Agribulletin 160226

12
February 2016 Bespuiting kry nuwe vlerke • Bladsy 4

description

 

Transcript of Agribulletin 160226

Page 1: Agribulletin 160226

February 2016

Bespuiting kry nuwe vlerke • Bladsy 4

Page 2: Agribulletin 160226

February 20162

Your agriadvertising solution provider

’n publikasie van Bulletin

Uitgewer:Francois Aucamp

[email protected]:Louis Roux

[email protected]:

Jacques [email protected]

Uitleg en ontwerp:Tamryn Branch

[email protected] Thompson

[email protected] 8, Tzaneen,

0850015 307 7248015 307 7684

www.bulletin.us.comDrukker/Printer: Paarl-

Coldset

Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin.

Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin.

Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved.

Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Jacques Smuts071 268 2543

[email protected]

Tel: +27 15 395 4034/43 | Fax: +27 15 395 4010 | Cell: +27 78 801 2746email: [email protected] | P O Box 41, Mooketsi, 0825, Limpopo, South Africa

www.hishtilsa.com L/54

45

H I S H T I L - SOUTH AFRICA

ü Best possible start ü Greater uniformity ü Consistent quality ü Updated technology ü Technical back up ü Professional service ü Country wide delivery

HishtilWHYHishtil South Africa’s primary

production is both grafted and un-grafted vegetable seedlings that are delivered country wide.

Hishtil South Africa was established in 2007 in Mooketsi in Limpopo, as part of the International Hishtil Group.

MOOKETSI: Farmboschhoek 415, Houtbosdorp Road, Mooketsi 0825 RIEBEECK WEST: Plot 2028, Station Street, Riebeeck West, 7306

‘n Bu� elbul van die wildplaas Zwei Herholdt in die Thabazimbi-distrik is onlangs vir R6 miljoen op ‘n veiling van die hand gesit.

Die bul was deel van ‘n totale uit-verkoping van Zwei Herholdt se buf-

felkudde op die eerste wildveiling vanjaar deur Vleissentraal.

Volgens die afslaer, mnr Niel Swart, was dit uitsluitlik ‘n bu� elveiling van 26 uitsoekdiere wat ‘n omset van meer as R21 miljoen gehaal het. Die

belangstelling was groot en die hele kudde is verkoop.

‘n Bu� elkoei met bulkalf het R2 700 000 gehaal, terwyl nog een met ‘n verskalf die geldskaal op R2 050 000 getrek het. Verskeie verskalwers is vir

gemiddeld R500 000 elk verkoop.Die hoëprys-bul se nuwe eienaars

is mnre Peter en John Trollope van Trollope Brothers in Thabazimbi. Die dier spog met ‘n horinglengte van meer as 45 duim.

It is commonly stated that irrigated agricul-ture uses about 60% of South Africa’s available surface water resources. This is a gross misrep-resentation of what is said in the National Wa-ter Resources Strategy (NWRS) and puts agri-culture in a very bad light.

Prof Giel Laker, emeritus professor in soil matters of the University of Pretoria, told the SAAGA research symposium in Tzaneen last week that only 39,5% of the country’s con-sumed water is used by agriculture.

“South Africa still has huge underutilized and untapped water resources in the north-eastern parts of the Eastern Cape (former Transkei).”

He said the department of water a� airs is adamant that water will be taken away from irrigation and transferred to other sectors. This potentially has huge implications for the country, since 90% of the fruit and vegetables,

80% of potatoes and 30% of wheat are pro-duced under irrigation.

It will also have huge implications for rural towns and areas of which almost the whole economy revolves around irrigated agricul-ture.

“Irrigated agriculture in SA, and especially production of high value export crops, is fur-thermore threatened by pollution of water sources. Pollution with human disease or-ganisms and high phosphorus levels comes from informal settlements and malfunction-ing sewage systems. Heavy metal pollution is caused by acid mine drainage and industries.”

Laker said large quantities of water can be saved in irrigated agriculture. In many cases the same yields can be achieved with much less water than is being used presently. Water losses and non-bene� cial water use between the source and � eld edge can be minimized

by implementing the water administration system. On-farm selection of an appropriate irrigation system and its correct design to � t speci� c soil and climatic conditions is para-mount.

He added that correct land suitability evalu-ation is essential to ensure selection of ap-propriate sites for speci� c crops and cultivars. Poor soil fertility management leads to poor crop performance and consequently poor wa-ter use e� ciency. Excessive phosphorus levels seem to cause serious problems in subtropical fruit and nut orchards in SA.

Pronkbuffel haal R6 miljoen

Irrigation uses less than 40% of SA’s waterIrrigation uses less than

Prof Giel Laker (right), seen here with prof Mal-colm Dodd from Stellenbosch at the avo research

symposium in Tzaneen.

Page 3: Agribulletin 160226

Boere in Georges Valley en Politsi lek nog hul wonde na die verwoestende haelstorm vroeër die maand, toe die seisoen se oeste vir baie binne ‘n paar minute op die grond beland het.

Hoewel sommige boere in die bepaalde haelstrook ligter daarvan afgekom het, kan hul vrugte weens kos-metiese skade deur die haelkorrels nie bemark word nie.

Die berugte strook tussen Tzaneen en Modj-adjiskloof wat deur hael geteister word, is al jare aan Tzaneeners bekend. Dit kom byna jaarliks voor en tref net ‘n sekere deel van plase in die gebied.

Dit volg nooit dieselfde roete nie en baie boere is dankbaar as hulle die neerslag net-net vryspring.

Een van hulle wat vanjaar dié genade gehad het, was Allesbeste Boerdery van dr André Ernst en sy seuns Zander en Edrean. Die hael het hul

avoboorde met meters misgeloop Allesbeste is veral bekend vir sy Maluma-avo’s, wat wêreld-wye status as ‘n eg Suid-Afrikaanse produk geniet.

Die Ernsts het groot deernis vir die boere wat skade gely het en bewonder die mense se moe-digheid vir vasbyt ondanks die terugslag.

Nog ‘n groot avoprodusent wat sy hoed agter-na gooi, is mnr Nick Human, wat benewens bloekomplantasies ook etlike ha avo’s verbou. Hy het verlede jaar ‘n nuwe projek aangepak, met avo’s onder skadunet.

Dit is ‘n duur projek in samewerking met West-falia en kon erge skade opgedoen het as die haelstorm net e� ens oos van sy volgstrook sou afwyk.

Hy het in Desember verlede jaar skade gehad, toe hael vier hektaar van sy avo’s in Agatha ge-tref het. Sy bure het egter volgens hom groter skade gely.

Human sê aardverwarming speel beslis ‘n rol in die weerpatrone wat die afgelope paar jaar in Tzaneen ondervind word.

“In my 37 jaar in Agatha het ons gereeld hael-skade opgedoen, maar dit was so elke vyf jaar en dit het ook nie met stormwind gepaard gegaan nie.

Die skade was hoogstens 25%, behalwe in 1990, toe ons ‘n totale uitwissing beleef het.”

Hy sê temperature op die berg by Agatha was jare lank vier tot vyf grade laer as in Tzaneen, maar sedert verlede jaar het dié temperatuur skaars met ‘n graad verskil.

Ryp het elke jaar in laag-liggende gebiede rond-om die Tzaneendam voorgekom — ‘n verskyn-sel wat die afgelope paar jaar selde ervaar is.

Human sê die minder ryp wsat voorkom, kan aan aardverwarming toegeskryf word, meen hy.

February 2016 3

Hael-boere lek nog wonde

‘n Stompgesnoeide avo-boom van weleer staan bedek met PVA-verf om dit teen sonbrand te beskerm. Dié boom sal eers oor sowat drie jaar weer in produksie wees.

Page 4: Agribulletin 160226

February 20164

‘n Vlieënde familie van Limpopo wat voortaan na die wel-stand van oeste in Tzaneen, Letsitele en omgewing sal omsien, is die Erasmus-broers en hul vennote van Polok-wane onder die handelsnaam Sandriver Crop Protection.

Hulle neem die taak oor by mnr Koos Malan, die legen-dariese spuitvlieënier wat die afgelope drie dekades sy vlerke oor die gebied gesprei het. Dit is ‘n uitgebreide taak, want Limpopo as die grootste sitrusgebied in SA is van hulle afhanklik.

Die maatskappy is goed gevestig en reeds sestien jaar in lugbespuiting, met hul hoofkantoor in Polokwane.

Hulle is geserti� seer om bespuiting, saai en bestuiwing in die landbou te doen, sowel as die verkenning, beheer en bekamping van veldbrande.

Sandriver Crop Protection beskik oor vier Air Tractor-vliegtuie, met ‘n vyfde een wat volgende maand afge-lewer word.

Mnr Billie Erasmus, vlieënier en uitvoerende hoof, sê hulle spesialiseer in die bestryding van vrugtevlieg en valskodlingmot (VKM), terwyl die saai van dekgewasse, bespuiting en bemesting ook gedoen word.

Hul werkgebied is wyd en strek van die WesKaap, oor

die Karoo tot in Mosambiek.Die grootste vliegtuig, ‘n Air Tractor 502B met regi-

strasienommer N9185A, is die afgeloe vyf jaar in Namialo, Mosambiek, gevestig vir die bestryding van swart siga-toka op ‘n piesangplaas van 1 600 ha. Die vliegtuig word ook gebruik vir die bespuitings van sojabone, katoen en mielies elders in Mosambiek.

Twee Air Tractor 402A-vliegtuie word ingespan vir die toediening van plaag- en onkruiddoders op koring en canola in die WesKaap en mielies in Prieska en Moko-pane. Een van hulle, met registrasienommer ZS-MFT,

is permanent in Tzaneen gebaseer vir die spuit van vrugtevlieg op sitrus.

Die vierde vliegtuig, ‘n Air Tractor 301 met regi-strasienommer ZS-BYL, is in Citrusdal vir die bestry-ding van valskodlingmot.

Sandriver Crop Protec-tion se vliegtuie word op die maatskappy se perma-nente basis in Polokwane gediens en onderhou, asook deur 208 Aviation by Wonderboom-lughawe en Northair in Wellington.

Mnr Lardus Erasmus is die hoofvlieënier en saam met hom is mnr André le Roux die derde vlieënier. Die lo-gistieke bestuurder is mnr Ockie Erasmus, terwyl mnr Leon de Lange die � nan-sies hanteer.

“Ons kom uit Dendron se wêreld en is van kleinsaf vasgeklou aan landbou in Limpopo,” sê die Erasmus-broers.

Erasmus-broers spuit Limpopo skoon

Advertensie geborg deur

Mnr Koos Malan, tweede van links, het sy lugbespuitings vaarwel toegeroep. Die nuwe spu-itspan is mnre Leon de Lange, Lardus en Billie Erasmus van Polokwane.

Page 5: Agribulletin 160226

February 2016 5

Foutiewe fakture deur en gebrek-kige dienslewering van die departe-ment van water en sanitasie (DWS) het gelei tot ‘n dispuutverklaring deur TLU SA Noord teen die depar-tement.

Volgens die streekvoorsitter, mnr Steven Vermaak, is verskeie sake in die dispuut opgeneem om wa-terverbruikers te beskerm teen een-sydige optrede vanaf die DWS.

Hy sê die organisasie voer reeds sedert 2006 ‘n gesprek met die DWS om waterrekeninge reggestel te kry. Die gebrek aan vordering met die

saak het hulle nou genoop tot ‘n dis-puut om boere teen dreigemente van vervolging vir uitstaande skuld te beskerm.

‘n Senior advokaat in watersake het die Noordstreek se argumente aangehoor en bevestig dat die dis-puutproses korrek verloop.

“Ons wil dit bevestig dat ons lede nie onwillig is om vir waterbestuurs-dienste te betaal nie, mits dit vooraf ooreengekome dienste is en op die regte standard gelewer word,” het Vermaak gesê.

‘n Verenigde forum is tussen AgriLimpopo en TLU SA Noord op die been gebring om ge-meenskaplike belange in Limpopo in die toe-koms saam aan te pak.

Onder die kernsake is plaasveiligheid, paraat-heid en betrokkenheid by plaaswagstrukture waarin dié twee landbou-organisasies hande gaan vat.

Mnre Leon Borcherds, president van AgriLim-popo, en Steven Vermaak, voorsitter van TLU SA Noord, sê sedert die halsoorkop ontbinding van die kommandostelsel meer as ‘n dekade gelede het die staat “jammerlik misluk” in sy onderneming om burgerlike betrokkenheid by nuwe veiligheidstrukture in stand te hou of te versterk. In die leemte wat daardeur geskep is, het landelike veiligheid in Limpopo en elders in ‘n krisis ontaard, met verdoemende gevolge vir die landelike ekonomie.

Om dié toestand aan die groot klok te hang, word ‘n gesamentlike veiligheidsdag vir 10 Maart in die vooruitsig gestel.

Die omvang van ‘n jarelange spanning tussen

produsente en die departement van water-wese, saam met ‘n dispuut oor die administra-sie van watergebruikers se regte, het die twee organisasies ook besluit om saam te span vir ‘n oplossing in die gesloer.

Hulle is ook ernstig bekommerd oor die in-slag van dreigende verhoogde kostes soos arbeid (minimum lone), elektrisiteit, water en grondbelasting wat die winsgewendheid en ekonomiese volhoubaarheid van landbou in Limpopo onnder groot druk plaas.

Hulle het dit betreur dat geen wit boere in Limpopo tot dusver droogtehulp van die staat ontvang het nie en ook nie in aanmerking kom vir registrasie vir droogtehulp van die staat nie.

“Die integriteit van die departement van land-bou se verbintenis tot nie-rassigheid en die grondwetlikheid van dié optrede is bevraag-teken.”

Hulle het ook besluit om AFASA en FAFU by opvolggesprekke te betrek, om ‘n inklusiewe landbougesprek in die provinsie op die been te bring.

Noordstreek verklaar dispuut

teen DWS

Moh

lale

ng_2

575_

A

Eskom Holdings SOC Ltd Reg Nr 2002/015527/30

Baie elektriese motors is soms te groot, juis om voorsiening te maak vir maksimum uitsette wat selde of nooit benodig word nie. Masjiene, pompe, waaiers en lugversorgingstelsels gebruik sowat 42% van die elektrisiteit wat in die landbousektor gebruik word. Deur net ’n waaier of pomp van 100 tot 80% af te skaal deur middel van ’n Verstelbare Spoedaandrywer kan energieverbruik met tot 50% verminder word. Gesels gerus met een van ons Energie-Adviseurs en laat ons jou help om die doeltreffendste energieplan vir jou boerdery saam te stel.

Skakel ons Eskom Kontaksentrum op 08600 37566 en vra dat ’n Energie-Adviseur jou skakel.Vir meer inligting, besoek www.eskom.co.za/idm

Soms kan ’n bietjie dryfkrag die wêreld se verskil maak

Agri span saam

Page 6: Agribulletin 160226

February 20166

Georgië se vraag na land-boukennis en –beleg-gings uit Suid-Afrika is steeds van krag vir avon-tuurlustige Limpopo-boere wat hulle in die vreemde wil gaan vestig.

Bulgarye het hom in-tussen ook aangesluit by dié wekroep na SA boere, met die skep van geleenthede in sy landbousektor.

Mnr Bennie van Zyl, die hoofbestuurder van TLU SA, sê die organisasie het vyf jaar gelede in Geor-gië betrokke geraak om kommersiële landbou in dié land te help herstel na die vernietigende tyd-perk van kommunisme onder die Sowjet-unie.

Verskeie beleggings-geleenthede het met die eerste besoeke na vore gekom en TLU SA se standpunt is dat dit goed sal wees vir entrepre-neurs om hulle deur dié geleenthede te verskans teen die onsekerhede wat daagliks hier ervaar word.

Inligtingstoere word weer vanjaar na die twee lande onderneem. Georgië word van 8 tot 18 Junie besoek en Bul-garye van 18 tot 27 Ju-nie. Die twee besoeke kan ook aaneenlopend meegemaak word.

Vir meer inligting kan ‘n e-pos gestuur word aan [email protected]

Die de� niëring van droogte is ingewikkelder as om net te praat van ‘n tekort aan water, sê ‘n kenner van Citrus Research International, mnr JT Vahrmeijer.

Droogtes, in vergelyking met ander natuurrampe, rig die grootste skade aan en veroorsaak die meeste eko-nomiese verliese.

Vahrmeijer was een van die CRI se sprekers by ‘n ver-gadering van die sitrusstudiegroep by Constantia in die Letsitele-streek wat wenke oor droogtebestuur verskaf het. Hy het die term “droogte” in vier hoofdele beskryf.

Meteorologiese droogtes word as ‘n tekort aan reënval beskou, soos gemeet aan die afwyking van die langter-myn gemiddeld. Hierteenoor verwys landboukundige droogtes na die afname in die grondwaterinhoud met gevolglike opbrengsverliese, sonder dat oppervlakwa-terhulpbronne in ag geneem word.

Hidrologiese droogtes vind plaas indien daar ‘n tekort aan oppervlak- en ondergrondse waterhulpbronne in ‘n waterbestuursgebied is. Indien ‘n waterhulpbron weens lae reënval nie water aan gevestigde ekonomiese ak-

tiwiteite kan voorsien nie, lei dit tot ‘n so-sio-ekonomiese droogte. Die laaste twee de� nisies is van toepassing op besproeiing-landbou.

Daar is egter verskeie faktore wat die gevolge van watertekorte kan vererger, soos die oortoekenning van waterhulpbronne, oormatige onttrekking en ondoeltre� ende lewering van water weens swak onderhoud en bestuur van waternetwerke.

Vahrmeijer sê as al die verkeerde dinge in ag geneem word, is droogtetoestande eint-lik mensgemaak. “Die wêreldgemiddelde reënval is 860 mm per jaar, terwyl Suid-Afri-ka as ‘n waterskaars land op gemiddeld 475 mm moet klaarkom. Hiervan is 98% reeds vir verbruik toegewys.”

Onder die talle wenke wat hy deur die CRI voorgestel het, is die verwydering van ouer boorde met lae ekonomiese potensiaal om beter boorde te red. Die vermindering van oeslading kan ook help, deur die verwyder-

ing van vrugte om die inslag van droogte te beperk en ‘n laer oes met groter vrugte te verseker.

Onkruid moet verwyder word om mededinging vir water te verminder, verkieslik met onkruiddoder om versteuring van grondoppervlak te verminder en ver-damping te bekamp.

Droogte verhoog die moontlikheid vir wisselende en strategieë soos snoei, blom- en oesladingverminder-ing kan ingestel word as teenvoeter. Die strukturele in-tegriteit van veral gronddamme moet nagegaan word om te verseker dat groot krake nie gevorm het nie. Die damme behoort ook skielike vloede te kan weerstaan, wanneer swaar reënval begin.

Vahrmeijer sê dit is belangrik om te besef dat droogtes ‘n gebeurtenis is wat herhaal word. Daarom behoort watersekuriteit deel te wees van die langtermyn strate-giese beplanning van ‘n produksie-eenheid.

Laastens word ‘n waterbegroting benodig om sitrus met minder water te groei. Afhangende van die beson-derhede kan verskillende soorte tabelle vir waterbe-grotings opgestel word, wat ook bemesting en plaag-bestuursplanne insluit.

Droogtes is grootste natuurramp

Die span van Citrus Research International (CRI) het waardevolle inligting by die Constantia Sitrusstudiegroep se vergadering gelewer. Hulle is dr Jan van Niekerk, prof MC Pretorius, mnre Teunis Vahrmeijer en John-Hen-

ry Daneel. In die middel is dr Aruna Manrakhan.

Georgië roep SA boere

Page 7: Agribulletin 160226

February 2016 7

Mr William Mojapelo, sales executive in Polokwane, has been with Mercurius Commercial for the past six years and is the “go-to guy” for all commercial sales needs. He is described as very knowledgeable and a certi� ed Mercedes-Benz sales executive, who de-livers excellent customer service. He encourages

his customers to keep up with the market trends by keeping them informed with new product o� er-ings that will keep their business pro� table. He invites customers to con-tact him on 076 366 2230 or 015 298 4700 on this latest o� er of a 5-year/105 000 km service plan on the new Sprinter models.

Livestock farmers in cash flow dip

Harvest rainwater, says WRC

Cash � ow has now become the biggest hurdle for live-stock farmers as they aim to re-build their herds after recent rains in large parts of the country brought pros-pects of improved production and grazing conditions.

This was pointed out by Mr Paul Makube, senior ag-ricultural economist for FNB Business, who said condi-tions are likely to improve. However, more rain is need-ed to ensure that cattle producers have enough feed for the winter period.

In addition, feeding margins are expected to come under pressure this year, due to limited feed-supply and the surge in maize and other input prices. Cattle farmers will now avoid selling heifers and maintain farms in their current conditions, with the aim of pro-ducing more animals to be sold in the long term.

Makube said the existing lower herd numbers will

lead to farms having less income since they depend on sales to maintain their cash � ow. They should consider a number of factors when re-building herds to avoid � -nancial setbacks.

“Herd rebuilding can take a farmer up to seven years to return to full production. Many livestock farmers may be in poor � nancial positions in the post drought pe-riod, while debt payments may put more strain on the cash � ow of the farm, especially if the farmer does not own the land in which the business operates.”

He advised farmers who have used up their capital re-serves to approach their lender immediately to restruc-ture their � nancial position.

“Banks will always assess the situation on an individual basis since farmers implement di� erent herd-building strategies depending on their exposure,” Makube said.

The harvesting of rainwater for food production is an initiative of the Wa-ter Research Council and is promoted under the brand name “Amanzi for Food”.

For over ten years the WRC has been funding teams of researchers in South Africa to conduct research into rainwater harvesting and use. Much information has been gathered.

Weather experts suggest that such terrible droughts as being experi-enced currently are likely to occur with increasing frequency in the future. Although the “Amanzi for Food” campaign cannot provide for answers against drought, it can make a contribution to improving the situ-ation.

The main task of “Amanzi for Food”

is to make the information of the WRC available to all stakeholders, which include commercial and small farmers, agricultural NGO’s and ex-tension services, colleges, agricultur-al high schools, universities and the private training sector.

More information on the campaign can be found on www.amanzifor-food.co.za.

Page 8: Agribulletin 160226

February 20168

target: false codling moth & macadamia nut borer

NATURAL | SUSTAINABLE | PREVENT FRUIT DECAY | COMBAT RESISTANCE

T: 087 751 0279 | E:[email protected] | Find us on

Available from

Drapenet is the new whisper in crop protection methods against agricultural enemies like hail, sunburn, wind, birds, insects and bats.

The concept of drape netting of fruit trees was introduced to members of the Constantia Citrus Study Group outside Letsitele earlier this month. This Austral-ian patent has grown in popularity over the past decade, with many apple and citrus orchards gaining in the process.

The man behind Drapenet in Limpopo is Mr Brian Trollip, who was in control of citrus orchards at Letaba Estates for years and is now a consultant in the cit-rus industry.

He explained that drape net has been designed to a strict set of standards, which directly relate to the life and strength of the net. It not only protects the crop against weather hazards, but is also used to stop bees from pollinating � owers in seedless citrus.

Costs are a fraction of the price of per-manent netting structures. It is also not as susceptible to damage caused by the weight of hail in a major weather event.

When not in use, the net is stored out of the growers’ way with no extra posts ore

wires needed.It also acts as a tree growth regulator,

dramatically reducing summer growth resulting in less pruning and better col-our fruit.

It is applied by a machine specially de-signed for the task and runs o� a tractor’s hydraulic system. It is made in a variety of colours, widths, weights, lengths and with various hole sizes and � ts almost all tree crops.

The net has no adverse e� ects in ap-plying chemicals. In some cases better results were achieved under drape net, constituting to a swirling a� ect inside the net and achieving maximum cover-age.

Mr Jan le Roux is the representative for Drapenet in Limpopo and can be reached on 074 104 6880.

Sustainable food and � -bre production relies on a number of agricultural inputs amongst which crop protection products such as pesticides play a signi� cant role in main-taining healthy crops, says dr Gerhard Verdoorn, well-known protagonist of Crop Life SA.

Speaking at the SAAGA research symposium in Tzaneen last week, he said producers are often con-vinced to use pesticides o� -label to treat pests and diseases. This is a contra-vention of the Fertilizers, Farm Feeds, Ag-ricultural and Stock Remedies Act of 1947 in South Africa.

It also poses a serious risk of unaccepta-ble residues above the maximum residue levels. O� -label use is also an environ-

mental risk, for example impacts on pollinators when systemic pesti-cides are used or ap-plied with technology other than what labels indicate such as aerial application.

It is also prudent for producers to ensure that all pesticides con-sidered for use are reg-istered under the Act. It is common practice to o� er natural or organic remedies to producers under the guise of be-ing “environmentally

friendly”.Some products that are available in the

market are of suspicious origin and con-tents and most probably result in poor pest or disease control plus possible un-favourable residues in crops.

Drapenet enters Limpopo

Le Roux

Verdoorn warns against off-label pesticides

Me Lucy de Wet en mnr Wimpie Mostert gesels by ‘n vergadering van die Constan-tia Sitrusstudiegroep buite Letsitele. Me De Wet se man, Koos, is die groot braai-

man tydens byeenkomste van die boere, terwyl Mostert namens Houers Koopera-sie in Letsitele gereeld as borg vir die by-

eenkomste optree.

Page 9: Agribulletin 160226

February 2016 9

A novel approach towards the control of fruit � y in South Af-rica has been formulated by the development of a fungus disseminated among mating fruit � ies, killing them within four days.

The fungus, Metarhizium 69, is developed in Kenya by Real IPM, a company that produces and delivers bio-pesticides as a solution to reduce the use of chemical pesticides on fruit � y and a number of other harmful insects in agriculture, without a� ecting bees and bene� cial insects.

By means of an auto dissemi-nation device the male fruit � ies are attracted into the de-vice in search for female � ies, where they get contaminated by the Metharizium spores. Hereafter they go on to preen each other as well as mate with female � ies, passing on the deadly fungal spores and con-taminating the surrounding fruit � y population. Contami-nated � ies die within three to � ve days.

Research done by Real IPM has shown that there can be an 80% infection of a fruit � y population within three weeks.

The relatively young com-pany was founded in 2013 by

Ms Louise Labuschagne and dr Henry Wainwright in the Kenian town Thika, where high quality mites are produced un-der licence from the seed giant Syngenta Bioline. The com-pany’s bio-products are regis-tered in South Africa, Mozam-bique, Kenya, Ethopia, Ghana and Tanzania.

The managing director in South Africa is Ms Jean Kuiper with the head o� ce in Gra-bouw, Cape Province. They are also active in Tzaneen and Letsitele, where a newly ap-pointed representative will be introduced soon.

Ms Kuiper can be reached on [email protected].

*A single female fruit � y of the Bactrocera invadens species can produce 200 eggs at a time. The eggs develop into adult � ies within twelve days and can pro-duce eggs at the same rate. Up to twelve generations can develop within a year in hot and humid conditions, which means an in-fection of hundreds of thousand of fruit � ies in one orchard. Re-sistance to chemicals is a grow-ing concern, with biological methods of controlling the pest as the ideal solution, says Real IPM.

Fungus applied to kill fruit fly

The team from Real IPM in South Africa visited Tzaneen and sur-rounding agricultural estates last week. They are Mr Graham Leslie,

Ms Jean Kuiper (managing director) and Mr Erik de Leeuw.

The fruit � y in mating. Biological methods are now applied to con-trol their population in Africa.

Cones like these are applied for auto-dissem-ination of the Real IPM Metarhizium fungus

against fruit � y.

Page 10: Agribulletin 160226

February 201610

Die bekamping van stinkbesies in avokadoboorde en be-sproeiingstegnieke was die hoogtepunte op jaarlikse avo-simposium wat verlede week in Tzaneen aangebied is.

Die konferensiesaal van die Hotel@Tzaneen was stampvol van afgevaardigdes van oor die hele land, terwyl verskeie buitelandse sprekers ook die saamtrek bygewoon het.

Woensdag se referate was hoofsaaklik oor die oorsprong, voorkoms en bestryding van stinkbesies, wat jaarliks groot oesskade meebring.

Donderdag se bydraes het gewissel van insekdoders se uitwerking op subtropiese oeste tot die inspan van ska-dunette asook ‘n perspektief oor besproeiingsmetodes in Suid-Afrika.

Die organiseerders, Subtrop van Tzaneen, het die sympo-sium as ‘n groot sukses beskryf, met verskeie sprekers wat ‘n groot bydrae gelewer het om nuwe denke in die bedryf te laat posvat.

www.faw.co.za

R319 000

0861 234 572

During 2015, the 8 ton FAW 15.180 FL was the only truck in its class

to show strong sales performance while its competitors declined.

At R39 875 per ton, let the 15.180 FL perform for your business.

The most cost effective in its class!

Polokwane63 19th Avenue, Industria, Polokwane.

Stinkbesies kom onder die loep

Prof Nic van Schalkwyk en mnr Chris Swart

Links: Mnre Ed Hillary en Lucas

McLean.

Links Onder: Mnre Bruce Va-lentyn en Nico Swart is ‘n pa-e n - s k o o n s e u n kombinasie van Kiepersol wat wyd met avo’s en makadamias

boer.

Mnre Zylon McGa� en van Red Sun, Quentin Hyde van West-falia en Manie Elo� van Agrivet was onder die gaste by die Saaga-simposium wat deur Subtrop in Tzaneen aangebied is.

Mnr Patrick Butsulu is die departement van landbou, bosbou en visserye se verteenwoordiger in Tzaneen. Saam met hom by die Saaga-simposium was mee Emily Manahlela en Pre-

cious Nnovela van ZZ2.

Mnre Willie du Toit en Frans Greyling van Tomcat Chippers het ‘n demonstrasie van hul produkte op die plaas van mnr Nick Human voor simposiumgangers uitgevoer. Saam met hulle is

mnr Jaco Rautenbach van Tzaneen.

Dr André Ernst van Allesbeste, mnr Atholl Currie van Rich-mond in KwaZulu/Natal, dr Anton Hough van Nelspruit en mnr Jaco Maverick van Univeg is in vrolike gesprek by die avo

simposium.

Page 11: Agribulletin 160226

February 2016 11

Skorsies was nog altyd ‘n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse huisvrou se groentemandjie. Die huisvrou van vandag neig om, weens werksdruk, klaar-voorbereide groente te koop, of vars groente wat maklik en vinnig is om voor te berei. Dit is juis die verbruikersvriendelikheid van botterskorsies en lemoenpampoentjies wat bydra tot die toename in gewildheid van hierdie tipes.

Die vereiste is egter voorkoms en gehalte en dit is hier waar die bastervariëteite steeds die voorkeur van die ver-bruiker geniet.

Klimatoriese vereistesRankgewasse soos botterskorsies en pampoene is

warmweer-gewasse wat uiters gevoelig is vir rypskade. Die volgende klimaatsvereistes moet in aanmerking ge-neem word in die vestiging van hierdie gewasse. Hierdie vereistes is veral belangrik in die bepaling van saaidatums.

Die manlike blom word gekenmerk deur ‘n lang blom-steel en die afwesigheid van ‘n klein vruggie onder aan die blom en kan gevolglik nie vrugte vorm nie. Die vroulike blom het ‘n kort vrugsteel.

GrondvereistesRankgewasse sal met goeie bestuur op ‘n wye verskei-

denheid van grondtipes goed presteer mits die gronde goed dreineer. Vermy lande waar rankgewasse die vorige jaar geplant was en maak seker van die onkruiddoders wat voorheen gebruik was. Daar word aanbeveel dat ‘n grond-monster geneem word ten einde die optimale bemesting toe te dien. Die ideale pH vir rankgewasse is tussen 6,0 en 6,5.

BesproeiingBesproeiing van basterskorsies en pampoenvariëteite is

noodsaaklik om maksimale opbrengste te verseker. Die besproeiingsbehoeftes van hierdie gewasse word bepaal deur die klimaat en grondstruktuur. Daar moet in klam grond geplant word. Grond moet klam gehou word, maar nie te nat nie totdat plante goed gevestig is. Vermy oor-matige water gedurende koue wanneer die grondtemper-atuur laag is.

Bestuiwing en die rol van byeSlegs die vroulike blomme produseer vrugte. Blomme

open slegs vir een dag vroeg in die oggend en vou toe in die middag (vroeër onder hoë temperature). Dit kom daar-op neer dat ‘n blom dikwels slegs vir een dag en soms net ‘n halwe dag ontvanklik is vir bestuiwing en indien daar nie voldoende bye teenwoordig is om hierdie proses te laat plaasvind nie kan ‘n optimale oes nie realiseer nie.

Navorsing dui daarop dat minstens twee byekorwe per hektaar nodig is om ‘n rankgewasoes te bestuif. Indien meer as 13 hektaar rankgewasse aangeplant word, kan vier tot agt byekorwe elke 300 meter op die punt van die land geplaas word, verkieslik in so ‘n posisie dat hulle oor die land moet vlieg om by ander voedselbronne uit te kom. Plaas die bye eers as die eerste blomme verskyn, an-ders kan hulle gevestigde roetes vorm na ander bronne.

Chemiese bespuitings moet laat in die namiddag plaas-vind nadat die bye teruggekeer het na die korwe of ge-durende bewolkte dae as die bye nie werk nie.

Gewilde variëteiteAtlas is vir jare reeds die nommer een keuse van ver-

werkers weens die vruggrootte, interne kwaliteit en kleur. Die bekende Pluto, en die nuwe susterlyn Quantum, wat bietjie kleiner is as Pluto, is tans die eerste keuse vir uit-voer en die varsmark. Veenas is geskik vir die uitvoerder en voorafverpakking vir veral die kettingwinkelgroepe wat ‘n kleiner vrug verkies. Dan is daar Cosmos, die enig-ste bostipe botterskorsie in die mark, ideaal vir kantrye in spuitpaaie, wat meganiese onkruidbeheer moontlik maak in die verbouing van botterskorsies.

Pluto is vir die afgelope paar jaar alreeds die voorloper in die Suid-Afrikaanse mark. Die sterk groeiende basterplan-te is wyd aanpasbaar met uitstekende weerstandbiedend-heid teen poeieragtige meeldou.

Gemini is ’n vroeg bekwame baster bostipe lemoenpam-poentjie. Dit dra vrugte baie na aan die kroon en beskik oor korter internodes wat ‘n hoë opbrengspotensiaal tot gevolg het..

Smarag is ‘n wydaanpasbare, medium bekwame lemoen-pampoentjie met ‘n uitstekende opbrengspotensiaal.

Barnacle Bill is ‘n vroeë bekwame hubbard-tipe baster wat tussen twee en drie weke vroeër bekwaam is as die oopbestuifde tipes.

Vir meer inligting oor Sakata se skorsiereeks, skakel gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181 of besoek Sakata se webwerf, www.sakata.co.za.

Skorsies raak al hoe gewilder

Pluto produseer aantreklike medium-groot vrugte met ‘n diep-oranje interne kleur en gladde skil

AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasp-restasie van die interaksie tussen die gene-tiese potensiaal van die saad, die � siologiese

eienskappe daarvan en die omgewing, bestu-urspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid

vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.

Page 12: Agribulletin 160226

February 201612