BB 4 Junie 2017 - bergsigdv.co.za · aarde versorg. God het ons aangestel om oor die aarde te...

6
Bergsig Boodskap 4 Junie 2017 NUUS: NUUS: NUUS: NUUS: 7-10 Jun: Vinkel & Koljander-mark 16 Jun: Jeugdag 18 Jun: Vadersdag 24 Jun: Betesda-mark 25 Jun: Uitstuursondag 29 Jun: Seniors 30 Jun: Skole sluit Mense word toegerus om opti- male diens in interkulturele kontekste binne en buite RSA te lewer. Kruiskulturele ver- kondiging van die evangelie by informele nedersettings word bv. aangespreek. 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Eric Swanepoel Deuroffer: Studentebearbeiding 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Eric Swanepoel Kinderdiens (Saal) Bea Pretorius 18:00 Aanddiens Ds. Wynand Breytenbach 11 Junie 2017, Biddag vir Jeug 11 Junie 2017, Biddag vir Jeug 11 Junie 2017, Biddag vir Jeug 11 Junie 2017, Biddag vir Jeug & Kategese & Kategese & Kategese & Kategese Ekologie Ekologie Gen. 1 : 28 Gen. 1 : 28 Dit is belangrik dat ons die Dit is belangrik dat ons die aarde versorg. God het ons aarde versorg. God het ons aangestel om oor die aarde aangestel om oor die aarde te heers, maar beslis te heers, maar beslis verantwoordelik. verantwoordelik. Kom ons bid vandag dat Kom ons bid vandag dat mense die aarde sal oppas. mense die aarde sal oppas. Gebed Gebed My gebed is vir die aarde en My gebed is vir die aarde en alles wat daarop is. Gee dat alles wat daarop is. Gee dat die mens die aarde sal erken die mens die aarde sal erken as U geskenk aan die as U geskenk aan die mensdom. Vergewe my wan- mensdom. Vergewe my wan- neer ek sonder om te dink neer ek sonder om te dink meedoen aan die ver- meedoen aan die ver- nietiging van die omgewing. nietiging van die omgewing. Amen Amen 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk Deuroffer: Teologiese Kweek- skool 10:00 Gesinsdiens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo 18:00 Aanddiens Ds. Wynand Breytenbach 4 Junie 2017, DOOP 4 Junie 2017, DOOP 4 Junie 2017, DOOP 4 Junie 2017, DOOP Biddag vir Ekologie Biddag vir Ekologie Biddag vir Ekologie Biddag vir Ekologie ATTIE SAKKIE Lees meer op bl. 2 Pinksterfees Romeine 15 : 13 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! Die Attie Sakkie is deel van die #Imaginekidz vakansieprogram wat by Attie van Wyk plaasskool aangebied word. Daar is slegs 4 sakkies oor wat nog gevul moet word. Neem in die voor- portaal gerus een en help ons hiermee. Baie dankie aan almal wat bereid is om die 60 sakkies vol te maak.

Transcript of BB 4 Junie 2017 - bergsigdv.co.za · aarde versorg. God het ons aangestel om oor die aarde te...

Page 1: BB 4 Junie 2017 - bergsigdv.co.za · aarde versorg. God het ons aangestel om oor die aarde te heers, maar beslis verantwoordelik. Kom ons bid vandag dat mense die aarde sal oppas.

Bergsig Boodskap 4 Junie 2017

NUUS:NUUS:NUUS:NUUS:

7-10 Jun: Vinkel & Koljander-mark

16 Jun: Jeugdag 18 Jun: Vadersdag

24 Jun: Betesda-mark

25 Jun: Uitstuursondag

29 Jun: Seniors 30 Jun: Skole sluit

Mense word toegerus om opti-

male diens in interkulturele

kontekste binne en buite RSA te lewer. Kruiskulturele ver-

kondiging van die evangelie

by informele nedersettings

word bv. aangespreek.

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Eric Swanepoel

Deuroffer: Studentebearbeiding

10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Eric Swanepoel

Kinderdiens (Saal)

Bea Pretorius

18:00 Aanddiens Ds. Wynand Breytenbach

11 Junie 2017, Biddag vir Jeug 11 Junie 2017, Biddag vir Jeug 11 Junie 2017, Biddag vir Jeug 11 Junie 2017, Biddag vir Jeug & Kategese& Kategese& Kategese& Kategese

EkologieEkologie Gen. 1 : 28Gen. 1 : 28

Dit is belangrik dat ons die Dit is belangrik dat ons die aarde versorg. God het ons aarde versorg. God het ons aangestel om oor die aarde aangestel om oor die aarde

te heers, maar beslis te heers, maar beslis verantwoordelik. verantwoordelik.

Kom ons bid vandag dat Kom ons bid vandag dat mense die aarde sal oppas.mense die aarde sal oppas.

GebedGebed

My gebed is vir die aarde en My gebed is vir die aarde en alles wat daarop is. Gee dat alles wat daarop is. Gee dat die mens die aarde sal erken die mens die aarde sal erken

as U geskenk aan die as U geskenk aan die mensdom. Vergewe my wan-mensdom. Vergewe my wan-

neer ek sonder om te dink neer ek sonder om te dink meedoen aan die ver-meedoen aan die ver-

nietiging van die omgewing. nietiging van die omgewing. AmenAmen

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk

Deuroffer: Teologiese Kweek- skool

10:00 Gesinsdiens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo

18:00 Aanddiens Ds. Wynand Breytenbach

4 Junie 2017, DOOP4 Junie 2017, DOOP4 Junie 2017, DOOP4 Junie 2017, DOOP Biddag vir EkologieBiddag vir EkologieBiddag vir EkologieBiddag vir Ekologie

ATTIE SAKKIE Lees meer op bl. 2

Pinksterfees Romeine 15 : 13

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul,

sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Die Attie Sakkie is deel van die #Imaginekidz

vakansieprogram wat by

Attie van Wyk plaasskool

aangebied word.

Daar is slegs 4 sakkies

oor wat nog gevul moet word. Neem in die voor-

portaal gerus een en

help ons hiermee.

Baie dankie aan almal

wat bereid is om die 60 sakkies vol te maak.

Page 2: BB 4 Junie 2017 - bergsigdv.co.za · aarde versorg. God het ons aangestel om oor die aarde te heers, maar beslis verantwoordelik. Kom ons bid vandag dat mense die aarde sal oppas.

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Bergsigprojekte op ons voorstoep

Vanuit die Uitreikkantoor ...

ATTIE VAN WYK WINTERPROJEK /

FONDSINSAMELING Die kinders by Attie van Wykskool het voorheen reeds ser-pe, mussies en komberse deur ons winterprojek vir die skooltjie ontvang en hierdie jaar weer mussies elders gekry. Daarom het ons besluit om eerder fondse in te samel vir Witborde vir elke klas en ook plastiekborde en –lepels vir die kinders om mee te eet.

Ons aansoek vir ’n tafel by die Vinkel- en Koljandermark om items asook gourmet jaffels te verkoop is goedgekeur en almal is hard aan die werk om goedjies te maak en te ver-sier vir die verkope. Kom ondersteun ons gerus by die mark.

Kontak asb vir Nelda Rousseau by 083 235 1400 of 021 975 5228, of per epos by [email protected]

Operasie Mobilisasie: Menges gesin

Ons is bevoorreg om 'n om-die-helfte pannekoekstalletjie by die Vinkel & Koljander-Mark te hê, vir ekstra finansiële ondersteuning aan die Menges’e. Ons gaan pannekoek verkoop met kaneelsuiker, maar ook met soet en sout vulsels. Hierdie mark vind plaas vanaf 7 tot 10 Junie by die NG-kerk Durbanville-Bergsig. Kom ondersteun gerus indien u in die omgewing is - die mark is oop vanaf 08:30 tot 20:00 op die weeksdae en vanaf 09:00 tot 1:h00 op die Saterdag.

Hierdie poging kan net 'n sukses wees indien ons die Here se seën oor dit bid en ek wil elkeen vra om in te tree vir die voorbereidings vir die mark in die week tot dan en dan na-tuurlik oor vir die vier dae wat ons daar is. Indien eni-giemand wil kom hand bysit tydens die mark of iets wil bydra laat weet Christel Bouwer. Ons het reeds skenkings van meel, olie, kaneel, servette en kondensmelk vir die pannekoeke en moet nog suiker, eiers, maalvleis, hoender en room aankoop.

Ons projekspan het erg uitgedun oor die laaste jaar. Betrokkenheid is nie tydrowend nie. Ons kom twee maal per jaar bymekaar en gesels oor die behoeftes wat nie in die nuusbriewe uitkom nie, bid saam en beplan saam wanneer die gesin vir ons kom kuier in SA. Bid gerus en hoor by die Here of dit nie die geleentheid is vir julle nie. 'n Droom van my kant is om nog 'n gesin met kinders by ons projek te betrek sodat ons ook ons kinders kan wys hoe om 'n gesin in diens van die Here te ondersteun. Laat weet as jy wil betrokke raak by [email protected] Die nuutste Loergaatjie nuusbrief is by deure.

NOG HULP: Dit is winter! Komberse en sopdonasies is baie, baie wel-kom. (Plaas jou donasie in die houtkiste in die binnehof asseblief.) Kontantdonasies vir die aankope van kos word baie dring-end benodig. So ook maatskaplike fondse vir eie lidmate ten einde te ondersteun met huur, kos of elektrisiteit.

Merk enige kontantbydraes baie duidelik vir die betrokke projek. Moet liefs nie afkortings gebruik nie. Baie baie dankie Bergsig dat julle die hande en voete daarbuite is.

Durbanville Kinderhuis: Ons kinders het ’n behoefte aan toiletware – die allerdaagse goedjies soos tandepasta, seep en sjampoe (om slegs ’n paar op te noem). Ons benodig vrywilligers om op ’n maan-delikse basis betrokke te raak deur maandpakkies te borg. Kontak ons gerus: [email protected] of (021) 975 6822.

ATTIESAKKIE

Lidmate kry hierdie jaar weer die geleentheid om betrokke te raak by #Imagine Kidz wat by Attie van Wyk Laerskool aangebied gaan word. Van 4-6 Julie word ’n vakansiepro-gram aangebied vir die kinders wat op die omliggende plase woon. Lidmate kry die kans om op verskillende maniere be-trokke te raak: Die Attie Sakkie is ’n skryfbehoeftepakkie. Neem een en maak vol met die behoeftes soos gelys op die pakkie. Borg Inskrywings van die kinders (R30 pd x 60 kinders) Help borg aan die bus wat die kinders elke dag oplaai (R2 500 pd) Help borg aan die kos vir die kinders (R180 pd x 60) (R3 600)

Bel Wynand vir meer inligting: 071 6409 797

4 - 6 Julie

Kinderbeskermingsweek

House of Grace Dankie

Die Pinksterweek se verkope het goed gegaan. Baie dankie

vir almal wat ons ondersteun het deur hul aandetes by die

kerk te nuttig. Daar is ’n rapsie meer as R5000 ingesamel.

’n Lidmaat het die kinders met Spur Burgers en “chippies”

bederf. Hulle was uit hul nate van opgewondenheid. Iemand anders gaan weer help met nutsmanwerk. Dankie! Dankie!

Nasionale Kinderbeskerm-

ingsweek (27 Mei tot 3 Junie)

word jaarliks in SA herdenk om bewusmaking rakende kinder-

regte te kweek.

Op 28 Mei is 2017 se Kin-

derbeskermingsweek amptelik

geloods by 'n geleentheid buite

Langa. Die Dept. van Sosiale Ontwikkeling beoog om met

vanjaar se tema bewustheid te

verhoog en die gemeenskap op

te voed oor kinderregte.

Negentien kinders is reeds se-

dert die begin van die jaar in die

Wes-Kaap alleen vermoor. Dit is

hartverskeurend en net te veel!

Ondersteun Badisa se Pop-pies!

Badisa se Poppie-projek dien as

simbool van hulle onbaatsugtige

dienslewering op die gebied van

kinderbeskerming.

Geld wat ingesamel word met

hierdie projek word op verskil-

lende maniere tot voordeel van

mishandelde kinders gebruik. 'n Poppie kos R120 en 'n plakker

slegs R10. Die vlakke van kin-

dermishandeling in SA is ont-

stellend hoog. Ons mag nooit "gewoond raak" daaraan bloot

omdat ons gereeld daarvan lees

en hoor nie.

Vir meer inligrting en om be-

trokke te raak by Badisa of hul

Poppie projek ondersteun be-soek hul webblad gerus:

www.badisa.org.za

Inhoud ontleen en verkort uit

Vrydagnuus

Page 3: BB 4 Junie 2017 - bergsigdv.co.za · aarde versorg. God het ons aangestel om oor die aarde te heers, maar beslis verantwoordelik. Kom ons bid vandag dat mense die aarde sal oppas.

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Voorbidding

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]

Die volgende weke se program:

Knieltyd 4 Junie

Deurdrenk ons land met gebed

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) se Nasionale Kerkleiersforum, met as voorsitter Hoogedele aartsbiskop Thabo Makgoba, het ons opgeroep om te bid vir die belofte van ’n postapartheid-Suid-Afrika.

Die belofte van ’n regverdige, versoende en gelyke samelewing vry van enige vooroordele ten opsigte van ras, stam, herkoms en geslag, vry van korrupsie en ontbering, en met genoeg kos en skuiling vir elke burger en elke kind wat gebore word om tot hulle Godgegewe potensiaal te kan groei.

Ons gebede is in die eerste plek gebede van dankbaarheid, maar dit is ook vol berou, belydenis en nood. Ons bid vanuit ons kwesbaarheid omdat ons eintlik nie weet hoe om te bid nie, maar ons weet die Gees sug saam met ons (Romeine 8).

Die gebede gaan oor die onderwerpe wat die SARK geïdentifiseer het en is volgens die Ons Vader-gebed georden.

Vind die skakel na die gebedsboekie op Bergsig se Facebookblad. Ook op Bergsig se web by Algemeen/Aktueel

Doreen de Villiers W/S 229, Legato, 021 976 0914 Bloeding op brein Herstel en bemoediging

Carole Stemmet Palomino 13, 021 976 9090 Heupvervanging Herstel en bemoediging

Coen Strydom Vierlanden Villas 36, 021 979 2452 Rugoperasie Herstel en bemoediging

Annelise Orchard en Gabriel

Truter De Keurlaan 108, 021 976 6377 Moeder oorlede Troos en bemoediging

Danie Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging

Carinne Coetzee Columbinestraat 3, 021 976 2224 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Johan Haasbroek Vierlandenstr. 24, 021 976 0425 Ligte beroerte Herstel en bemoediging

Elri du Preez Penniesingel 1, 021 976 5491 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Marietjie Mostert Bishopsingel 6, 021 975 9558 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Elena Kriel Skilpadvleiweg 5, 021 976 8868 Kankerdiagnose Herstel en bemoediging

Joan Hoffmann La Gratitude 54, 021 976 4037 Geslaagde operasie Dank vir beterskap

Koba Pieterse Lisbonstraat 1, 072 373 7087 Kanker Volkome herstel

Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Kanker in remissie Dankbaarheid vir remissie

Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging

Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

Vader wees ons asseblief genadig ...

Page 4: BB 4 Junie 2017 - bergsigdv.co.za · aarde versorg. God het ons aangestel om oor die aarde te heers, maar beslis verantwoordelik. Kom ons bid vandag dat mense die aarde sal oppas.

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

GEMEENTE-BYBELSTUDIE VIR SENIORS Die aanvanklike groep het besluit op twee-weeklikse Bybelstudie

in skoolkwartale, Dinsdae 09:30. Dit word gelei deur dr. Kobus de Jager by Bergsig. Enige seniorlidmaat kan aansluit om saam te

kom groei en mekaar ook sommer te geniet. Die datums tot einde Junie is:

6 Jun, 20 Jun. Kom sluit gerus enige tyd aan!

Skakel met die Kerkkantoor of dr. Kobus (083 230 7124) indien u belangstel

om in te skakel.

ZAPPER & SNAPSCAN Bergsig het Zapper en Snap-

scan as betaalmetode geïmplementeer om bank-

kollektes en dankoffers te be-taal.

Die Zapper en Snapscan blok-

kies is by die ontvangstoonbank aangebring asook teen die

glasvensters op pad na die

binnehof vir maklike gebruik.

Bel Pieter Henning, indien daar

navrae is, by 021 976 4106.

Liewe Seniorlidmaat, ons wil met ’n proses begin om na te gaan of die in-ligting aangaande ons seniorlidmate korrek is.

Ons doel is om be-trokkenheid by mekaar te bevorder. Dis egter net moontlik as ons bewus is van waar u woon, wat u kontakbesonderhede is, en in watter mate u

ondersteuning benodig.

Indien daar van u is wat bereid is om ons met die inwin van inligting te help, kan u vir Magdalena bel: 021 976 8152 / 083 557 6075.

Dankie vir u ondersteuning in die verband.

SENIORLIDMATE: BESONDERHEDE-OPDATERING

Multi-media operateurs NODIG Het jy kennis en ervaring van multi-media en wil graag jou talente tot diens stel? Met ons groeiende tegnologiebasis, vraag na toegeruste fasiliteite en behoefte aan kontinïuteit, het Bergsig ook ’n groeiende geleentheid in ons Tegniese bediening vir die volgende:

Multimedia Operateurs vir Ad-hoc geleent- hede tydens kantoorure.

Hoofsaaklik Klank (klankbank) en Beeld (PowerPoint & Videos via PC) in die saal en ouditorium.

Multimedia Operateurs vir Sondae (hoofsaaklik Auditorium)

Klankbank (2 operateurs)

Beeld (PPT, EasyWorship, Videos en Audacity opnames via PC)

Beligting (Mengbank en Titan via Laptop)

Kamera (Videokamera vir uitsending)

Beeldmeng (meng van beeldvoere vir uitsending)

Ons sal die nodige opleiding in ons spesifieke toerusting en stelsels verskaf.

Indien jy nie baie ervaring het nie, maar tegnologies aangelê is en graag wil leer, kom gesels gerus met ons. Vele jongmense het al hul multi-media vaardighede hier by Bergsig geleer.

Indien jy belangstel, skakel gerus vir Pieter Henning by die Kerkkantoor of e-pos [email protected]

Die nuutste finansiële verslae van die kerk is ter insae by die kerkkantoor.

Page 5: BB 4 Junie 2017 - bergsigdv.co.za · aarde versorg. God het ons aangestel om oor die aarde te heers, maar beslis verantwoordelik. Kom ons bid vandag dat mense die aarde sal oppas.

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

Die mark met ’n “twist”.

Tye: 7 Junie – 9 Junie 9:00 – 20:00 10 Junie - 8:30 – 14:00.

Hierdie mark is nie jou ge-wone mark nie, maar ’n uitreik- en omgeemark, met die klem op verhoudings bou. Uitreike soos House of Grace, Frontida Outreach(sendeling in Thailand), Be-tesda Uitreikprojek, Moslem-bediening, Magdalenahuis, Attie van Wyk Skool, Alpha Skool, Sopkombuis- Durban-ville en MENA (Middle east and North Africa) gaan ver-teenwoordig wees.

Kom geniet heerlike panne-

koek, sop, jaffels, soetge-bak en aandetes van Deli-licious. Die beste koffie en cuppucino’s van Die Kof-fieman kan ook hier geniet word.

67 handwerk-, kuns- en klerestalletjies met kaartfasiliteite, sentrale be-taalpunt en gratis volop par-kering is beskikbaar.

Die opbrengs van hierdie mark word aangewend in die gemeenskap plaaslik, asook in die buiteland, waar daar ook al ’n behoefte is.

Skakel Edna by: 083 302 4838 vir verdere inligting. Of e-pos by

[email protected].

VINKEL- EN KOLJANDER- MARK

SOPVERKOPE

Sop sal verkoop word ten

bate van Die Sopkombuis-

uitreik in Durbanville.

Ons benodig ongeveer 25 liter sop per dag (vir drie

dae).

Indien u bereid is om te help

sop kook kontak:

Louise Kotze: 071 157 7601 / 021 976 0623

Vinkel- & Koljander- mark is op soek na

gemeentelede wat ge-durende 7-10 Junie

wil help met kassiere- werk asook op die vloer in die saal wil

diens doen.

Kom gee ’n helpende

hand!

Vinkel- & Koljander-Mark

GGO-donasies deur gemeentelede verteenwoordig die primêre bron van finansies ter ondersteuning van Bergsig-uitreike. Dit

is vanjaar 20 jaar sedert die GGO-projek in Bergsig in die lewe geroep is in 1997. Na ’n beskeie begin het die GGO-projek

stelselmatig gegroei oor die afgelope twee dekades en is die R1 miljoen kerf vir die eerste maal tydens die 2015/16-kerkjaar verby gesteek. Die R1 miljoen merk is weer tydens die pas afgelope 2016/17-kerkjaar oorskry met ’n totale verdeling van

R1 048 200 aan Bergsig-uitreike.

Die totale verspreiding van R1 048 200 t.o.v. 2016/17 het soos volg geskied, nl.

Totaal aan projekte binne Suid-Afrika R475 901 45.4%

Totaal aan projekte in die res van Afrika (buite Suid-Afrika) R203 745 19.4%

Totaal Afrika (Suid-Afrika ingesluit) R679 646 64.8%

Totaal Ander Kontinente (buite Afrika) R296 755 28.3%

Totaal ander ondersteuning en administrasie R71 799 6.9%

Groot Totaal R1 048 200 100.0%

Die GGO-verdeling per projek is beskikbaar vir belangstellendes vanaf Annamaré Visser.

Ons opregte dank aan ons Hemelse Vader wat hierdie projek seën en in stand hou ter ondersteuning van sy Konin-

krykswerk. Groot dank en waardering aan elke Bergsig GGO-donateur vir u getroue voortgesette ondersteuning. Neem gerus ’n GGO boekie om meer te lees oor die projekte wat befonds word.

WATER IS LEWE

Vandag is biddag vir ekologie, as gemeente word ons spesifiek stil

om te roep tot God vir water in die vorm van reën, maar ook vir

LEWENDE water wat ons siele reinig en skoon spoel van sonde.

Ons verootmoedig ons en smeek vir God om in te tree.

Geloofsgelofte-offers (GGO) NUUS

Page 6: BB 4 Junie 2017 - bergsigdv.co.za · aarde versorg. God het ons aangestel om oor die aarde te heers, maar beslis verantwoordelik. Kom ons bid vandag dat mense die aarde sal oppas.

NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106

Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606

S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

Pinkster 2017 OPGESOM

“Verlange” (Sondagoggend)

dit gaan om die Gees wat (ons laat) sug, laat bid, laat hunker, laat uitsien; om die Gees as eersteling, onderpand, eerste

gawe, eerste vrug van die oes, voorsmaak. Pinksterfees is

meer fees van verwagting as van vervulling, vervul wees met

die Gees is vervul wees met verlange na Christus (die Re-

formatoriese klem op die Gees as “Gees van Christus”).

“Verlig” (Sondagaand) dit gaan om die Gees wat onderskei-dingsvermoë skenk, fynge-

voeligheid, sensitiwiteit, wysheid, leiding, onderrig, ken-nis, waarheid – deur die Woord (die Reformatoriese sola Scrip-

tura en “Woord en Gees”)

“Vertroos” (Maandagaand) gaan dit om die Gees wat in ons “ellende” (Heidelbergse

Kategismus), in ons behoeftes en nood en vrae en swaar en

teleur-stellings, ons ondersteun, dra, bemoedig, krag gee, laaf,

voed (die Reformatiese beloftes deur “verkondiging en sakra-

mente”)

“Vernuwe” (Dinsdagaand) gaan dit om die Gees wat ons verander, herskep, roep, ge-bruik, heilig, laat lewe en in

diens neem met alles wat ons is, ook ons samelewing en

skepping (Dordtse Leerreëls: “nie soos stokke en blokke nie”; ecclesia reformata semper refor-manda secundum verbum Dei)

“Verbind” (Woensdagaand) dit gaan om die Gees wat ons wonde genees deur ons te verbind en aan mekaar te

verbind, wat gemeenskap skep, wat die kerk skep, roep en be-waar, wat ons lede van mekaar

maak, verenig, aan mekaar bind (die Gees as vinculum pacis et caritatis, die band van vrede en

liefde, Efes 3; Augustinus).

Dus om die versugting en die verlange in ons te versterk:

die verlange na onderskeiding, na vertroost-

ing, na vernuwing, na ge-meenskap.