As ek by jou verbygaan…

47
As ek by jou verbygaan… …of jy sal sekerlik sterwe.

description

As ek by jou verbygaan…. …of jy sal sekerlik sterwe. Daar was ‘n woord in ons midde!. Hoogmoed. Wat beteken die woord?. Trots - H1344 – gay-aw‘ - Feminine from H1342 ; arrogance: - pride. - PowerPoint PPT Presentation

Transcript of As ek by jou verbygaan…

Page 1: As ek by jou verbygaan…

As ek by jou verbygaan…

…of jy sal sekerlik sterwe.

Page 2: As ek by jou verbygaan…

Daar was ‘n woord in ons midde!

Hoogmoed

Page 3: As ek by jou verbygaan…

Wat beteken die woord?Trots - H1344 – gay-aw‘ - Feminine from H1342; arrogance: - pride. H1342 - gaw-aw‘ - A primitive root; to mount up; hence in general to rise, be majestic gloriously, grow up, increase, be risen, triumph.

Arrogansie - H1347 - gaw-ohn‘ - From H1342; the same as H1346: - arrogancy, excellency (-lent), majesty, pomp, pride, proud, swelling.

Hoogmoed = Arrogante Trots, en ook:

Ego, ek-gerigtheid, eie belang, liggeraak, hoë ambisie

Om alles wat gebeur in verwantskap met my self te bring – hoe dit my beïnvloed, wat dit van my sê, wat dit wys ander van my sê, wat ek daaruit kan kry, wat ek nie

daaruit kan kry nie….

Page 4: As ek by jou verbygaan…

As jou moed hoër word as wat dit veilig is:

Hoog in moed, nie net moedig – hoogmoedig.As jy reken jy is nou in staat om so bietjie “te

help” dat dinge reg uitwerk, deur jou vernuf, jou kennis, jou vermoë, jou moed, jou strategie, jou

arm van vlees…..

Hoogmoed loop saam met die arm van vlees – vertroue op dinge wat ek kan

beheer, of onder my gesag is.

Page 5: As ek by jou verbygaan…

Jy wil dit nie wees nie, want JHWH haat dit -

Spr 8:13 Die vrees van JAHWEH is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige

mond haat ek (jy moet dit ook haat).

Spr 6:15 Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is. Spr 6:16

Hierdie ses dinge haat JAHWEH, en sewe is vir sy siel ‘n gruwel: Spr 6:17 trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat

onskuldige bloed vergiet, Spr 6:18 ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, Spr 6:19 een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag

saai.

Page 6: As ek by jou verbygaan…

Hoë risiko profiel:Dit kom in groter maat voor onder:

• Mooi mense, as lelike mense• Mense met baie kennis, as ongeleerde mense• Ryk mense as arm mense• Hoog intelligente mense as minder intelligente mense• Sterk mense as swak mense• Gesonde mense as sieklike mense• Belangrike mense as onbelangrike mense• Vriende van belangrike mense, as onbelangrike mense• Gewilde mense, as ongewilde mense• Suksesvolle mense as onsuksesvolle mense• Opgevoede mense as onopgevoede mense• Werkende mense as werklose mense• Vry mense, as verdrukte mense• Leiers as volgelinge• Applous as belediging• Mense wat dink dat hul gered is, as mense wat weet dat hul ongered is

Page 7: As ek by jou verbygaan…

Jy is lae risiko indien jy:• Lelik• Onintelligent• Onkundig oor die Bybel en onbelese oor die wetenskap• Werkloos• Verdruk• Vervolg• Arm• Swak• Sonder vriende• Lae vlak werker• In die tronk (nie vry)• Ongered, en bewus daarvan, is.

M.a.w. as jy gering is, en dit besef

Page 8: As ek by jou verbygaan…

En as jy die lys geweeg het, en bepaal het dat jy darem redelik

goed vaar – nie te sleg eindig wat risiko betref nie, dan:

….het jy nou net die eerste tree na hoogmoed gegee, omdat jy gereken het

dat jy in minder gevaar is as die reik, aantreklike, gewilde mense wat jy ken!

Page 9: As ek by jou verbygaan…

Reken jy dat jy gered is, geseënd is, ‘n vriend en broer van Jahshua is, JHWH as vader het, die Bybel goed ken, weet wat jy weet, en seker is daarvan, die gemeente nou vooruit gaan, die volk ons nodig het – Vader deur ons gaan

werk, Sy heerlikheid in ons midde ervaar word......?

Page 10: As ek by jou verbygaan…

Dan doen jy goed – maar....

Page 11: As ek by jou verbygaan…

Waarom sou Vader dit dan vir ons gesê het?

Omdat Vader die mens ken, en grondige ervaring uit ons geskiedenis het –

Omdat Hy weet wat voor ons lê, en wat Hy vir ons beplan –

Omdat Hy vir ons lief is, en soos ‘n goeie Vader, ons wil seën, ons wil besoek, en in ons midde wil wandel,

sonder dat Sy heerlikheid ons dood veroorsaak.

Page 12: As ek by jou verbygaan…

Eks 33:18 Daarop vra hy (Moses): Laat my tog u heerlikheid sien.

Eks 33:20 Verder het Hy (JHWH) gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan

My sien en bly lewe nie.

Page 13: As ek by jou verbygaan…

Het enige mens al vir JHWH gesien?

Gen 3:9 Toe roep JAHWEH God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? Gen 3:10 En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.

Adam

Page 14: As ek by jou verbygaan…

Wat het met hom gebeur?Rom 5:14 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook

oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat ‘n voorbeeld is van Hom wat sou kom.

Hy is dood

Page 15: As ek by jou verbygaan…

Hoe het dit gebeur?

Gen 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; Gen 3:5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal

oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

Ongehoorsaamheid?Ja, uiteindelik – maar dit was nie die eerste sonde nie,

wel die gevolg van die eerste sonde.

‘n Stille begeerte om soos JHWH te wees – om homself te verhef

Page 16: As ek by jou verbygaan…

Wat leer ons hieruit?

Om in Vader se teenwoordigheid te kom,

het risiko’s..........omdat Sy heerlikheid so geweldig is dat dit maklik

begeer kan word

Page 17: As ek by jou verbygaan…

Daar was ander wat Hom moontlik gesien het, of verskynings belewe het...

• Henog

• Noag

• Abraham

• Isak

• Jakob

• Moses

• Elia

• Samuel

• Salomo

Gen 32:30 Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.

Gen 5:24 En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.

Gen 6:9 Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.

Gen 17:1 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het JAHWEH aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.

Gen 26:24 En JAHWEH het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.

1Sa 3:21 En JAHWEH het weer verskyn in Silo; want JAHWEH het Hom geopenbaar aan Samuel in Silo deur die woord van JAHWEH.

2Ch 1:7 In dieselfde nag het God aan Salomo verskyn en aan hom gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.

1Kn 19:12 En ná die aardbewing ‘n vuur; in die vuur was JAHWEH nie. En ná die vuur die gesuis van ‘n sagte koelte. 1Kn 19:13 En toe Elía dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom ‘n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elía?

Eks 33:20 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.

Page 18: As ek by jou verbygaan…

Wie verskyn het is nie duidelik nie?Exo 3:2 Daarop verskyn die Engel van JAHWEH aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos. En toe hy

weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! Exo 3:3 En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. Exo 3:4 Toe JAHWEH sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die

doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek. Exo 3:5 En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond. Exo 3:6 Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob.

Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.

Exo 3:13 Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? —wat moet ek hulle antwoord? Exo 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders

van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. Exo 3:15 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my

gedenknaam van geslag tot geslag. Exo 3:16 Gaan heen en versamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: Die HERE, die God van julle vaders, het aan my verskyn, die God van Abraham, Isak en Jakob,

en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is.

Page 19: As ek by jou verbygaan…

Maar Adam, Elia en Moses het iets in gemeen -

JHWH was by hulle in sy HEERLIKHEID, en twee van die drie is deur JHWH self gewaarsku oor die

risiko daaraan om dit te aanskou – dat geen mens dit kan waarneem, en oorleef nie.

Die ander een, Adam het dit nie oorleef nie......

Page 20: As ek by jou verbygaan…

Daar was nog drie mense wat blootstelling gehad het aan

hierdie HEERLIKHEID

Page 21: As ek by jou verbygaan…

In teenwoordigheid van Heerlikheid

Mar 9:2 En ná ses dae het Jahshua vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op ‘n hoë berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander, Mar 9:3 en sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie. Mar

9:4 En daar het aan hulle verskyn Elía saam met Moses, en hulle was in gesprek met Jahshua. Mar 9:5 Toe spreek Petrus en sê vir Jahshua: Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons dan drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en vir Elía een. Mar 9:6 Want hy het nie geweet wat om te sê nie, want hulle was heeltemal verskrik. Mar 9:7 En daar kom ‘n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom ‘n stem

wat sê: Dit is my geliefde Seun, luister na Hom!

Mar 10:35 En Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, het na Hom gekom en gesê: Meester, ons wil hê dat U vir ons moet doen wat ons U ook al mag vra (verbeel jou die voorbarigheid). Mar 10:36 En Hy sê vir hulle: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen? Mar 10:37 En hulle antwoord Hom:

Gee aan ons dat ons mag sit in u heerlikheid, een aan u regter— en een aan u linkerhand.

Mar 10:41 En toe die tien dit hoor, begin hulle verontwaardig (ook hoogmoedig) te word oor Jakobus en Johannes. Mar 10:42 Maar Jahshua het hulle na Hom geroep en vir hulle gesê: Julle weet dat die

wat gereken word as owerstes van die nasies, oor hulle heers, en dat hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen; Mar 10:43 maar so moet dit onder julle nie wees nie (ek haat hoogmoed en ambisie ten koste van ander) , maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. Mar 10:44

En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees (die spieël raaisel – omgekeerde eweredigheid toets) .

Page 22: As ek by jou verbygaan…

Aanleiding tot hoogmoed

.....ons (ek) is seker nader aan Vader as die goddelose volk waaronder ek is....

...want Hy besoek ons deur Sy Gees....

Page 23: As ek by jou verbygaan…

Ons het ‘n (kriminele) rekord van (misdaad) hoogmoed:

• As volk• As gemeente• As persoon

Page 24: As ek by jou verbygaan…

Ons volk, toe en nou:2Kr 26:11 Verder het Ussía ‘n leër gehad wat oorlog kon voer, wat in afdelings op

kommando moes uittrek volgens die getal van hulle monstering deur Jeï-el, die skrywer, en Maäséja, die opsigter, onder leiding van Hanánja, een van die

owerstes van die koning. 2Kr 26:12 Die hele getal van die familiehoofde, van die dapper helde, was twee duisend ses honderd. 2Kr 26:13 En onder hulle bevel was ‘n leërmag van drie honderd en sewe duisend vyf honderd wat met volle

krag oorlog kon voer om die koning te help teen die vyand. 2Kr 26:14 En Ussía het vir hulle, vir die hele kommando, skilde aangeskaf en spiese en helms en

pantsers en boë en slingerstene. 2Kr 26:15 Ook het hy in Jerusalem oorlogswerktuie gemaak, ‘n uitvinding van ‘n kunstenaar, wat op die torings en

op die hoeke moes staan om met pyle en groot klippe te skiet; en sy roem is verbrei, want hy is wonderbaarlik gehelp totdat hy sterk geword het. 2Kr 26:16

Maar toe hy sterk geword het, was sy hart hoogmoedig, sodat hy baie verkeerd gedoen en ontrou gehandel het teen JAHWEH sy God; want hy het in die tempel

van JAHWEH gegaan om offerrook te laat opgaan op die reukaltaar.

Page 25: As ek by jou verbygaan…

Ons gemeentes, toe en nou:

1Ko 8:1 En met betrekking tot die offervleis aan die afgode weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis maak opgeblase, maar

die liefde stig. 1Ko 8:2 As iemand meen (hom verbeel) dat hy enige kennis het, weet hy nog niks soos ‘n mens behoort te weet

nie. 1Ko 8:3 Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.

Page 26: As ek by jou verbygaan…

Ons persoon, toe en nou:Psa 52:5 So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela. Psa 52:6 En die

regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê: Psa 52:7 Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy

rykdom, sterk was in sy begeerlikheid! Psa 52:8 Maar ek sal wees soos ‘n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd. Psa 52:9 Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag,

want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote.

Jer 17:5 So sê JAHWEH: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van JAHWEH afwyk. Jer 17:6 En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die

wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en onbewoonde land. Jer 17:7 Geseënd is die man wat op JAHWEH vertrou, en wie se vertroue JAHWEH is. Jer 17:8 Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy

blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.

Page 27: As ek by jou verbygaan…

Daar is ‘n patroon wat ons moet raaksien!Spr 18:10 Die Naam van JAHWEH is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut. Spr 18:11 Die goed (mag, geld, kennis, intellek, ens) van die ryke

(een wat baie het daarvan) is sy sterk stad en soos ‘n steil

muur in sy verbeelding. Spr 18:12 Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar

nederigheid gaan aan die eer vooraf.

Risiko – h”eer”likheid kan lei tot ‘n verbeeldingsvlug van “hoë”moedigheid.

Waarskuwing

Page 28: As ek by jou verbygaan…

Sirkel van die dood

Voorspoed

Oorwinning

Teespoed

Hoogmoed

Val

Nederigheid

Terugkeer

Afdwaal

Opstaan

Page 29: As ek by jou verbygaan…

Toegepas op ons gemeente

Voorspoed

Oorwinning

Teespoed

Hoogmoed

Val

Nederigheid

Terugkeer

Afdwaal

OpstaanWerke uit geloof

Eensgesindheid in die Gees

Offer die “ek”

Wys U die weg aan

Doodsheid, verdeeldheid

Vormgodsdiens

Jaag die Geestelike “telbord”

Die Gees onttrek

Werking van die Gees

Al My heerlikheid by jou verby gaan

Die doodVerbrokkeling

Gee voedsel aan my kinders

Page 30: As ek by jou verbygaan…

Toegepas op ons volk

Voorspoed

Oorwinning

Teespoed

Hoogmoed

Val

Nederigheid

Terugkeer

Afdwaal

OpstaanTrek uit vir stryd

teen oormag

Bloedrivier / Volk vir JHWH

Planne verby

Net JHWH, dis al - Gelofte

Moord, onreg, verdrukking

Ons maak planne /

onderhandel

Boer en sy roer

1994

$2 = R1

Vrede, werk, geleenthede

Vyand raak baasGod stry teen

ons

Nie deur krag of deur geweld

Wigte & teenwigteOns het

geen regte

Page 31: As ek by jou verbygaan…

As JHWH jou vyand word:Klg 2:1 Ag, hoe het die Here in sy toorn die dogter van Sion met wolke oordek! Hy het die sieraad van Israel uit die

hemel op die aarde neergewerp en nie gedink aan die voetbank van sy voete op die dag van sy toorn nie. Klg 2:2 Die Here het al die woonplekke van Jakob sonder verskoning verslind; in sy grimmigheid het Hy die vestings van die dogter van Juda verwoes, op die grond gewerp, die koninkryk en sy vorste ontheilig. Klg 2:3 Hy het in gloeiende

toorn elke horing van Israel afgekap; Hy het sy regterhand teruggetrek voor die vyand, en in Jakob het Hy gebrand soos ‘n vuurvlam wat rondom verteer. Klg 2:4 Hy het sy boog gespan soos ‘n vyand, Hom opgestel met sy

regterhand soos ‘n teëstander en gedood alles wat ‘n lus was vir die oog in die tent van die dogter van Sion; Hy het sy grimmigheid uitgegiet soos vuur. Klg 2:5 Die Here het soos ‘n vyand geword, Hy het Israel verslind, al sy paleise verslind, sy vestings verwoes en geklaag en geklag by die dogter van Juda vermenigvuldig. Klg 2:6 En Hy het sy eie omheining soos ‘n tuin verniel, sy eie feesplek verwoes; JAHWEH het in Sion feestyd en sabbat laat vergeet, en in sy grimmige toorn koning en priester verwerp. Klg 2:7 Die Here het sy altaar verwerp, sy heiligdom ontheilig, die mure van haar paleise in die hand van die vyand oorgelewer; hulle het gedruis gemaak in die huis van JAHWEH soos op ‘n

feesdag. Klg 2:8 Die HERE het Hom voorgeneem om die muur van die dogter van Sion te verwoes; Hy het die meetsnoer gespan, sy hand nie teruggetrek van vernietiging nie; ja, Hy het voorskans en muur laat treur, saam sak

hulle inmekaar. Klg 2:9 Haar poorte het in die grond gesink, Hy het haar grendels te gronde gerig en verbreek; haar koning en haar vorste is onder die heidene; daar is geen onderwysing nie, en haar profete ontvang geen gesig van

JAHWEH nie.

Klg 2:11 My oë teer weg in trane, my ingewande is in beroering, my lewer is op die grond uitgeskud vanweë die verbreking van die dogter van my volk, omdat kind en suigling op die pleine van die stad versmag, Klg 2:12 wat aan

hulle moeders sê: Waar is koring en wyn? terwyl hulle versmag soos gewondes op die pleine van die stad, terwyl hulle lewe uitgestort word aan die bors van hul moeders. Klg 2:13 Watter getuienis kan ek vir jou aflê, waarmee kan

ek jou vergelyk, dogter van Jerusalem? Waarmee sal ek jou gelykstel, dat ek jou kan troos, jonkvrou, dogter van Sion? Want jou verbrokenheid is so groot soos die see—wie kan jou gesond maak? Klg 2:14 Jou profete het vir jou bedrieglike en ongerymde dinge gesien en jou ongeregtigheid nie geopenbaar om jou lot te verander nie, maar

hulle het vir jou godsprake gesien tot bedrog en verstoting.

Page 32: As ek by jou verbygaan…

Vyf boodskappe in twee dae…..En die boodskappers doen dit uit

haat, maar ons moet die boodskap verstaan -

Page 33: As ek by jou verbygaan…
Page 34: As ek by jou verbygaan…
Page 35: As ek by jou verbygaan…

Ons ellendige mens!

Ons wil naby Vader wees – maar ons struikel oor ons eie swakheid en val sodra Sy heerlikheid in ons midde

werk.

Wat sal ons doen?

Page 36: As ek by jou verbygaan…

Maar JHWH se raadsplan is nie aan ons foute uitgelewer nie – Hy

weet wat moet kom, en Hy gee aan ons die waarskuwing, sowel

as die uitkoms.

Page 37: As ek by jou verbygaan…

Daar kom ‘n dag, en dit sal nie vir ewig uitgestel word nie, dat – ‘n ellendige

oorblyfsel, gering in hul eie oë, sal vlug en skuiling soek by die Naam van Jahweh!

Sef 3:10 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring. Sef 3:11 Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek

uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie. Sef

3:12 En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en geringe volk wat by die Naam van JAHWEH skuiling soek.

Page 38: As ek by jou verbygaan…

Hoe vêr is ons van hierdie “aanvaarbare” toestand as volk? Hoe lank nog bly ons nekke

styf, en ons opgeblase oor ons “helde afkoms”.

Die helde van gister waarop ons so roem, kan ons nie help nie – hul het reeds die rus gevind.

Net Een kan ons nog help, en Hy doen dit op Sy voorwaardes, wat is:

GERINGHEID (NEDERIGHEID), DIENSBAARHEID, GEHOORSAAMHEID

Page 39: As ek by jou verbygaan…

Maar hoe bly ons veilig van hoogmoed as Hy by ons verbygaan in al sy HEERLIKHEID?

Ons moet skuiling vind……..sodat ons nie weer hoogmoedig word en nodig het om hierdie sirkel van die

dood in te gaan nie!

Page 40: As ek by jou verbygaan…

Eks 33:19 Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van JAHWEH

uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. Eks 33:20 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. Eks 33:21 Ook het JAHWEH gesê: Kyk, hier is ‘n plek by My waar jy op

die rots kan gaan staan. Eks 33:22 En as my heerlikheid

verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het. Eks

33:23 En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.

Page 41: As ek by jou verbygaan…

Skuil in die skeur van die RotsSkeur - nek-aw-raw‘ - From H5365; a fissure (soos ‘n letsel/wond in ‘n rots) : - cleft, clift.

Rots - tsoor, tsoor - From H6696; properly a cliff (or sharp rock, as compressed); generally a rock or boulder; figuratively a refuge; also an edge (as

precipitous): - edge, X (mighty) God (one), rock, X sharp, stone, X strength, X strong. See also H1049.

Mat 26:26 En terwyl hulle eet, neem Jahshua die brood, en nadat Hy gedank het, breek (skeur) Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

Mat 21:42 Jahshua sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here

gekom en is wonderbaar in ons oë?

1Ko 10:4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.

Joh 20:27 Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.

Page 42: As ek by jou verbygaan…

Woon daar, gaan gedurig daar in -

Psa 71:3 Wees vir my ‘n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat

bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.

Page 43: As ek by jou verbygaan…

Aan die einde, twee opsies:Háb 2:1 Op my wagtoring wil ek gaan staan en op ‘n skansmuur

my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord. Háb 2:2 Toe antwoord JAHWEH

my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees. Háb 2:3 Want die gesig sal nog duur tot

op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal

dit kom en nie versuim nie: Háb 2:4 Kyk, sy siel is opgeblase in

hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.

Page 44: As ek by jou verbygaan…

Nie deur krag of deur geweldSag 4:1 En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ‘n man wat uit die slaap opgewek word. Sag 4:2 En

hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ‘n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy

sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is. Sag 4:3 Ook twee olyfbome langs hom, een

aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan. Sag 4:4 Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer? Sag 4:5 En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer. Sag 4:6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van JAHWEH

aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê JAHWEH van die leërskare.

Page 45: As ek by jou verbygaan…

Daar is nie meer tyd vir “overs” nie!

Ons kan dit nie weer verkeerd kry nie

Ons kan nie weer in die doodsnet van hoogmoed val – weer die sirkel van die dood

ingaan nie!

Page 46: As ek by jou verbygaan…

Net as ons ingaan in die ROTS, dat die HEERLIKHEID eerder oor Hom

spoel – Jahshua kan dit hanteer, ons nie.

Page 47: As ek by jou verbygaan…

Amen