ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan...

14
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 LEESBEGRIP/TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES NOVEMBER 2015 GRAAD 5 PUNTE: 60 TYDSDUUR: 1 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Transcript of ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan...

Page 1: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

AFRIKAANS HUISTAAL

VRAESTEL 2

LEESBEGRIP/TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

NOVEMBER 2015

GRAAD 5

PUNTE: 60

TYDSDUUR: 1 UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Page 2: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 5 NOVEMBER 2015

Bladsy 2 van 11

NAAM:______________________________________________________________

Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

PUNTE

AFDELING A: LEESBEGRIP 37

AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES 23

TOTAAL 60

INSTRUKSIES

1. Beantwoord AL die vrae op die vraestel.

2. Lees die instruksies by elke vraag noukeurig deur.

3. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 5 NOVEMBER 2015

Bladsy 3 van 11

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees die leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae:

Hlaka en bobbejaan se lekker kos

1. Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is

om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het bo-op die hut gesit

en werk. Net toe hy naby die hut kom, ruik hy lekker kos. Hy hou sy lyf klein en

sluip by die hut se lae deurtjie in sonder dat die bobbejaan hom sien. Hy begin die

kos eet wat sy vir haar en haar man gekook het. Omdat die kos warm was, het hy

sy mond verbrand en dit uitgespoeg. Toe hoor die vrou dat iemand by haar kos is.

Sy skree: “Haai, wie is daar by my kospot?”

2. Hlaka antwoord: “Toemaar, my moeder se jongste suster, ek het net geproe of dit

gaar is.” Sy skree toe: “Kom help my werk en as ons klaar is, kan ons saam eet.”

3. Hy klim op die dak en help om die gras vas te werk. Hy sien haar lang stert agter

haar en werk dit saam met die gras op die dak vas. Toe sê hy vir haar: “Ek gaan

net gou kyk of daar nie diewe by die kos is nie!”

4. Toe die vrou hoor hoe hy sy lippe op mekaar klap van lekker eet, wil sy afklim,

maar haar stert sit vas. Sy moes maar sit en wag totdat haar man van die berg af

teruggekom het en toe was die skelm Hlaka lankal weg en die kos ook.

Geneem uit: Vulindaba – P.J. Schoeman (Perskor)

VRAE:

1.1 Wat was Hlaka besig om te doen toe hy by Bobbejaan se vrou uitgekom het? (1)

______________________________________________________________________

Page 4: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 5 NOVEMBER 2015

Bladsy 4 van 11

1.2 Watter woorde vertel vir ons dat Hlaka lank gesoek het na die beeste? (1)

______________________________________________________________________

1.3 Waarmee was die vrou besig en hoekom het sy dit gedoen? (2)

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

1.4 Hoe het die vrou geweet dat daar iemand by haar kospot is? (1)

______________________________________________________________________

1.5 Waarom het Hlaka die kos uitgespoeg? (1)

_____________________________________________________________________

1.6 Wat noem ons ons moeder se jongste suster? ____________________ (2)

1.7 Waarom dink jy het Hlaka die vrou se stert saam met die gras aan die dak

vasgewerk? (2)

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

1.8 Het Hlaka regtig gedink dat daar diewe by die kos is? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)

______________________________________________________________________

1.9 Was Hlaka ʼn dier of ʼn mens? Hoekom sê jy so? (2)

______________________________________________________________________

1.10 Waarom moes die vrou wag totdat haar man van die berg af terugkom? (1)

_____________________________________________________________________

______________________________________________________________________

(15)

Page 5: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 5 NOVEMBER 2015

Bladsy 5 van 11

VRAAG 2 VISUELE TEKS

Kyk na die prentjie hieronder en pas die uitroepe by die regte prentjie. Skryf net bv. 1b, 2e in die kolom onder die prentjie:

(6)

1 2 3 4 5 6

Page 6: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 5 NOVEMBER 2015

Bladsy 6 van 11

VRAAG 3 POëSIE

Lees die gediggie hieronder en beantwoord die vrae:

As niemand kyk nie…

1 Meneer de Beer skil netjies ‘ʼn peer 2 en eet graag kabeljou. 3 Maar as niemand vir hom kyk nie, 4 sal hy sommer oopmond kou. 5 Mejuffrou Louw pronk soos ‘ʼn pou, 6 hou van haar lippies tuit. 7 Maar as niemand vir haar kyk nie, 8 steek sy haar tong lank uit.

9 Tannie Meraai is verskriklik kwaai 10 en loop met ʼn stywe nek. 11 Maar as niemand vir haar kyk nie, 12 trek sy graag skewebek.

13 Ek klouter en klim en hou my slim, 14 Ek raas en woed en vat Boetie se goed. 15 Maar as niemand vir my kyk nie… 16 Is ek rerigwaar stroopsoet!

Helena Wasserval – Uit: Nuwe Kinderverseboek

VRAE:

3.1 Wie dink jy praat in die gedig? ____________________________ (1)

3.2 Is die kind in die gedig soet of stout as mense vir hom kyk? (1)

_____________________________________

Page 7: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 5 NOVEMBER 2015

Bladsy 7 van 11

3.3 In die eerste drie strofes word vertel wat drie persone doen as mense vir hulle

kyk.Voltooi die tabel deur te sê wat elkeen doen. Noem net EEN by elkeen. (3)

Meneer de Beer

Mejuffrou Louw

Tannie Meraai

3.4 Waarom loop tannie Meraai met ʼn stywe nek? . (2)

___________________________________________________________________

3.5 Wat doen mejuffrou Louw as niemand vir haar kyk nie? (1)

_________________________________________________________________

3.6 Daar is een persoon wat die hele tyd verkeerd optree. Wie is dit? (1)

__________________

3.7 Watter woorde rym met:

3.7.1 kabeljou (reël 2) _____________ (1)

3.7.2 tuit (reël 6) _____________ (1)

3.7.3 woed (reël 14) _____________ (1)

3.8 Wie is die digter van die gedig? ________________________________ (1)

3.9 In watter digbundel het die gedig verskyn? (2)

_________________________________

3.10 Voltooi die sin: (1)

Baie soet is ____________________________________

(16)

TOTAAL AFDELING A: 37

Page 8: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 5 NOVEMBER 2015

Bladsy 8 van 11

AFDELING B TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 4

Gebruik die teks "Nilah se wêreld"om die volgende vrae te beantwoord:

Nilah se wêreld Hallo Heuwelsig! 1 Welkom by my splinternuwe webwerf. Ek is so opgewonde! Ek kan nie glo ek het dit

heeltemal op my eie ontwerp nie. Nou het ek die perfekte manier om vir julle te vertel van die

wonderlike romans wat ek gelees het.

2 Het jy al ooit gewonder waarom lees so fantasties is? As jy verveeld is, beveel ek aan dat jy

'n boek optel en begin lees. Probeer dit. Ek waarborg jou dat sodra jy in die onderwerp van

die boek begin belangstel, jy nie meer verveeld sal wees nie. Ek bedoel, as jy in elk geval

verveeld is, kan jy maar net sowel 'n goeie boek lees, of hoe?

3 Anders as om voor die "koolkopkassie" te sit, gebruik jy wel jou brein terwyl jy lees. Wanneer

jy lees, word jy gedwing om oor baie dinge te dink wat vir jou onbekend is. Wanneer jy dit

doen, gebruik jy jou grysstof om te dink en slimmer te word. En dit moet 'n goeie ding wees,

reg?

4 Lees verbeter ook jou woordeskat. Om boeke te lees, veral boeke wat 'n uitdaging is, sal jou

blootstel aan baie nuwe woorde soos hierdie twee nuwe woorde wat ek onlangs geleer het:

ruimskoots en milddadige! Ek kan nie wag om hulle in my kreatiewe skryfwerk te gebruik nie.

Die lewe is so vol verskeidenheid en ek is gek oor nuwe idees en interessante inligting.

5 Was jy al ooit in 'n situasie waar jy verleë was en nie geweet het waaroor om te praat nie?

Het jy geweet dat lees jou horisonne verbreed? Jy kan verskeie storielyne in die romans wat

jy gelees het, bespreek. En dit is waaroor my blog-blad gaan. Daar is eindelose

Page 9: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 5 NOVEMBER 2015

Bladsy 9 van 11

geleenthede om met ander te deel.

6 As jy dus die eentonigheid van 'n lui, onkreatiewe en vervelige lewe wil breek, gaan gryp 'n

interessante boek. Kliek nou op die BOEKE-knoppie om te sien watter boeke ek aanbeveel

en hoekom. Ek sien uit daarna om van jou te hoor.

STUUR 'N BLOG-INSKRYWING Teken hieronder in met jou gebruikersnaam en wagwoord.

Nuwe gebruiker? Dit is wat jy moet doen

Gebruikersnaam Wagwoord

VRAE:

4.1 Watter afkorting word gebruik vir "wêreldwyeweb" op die internet? __________(1)

4.2 Watter sinsoort is die volgende sin in paragraaf 1? (1)

Ek is so opgewonde! ________________________

4.3 Skryf die volgende sin oor in die toekomende tyd: (1)

Wanneer jy lees, word jy gedwing om oor baie dinge te dink wat vir jou onbekend is. ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

Teken in

Tuis Boeke

Page 10: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 5 NOVEMBER 2015

Bladsy 10 van 11

4.4 Skryf die volgende sin in die ontkennende vorm: (1)

Klik nou op die BOEKE-knoppie.

______________________________________________________________________

4.5 Watter skryfteken word in die woord "BOEKE-knoppie" (par. 6) gebruik? (1)

___________________________

4.6 Verdeel die woord koolkopkassie in die volgende dele:

4.6.1 basis kool, kop,_______________ (1)

4.6.2 agtervoegsel __________________ (1)

4.7 Gee ʼn antoniem vir die volgende woord:

lui _________ (1)

4.8. Identifiseer die onderwerp en gesegde in die volgende sin: (2)

Lees verbreed jou woordeskat.

4.8.1 onderwerp 4.8.2 gesegde

4.9 Voltooi die tabel: (2)

ENKELVOUD MEERVOUD VERKLEINING uitdaging 4.9.1 4.9.2

4.10 Verbeter die spelling van die volgende woorde:

interesant _____________ (1)

4.11 Maak ʼn sin met die homofoon van brein (par. 3) (1)

_____________________________________________________________________

Page 11: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 5 NOVEMBER 2015

Bladsy 11 van 11

4.12 Identifiseer die bevoeglike bepaling in die volgende sin (par. 1):

Welkom by my splinternuwe webwerf.

Byvoeglike bepaling: _____________________________________ (1)

4.13 Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede: (3)

Nilah vra: "Het jy al ooit gewonder waarom lees so fantasties is?"

_________________________________________________________________

4.14 Wat is die trappe van vergelyking van:

vervelig (reël 6) verveliger _________________ (1)

4.15 Voltooi die tabel deur voorbeelde van die volgende woordsoorte in die leesstuk te

soek. (4)

4.15.1 Bywoord van tyd in paragraaf 4.

4.15.2 Besitlike voornaamwoord in paragraaf 1.

4.15.3 Voegwoord in die laaste paragraaf.

4.15.4 Byvoeglike naamwoord in die vergrotende trap in paragraaf 3.

TOTAAL AFDELING B 23

GROOTTOTAAL: 60

Page 12: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

AFRIKAANS HUISTAAL

VRAESTEL 2

MEMORANDUM

NOVEMBER 2015

GRAAD 5

PUNTE: 60

TYD: 1 UUR

Hierdie memorandum bestaan uit 3 bladsye.

Page 13: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM GRAAD 5 NOVEMBER 2015

Bladsy 2 van 3

AFDELING A: BEGRIPLEES PUNTE VRAAG 1 1.1 Hy was besig om beeste te soek 9� 1 1.2 Hy soek en soek 9� 1 1.3 Sy was besig om die huis se dak reg te maak, 9 want die

dak het gelek 9

2 1.4 Sy het gehoor toe hy die kos uitspoeg 9� 1 1.5 Die kos was warm en het sy mond gebrand 9� 1 1.6 Tannie/tante 9� 2 1.7 Hy het ʼn skelm plan gehad om die kos te steel. As haar

stert vas is kan sy nie agter hom aankom om hm te keer nie 9�

2

1.8 Nee, 9dit was ‘n skelm plan om by die kos uit te kom 9 2 1.9 ʼn Dier,9want bobbejaan se vrou is sy moeder se jongste

suster 9

2 1.10 Sy kon nie haar stert los kry waar Hlaka dit vasgewerk het

nie9�

1 15 VRAAG 2 1b 9 1 2c 9 1 3d 9 1 4e 9 1 5d 9 1 6f 9 1 6

VRAAG 3 3.1 Dit is ʼn kind wat praat 9� 1 3.2 Hy is stout 9�� 1 3.3 Meneer de Beer – skil ‘n peer OF eet graag kabeljou 9

Mejuffrou Louw – pronk soos ‘n pou/hou van haar lippies tuit 9 Tannie Meraai – sy is kwaai/sy hou haar nek styf 9 Een antwoord by elke persoon �

3

3.4 Want sy is baie/verskriklik kwaai 9� 2 3.5 Mejuffrou Louw steek haar tong uit9� 1 3.6 Tannie Meraai 9� 1 3.7.1 kou 9� 1 3.7.2 uit 9� 1 3.7.3 goed 9� 1 3.8 Helena Wasserval (korrekte spelling) 9� 1 3.9 Nuwe Kinderverseboek (korrekte spelling) 9 2 3.10 stroopsoet9 1 16

Page 14: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best …...Hlaka soek beeste. Hy soek en soek en kom by bobbejaan se vrou wat besig is om die lekplekke in haar man se hut met gras te bedek. Sy het

AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM GRAAD 5 NOVEMBER 2015

Bladsy 3 van 3

AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES PUNTE VRAAG 4 4.1 www9� 1 4.2 Uitroepsin 9� 1 4.3 Wanneer jy lees, sal/gaan jy gedwing word om oor baie

dinge te dink wat vir jou onbekend is 9�

1

4.4 Moenie nou op die BOEKE-knoppie klik nie 1 4.5 Koppelteken 9� 1 4.6.1 kop 9 � 1 4.6.2 ie 9� 1 4.7 fluks 9��korrekte spelling 1 4.8.1 4.8.2

onderwerp - lees 9�

gesegde - verbreed 9�

2 4.9.1 4.9.2

uitdagings 9�uitdaginkie 9�

1 1

4.10 interessant 9� 1 4.11 My hare is bruin 9� 1 4.12 splinternuwe 9� 1 4.13 ����9�9���������������

Nilah vra of hy/sy al ooit gewonder het waarom lees so fantasties is. 9(punt vir aanhalings- en vraagteken weggelaat)

3 4.14 verveligste 9� 1 4.15.1 4.15.2 4.15.3 4.15.4

onlangs 9�my 9�en 9�slimmer 9�

4

23 TOTAAL: AFDELING B 23 GROOTTOTAAL 60