AKTIWITEIT 1 Hoë CHOLESTEROL: VOORGESTELDE ANTWOORDE · behou – enige verandering in die...
Transcript of AKTIWITEIT 1 Hoë CHOLESTEROL: VOORGESTELDE ANTWOORDE · behou – enige verandering in die...
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 1 van 13
AKTIWITEIT 1 – Hoë CHOLESTEROL: VOORGESTELDE ANTWOORDE
1. Gee ‘n beskrywing van die toestand van hoë cholesterolvlakke.
Cholesterol is ‘n wasagtige stof vervaardig deur die lewer en maak deel uit
van die selmembrane By sommige mense is die cholesterolvlakke in die bloed te hoog. Dit vernou die are en belemmer bloedvloei
2. Verduidelik die verskille tussen LDL en HDL
HDL LDL
Goeie cholesterol, neem oormaat cholesterol na die lewer waar dit afgebreek word. Beskerm ons teen hartsiektes.
Slegte cholesterol, vorm lae in die arteries wat kan lei tot hartsiektes.
3. Skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoe cholesterol tot koronêre hartsiektes lei.
Cholesterol kom in die bloed voor en kan aan die binnekant van die are opbou as
die vlak in die bloed te hoog raak. Die gedeponeerde stof word plaak genoem, dit
laat die are vernou, verdik en hard word. Dit staan bekend as aterosklerose.Dit
blokkeer die vloei van bloed en suurstof na die hart. Veroorsaak hartversaking/
hartaanval.
4. Die hartmerk verseker dat produkte aan sekere voorwaardes voldoen. Noem hierdie voorwaardes.
Produkte met die merk is:
Laag in cholesterol
Laag in versadigde vette
Laag in natrium
Laag in bykomende suiker
Hoog in vesel
5. Stel VIER maniere voor om cholesterol in die liggaam te beheer. Beheer van cholesterolvlakke
Eet klein porsies rooivleis net 3-4 keer per week
Eer minstens 2 x per week vis – bevat minder vet en baie omega 3 vetsure
Verminder hoë suiwelprodukte soos suurroom, roomkaas, hardekaas,
geproseseerde kaas, botter geklopte room, en volroomprodukte – eet liewe
lae vet of vetvrye suiwelprodukte
Waak teen versteekte vette in dieet – bv. koekies en koek het groot
hoeveelhede olie en vet
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 2 van 13
Gebruik minder vet in voedsel voorbereiding – eerder stoom
Olyf- of canola-olie wat monoversadig is
Eet baie vrugte en groente wat antioksidante bevat en vrye radikale afbreek
Bestudeer die onderstaande etiket en beantwoord die vrae wat volg:
Marie Simpson het sprietui-en-grasui-roomkaas as 'n toebroodjievulsel
gekoop. Sy het gedink dat dit 'n goeie keuse was om haar te help om haar
hoë bloedcholesterolvlakke te beheer.
Voorkant van etiket:
Sprietui-en-grasui-roomkaas
175 g Lae Vet Hou verkoel
Verkoop teen: 15/11/2011 Gebruik teen: 29/11/2011
Agterkant van etiket:
Voedingsinligting Bestanddele Kliëntediens:
Tipiese waardes Per 100 g Per 30 g Room (melk) 0800 11 77 11
(gereed- porsie Volroommelk
om-te-eet) (gereed- Sout
om-te-eet) Stabiliseerders
Energie 1 118 kJ 335 kJ Grasui 0,2% Spesiaal verpak
Proteïen 8,8 g 2,6 g Uiepoeier vir:
(0,2%)
Totaal vet 25,1 g 7,5 g ABC Klein-
Knoffelsout handelaars
Waarvan versadigde vet 17,5 g 5,3 g
Suurselkultuur ABC Office Park
transvette 0,3 g 0,1 g
Tweede Laan 22
mono-onversadigde vet 6,2 g 1,9 g
poli-onversadigde vet 1,0 g 0,3 g Covent Gardens
1000
Dieetvesel 0,6 g 0,2 g
Totaal Natrium 435 mg 131 mg
6. Evalueer die voedingsgeskiktheid van die sprietui-en-grasui-roomkaas vir Marie
Simpson.
Geskiktheid van roomkaas
Dit is nie geskik nie.
Dit bevat room en volroom melk/hoë kilojoule waarde
wat baie vet bevat/Die vetinhoud is meer as 3 g/100g of 7,5/30g
Totale vetinhoud is 25,1 g/100g of 7,5/30g - hoë versadigde vetinhoud
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 3 van 13
AKTIWITEIT 2 OSTEOPOROSE: VOORGESTELDE ANTWOORDE
1. Gee VIER oorsake van osteoporose.
1. Diëte laag in kalsium, fosfor en vitamien D gee aanleiding tot osteoporose.
2. Liggaamsmassa – hoe groter die liggaamsmassa, hoe groter die mineraal-
digtheid in die bene.
3. Menstruele status – estrogeen help om die mineraaldigtheid in die bene te
behou – enige verandering in die menstruele siklus sal bydra tot ʼn verlies.
4. Min oefening – dra by tot tot ʼn verlies.
5. Medikasie wat die absorpsie van kalsium verhoed, sal kalsium verlies in die
bene bevorder.
6. Alkohol en sigarette is risikofaktore vir die ontwikkeling van osteoporose
2. Gee ‘n kort beskrywing van die toestand osteoporose.
1. ‘n Siekte waar beenmassa verminder en veroorsaak dat bene makliker breek en frakture kry
OF 2. Is ‘n toestand waar beenweefsel dunner word wat ly tot ‘n groter gevaar van
beenbreuke OF
3. Siekte waar bene brosser raak met ‘n groter waarskynlikheid dat hulle sal
breek
3. Verduidelik waarom maer vrouens en anorexia nervosa-leiers meer vatbaar vir
osteoporose is.
1. Hoe laer die liggaamsmassa, hoe laer die beendigtheid
Nota: Nie ‘n tekort aan kalsium
4. Noem VYF voorsorgmaatreëls wat osteoporose sal voorkom.
MOENIE na toename van kalsiuminname verwys nie.
1. Verseker genoegsame inname van fosfor
2. en vitamiene D
3. Moenie rook
4. Vermy alkohol
5. Doen genoeg oefening
6. Neem estrogeen/hormoonvervanging na menopouse
7. Moenie jouself uithonger nie/voorkom oormatige gewigsverlies
8. Voorkom die oormatige inname van proteïen(vleis, vis, hoender)
NOTA: Nie toename in kalsium
5. Ontbytspyskaart met die meeste kalsium
1. Pronutro, volgraan
2. Afgeroomde melk
3. Cheddar kaas
4. Volgraanbrood
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 4 van 13
AKTIWITEIT 3 HOë BLOEDDRUK/HIPERTENSIE:
VOORGESTELDE ANTWOORDE
Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg:
Johan Viljoen , 48 jarige rekenaarprogrameerder is kort en oorgewig. Sy werk
behels dat hy vir lang ure sit en hy is te moeg na werk om oefeninge te doen.
Verder bestaan sy maaltye gewoonlik uit vetterige vleis, eiers, kaas, nagereg en
alkohol. Hy het ‘n familiegeskiedenis van arteriosklerose en hoë bloeddruk. Sy
laaste bloedtoetse toon dat sy bloeddruk en cholesterolvlakke te hoog is.
1. Beskryf wat is hipertensie/hoë bloeddruk.
1. 'n Siektetoestand wat gekenmerk word deur 'n verhoogde werklading van
die hart, wat veroorsaak dat die spierweefsel verdik en die are rek.
2. Die drukking van die hart teen die weerstand wat deur die slagare/are
veroorsaak word /drukking op die wande van die slagare/are as gevolg
van verhoogde bloeddruk
3. Die toestand wat ontstaan wanneer die hart bloed in die vate pomp teen 'n
hoër drukking as normaalweg (120 systolies / 80 diastolies). Hoe hoër die
drukking hoe beter die kanse om hartsiektes te ontwikkel. Water retensie
verhoog die bloeddruk wat hartversaking kan veroorsaak
2. Dui die gevare van hipertensie aan.
Verhoog werkslading van hart – dit veroorsaak dat hartspier verdik en
slagare rek. Hoe hoër bloeddruk hoe groter die risiko vir
1. hartsiektes
2. beroertes
3. nierversaking.
3. Noem VIER risikofaktore uit die gevallestudie wat hoë bloeddruk kan veroorsaak.
1. Familiegeskiedenis van hoë bloeddruk
2. Oorgewig
3. Geslag – mans meer geneig om aan hipertensie te ly
4. Geen oefening / onaktiewe leefstyl
5. Oormatige alkohol gebruik
6. Lae inname van kalium, kalsium en magnesium
7. Swak dieet (Oormatige inname van versadigde vette en te veel sout)
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 5 van 13
4. Stel VIER dieetaanpassings voor wat Johan Viljoen in staat sal stel om sy bloeddruk
te verlaag.
1. Hy moet minder sout eet. – verhoog bloeddruk
2. Hy moet minder ryk kosse eet wat te veel versadigde vette bevat. –
verhoog cholestrol
3. Hy moet minder eet. – gewig beheer
4. Hy moet minder suiker inneem. – gewig beheer
5. Hy moet alkohol matig gebruik. – verhoog bloeddruk
5. Bestudeer die voedingkundige inligting van die “Quarter Pounder” en die “Big Mac”
en vergelyk dit met die aanbevole dieettoelaag (ADT) vir ‘n 17-jarige tienerseun.
ADT vir 17 jaar oud “Quarter pounder” “BIG MAC”
Energie 10 000kJ 5185kJ 4038kJ
Vet 25g 41.6g 35.6g
Proteïen 52g 27.7g 27.7g
Natrium 500g 2280g 801.9mg
5.1 Bereken die hoeveelheid kJ wat nog beskikbaar is vir die tiener nadat hy ‘n “Quarter
Pounder” vir middagete genuttig het.
4815kJ
5.2 'n Tiener met 'n familiegeskiedenis van hipertensie/ hoë bloeddruk moet 'n Big Mac
kies eerder as 'n “Quarter Pounder”. Motiveer jou antwoord.
Die Big Mac het minder sout/Die Quarter Pounder bevat meer sout – sout
veroorsaak hipertensie / hoë bloeddruk
5.3 Identifiseer DRIE Suid-Afrikaanse dieetriglyne wat in verband gebring kan word met
die inligting in die tabel hierbo.
1. Wees fisies aktief 2. Eet baie min vet (nie meer as 30% van die dieet)
3. Vleis, vis, hoender, melk en eiers kan daagliks geëet word
4. Gebruik sout spaarsaam
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 6 van 13
AKTIWITEIT 4 VETSUG: VOORGESTELDE ANTWOORDE
1. Noem DRIE komponente wat in oormaat teenwoordig is in kitskosse en geprosesseerde
voedsel
Sout, suiker en Vet.
2. Vetsugtigheid dra by tot swak gesondheid.
Noem DRIE dieetverwante-siektes wat met vetsugtigheid verband hou.
Diabetes, Hartsiektes, Hoë bloeddruk/Hipertensie, Kanker
3. Bestudeer die voorbeelde van ontbyt spyskaarte vir ‘n oorgewig-tiener dogter.
SPYSKAART 1 SPYSKAART 2 SPYSKAART 3
Ontbyt Ontbyt Ontbyt
125 ml Graanvlokkies 125 ml Hawermout 125 ml Kakao Pops
1 sny geroosterde
Witbrood
1 sny Rogbrood 1 sny Bruinbrood
10 ml Margarien 10 ml Mayonnaise 20 ml Groondboontjiebotter
15 ml Marmalade 1 Eier 15 ml Gouestroop
1 koppie Rooibostee met
50 ml afgeroomde melk
en2 teelepels heuning
1 koppie warm Sjokolade
gemaak van kakaopoeier,
koffieverromer en suiker
1 koppie swart Koffie met
versoeter
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 7 van 13
3.1 Hou die voedingsvereistes vir ‘n tiener, wat vetsugtigheid wil teenwerk, in
gedagte en skryf EEN positiewe en EEN negatiewe aspek neer m.b.t. die
voedingswaarde van ELK van die spyskaarte.
SPYSKAART 1 SPYSKAART 2 SPYSKAART 3
Negatiewe
aspek
Positiewe
aspek
Negatiewe
aspek
Positiewe
aspek
Negatiewe
aspek
Positiewe
aspek
Is te hoog in
verfynde
koolhirdate en
sal gewigs-
verlies
teenwerk
Die Rooibos
tee is ‘n goeie
keuse en bevat
geen kafeïen.
en/die heuning
is ‘n gesonde
anti-oksidant /
ryk in gesonde
anti-oksidante /
ryk in nutrient,
vitamiene en
minerale.
Die volroommelk
bevat versadigde
vette wat sy moet
vermy.
Sy hoef nie suiker
in te neem nie; dit
is verfynde
suikers en leë
kilojoules.
Koffieverroomers
bevat palmolie
wat ryk is aan
versadigde vette
en geen
noodsaaklike
nutriënte.
Ryk aan
onverfynde
koolhidrate
met ‘n lae GI
en sal haar
langer
vol/versadig
laat voel, bv.
die
hawermout
en rogbrood.
Eier is
proteïene wat
hulle langer
vol/versadig
sal voel.
Laag in goeie
nutrient bv.
proteïene en
onverfynde
koolhidrate
en hoog in
leë voedsel
soos suiker
Bruinbrood en
grondboontjie-
botter is ‘n goeie
keuse maar daar
is te min voedsel
teenwoordig om
‘n verskil te
maak.
3.2 Die spyskaarte mag ‘n verbetering wees op wat die tienermeisie voorheen gehad het. Dit
is egter nie baie geskik vir gewigsverlies nie.
(i) DRIE voedsel
komponente wat ontbreek
(ii) Motivering
Vrugte of groente/Vitamiene
en Minerale
wat haar vol/versadig sal laat voel en dit sal natuurlike
suikers en vesel voorsien wat genoeg energie al verskaf
en ook die spysvertering aanhelp.
Meer maer proteïene wat haar vir langer vol/versadig sal laat voel.
Vars water word benodig om die liggaam skoon te maak, is deel van
die liggaamselle en word benodig vir goeie gesondheid.
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 8 van 13
AKTIWITEIT 5 DIABETES: VOORGESTELDE ANTWOORDE
Volgens die ‘Worldwide Diabetes Foundation’ ,“Diabetes is een van die hoof oorsake van
vroeë siektes en vroeë dood werêldwyd. Nie-aansteeklike siektes insluitend diabetes,
is verantwoordelik vir 60% van sterfgevalle werêldwyd.”
1. Noem DRIE basiese simptome wat daarop kan dui dat ‘n persoon aan diabetes ly.
1. Oormatige dors
2. Moegheid en swakheid
3. Ontwatering/Dehidrasie
4. Urineer dikwels
5. Beduidende onverklaarbare gewigsverlies
2. Noem TWEE groepe mense wat die risiko loop om Tipe-2 diabetes te ontwikkel.
Enige vetsugtige persoon persoon van enige ouderdom
Ouer mense (bo 40)
3. Mense wat ly aan diabetes word geadviseer om lae-GI voedsel in hul dieet in te sluit.
3.1. Verduidelik hoe lae-GI voedsel tot voordeel van diabete kan wees.
Lae GI voedsel is voordelig vir diabete omdat dit glukose baie stadig vrystel en
gelykmatig in die bloedstroom vrylaat. Dit help die persoon om vir langer
versadig te voel sonder dat die bloedglukose vlakke fluktueer of sonder dat die
pankreas oorgestimuleer word om meer glukose af te skei.
3.2. Identifiseer DRIE lae-GI voedsel uit die onderstaande lys wat jy sou aanbeveel vir
‘n diabeet.
Volroommelk, pynappel, appel, lemoen, waatlemoen en sampioene
Volroommelk , appel en sampioene
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 9 van 13
4. Evalueer die geskiktheid van die onderstaande maaltydplan vir ‘n persoon wat aan
DIABETES MELLITUS lei
ONTBYT
2 Gebakte eiers
4 Repies spek (bacon)
Gebakte wors met blatjang
2 Snye wit brood
Versoete joghurt
Koffie met volroommelk en 3 lepels
suiker
MIDDAGETE
Gebraaide skaaptjops met witrys
Blomkool met romerige kaassous
Soetpatats
Versoete vrugtesap
NAGEREG: Malvapoeding met
roomys
AANDETE
Gestoomde vis
Mengelslaai
1 Volgraanrolletjie
Tee + afgeroomde melk + versoeter
1. Ontbyt en middagete – is nie geskik nie. Diabete moet die gebruik van suiker
verminder/spaarsamig gebruik.
2. Diabete behoort suiker matig te gebruik. Versoete joghurt, soetpatats,
malvapoeding met roomys, versoete vrugtesap bevat te veel suiker en is nie
geskik nie. Geregte van aandete bv. Tee met afgeroomde melk en kusmatige
versoeter; gestoomde vis – is geskik.
3. Die wit brood, wit rys en malvapoeding bevat geen vesel nie en is hoë GI-
voedsels. Laat die bloedsuikervlakke vinnig styg en vinnig daal – is nie geskik.
Die aandete is geskik, want dit sluit wel ‘n volgraanrolletjie, ‘n lae GI-gereg vol
vesel, in.
4. Die maaltydplan bevat te min vars vrugte en groente. Slegs vars mengelslaai en
blomkool, maar met romerige kaassous .
5. Plan bevat drie maaltye – is geskik.
6. Te veel proteiengeregte bv.:
a. Ontbyt: Eiers, wors, spek;
b. Middagete: skaaptjops; romerige kaassous,
c. Aandete: vis
7. Gaarmaakmetodes: te veel braai en bak, slegs vis gestoom
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 10 van 13
AKTIWITEIT 6
1 Opvoeding in gesondheidsorg en ‘n gesonde lewenstyl kan ‘n groot verandering bring in die vermindering van dieet- en lewenstylverwante siektes.
1.1 Definieer anemie.
Anemie is ‘n bloedsiekte wat deur onvoldoende hemoglobien en
rooibloedselle veroorsaak word
Of
Bloed het die vermoë om suurstof te dra, verloor
Of
Tekort/geen hemoglobien word vervaardigdaarom onvoldoende suurstof wat
in die liggaam vervoer word
1.2 Noem TWEE moontlike oorsake van elk van die volgende lewenstylverwante siektes:
arteriosklerose (as gevolg van hoë cholesterol) en anemie. 1.3 Stel DRIE dieetaanpassings voor, wat ‘n persoon wat aan hierdie siektes ly, kan maak
om die siektes te bestuur. Tabuleer jou antwoord soos volg:
Dieet of lewen-
stylverwante siekte
1.2 Moontlike oorsake van
siekte
1.3 Aanpassing in die dieet
(GEEN AANVULLINGS)
A. Arteriosklerose
(as gevolg van hoë
cholesterol)
1. Oorerwing
2. Te min oefening
3. Te veel vet en
4. te min vesel in die dieet
5. Oorgewig of vetsugtig.
6. Hoë stresvlakke.
7. Hoë bloeddruk.
1. Verminder die inname van
versadigde vette.
2. Vermeerder die inname van
vesel in die dieet.
3. Gebruik poli-onversadigde
vetsure.
4. Sluit antioksidante in die dieet in.
B Anemie 1. Onvoldoende
hemoglobien in die
rooibloedselle.
2. Te min yster in die dieet
OF
3. Te min inname van
voedsel hoog in yster
4. Te min Vitamien C om te
help met die absorpsie
van yster.
5. Menstruasie.
1. Vermeerder die inname van
rooivleis in die dieet. / yster-ryke
voedsel
2. Vermeerder die inname van
appelkose, pruime, rosyne (droë
vrugte) in die dieet.
3. Sluit eiers in by die dieet.
4. Sluit Vitamien C in by die dieet
om te help met die absorpsie
van yster.
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 11 van 13
1.4 Verduidelik waarom die volgende mense ‘n groter risiko loop om anemie te ontwikkel:
a) Vegetariërs
Hulle eet nie vleis en somtyds ook nie vleisalternatiewe nie en
Daarom word geen yster en vit B12 ingeneem nie.
b) Tienerdogters
Verloor yster omdat hulle begin menstrueer
Glo dikwels verkeerdelik dat rooivleis vetmakend is, daarom
onvoldoende yster en Vit. B12 in liggaam
1.5 Lys VYF voedselsoorte wat kan help in die voorkoming en beheer van anemie.
Vleis Seekos Groente Vrugte Peulgroente Grane Ander
Organe
(lewer,
niertjies,
hart)
Rooivleis
Hoender
Vark
Oesters
Mossels
Garnale
Sardyne
Vis
Tuna
Groen
blaargroente
Groenbone
Ertjies
Pampoen
Patats
Kool, Brokkoli
Aaspersies
Tamaties
Piekels
Aartappels
Sampioene
Skorsie
Rooipepers
Sitrusvrugte
Aarbeie,
Kiwivrug,
Appelkose,
Dadels,
Swart-
bessies
Droë vrugte
(rosyne,
appelkose,
pruime)
Droë bone
Ertjies
Grond-
boontjies
Semels
Koringkiem
Hawermout
Verrykte rys
en Pasta
Volgraan en
Verrykte brood
Gefortifiseerde
ontbytgraan
Eiers
Melasse
Grond-
boontjie-
botter
2 Voedselallergie en voedselinloteransie
2.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen ‘n voedsel-intoleransie en ‘n voedselallergie.
Voedselintoleransie
Wanneer die liggaam nie voedsel korrek verteer of prossesseer nie a.g.v ‘n
gebrek aan een of meer ensieme
Of
‘n Onaangename reaksie tot ‘n spesifieke voedsel of bestanddele elke
keer as dit geëet word
Of
‘n Teenreaksie tot voedsel aangesien daar ‘n chemise bestanddeel in
voedsel is wat die liggaam as giftig sien
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 12 van 13
Voedselallergieë
Wanneer ‘n persoon se immuunstelsel teenliggampies vervaardig in reaksie
op die inname van sekere voedsels
Of
Dit is ‘n immuunreaksie op bepaalde voedselsoorte
Of
Dit is ‘n reaksie op voedsel wat jy geëet het
2.2 Bespreek laktose-intoleransie onder die volgende opskrifte:
a) Verduidelik wat laktose-intoleransie is.
1. Die onvermoë om groot hoeveelhede laktose (suiker in melk) te
verteer
2. Word veroorsaak deur ‘n tekort aan die ensiem laktase (wat gewoonlik
in die dikderm vervaardig word.)
3. Laktase breek melksuiker af tot glukose wat dan deur die bloedstroom
opgeneem word.
4. Wanneer daar te min laktase is om laktose in die dunderm af te breek,
gaan die laktose na die dikderm waar dit deur bakterieë gefermenteer
word.
b) Die simptome van laktose-intoleransie
1. Naarheid
2. Krampe
3. Opgeblaasdheid
4. (Oormatige) Gas
5. Diarree
6. Halitose (slegte asem)
c) Riglyne om ‘n gebalanseerde dieet te handhaaf terwyl laktose-intoleransie
bestuur word
1. Vermy alle suiwelprodukte
2. Lees die etikette van voorbereide voedsels om te sien of die voedsel
melk bevat
3. Baie voedsel bevat klein hoeveelhede laktose, kyk dus uit vir die
woorde soos wei, dikmelk, melkneweprodukte, poeiermelk en vetvrye
melkpoeier
4. Gebruik laktasetablette om die laktase wat in die spysverteringstelsel
ontbreek te vervang. Dit mag jou in staat stel om suiwelprodukte in
te neem sonder om enige newe effekte te ervaar.
VERBRUIKERSTUDIE GR 12 DIEETVERWANTE GESONDHEIDSTOESTANDE VASLEGGINGSTAKE
Bladsy 13 van 13
3 MIV/Vigs
3.1 Beskryf hoe persone wat aan MIV/Vigs ly hul voedingstatus, deur middel van hul
eetgewoontes, kan verbeter
1. Eet dikwels klein hoeveelhede dwarsdeur die dag om die absorpsie van
voedingstowwe deur die liggaam aan te moedig en sodat ‘n gesonde gewig
gehandhaaf kan word.
2. Eet dwarsdeur die siekte omdat koors en diarreë die absorpsie van
voedingstowwe (proteïene) verlaag.
3. Eet voedsel met hoë voedingswaarde/gebalanseerde maaltye wat al die
voedselgroepe insluit/ van plaaslike verkrygbare bestanddele voorberei is.
4. Styselvoedsels behoort die basis van die meeste maaltye te wees / help om
gewig aan te sit.
5. Vleis- en melkprodukte moet daagliks vir krag geëet word.
6. Eet droë bone, ertjies, lensies en grondbone om proteïene en oplosbare vesel
wat diarree sal stopsit, te voorsien.
7. Sluit suiker, vette en olies vir energie in die vroeë stadiums in en eet minder
later aangesien vet diarree kan veroorsaak.
8. Gebruik sout spaarsamig aangesien dit die bloeddruk kan laat atyg.
9. Eet baie rou vrugte en groente vir vitamiene en minerale.
10. Behou voedingstowwe deur korrekte voedselvoorbereiding.
11. Drink baie skoon veilige water.
12. Vermy alkohol gebruik aangesien dit die absorpsie van voedingstowwe
versteur.
3.2 Bespreek die uitwerking van die MIV/Vigs-pandemie op Suid-Afrikaanse huishoudings.
1. Onvoldoende inkomste/ geen inkomste as ouers/broodwinners nie in staat om
te werk nie / of kan nie werk soos voorheen gewoond was nie
2. Gesinne het onvoldoende fondse vir voedsel en ander noodsaaklikhede en
die beskikbare geld word op medikasie en die omsien na siekes gespandeer.
3. Kinders is die hoof van die huishouding/ kinders woon nie skool by nie omdat
hulle omsien na die siekes en die jonger kinders.
4. Die hoeveelheid weeskinders wat na mekaar moet omsien.
5. Huishoudings is afhanklik van voedselpakkies en medikasie van die staat.
6. Emosionele, fisiese, sielkundige stres van die omstandighede rondom hulle.