AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30)...

29
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 10 & 11 2020 HERSIENING TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES (DEEL1) AFDELING C

Transcript of AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30)...

Page 1: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

GRAAD 10 & 11

2020

HERSIENING

TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES (DEEL1)

AFDELING C

Page 2: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

Geagte Leerder

Hierdie boekie handel oor Taalstrukture en -konvensies. Hierdie pakket verwys hoofsaaklik na woordsoorte en hulle funksies binne sinsverband, die vorming van sinne asook kritiese taalbewustheid.

Kennis hieroor sal leerders in staat stel om met taal te eksperimenteer en om samehangende tekste (stories, briewe, advertensies, ens.) te skep. In hierdie boekie word grotendeels op Woordsoorte en Kritiese Taalbewustheid gefokus.

Dit dek van die aspekte wat jy moet hersien om jou taalvraestel te kan slaag. Onthou jou Vraestel 2 bestaan uit.Afdeling A: Leesbegrip (30)Afdeling B: Opsomming (10)Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40)

Die verskillende tekste wat vir hierdie afdeling gebruik word, word ook behandel:i) die advertensie,ii) die visuele tekste (spotprente, strokiesprente, grafiese tekste),iii) die prosateks: nie-literêre tekste soos tydskrif- en koerantartikels.Interaksie met hierdie tekste brei leerders se woordeskat uit en verbeter toepassing van die vaardighede wat aangeleer is.

Jy moet ook jou vakonderwyser nader oor taalaspekte waaroor jy verdere verduidelikings nodig het.

Ons vertrou dat jy op ’n daaglikse basis jou taalboekie sal raadpleeg om taalkonsepte onder die knie te kan kry.

Ons wens jou alle sterkte toe in die toepassing van jou verworwe kennis.

Die Afrikaanskurrikulumspan (Wes-Kaap Onderwysdepartement)Maart 2020

2

Page 3: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Taalstrukture(Woordsoorte)

Verklarings met voorbeelde

Selfstandige naamwoordeNouns

Dui op ‘n persoon, plek, gebeurtenis, voorwerp. Refers to a person, place, event and object.

Wenk(e):i) Kan daar 'n die of 'n voor die woord staan?

ii)Het die woord 'n meervouds- of verkleiningsvorm?

Soortnaam (common nouns)= konkrete dinge wat getel kan word (stoel; hondehok)Eienaam (proper nouns) = spesifieke persone, plekke, organisasies, publikasies, ens.; neem gewoonlik nie meervoudsvorm aan nie (Oranjerivier; Microsoft; Die Burger)

Massanaam (material nouns)= goed wat eintlik nie getel kan word nie; neem meestal nie die meervoudsvorm aan nie (vleis; goud) Maatnaam = beskryf 'n afgemete deel van 'n massanaam (twee kilogram vleis; 'n sak goud)   Versamelnaam = dui op ‘n versameling, bv. skool visse, trop skape Abstrakte selfstandige naamwoord (abstract nouns)= ontasbare dinge (liefde; godsdiens; vriendskap)

Verkleining van woorde wat op –ng eindigEenlettergrepige woorde soos ring, ding, kring: kry –etjie (ringetjie, dingetjie, kringetjie)Meerlettergrepige woorde soos koning, piesang, vergadering: Trek g deur; skryf k in plek daarvan neer.Voeg –ie agteraan. Dus: koning; konink; koninkie [koning=koninkie; konings=koninkies] vergadering; vergaderink; vergaderinkie [vergaderings=vergaderinkies]Moenie die meervoud vergeet nie.Uitsonderings: glas – glase /skip – skepe skilpad – skilpaaie / oog - oë Selfstandige naamwoorde wat van ander woordsoorte afgelei is, byvoorbeeld:skiet – skut; bou – bouer; Selfstandige naamwoorde in vaste verbindings, byvoorbeeld:Sy het my planne in die wiele gery. (Betekenis: Ek kon nie doen wat ek wou nie).Ek het ‘n appletjie met jou te skil. (Betekenis: Ek wil jou oor ‘n saak aanspreek).Geslag: aparte woorde vir man en vrou. Dit word dikwels deur agtervoegsels (-esse, -es, -in, -ster, -e, -te) aangedui. Voorbeelde: bedelaar – bedelares; skrywer – skryfster; sanger – sangeres

Telwoorde

Dui aantal of rangordeaan

Wenk(e)

i)Kan jy dit in syfers uitdruk? Hooftelwoord (Onbepaalde hooftelwoorde kan nie in syfers uitgedruk

Voorbeelde: sewentien -17; derde - 3deSoorte: Hooftelwoorde

Bepaalde hooftelwoord = een; twee; drie; ...Onbepaalde hooftelwoord = baie; talle; horde

RangtelwoordeBepaalde rangtelwoord = eerste; tweede; derde; ...Onbepaalde rangtelwoord = laaste; soveelste

Hooftelwoord (dui op spesifieke getal): vyf, twintig

Rangtelwoord (dui op orde of rang): eerste, tweede, derde, drie-en-veertigste

3

Page 4: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

word nie.)

ii) Dui dit 'n rangorde aan? Rangtelwoord.

Lidwoorde Onbepaalde lidwoord: ’n (algemeen)

Bepaalde lidwoord: die (spesifiek)

Dink aan die verskil tussen die hond en ‘n hond… Die hond verwys na ‘n spesifieke hond, terwyl ‘n hond na enige hond kan verwys.

Voornaamwoorde

Wenk: staan in die plek van naamwoorde

Besitlike voornaamwoord = my/myne; sy/syne; haar/hare; ons/ ons s’n; julle/ julle s’n; hulle/ hulle s’n Persoonlike voornaamwoord = ek; jy; hy; sy; dit; ons; julle; hulle Betreklike voornaamwoord = wat; wie; wie se  o WIE kan slegs saam met ‘n voorsetsel gebruik word of in ’n vraag en dan o verwys dit altyd na mense bv.

Die man met W IE ek praat, is my oom.o Gebruik altyd die voornaamwoord WAT as dit op mense, diere of dinge betrekking o het, bv. Die man W AT met my praat, is my oom.

Aanwysende voornaamwoord = hierdie; daardie; dié; sulkeOnbepaalde voornaamwoord = niemand; iets; Onpersoonlike voornaamwoord = dit (bv. Dit reën; natuurverskynsels)Wederkerende voornaamwoord = Bv. Ek skaam my. Hy misgis hom. myself; jouself; homself; Wederkerige voornaamwoord = mekaar  - Hulle groet mekaar; Die paartjie gee mekaar die regterhand [Onthou: meervoud]Vraende voornaamwoord = wie; wat; wanneer; waarom; hoekom 

Byvoeglike naamwoorde Betekenis:Beskryf 'n eienskap van 'n selfstandige naamwoord of voornaamwoord

Wenk: i)Kan dit voor 'n naamwoord staan, asook ná die koppelwerkwoord ensteeds iets sê oor die naamwoord?

ii) Het die woord trappe van vergelyking?

Attributief = staan voor die naamwoord Die honger apie.

Predikatief = staan ná die naamwoord; volg gewoonlik ná ’n koppelwerkwoord Die apie is honger.

Verbuiging van die byvoeglike naamwoordAttributiewe byvoeglike naamwoorde word soms deur middel van ‘n agtervoegsel verbuig, byvoorbeeld : Hoë (hoog) boom.. Moeë (moeg) apie. (Let op spelling) hoog (sonder e) = een e in verbuiging, moeg (een e) = twee e’s inverbuiging

4

Page 5: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

Trappe van vergelyking

. Die verboë vorm verkry soms ‘n figuurlike betekenis, byvoorbeeld Hoë bome kry die meeste wind.

Byvoeglike naamwoorde in vaste verbindings, byvoorbeeld: jou dure plig; die gryse verledeIntensiewe vorme Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad.

Moenie verwar met trappe van vergelyking nie!

Onthou: Ons skryf hierdie vorm altyd vas (as een woord), behalwe by wawyd oop en

nugter wakker.

Skryf jou antwoord só neer dat die nasiener nie moet twyfel of dit los of vas geskryf is nie.

Voorbeelde: doodhonger; wondermooi; hemelhoog; plankdun; rietskraal; windskeef;

broodnodig; propvol; stampvol; dolgelukkig; engelrein.

Skenk aandag aan die verboë vorm, bv. ’n hemelhoë boom

Oortreffend

Vergrotend

(die) hoogste(die) fluksste (dubbel -s)interessantstemees interessante

Stellend

hoër (verbuiging)flukser (een -s)interessantermeer interessante

meer meer afgele hoog fluks

interessant interessante

In die meeste gevalle:Vergrotend = woord + er Oortreffend = woord + steWoorde op e-uitgang kry meer en mees Gee net die antwoord; die eerste een word nagesienJy moet die antwoorde korrek spel, bv. woesste [eindig op ’n -s, begin met ’n -s]

5

Page 6: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

Dubbele trappe van vergelyking (mees interessantste, meer bekender) is verkeerd.

Onreëlmatige trappe van vergelyking:Stellend Vergrotend Oortreffend

Graag liewer (die) graagstebietjie/weinig minder die minsteKwaad kwater die kwaadste

Bywoorde

Beskryf die ww., 'n b.nw., ‘n ander bw. of ’n telw.

Daar is verskillende soorte bywoorde, waaronder:bywoord van tyd [wanneer?] (môre; gister) bywoord van plek [waar?] (hier; daar)bywoord van wyse [hoe? ] (vinnig; trapsgewys)bywoord van graad (besonder; baie; erg)bywoord van modaliteit (dalk, darem, onmoontlik, beslis, asseblief)

Bywoorde wat van ander woordsoorte afgelei is:

berg (selfstandige naamwoord) – bergwaarts (Ons ry bergwaarts).

groot (byvoeglike naamwoord) – grootliks (Die sukses van die konsert is grootliks

aan haar te danke).

Voorsetsels (prepositionsWenke: i) Kort woordjies wat voor s.nwe.; werkwoorde, bywoorde en voornaamwoorde gebruik word om posisie aan te dui.

Alle voorsetsels in vaste en vrye verbindings: met, op, onder; onderaan, daarin

Die kat lê op die mat. Die muis vreet aan die kaas.

Werkwoorde (gesegdes)Wenk:i)Dui op aksie of prosesii)Kan jy hy of sy voor die woord gebruik (m.a.w. kan iemand dit doen/ uitvoer)?iii)Het die woord ‘n verledetydsvorm: slaap - geslaap

Hoofwerkwoord/ Selfstandige werkwoordOorganklike hoofwerkwoord = met 'n voorwerp in die sin

( Hy lees ‘n boek.

6

Page 7: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

Koppelwerkwoorde: “koppel” met die s.nw. of die b.nw.

Hulpwerkwoorde:“help” hoofwerkwoorde

Onoorganklike hoofwerkwoord = sonder 'n voorwerp in die sin ( Hy hardloop graag.

Deeltjiewerkwoorde = skeibare werkwoorde

( Hy hardloop weg van die hond. Hy sal van die hond weghardloop.  

Koppelwerkwoord = koppel die onderwerp aan 'n eienskap Hy is bang. (b.nw)) (is/was, word; lyk; skyn; blyk; ens.)

Hy word 'n onderwyser. (s.nw)

Hulpwerkwoord van tyd = het (verlede tyd)- Hy het sy pap geëet. sal (toekomende tyd) – Hy sal sy kos eet.Hulpwerkwoord van vorm (die lydende vorm) = is en word. Die kos word geëet. Die kos is geëet.Hulpwerkwoord van wyse = kan; mag; moet; sal; wil; laat; gaan (Hy moet sy kos eet.)

Deelwoordeword van werkwoorde afgelei en word dan asbyvoeglike naamwoorde gebruik.

Infinitief

Teenwoordige (onvoltooide) deelwoord: -ende aan die einde van werkwoorde,

bv. singende, laggende

Verlede (voltooide) deelwoord:

Swak verlede deelwoord: kry -te / -de aan die einde van werkwoorde: gesifte, gesteelde

Sterk verlede deelwoord: breek – gebroke

Die INFINITIEF is die vorm van die werkwoord wat gewoonlik na te of om te gebruik word. Voorbeelde: Infinitief met OM TE … Die seun hou daarvan om te studeer. Hulle geniet dit om sokker te speel. Voorbeelde met TE … Jy behoort jou te skaam. (behoort + te). Sipho hoef nie so hard te oefen nie. (hoef + te)

Voegwoorde Verbind sinne en sinsdele

WenkKan jy twee sinne vorm as jy die voegwoord verwyder?

Hy staan vroeg op, dog sy broer slaap laat. (Let op die komma voor en die normale woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Hy staan vroeg op. Sy broer slaap laat.]Hy is nie slim nie; tog presteer hy baie goed. (Let op die kommapunt voor en die omgekeerde woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Hy is nie slim nie. Hy presteer baie goed.]

7

Page 8: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

Sy kan nie optree nie, aangesien sy met vakansie is. (Let op die komma voor en die omgekeerde woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Sy kan nie optree nie. Sy is met vakansie.]Ek gaan dit nie doen nie, tensy jy my help. (Let op die komma voor en die omgekeerde woordorde ná die voegwoord. Let ook op dat die eerste deel van die sin negatief/ ontkennend is en die tweede deel positief. tensy = behalwe as) [Sinne: Ek gaan dit nie doen nie. Jy help my.]Jy moet jou werk leer, tensy jy nie wil slaag nie. (Let op dat die eerste deel van die sin positief en die tweede deel negatief/ ontkennend is.) [Sinne: Jy moet jou werk leer. Jy wil nie slaag nie.]Hy is nie siek nie; inteendeel, hy is perdfris. (Let op die kommapunt voor en die komma asook die normale woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Hy is nie siek nie. Hy is perdfris.]Hy was siek; nogtans het hy gespeel. (Let op die kommapunt voor en die omgekeerde woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Hy was siek. Hy het gespeel.]Sy motor het gebreek; derhalwe kon hy nie die funksie bywoon nie. (Let op die kommapunt voor en die omgekeerde woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Sy motor het gebreek. Hy kon nie die funksie bywoon nie.]Hy is voor op die wa; sy broer, daarenteen, is baie beskeie.(Let op die plasing van die leestekens en die woordorde) [Sinne: Hy is voor op die wa. Sy broer is baie beskeie.]Sy het niks oor die toets gesê nie; trouens sy wil nie daaroor praat nie. (Let op die kommapunt voor en die normale woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Sy het niks oor die toets gesê nie. Sy wil nie daaroor praat nie.]Dit het gereën; gevolglik kon ons nie buite speel nie.

[Sinne: Dit het gereën. Ons kon nie buite speel nie.]Verbindingswoorde

’n Verbindingswoord is ’n woord of frase wat verskillende sinne of sinsdele aanmekaar verbind

Woorde wat chronologiese verloop aandui: eerste / eerstens, tweede/ tweedens, voordat, nadat, wanneer, later, totdat , ter afsluiting , volgende , tans , voorheen , agterna Woorde wat ‘n verduideliking / oorsaak en gevolg aandui: daarom, gevolglik, omdat, hieroor, aangesien, as gevolg van, toe te skryf aan, dus, daaruit volg dat Woorde wat proses aandui: eerste / eerstens, tweede / tweedens, derde / derdens Woorde wat vergelyk en teenstellings (kontras) aandui: dergelik, ooreenkomstig, verskillend, kleiner as, nogtans, maar Woorde wat orde van belangrikheid aandui: altyd, ter afsluiting Woorde wat ruimte-oriëntering aandui: bo, onder, links, regs Woorde wat op eie standpunt dui: volgens my, na my mening, myns insiens Woorde wat op klassifikasie dui: is ‘n voorbeeld van, ressorteer onder, is deel van, inpas by, word gegroepeer met, is verwant aan Woorde wat op beskrywing dui: grootte, kleur, vorm, breedte, massa, lyk na Woorde wat op evaluering dui: goed, sleg, reg, verkeerd, belangrik, onbeduidend Woorde wat op definisie dui: word omskryf as, word gedefinieer as Woorde wat op samevatting dui: om saam te vat, om op te som, kortliks

Tussenwerpsels

Wenk: uitroep aangedui met uitroeptekens

Eina!, sjoe! Hoera!

8

Page 9: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

Dit druk gevoelens uit,Beklemtoon betekenisGee meer “sterkte” aan‘n woord of woorde.

KRITIESE TAALBEWUSTHEID

FEITStelling wat bewys kan word of wat op navorsing gegrond is, bv. Maskers (‘masks) verhoed die oordrag van die virus.

MENING ’n Persoon se persoonlike opinie / standpunt oor ‘n saak, bv. Fietry is die beste tipe oefening.

SOSIO-POLITIEKE EN KULTURELE AGTERGROND VAN TEKS EN OUTEUR

In ’n teks word sosiale werklikhede en kulturele verskynsels weergegee, bv. Die drama Die laaste karretjiegraf (Athol Fugard) voer lesers na die wêreld van die arm mense wat per perdekarre van gereis het.Die dramaturg plaas die drama in die konteks van die apartheidsera.

DIE INVLOED WAT SELEKSIE EN WEGLATING OP BETEKENIS HET

In ’n teks word sommige inligting doelbewus ingesluit om positiewe aspekte te beklemtoon of ’n standpunt te ondersteun, terwyl inligting wat dit nie ondersteun nie, verswyg/weggelaat word. Hierdie “tegniek” word dikwels in

9

HOERA!! EINA!!

Page 10: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

toesprake en advertensies gebruik. Die spreker/skrywer se voorkeure of houding teenoor die onderwerp kan uit sy/haar seleksie van inligting afgelei word.

MANIPULERENDE TAAL –

Hierdie begrip verwys na die emosionele taalgebruik wat adverteerders gewoonlik gebruik om mense te oortuig (te manipuleer) om ‘n produk te koop.

EMOTIEWE TAAL/GEVOELSTAAL en NEUTRALE TAAL

Ons gebruik soms woorde wat oordrewe emosie aandui. Nadat hy twee dae lank gestap het, sal iemand dalk sê sy voete is vodde (in plaas van moeg). Die woord vodde laat die hoorder onmiddellik voel hoe erg seer / stukkend / moeg die spreker se voete is. Die woorde seer / stukkend / moeg beteken dieselfde as vodde, maar druk nie so ‘n sterkemosie uit nie – dit word neutrale taal/woorde genoem.

STEREOTIPERING - stereotipering is ’n vereenvoudigde en veralgemeende idee wat mense oor iets, iemand of ’n groep het en daarmee volhard, ongeag wat die waarheid is.

“Tieners is ’n onverantwoordelike groep kinders.”/ ”Vroue se plek is in die kombuis.”/”Mans mag nie huil nie.”/ Blondines is dom mense.

VOOROORDEEL - dit is wanneer daar ’n vooropgestelde idee/wanbegrip bestaan oor ’n spesifieke groep mense of ’n individu. Hierdie wanbegrip berus gewoonlik nie op feite/kennis nie en is baie keer onredelik.

“Ek sal versigtig wees om te glo wat hy sê, want hy is ’n politikus!”

PARTYDIGHEID - Dit is wanneer die geneigdheid ontstaan om kant te kies vir of teen iets of iemand.

Ek assossieer nie met mense wat nie deel is van my kultuur nie.

DENOTASIE - denotasie dui op die gewone/ letterlike/ saaklike en objektiewe betekenis van ’n woord.

“Die vliegtuig is in die wolke.” = Dit vlieg deur die wolke.

KONNOTASIE - konnotasie dui op die ongewone /afgeleide/ figuurlike

Hy is in die wolke = Hy is gelukkig.

10

Hierdie tandepasta is die ongelooflikste onder die son!

Page 11: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

betekenis van ’n woord.

GEÏMPLISEERDE BETEKENIS – ’n verskuilde/ indirekte boodskap/

“As ek tussen blomkool en patats moet kies, verkies ek eerder pampoen.”

AFLEIDINGS ’n gevolgtrekking maak, ’n oordeel uitspreek of ’n besluit neem ná deeglike oorweging, beredenering of debattering

Die afleiding is dat die man baie arm is.

AANNAMES Bewerings, standpunte, perspektiewe, menings, sienings

Mense wat van oorsee kom, dra die Korona-virus oor na Suid-Afrikaners.

ARGUMENTE rede(s) verskaf om ‘n idee, handeling of teorie te ondersteun.

Ben of Kitty gaan see toe.Ben gaan nie.Dus gaan Kitty.

11

Mmm…Blomkool = cauliflowerPatats = sweet potatoPampoen = pumpkin

Page 12: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

12

Page 13: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

GRAFIESE / VISUELE TEKSTE

SIRKELGRAFIEK

...

Watter beeld(e) is vir jou bekend? Watter soort teks is dit? (Is dit ’n advertensie met grafiese beelde? Is die

illustrasie in die vorm van ’n skets of foto?) Wat is die verband tussen die visuele beeld en die syfers/woorde? Gaan dit oor diere, die skool, mense, sport, die natuur? Watter emosies word gekommunikeer? (Is die karakters bly of hartseer?) Wat is die beeld wat op die voorgrond is? Wat of wie is op die agtergrond? (indien van toepassing) Word ’n bekende beeld of bekende beelde op ’n buitengewone manier

geplaas? Waar word die teks moontlik aangetref? In die koerant? Tydskrif? CD-omslag?

Webtuiste? Nou kan jy ook vasstel wie die tekeingroep is. Vir wie is die boodskap bedoel?

Vir tieners, ma’s, ouer mense of skoolkinders? Waarom sê jy so? Wat dink jy is die doel van die teks?

Vrae vir bespreking: - Watter persentasie (volgens die grafiek) van die kinders word by die huis geboelie? -Waarom dink jy is daar meer as 70% kinders wat nooit aan ander vertel dat hulle geboelie word nie? -Wat kan jy uit die kind se houding aflei? -Daar is 30% mense wat vir die pret boelie. Dink jy dis reg of verkeerd? Motiveer jou antwoord.

Page 14: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

ADVERTENSIES

BRON:www.facebook.sparwesterncape.com

14

4

Page 15: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

WENKE Hou die ABBA-beginsel in gedagte: Dit staan vir Aandag, Belangstelling,

Begeerte en Aksie.Aandag: Wat word gebruik om die leser se aantak te trek? Groot letters, mooi beelde, ’n oulike trefsin?Belangstelling: Is die leser so geprikkel dat hy/sy verder wil lees?Begeerte: Bestaan daar nou ’n begeerte om die item te koop, van die diens gebruik te maak of die funksie by te woon?Aksie: Is die leser gemotiveer om oor te gaan tot aksie? Sal hy die item gaan koop?

Is dit ’n produk, diens, gebeurtenis of vermaak (skoolkonsert, talentaand) wat geadverteer word?

Wat is die verband tussen die gedrukte teks en die grafiese tekste? (sketse, foto’s, illustrasie, ens.)

Wie is die teikenmark op wie die advertensie gemik is? Vir wie is die advertensie bedoel?

Wat is die basiese uitleg van die advertensie? Hoe word die verskillende komponente gerangskik?

Wat sien jy eerste raak? Wat is op die voorgrond? Wat kan jy uit die agtergrond aflei? Watter grafiese beeld word gebruik om ’n spesifieke boodskap oor te dra? Watter spesifieke diere/mense/voorwerpe/beelde word gekies? Wat is opvallend t.o.v lettergrootte en plasing van sekere woorde? Watter tegnieke word gebruik om die leser se aandag te trek? Is daar ’n trefsin of slagspreuk? Watter oorredings en manipulerende tegnieke word gebruik? Word daar “ ’n belofte” gemaak dat jy baie “spesiaal” sal voel as jy die produk

gaan koop / diens gaan gebruik/ vertoning gaan bywoon? Dui aan of jy as leser oorreed is. Motiveer altyd jou antwoord.

TOEPASSING VAN KENNIS Die volgende vrae is op die voorafgaande advertensie (SPAR DAMESWEDLOOP...) gebaseer:

1. Op watter manier trek die advertensie die leser se aandag? (1)

2. Waarom kan Dameswedloop as ’n voorbeeld van DISKRIMINASIE beskou word? (1)

3. Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommer (3) en die antwoord neer.

WOW MEISIES! is ’n (bevelsin/uitroepsin). (1)

4 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.

15

Page 16: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

Jy kry ’n geskenksak (vol) bederf. (1)

5. Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies. Die Spar Dameswedloop vind (elke jaar) plaas. (1)

6. Skryf neer die 6.1 VERKLEINWOORD en 6.2 MEERVOUDSVORM van die woord tussen hakies.

Die dames hou van die oulike (T-hemp) wat hulle in die geskenksak kry. (1)

7. Skryf die sin oor in die BEDRYWENDE VORM. Die skare sal deur Paxton vermaak word. (1)

8. Wat is die funksie van die uitroepteken in: SPAR DAMESWEDLOOP IS EEN GROOT BEDERF!? (1)

9. Noem EEN manier waarop lesers gemanipuleer word om aan die wedloop deel te neem. (1)

10. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld

sparwesterncape

Die onderstreepte woorde in Spar se Facebook-adres dui aan dat die wedloop ‘n … gebeurtenis is. A nasionale B provinsiale C plaaslike D internasionale (1)

NASIENRIGLYNE

1. Die prentjie van die dame in sportdrag. Die verskillende lettergroottes. Die verskillende lettertipes. Die wit letters teen die vaal agtergrond.

(Enigeen)

1

2. - Mans word uitgesluit. Of - Daar is ook mans wat van wedlope hou.

1

3. uitroepsin 14. propvol 1

16

Page 17: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

5. jaarliks 16. 6.1 T-hempie 6.2 T-hemde 27. Paxton sal die skare vermaak. 18. Dit beklemtoon GROOT BEDERF 19. Jy kry ʼn geskenkpak met items in.

Jy kan ‘n gratis vertoning van Paxton bywoon. Jy kan ‘n medalje wen.

1

10. B provinsiale 1

SPOTPRENTE: WENKE

Spotprente is dikwels ’n humoristiese skets in ’n koerant of tydskrif wat kommentaar lewer of spot met aktuele gebeure, bekende mense, ens.

Soms word uiters sensitiewe en ongemaklike situasies uitgebeeld. Daar is gewoonlik ‘n dieperliggende boodskap. Kyk of daar enige iets bekends is in die beeld of woorde van die karakter. Kan

jy daarmee identifiseer? Stem jy saam met die boodskap wat gekommunikeer word?

Die sinne is gewoonlik kort. Wie is die karakters? Wat doen hulle? Wat sê hulle? Bestudeer die lyftaal en

gesiguitdrukkings van die karakters. Watter afleidings kan jy maak?

KONTEKS:

17

Page 18: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

huissituasie (gesin)

Die toepassing van dissipline (verskille in ouerbenaderings)

STROKIESPRENTEStrokiesprente bestaan uit raampies (‘frames’). Die onderstaande strokiesprent bestaan uit 3 raampies.

‘n Klein “storie” word met woorde en visuele voorstellings vertel.Die “storie” in die onderstaande strokiesprent handel oor wat tussen Neelsie en Meneer in die klaskamer plaasgevind het.Meneer is kwaad; Neelsie in nonchalant/ ongeërg.

In strokiesprente hoef daar nie aanhalingstekens te wees nie, omdat al die bewoording in die direkte rede geskryf is

VOORBEELD

RAAMPIE I RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 Bron: meester.yolasite.com

1) Wat is die konteks van hierdie strokiesprent? Gee bewyse uit die teks. Antwoord: skoolsituasie – leerder en onderwyser; skoolbank; meneer is formeel

aangetrek.

2) Hoe weet ons dat Meneer kwaad is? - Sy oë lyk kwaai; sy hare staan orent;

aggressiewe liggaamshouding- hand opgelig. Hy skree – woorde groot getik,

uitroeptekens, vuis van linkerhand is gebal. In die kleurweergawe is sy gesig rooi.

3) Wat dui aan dat Neelsie wel hard geklap is: bewegingstrepies, skoene en kouse

18

Page 19: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

van Neelsie se lyf af; wolkies en sterretjies; Meneer se hand is hoog in die lug. 4) Hoe weet ons dat Neelsie ongeërg is? Wys vir Meneer sy vinger; hy tree kalm op. Sy woorde is kleiner gedruk as dit van Meneer.5) Hoe weet ons dat hy die onderwyser probeer manipuleer: Sy woorde en die feit dat hy die woord “onthou” gebruik. Hy gebruik sy vinger om sy punt te beklemtoon.6) Wat kan ‘n mens uit die teks aflei? Kinders tree disrespekvol teenoor onderwysers op.

WENKE HOE OM ‘N ARTIKEL/ BERIG EN DIE PRENT TE ONTLEED Wanneer ons met die artikel en die prent te doen kry, moet onthou dat jy die volgende moet weet … - hoe om verskeie lees- en kykstrategieë vir begrip en waardering te toon -vra te vrae ten einde voorspelligs te maak - om tekste te vluglees:

deur titels te identifiseer inleidings te identifiseer eerste paragrawe en temasinne van paragrawe te identifiseer om ondersteunende besonderhede in tekste d.m.v. soeklees op te spoor

VOORBEELDTEKS: KOERANTBERIGBRON: DIE BURGER, Do. 19 Maart 2020Lees die volgende BERIG en beantwoord dan die vrae wat daarop gebaseer is:Sekere opsetlike taalfoute kom voor:

PASSASIERS IN GOEIE LUIM, ONGEAG KWARANTYN

19

Page 20: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

Foto: Die Burger, 19 Maart 2020 Passasiers aan boord van die skip die AIDAmira wat (1.Maandag) in die Kaapstad-hawe in kwarantyn vasgemeer is, is in goeie (2. luim) ondanks hul dae van (3. gevangenskap) weens Covid-19.

Gister was hul (4. vierde) dag in kwarantyn nadat ses medepassasiers medepassasiers as voorsorgmaatreël (5. verwyder) en positief vir die virus getoets is.Die passasiers is moontlik (6….) die virus blootgestel nadat hulle met bemanningslede van ‘n ander vaartuig van Istanbul na Kaapstad (7. gereis) het.

Die (8. vragskip) MV Corona, wat gister uit (9. Kaapstad) vertrek het (10.) het teruggekeer nadat ‘n bemanningslid (10. simtome/ simptome) van Covid-19 getoon het.

1. Wat is die afkorting vir Maandag.2. Gee ‘n sinoniem vir luim.3. Word gevangenskap denotatief of konnotatief aangewend?4. Watter tipe telwoord is vierde?5. Verskaf ‘n antoniem vir verwyder.6. Verskaf die ontbrekende voorsetsel.7. Gebruik die homoniem van gereis in ‘n verklarende sin.8. Wat is die meervoudsvorm van vragskip.9. Vorm ‘n persoonsnaam van Kaapstad.10.Kies die korrekte spelling.

Die antwoorde verskyn op bladsy 22. Wanneer ons die artikel/ berig en die prent lees en ontleed moet ons vir onsself die volgende vrae vrae: Begryp ek wat ek lees? Verstaan ek die teks en die prent?

Kan ek vertel wat gebeur?

20

Page 21: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

Wat sê die leesteks en die prent? Waar speel die gebeure af? Waarom speel die gebeure daar af? Wat kan ek van die karakters se lyftaal “body language”

aflei? Verstaan ek al die woorde en sinne in die geskrewe teks? Wat is die boodskap in die artikel en die prent? Kan ek die vrae oor die artikel en die prent

beantwoord?

Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is:

KONTEKS: VROUE WAT TUISTESKEPPERS IS

1. Watter afleidings kan ’n mens maak?2. Hoe hou die prent verband met stereotipering van vrou?

3. Noem al die voorwerpe in die prentjie.

21

Page 22: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

4. Watter simboliese betekenis hou die “vyf hande” in?5. Die vrou span ook haar voete in. Wat sê dit vir ons?6. Waar speel die gebeure af? Noem twee bewyse in die teks.7. Watter afleiding kan ’n mens maak uit die gesigsuitdrukking van die

vrou?8. Gee ’n moontlik rede waarom die baba huil? Hoe weet ons die baba

huil?9. Waarom, dink jy, word ’n venster getoon, maar nie die mure van die

vertrek nie.10.Wat, dink jy, is die boodskap van die prent?

Die antwoorde verskyn op bladsy 22.

TAALVRAGIES

1. Vul die ontbrekende VOORSETSEL in: Die baba sit ...die stoel.

2. Die VERKLEINWOORD van stoel. – stoeltjie stoele – stoeltjies Vertaling:

Die Afrikaans woord viri) iron – strykysterii) broom – besemiii) porridge – papiv) apron - voorskoot

3. MEERVOUD: Die baba het koliek. Die babas het koliek gehad.

Die ma is fluks. Die ma’s is fluks. By baba is die klem op die eerste a, by ma is die klem op die enigste a. By ouma is die klem op ou.

4. VERKLEINWOORD: baba – babatjie, maar ma – ma’tjie (vir korrekte uitspraak).

5. LYDENDE VORM: Die ma kook pap. Pap word deur die ma gekook

6. INTENSIEWE VORM: Die huis is skoon. Die huis is silwerskoon. Die baba is honger. Die baba is doodhonger. Die yster is warm. Die yster is vuurwarm.

7. OORTREFFENDE TRAP VAN FLUKS: FLUKSSTE (reël – stam eindig op s; kry dus dubbele s}

8. Kies die korrekte woord: Die vrou is nie (ly, lui/ lei) nie. Antwoord: lui (lazy)

Lei = lead (Hy lei die vergadering.)

Ly = suffer (Hy ly aan ’n siekte). Lui = lazy ( Hy is lui en wil nie werk nie.) Lui kan ook na die volgende verwys: Die skoolklok lui=The school bell

22

Page 23: AFRIKAANS KURRIKULUMDIENS · Web viewOnthou jou Vraestel 2 bestaan uit. Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (40) Die verskillende

rings.

ANTWOORDE VAN BERIG (bladsy 20)1. Ma.2. bui3. konnotatief4. rangtelwoord5. teruggebring6. aan7. Die deeg het gerys.8. vragskepe9. Kapenaars (let op spelling)10.simptome

ANTWOORDE VAN PRENT (bladsy 21)

1. Vroue kan tegelykertyd meer as een takie doen. Vroue is behendig.2. Die vrou hoort tuis./ Sy moet alleen al die huiswerk doen.3. Pot, lepel, klere, stoffer, beertjie, baba, venster, stoel, yster,

vensterraam, kos, strykyster, tafel, wasgoed, sokkies4. Die vrou is knap. Haar hande staan vir niks verkeerd nie. Die vrou kan vele

take op een slag doen. 5. Al haar liggaamsdele verrig ’n funksie. 6. By die huis. Venster. ‘n Pot. Sy stryk en het ’n voorskoot aan.7. Sy lyk ongelukkig. Sy vind die takies onaangenaam. Sy kan nie alles hanteer

nie.8. Hy/sy word afgeskeep. Hy/sy soek individuele aandag. Die druppel, oë toe,

strepies bokant kop dui aan die baba huil. 9. Die vrou se impak strek verder as die vier mure.10.Vroue is veelsydig en knap as tuisteskepper. (of soortgelyk)

Prente: Google Images

23