om die bedrywighede van die gemeente

namens die gemeente te beheer.

Die bestuursraad sal inkomste, uitgawes, bates en laste van die plaaslike gemeente

ontvang, administreer en daarvoor rekenskap gee.

10. WAARBORG

Lidmate word vrygestel van einge verpligtinge rakende die moontlike likwidasie

van die gemeente.

11. STRUKTUUR:

Die hoof van die gemeente is Jesus Christus. Geen besluit sal ooit geneem word wat

in duidelike konflik met die Bybel is nie. Deur die leiding van die Heilige Gees poog ons

om God se plan vir die gemeente uit te voer.

Op ‘n menslike vlak, word die besluitneming gedoen deur die hoof pastoor en die

bestuursraad.

Page 8: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te

B. DIE STATUTE

A.G.S FARRARMERE FAMILIEKERKLIDMATELIDMAATSKAP

Afdeling 1 – Kriteria vir lidmaatskap

Lidmaatskap tot die gemeente sal oop wees vir almal wat aan die volgende kriteria

voldoen:

Moet bevestiging kan lewer van hulle geloof in Jesus Christus

Moet vrywillig die leerstellings in klousule 6 onderskryf

Moet ‘n Aansluitings klas bywoon.

Afdeling 2 – Volwasse stemgeregtigde lidmaatskap

Diegene wat voldoen aan die skriftuurlike standaarde vir lidmaatskap, wie se name

verskyn op die amptelike en aktiewe lidmaat lys van die Gemeente saam met die name

wat van tyd tot tyd bygevoeg sal word, sal die wettige stemgeregtigde lidmate vorm, op

voorwaarde dat hulle voldoen aan die stemgeregtigde ouderdom wat in ooreenstemming

is met die landswette van die Republiek van SA, dat hulle gereeld die dienste bywoon,

finansieel bydrae lewer, dat hulle deurlopend ‘n christelike lewenswyse handhaaf en in

ooreenstemming met ons onderskeidende leerstelling leef.

Afdeling 3 – Onaktiewe Lidmaatskap

Amptelike lidmate wat hulleself sonder rede vervreem of distansieer van die gemeente vir

‘n periode van een kalenderjaar of meer, of wat hulle bydrae ter ondersteuning staak, of

wat uit harmonie gaan met die leerstelling of sy bediening, of wat skuldig bevind is aan

wangedrag, of onder veroordeling gekom het vanweë sondige of wêreld praktyke, sal

geag onaktiewe lidmate te wees en hulle sal hul voorreg tot stemreg verbeur totdat hulle

herstel is tot die gemeenskap, hulle stand met die gemeente herstel is deur oorlegpleging

met die bestuursraad. Die beginsel van onderhandeling met die betrokke lid – audi et

alterem partem – sal gehandhaaf word.

Afdeling 4 – Terminering van Lidmaatskap

Lidmaatskap sal getermineer word in die volgende gevalle :

Onttrek uit gemeente

Amptelike bedanking

Totale vervreemding vanaf gemeente. Die beginsel van onderhandeling – audi et

alterem partem – sal gehandhaaf word.

Page 9: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te

2. RAAD

2.1 DIE BESLUITNEMINGSLIGGAAM:

ADMINISTRASIE - BESTUURSTYL

Die Bestuursraad staan onder die leiding van die Presiderende Pastoor en alle ander Rade

word geag as ondergeskik aan hierdie Raad.

SAMESTELLING VAN BESTUURSRAAD

1. Die Presiderende Pastoor wat beroep is ingevolge hierdie beleid sal die

Bestuursraad saamstel in oorleg met die bestaande bestuursraad.

2. Die Presiderende Pastoor sal die leier en visioen draer van die gemeente wees. 3. Dit sal bestaan uit die presiderende Pastoor, en nie minder as sewe (7) ander

lede nie.

4. Die Presiderende Pastoor en die besluitnemingsliggaam sal die Bestuursraad

saamstel.

5. Vakature wat ontstaan, sal verkies word deur die besluitnemingsliggaam.

6. Sal ses weekliks vergader

PLIGTE :

1. Die Bestuursraad sal besluite neem met betrekking tot projekte om die

doelstellings van die gemeente te bereik. 2. Om alle koste, onkostes en uitgawes, wat met die bevordering, stigting en

werking van hierdie gemeente aangegaan word, insluitende die koste van

advertensie of gebou benodighede en dergliks, uit die gemeente fondse te

betaal.

3. Om deur aankoop, huur, donasies, erflating of enige ander wyse van

verwerwing, vaste sowel as roerende eiendom, geheel en al na goeddunke en

soos nodig geag mag word, te verwerf en om sodanige eiendom of

eiendomme vir daardie doel te onderhou en toe te rus. 4. Verder, om die doelstellings van hierdie gemeente te bevorder, kan die

bestuursraad die vaste eiendom, regte en voorregte daaraan gekoppel, verkoop en andersins van die hand sit.

5. Om enige kontrak, van watter aard ookal, aan te gaan en om geld met of

sonder sekuriteit te leen. 6. Om persone aan te stel, in beraadslaging met die besluitnemingsliggaam, om

as amptenare en werknemers van die gemeente diens te doen of enige ander

persoon wie se dienste nodig mag wees om die doelstellings van die gemeente

te bevorder en om sodanige persone regverdige en redelike vergoeding vir

sodanige dienste te betaal en om hulle te vergoed vir uitgawes wat werklik en

redelikerwys aangegaan is in die bevordering van genoemde doelstellings van

die gemeente.

7. Om enige geregtelike stappe in te stel, te verdedig of te laat vaar en om die

Page 10: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te

dienste van enige professionele persoon of persone te huur wat redelikerwys

nodig mag wees om sulke stappe namens die gemeente, onderhewig aan

hierdie konstitusie, in te stel of te verdedig.

8. Sal verantwoordelik wees vir die bestuur van die finansies van die gemeente.

3. DEPARTEMENT VAN ADMINISTRASIE

Daar sal ‘n staande Departement van Administrasie wees wat verantwoordelik is vir die

behoorlike uitvoering van die besigheids aspekte van die gemeente.

VISE VOORSITTER:

1. Ondersteunende rol tot die Pastoraat en Bestuursraad.

2.Barometer vir wat in die Gemeente gebeur

3.Spreekbuis van en tot die gemeente

4.Betrokke in bedieninge

TESOURIER :

1. Onder die leiding van die Bestuursraad funksioneer 2. Al hul take verrig in die nouste samewerking en inspraak van die Presiderende

Pastoor

3. Verantwoordelik wees vir die opstel en daarna die implementering van die

jaarlikse begroting soos goedgekeur deur die Bestuursraad

4. Sorg dra dat die finansies van die gemeente sorgvuldig hanteer en administreer

word en dat behoorlike sisteme in werking gestel en onderhou word

5. Aanbevelings maak na die Bestuursraad waar van toepassing

6. Alle departemente maandeliks verwittig van hul eie stand van fondse en positiewe

aanbevelings maak waar nodig

7. Ooreenkomstig die begroting en aanbeveling van die Presiderende Pastoor reël vir

die ordelike en tydige hantering van die personeel se salarisse 8. Voortdurend seker maak dat alle dokumente, verslae, gelde, ens. wat verband hou

met die Ontvanger van Inkomste, korrek hanteer word en op datum bly

9. Verantwoordelik wees vir die ontvangs, deponering en die hantering van alle

fondse.

10. Sal toesien dat alle rekeninge sorgvuldig hanteer word ooreenkomstig die

boekhoustelsel soos goedgekeur deur die bestuursraad. 11. Verseker dat alle rekeninge betyds betaal word en behoorlike rekord daarvan

gehou word.

12. Alle fundamentele besluite moet na die Bestuursraad verwys word vir uitsluitsel.

Page 11: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te

SEKRETARIS :

1. Onder die leiding van die Bestuursraad funksioneer. 2. Al hul take verrig in die nouste samewerking en inspraak van die Presiderende

Pastoor.

3. Aanbevelings maak na die Bestuursraad waar van toepassing.

4. Alle fundamentele besluite moet na die Bestuursraad verwys word vir uitsluitsel.

4. ALGMENE BEPALINGS:

4.1 Beleid

Hierdie beleid of enige gedeelte daarvan kan slegs gewysig of herroep word deur

die Konsensus van ‘n gemeente vergadring.

4.2 Vrywaring teen ongemagtigde optrede

Onder geen omstandighede sal die gemeente of enige ander regspersoon soos

bepaal in hierdie beleid verantwoordelikheid aanvaar vir die aankope of enige

finansiele- of sodanige regsaanspreeklikheid deur enige persoon of liggaam of

regspersoon ingevolge die bepalings van hierdie beleid nie.

4.3 Vrywaring van lede

Elke lid van die besluitnemingsliggaam, soos beskryf in hierdie beleid, sal deur

die gemeente gevrywaar wees van verliese, uitgawes of skulde deur hom/haar

aangegaan in die uitvoering van sy/haar pligte, met dien verstande dat sodanige

verliese, uitgawes of skulde aangegaan, nie as gevolg van sy/haar eie

oneerlikheid, opsetlikheid of versuim veroorsaak is nie.

4.4 Vrywaring teen optrede van ander Geen lid van die besluitnemingsliggaam, soos beskryf in hierdie beleid, sal

aanspreeklik wees vir die optrede, versuim of onbetaalde skulde van enige ander

lid van die betrokke besluitnemingsliggaam, of vir enige verlies wat die gemeente

op enige wyse mag ly nie, tensy sodanige optrede, versuim, onbetaalde skulde of

verlies veroorsaak is as gevolg van sy/haar eie oneerlikheid, opsetlikheid of

versuim.

4.5 Verder aanvaar die gemeente en sy leierskap of bestuursliggaam ten opsigte van

enige persoon hetsy so ‘n persoon in voltydse, deeltydse of in vrywillige diens

van die gemeente staan, geen aanspreeklikheid vir die verlies, skade, besering,

ongelukke of dood wat enige persoon mag ly tydens betreding van die kerk terrein

of geboue of die gebruik van enige geboue of toerusting vir welke rede ookal.

Hierdie bepaling sal ook bindend wees op enige persoon of persone wat vir enige

rede van AGS Farrarmere Familiekerk se terrein, fasiliteite, toerusting of

wooneenhede gebruik maak.

Page 12: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te

5. VERGOEDING VAN BESLUITNEMINGSLIGGAAM:

5.1 Die besluitnemingsliggaam is nie geregtig op einge vorm van vergoeding wat

verband hou met die netto verdienste van die GEMEENTE as dividende nie. Die

besluitnemingsliggaam het ook geen persoonlike of saaklike regte in en op enige bates

van die GEMEENTE nie en het derhalwe geen aanspraak op enige gedeelte daarvan by

ontbinding of te enige ander tyd nie.

6. ADMINISTRASIE:

6.1 Die GEMEENTE sal behoorlik rekeningkundige en administratiewe rekords hou

met betrekking tot onder andere die volgende en sal die regte persoon en/of

persone aanstel om hierdie funksie te verrig:

6.1.1 Alle bedrae geld wat deur die GEMEENTE ontvang en bestee word en alle

verbandhoudende sake.

6.1.2 Alle bedrae geld en verkope, sowel as alle ontvangstes en toevallings, hetsy

afkomstig van toekennings, beleggings, erflatings of skenkings, aan die

GEMEENTE.

6.1.3 Alle bates en laste van die GEMEENTE

6.2 Die boeke en rekeninge moet in bewaring van die verantwoordelike persoon of

persone by die GEMEENTE se kantore, of op einge ander plek wat die

bestuursraad van tyd tot tyd kan aanwys, gehou word.

6.3 Die lede van die Besluitnemingsliggaam het te alle tye toegang tot die boeke en

rekening van die GEMEENTE en is geregtig om laasgenoemde te ondersoek

nadat reeds vooraf kennisgewing gegee is aan die verantwoordelike persoon of

persone.

7. REGISTRASIE VAN EIENDOM:

Alle vaste eiendom sowel as ander registreerbare bates deur wetgewing vereis wat hierna

deur die GEMENTE verkry word, sal in die naam van AGS FARRARMERE geregistreer

word.

8. BETALINGS EN ONTVANGSTES:

Alle tjeks, promesse, wissels, sowel as enige ander verhandelbare dokumente en alle

ontvangstes van gelde betaal aan die GEMEENTE sal geteken, getrek, geaksepteer,

geendosseer en andersins uitgevoer word, soos die geval mag wees, op sodanige wyse

soos die bestuursraad van tyd to tyd kan bepaal.

Page 13: BELEID - AGS Farrarmere Farrarmere Beleid.pdf · die kerk. Die bestuursraad het die bevoegdheid om einge regshandeling te verrig wat nodig mag wees om die roeping van die kerk te

9. KENNISGEWINGS:

Enige kennisgewing wat skriftelik ingevolge hierdie Konstitusie gegee moet word, word

gegee geag indien en wanneer sodanige kennisgewing gepos en/of ge-epos is, en na 48

uur van sodanige ter posbesorging, aan die laaste posadres en/of eposadres op rekord in

die boeke van die GEMEENTE. Vernadering van woon- en posadresse moet deur

BESLUITNEMINGSLIGGAAM EN LIDMATE op skrif aan die GEMEENTE voorsien

word vir aanpassing van die GEMEENTE se rekords. Sodanige kennisgewing kan ook

persoonlik aan ‘n LIDMAAT oorhandig word.

10. BEKRAGTIGING:

10.1 GEMEENTE GOEDKEURING:

Hiermee word bekragtig dat hierdie beleid goedgekeur is deur ‘n behoorlike

gekonstuteerde vergadering van die gemeente gehou

op te en

Besluitnemingsliggaam gehou op te

SENIOR PASTOOR

GEMEENTESEKRETARIS

DATUM

10.2 STREEK-LEIERSKAPFORUM GOEDKEURING

Hiermee word bevestig dat hierdie beleid as sulks goedgekeur is deur die

(Streek-leierskapforum) tydens ‘n vergadering

gehou op te

VOORSITTER

STREEKSEKRETARIS

DATUM