AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL - Western Cape · AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Item...

23
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 1 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Gemeenskaplike Take vir Assessering (GTA) Graad 9 2009 ONDERWYSERSGIDS: AFDELING A Tyd: 3 uur Punte: 120 Bladsye: 23

Transcript of AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL - Western Cape · AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Item...

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 1

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL

Gemeenskaplike Take vir Assessering (GTA)

Graad 9

2009

ONDERWYSERSGIDS: AFDELING A

���� Tyd: 3 uur

���� Punte: 120

���� Bladsye: 23

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 2

INHOUDSOPGAWE AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL

Item Beskrywing LU’

s Tyd Punte Bladsy

Inleiding 3 TAAK 1 Kontekstualisering

Leeruitkomste en assesseringstandaarde

4

Aktiwiteit 1.1: Hardoplees en klasgesprek

1, 2 15 min.

--- 5

TAAK 2 Respons op teks

Leeruitkomste en assesseringstandaarde

7

Aktiwiteit 2.1: Luisterbegrip 1, 2, 20 min.

10 8

Aktiwiteit 2.2: Leesbegrip 3, 6 30 min.

20 10

TAAK 3 Taal in aksie

Leeruitkomste en assesseringstandaarde

12

Aktiwiteit 3.1: Taalstrukture en -gebruik

6 30 min.

20 12

Aktiwiteit 3.2: Vertaling 4, 6 15 min.

10 16

TAAK 4 Skryf: Navorsing

Leeruitkomste en assesseringstandaarde

17

Aktiwiteit 4.1: Navorsing 1, 2, 4

18

Aktiwiteit 4.2: Plakkaat 4, 6 30 min.

30 19

TAAK 5 Mondelinge aanbieding

Leeruitkomste en assesseringstandaarde

21

Aktiwiteit 5.1: Mondelinge aanbieding

2 40 min.

30 22

180 min.

120

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 3

INLEIDING

Nota aan die onderwyser:

Hierdie Gemeenskaplike Take vir Assessering (GTA) vir Afrikaans Tweede Addisionele Taal bestaan uit Afdeling A en Afdeling B. Hierdie is Afdeling A. Afdeling B gaan later geskryf word.

Afdeling A bestaan uit 'n verskeidenheid mondelinge, lees-, luister- en skryftake wat die leerders se taalvaardighede sal demonstreer. Al die leeruitkomste geniet in hierdie afdeling aandag.

Afdeling B is ‘n pen-en-papier-taak wat uit lees- en skryftake bestaan. Slegs Leeruitkomste 3, 4 en 6 sal in hierdie afdeling geassesseer word en sal volgens ‘n nasionale rooster aan die einde van die jaar geskryf word.

Instruksies vir Afdeling A:

• Hierdie afdeling moet in drie klasure afgehandel word. Dit kan oor ’n hele paar dae strek. Alhoewel voorbereiding vir sekere aktiwiteite tuis gedoen kan word, moet die finale produk elke keer in die klas gedoen word. Afdeling A sal 120 punte tel.

• Laat leerders toe om hulpmiddels soos woordeboeke en aantekeninge/notas met taalreëls te raadpleeg.

• Verduidelik opdragte wat in die leerderboek gegee word aan die klas.

• Verduidelik aan leerders dat sommige aktiwiteite in groepe of pare gedoen sal word, terwyl ander individueel gedoen sal word. In beide gevalle sal die onderwyser(es) as fasiliteerder optree.

• ‘n Verskeidenheid assesseringsmetodes sal tydens hierdie GTA gebruik word. Alle assessering sal met punte aangedui word.

• Alle aktiwiteite moet volgens die gegewe assesseringsinstrumente geassesseer word.

• Teken alle punte in u punteboek aan nadat leerders hulle punte gesien het.

• U kan u eie diskresie gebruik en meer of minder tyd aan aktiwiteite toestaan afhangende van hoe vinnig of stadig leerders werk.

• Leeruitkomste en assesseringstandaarde word telkens aan die begin van elke aktiwiteit gegee.

• Aangesien daar aktiwiteite is wat onder gekontroleerde omstandighede gedoen moet word, moet die Leerderboeke verkieslik in die klas bly gedurende die tyd wat aan die GTA spandeer word.

Afdeling B:

• Moet deur leerders indiwidueel en onder gekontroleerde omstandighede gedoen word.

• Leerders moet hierdie afdeling binne 2 uur voltooi.

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 4

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal leerders

• hardop lees van beroemde diere en rekords.

• gesels oor ’n dier/diere wat hulle al beïndruk het.

• na hul maats luister en reageer op wat hulle sê deur vrae te vra en te

beantwoord.

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE: Leeruitkoms 1: LUISTER

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities

binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaarde

Die leerder

� luister na en reageer op vrae; � luister na stories en feitelike tekste. Leeruitkoms 2: PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne

’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. Assesseringstandaarde

Die leerder

� spreek klanke redelik korrek uit en gebruik woord- en sinsaksent en intonasie taamlik korrek;

� reageer gepas op vrae; � doen verslag oor wat iemand gesê het;

� neem deel neem deel aan besprekings in klein groepies. Een persoon gee terugvoering oor dit wat bespreek is.

Leeruitkoms 3: LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op

die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaarde

Die leerder

� lees verskillende soorte stories (soos avontuurverhale) en feitelike tekste; demonstreer ’n leeswoordeskat.

KONTEKSTUALISERING AKTIWITEIT 1

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 5

Aktiwiteit 1.1 Hardoplees en klasgesprek

Groepwerk METODOLOGIE

• Verdeel die klas in klein groepies.

• Ken ’n paragraaf aan elke groep toe.

• Laat leerders die paragraaf wat aan hulle toegeken is, hardop aan mekaar voorlees.

• Beweeg tussen groepe deur en wys leerders op die korrekte uitspraak van woorde en klanke.

• Laat leerders na afloop van die lees van die paragraaf in die groepies gesels oor ’n dier/diere wat vir hulle besonders is.

• Laat leerders aan hul klasmaats vertel van die dier waarvan hulle gelees het.

• Moedig leerders aan om na hul maats te luister en vrae te vra waar hulle nie verstaan nie.

Tyd: 15 min � Punte: 0 ����

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 6

PARAGRAWE VIR HARDOPLEES

1. Max die gorilla

In Julie 1997 het Max die gorilla ’n inbreker “aangehou". Die 24-jarige dief wat deur die

polisie agternagesit is, het oor 'n muur gespring en homself in Max se hok in die

Johannesburgse dieretuin bevind. Die gorilla, wat normaalweg as "heel mak" beskou is,

het die indringer gegryp en verskeie kere op sy bors geslaan. Die inbreker het daarin

geslaag om Max drie keer te skiet voordat hy deur die polisie gevange geneem is. Max is

inderhaas na die diere-hospitaal geneem. Die wonde was gelukkig oppervlakkig, en hy

het spoedig herstel. Hy is in 2004 in sy slaap dood.

2. Sauer die Dobermann pinscher

Sauer is deur speurder-sersant Herbert Kruger van die Suid-Afrikaanse Polisiemag

afgerig. In 1925 het Sauer 'n veedief vasgetrek nadat hy sy spoor vir 'n verstommende

160 kilometer deur die Groot Karoo gevolg het. Hierdie heldedaad het Sauer 'n plek in

die Guinness Book of Records besorg.

3. Grootste landdier: Die Afrika-olifant

Die bulle is baie groter as die koeie, en 'n gemiddelde bul kan tot 5 500 kilogram (of 5,5

ton) weeg met 'n skouerhoogte van 330 sentimeter. Koeie weeg tussen 4 000 en 5 000

kilogram. Hulle is voortdurend aan die eet, verorber ongeveer 300 kg plantmateriaal en

produseer 100 kg mis elke dag.

4. Grootste varswatersoogdier: Die seekoei

Bulle bereik 'n massa van ongeveer 1 800 kg, terwyl koeie omtrent 1 400 kg weeg. Die

woord "hippopotamus" is afgelei van die Griekse "hippos ho potamios" wat "perd van die

rivier" beteken. 'n Seekoei spandeer baie tyd in die water. Hulle paar in die water en 'n

kalf, wat 'n geboortegewig van 30 kg het, kan minute na geboorte reeds swem.

5. Langste dier op aarde: Die kameelperd

Bulle kan maklik tot 5 meter lank word, terwyl koeie gewoonlik ongeveer 4,5 meter lank

word. 'n Pasgebore kalf kan na omtrent een uur reeds regop staan, is omtrent 1,5 meter

lank en weeg ongeveer 100 kilogram.

6. Vinnigste soogdier op aarde: Die jagluiperd

As 'n jagluiperd hardloop om sy prooi te vang, kan hy oor kort afstande 'n snelheid van

tot 90 kilometer per uur haal. Hy kan die snelheid egter slegs vir omtrent 15 sekondes

volhou, en as sy prooi lank genoeg buite bereik bly, verslap die jagluiperd sy pas en

verloor belangstelling.

7. Grootste voël op aarde: Die volstruis

Die volstruis, wat 2 meter hoog is, is eenvoudig te swaar om te kan vlieg. Die volstruis

kan egter teen 'n spoed van 72 km/h hardloop en is die vinnigste tweebeenskepsel op

aarde. Ongelukkig is volstruise nie die intelligentste diere op twee bene nie, en is geneig

om in sirkels te hardloop as hulle verskrik is. Op dié manier word hulle maklike teikens

vir jagters.

(Inligting verkry van: MWEB)

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 7

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal leerders

• vrae beantwoord oor ‘n teks wat voorgelees word;

• skriftelik bewys dat hulle verstaan wat hulle hoor;

• skriftelik bewys dat hulle verstaan wat hulle lees;

• bewys dat hulle taal gepas kan gebruik.

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE: Leeruitkoms 1 LUISTER

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities

binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaarde

Die leerder

� luister na en reageer op vrae; � luister na stories en feitelike tekste. Leeruitkoms 3: LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op

die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaarde

Die leerder

� lees verskillende soorte stories (soos avontuurverhale) en feitelike tekste;

� ’n leeswoordeskat demonstreer. Leeruitkoms 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van

die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaarde

Die leerder

� spel redelik korrek; � gebruik woorde en sinne; � brei woordeskat uit; � demonstreer ’n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 woorde teen die einde van

graad 9.

RESPONS OP TEKS

AKTIWITEIT 2

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 8

Aktiwiteit 2.1: Luisterbegrip

Indiwiduele werk METODOLOGIE

• Lees die teks Huberta die seekoei teen ‘n gemaklike tempo aan die leerders voor.

• Lees die vrae (Leerderboek bladsy 15) na afloop van die eerste lees van die teks saam met die leerders deur. Verduidelik waar nodig.

• Lees die teks vir ‘n tweede keer voor.

• Laat leerders die vrae op die antwoordblad beantwoord terwyl dit vir die tweede keer voorgelees word. Moet geen gedeeltes herhaal of verduidelik tydens die lees daarvan nie.

TEKS VIR LUISTERBERIP:

Beroemde diere: Huberta die seekoei

In 1928 is inkopiegangers in Durban verskrik deur 'n groot seekoei wat ewe rustig in Weststraat afgewandel het. Voordat die polisie kon opdaag, het die seekoei in 'n rivier daar naby verdwyn. Die plaaslike inwoners het hom Hubert genoem. Hy het 'n afstand van 1 500 km afgelê deur stadig van dorp tot dorp te beweeg en skielik by skole of winkels se vensters te verskyn. Hubert het 'n nasionale held geword, wat deur die reg beskerm is. Alhoewel hy nooit iemand skade aangedoen het nie, het die boere wie se lande platgetrap is, hom as 'n pes beskou. Toe hy uiteindelik deur 'n boer doodgeskiet is, was die hele bevolking ontevrede. 'n Lykskouing het onthul dat Hubert eintlik Huberta was. Haar liggaam is vir die nageslag bewaar in die Kaffrarian Museum in King William's Town.

(Teks verkry van: MWEB)

Assessering

Assesseer hierdie aktiwiteit met behulp van die nasienmemorandum.

Tyd: 20 min � Punte: 10 ����

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 9

LUISTERBEGRIP: NASIENMEMORANDUM

1. Watter soort dier was Huberta?

’n Seekoei (1)

2. In watter jaar het dié gebeure plaasgevind? Onderstreep die antwoord.

• 1928

• 1982 (1)

3. Waar het die gebeure plaasgevind?

Durban (1)

4. Hoe ver het Huberta beweeg? Onderstreep die korrekte antwoord.

• 1 928 km

• 1 500 km

• 1 500 m

• 200 m (1)

5. Waar het mense Huberta gesien? Noem TWEE plekke.

skole winkels (2)

6. Sê JA of NEE.

Huberta het baie skade veroorsaak. (1)

Die polisie het uiteindelik vir Huberta geskiet. (1)

7. Hoe het die bevolking gevoel toe Huberta doodgeskiet is? Onderstreep die korrekte antwoord.

• gelukkig

• opgewonde

• hartseer

• ontevrede (1)

8. Wat het die mense gevind na ’n lykskouing van die seekoei?

Hulle het gevind dat die seekoei vroulik was. (1) [10]

JA NEE

JA NEE

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 10

Aktiwiteit 2.2: Leesbegrip

Indiwiduele werk

METODOLOGIE

• Leerders lees en beantwoord die vrae oor die koerantberig uit Beeld, 8 Junie

2008 skriftelik.

• Hulle mag ’n woordeboek gebruik.

BABABABABABABABA----RENOSTERTJIE SE ORE AFGESKEURRENOSTERTJIE SE ORE AFGESKEURRENOSTERTJIE SE ORE AFGESKEURRENOSTERTJIE SE ORE AFGESKEUR

Hy’s verwerp, uitgeteer en ontwater in veld gevind

WILLEM PELSER

Hoedspruit

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

1 ’n Wees-renostertjie waarvan die ore

deur roofdiere afgeskeur is, sterk by die

Moholoholo-diererehabilitasiesentrum

buite hoedspruit aan.

2 Die renoster van skaars drie weke oud

word byna 24 uur per dag deur sy mens-

ma, me. Natalie Rogers, opgepas om te

voorkom dat hy van stres en

eensaamheid vrek. Rogers is ’n

verpleegster by ’n plaaslike veearts.

3 Die renostertjie word tans binnenshuis

in ’n spesiale hok in die kliniek by die

rehabilitasiesentrum versorg.

4 Die renostertjie drink elke drie uur ’n

halwe liter melk uit ’n groot plastiek-

koeldrankbottel met ’n kalfspeen.

5 Hy is vermoedelik deur sy ma verwerp

en was ’n week oud toe

natuurlewestudente hom op die

nabygeleë Karongwe-wildplaas gekry

het. Hulle het gedink hy is dood.

6 Mnr. Constant Hoogstad, bestuurder

van die wildplaas, het egter tot die

renoster se redding gekom deur hom met

komberse toe te pak. Die renostertjie

was ook ontwater en uitgeteer.

7 Wanneer hy weer goed op die been is,

sal hy in dieselfde omgewing waar hy

gekry is, vrygelaat word, maar mnr.

Corrie van Wyk sê dat daar ongelukkig

altyd die gevaar is dat hy mak sal bly en

te na aan mense sal kom.

Vrae:

1. Gee EEN woord uit paragraaf 1 waaruit ons kan aflei dat die renoster nie ouers het nie.

Tyd: 30 min � Punte: 20 ����

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 11

Wees-renostertjie � (1)

2. Hoe het die renoster sy ore verloor?

Dit is afgeskeur / roofdiere het dit afgeskeur. � (1)

3. Hoe weet ons dat die renostertjie nie dood is nie?

Hy word deur sy mens-ma versorg. (enige geldige antwoord). � (1)

4. Gee VIER OPEENVOLGENDE WOORDE wat vir ons wys dat die renostertjie nog baie jonk is.

“skaars drie weke oud” � (1)

5. Wie is die renostertjie se ‘mens-ma’?

Me. Natalie Rogers � (1)

6. Die renostertjie word byna 24 uur per dag opgepas. Waarvan kan hy dalk doodgaan?

van stres � of eensaamheid � (2)

7. Sê elke keer of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Gee ’n rede vir jou antwoord.

Die renostertjie word in ’n hok buite die sentrum versorg.

Onwaar “binnenshuis in ’n spesiale hok in die kliniek” (2)

Die renostertjie se ma was by hom toe hy gevind is.

Onwaar Hy’s/Hy is deur sy ma verwerp. (2)

8. Verduidelik in jou eie woorde hoe die renostertjie kos in sy liggaam kry.

Elke drie uur kry hy ’n halwe liter melk � uit ’n plastiekkoeldrankbottel

met ’n kalfspeen.� (2)

9. Waar is die renostertjie gevind?

Op die nabygeleë Karongwe-wildplaas / Op die Karongwe-wildplaas, (1)

10. Die renostertjie is ore is afgeskeur. Wat was nog fout met hom?

Hy was ontwater � en uitgeteer �. (2)

11. Wie is die bestuurder van die wildplaas?

Mnr. Constant Hoogstad � (1)

12. Wat sal met die renostertjie gebeur as hy gesond is?

Hy sal in dieselfde omgewing waar hy gekry is, � vrygelaat word �. (2)

13. Watter probleem is daar moontlik as hy vrygelaat word?

Hy mag dalk mak bly � en na aan mense kom �. (2)

[20]

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 12

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal leerders

• wys dat hulle taal gepas kan gebruik.

• hul kennis van woordeskat toon en uitbrei.

• ’n kort teks uit Engels vertaal.

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE: Leeruitkoms 4: SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste

vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaarde

Die leerder

� Vertaal ’n kort teks (soos ’n brosjure). Leeruitkoms 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van

die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaarde

Die leerder

� spel redelik korrek; � gebruik woorde en sinne; � brei woordeskat uit; � demonstreer ’n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 woorde teen die einde van

graad 9.

Aktiwiteit 3.1: Taalstrukture en -gebruik

Indiwiduele werk METODOLOGIE

� Leerders beantwoord die vrae in hierdie aktiwiteit indiwidueel deur telkens

te doen wat gevra word.

Tyd: 30 min � Punte: 20 ����

TAAL IN AKSIE AKTIWITEIT 3

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 13

1. Gee elke keer die korrekte vorm van die woord tussen hakies. Skryf

slegs die nommer en jou antwoord neer.

In die 1.1 (verlede / gelede – kies die korrekte woord) was daar baie

mammoete. Hulle is deur mans met 1.2 (jag + gewere – gee een woord)

geskiet.

Die bosolifant van Afrika is 1.3 (groot – trappe van vergelyking) as die

Indiese olifant. Die olifante het groot 1.4 (oor – meervoud) en klein 1.5

(oog – verkleining). Olifante is 1.6 (reus – korrekte vorm) diere.

Olifante het lang tande, maar die mammoet s’n was die 1.7 (lank – trappe

van vergelyking). Die mammoete het baie 1.8 (haar – meervoud) op hulle

lywe gehad. Hulle kon 1.9 (baie stil – intensiewe vorm) beweeg.

Die bosolifant staan 1.10 (____________ - voorsetsel) die Indiese olifant

in die prentjie. 1.11 (Wanneer / dan / toe – kies die korrekte woord) die

olifant getrompetter het, het die mense geskrik.

(11)

2. Begin die volgende sinne elke keer met: Nee, ...

2.1 Is daar nog mammoete oor? (1)

2.2 Die mammoete het vir die jagters weggekruip. (1)

(2)

3. Verbind die twee sinne met die woord tussen hakies.

Daar is nie meer mammoete nie. Die jagters het hulle almal doodgemaak. (omdat) (1)

4.1 Kies elke keer die korrekte antwoord.

• Ek kan die olifant se slurp sien.

• Ek kan die olifant’s slurp sien.

• Ek kan die olifant’s se slurp sien.

• Ek kan die olifant sê slurp sien.

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 14

4.2. Watter sin is korrek? Skryf jou antwoord volledig neer.

• Die olifantkoei sal nie die tak breek.

• Die olifantkoei het nog ooit die tak gebreek nie.

• Die olifantkoei het al ooit die tak gebreek nie.

• Die olifantkoei breek nie die tak nie. 4.3 Watter sin is korrek? Skryf jou antwoord volledig neer.

• Die olifant wie daar staan, is ’n bul.

• Die olifant wat daar staan, is ’n bul.

• Die olifant vir wie daar staan, is ’n bul.

• Die olifant hoe daar staan, is ’n bul. 4.4 Watter sin is korrek? Skryf jou antwoord volledig neer.

• Ek het die storie van die mammoete gevergeet.

• Gister sal ek die storie van die mammoete vergeet.

• Verlede week het die olifant gestaan en vreet.

• Verlede jaar het die olifant die tak wou breek. 4.5 Watter sin is korrek? Skryf jou antwoord volledig neer.

• Die jagter stap omdat hy ’n mammoet wil skiet.

• Die jagter stap omdat hy wil ’n mammoet skiet.

• Die jagter stap omdat hy ’n mammoet skiet wil.

• Die jagter stap omdat wil hy ’n mammoet skiet. 4.5 Watter sin is korrek? Skryf jou antwoord volledig neer.

• Dit is die goedste dierestorie wat sy ken.

• Dit is die beter dierestorie wat sy ken.

• Dit is die beste dierestorie dat sy ken.

• Dit is die beste dierestorie wat sy ken. (6)

TOTAAL: 20

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 15

MEMORANDUM

1. 1.1 verlede

1.2 jaggewere

1.3 groter

1.4 ore

1.5 ogies

1.6 reuse-

1.7 langste

1.8 hare

1.9 doodstil / tjoepstil / grafstil

1.10 agter / naby

1.11 Toe

(11)

2. 2.1 Nee, daar is nie meer mammoete oor nie. (1)

2.2 Nee, die mammoete het nie vir die jagters weggekruip nie. (1)

(2)

3. Daar is nie meer mammoete nie omdat die jagters hulle almal

doodgemaak het.

Omdat die jagters hulle almal doodgemaak het, is daar die meer

mammoete nie.

(1)

4.1 Ek kan die olifant se slurp sien.

4.2 Die olifantkoei breek nie die boom nie.

4.3 Die olifant wat daar staan, is ’n bul.

4.4 Verlede week het die olifant gestaan en vreet.

4.5 Die jagter stap omdat hy ’n mammoet wil skiet.

4.6 Dit is die beste dierestorie wat sy ken.

(6)

TOTAAL: 20

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 16

Aktiwiteit 3.2: Vertaling

Indiwiduele werk METODOLOGIE

� Hierdie aktiwiteit word indiwidueel gedoen.

� Leerders moet gebruik maak van ’n Afrikaans-Engels woordeboek vir

hierdie aktiwiteit.

� Laat leerders die teks vry vertaal in Afrikaans.

� Wys hulle daarop dat hulle moet seker maak van die korrekte woordkeuse

en woordorde.

Jock of the Bushveld is a true story by

South African author Sir Percy Fitzpatrick.

The book tells of Fitzpatrick's travels with his

dog, Jock, during the 1880s, when he

worked as a storeman, prospector's

assistant, journalist and ox-wagon transport-

rider in the Bushveld region of the Transvaal

(then the South African Republic).

(From: Wikipedia, the free encyclopedia)

Moontlike vertaling:

Jock van die Bosveld is ’n ware verhaal/storie deur die Suid-Afrikaanse skrywer

Sir Percy Fitzpatrick. Die verhaal/storie vertel van Fitzpatrick se reise gedurende

die tagtigerjare saam met sy hond, Jock. Hy het toe gewerk as ’n stoorman, ’n

Tyd: 15 min � Punte: 10 ����

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 17

prospekteerder se assistent, joernalis en transportryer met ’n ossewa in die

Bosveldse omgewing van die Transvaal (vroeër die Suid-Afrikaanse Republiek).

ASSESSERING Assesseer die vertaling met behulp van die volgende rubriek.

Rubriek: Vertaling

Kriteria Kode 4 Kode 3 Kode 2 Kode 1

Uitstekend

Goed

Voldoen gedeeltelik aan vereistes

Onvoldoende

70% - 100% 40% -.69% 35% - 39% 1 - 34%

7-10 4 – 6.5 3 ½ 1 - 3

INHOUD

Die leerder gee in inhoud korrek weer.

Die leerder gee die inhoud van die teks redelik goed weer.

Die inhoud van die teks is onduidelik.

Die inhoud van die teks word swak of glad nie gekommunikeer nie.

7-10 4 – 6.5 3 ½ 1 - 3

VERSTAAN-BAARHEID

Korrekte woordkeuse en woordorde is deurentyd toegepas.

Min woordkeuse - en taalfoute is gemaak. Die taal is ontoereikend /onvoldoende om die boodskap deurgaans duidelik oor te dra.

Woordkeuse en swak taalgebruik beïnvloed die kommunikasie van die inhoud van die teks. Die taalgebruik is dikwels onvanpas of verwronge/verdraai deur invloed van moedertaal.

Teks wemel van taal- en woordkeuse foute. Onverstaanbaar.

[20 ÷ 2: 10 punte]

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal leerders

• inligting insamel wat hulle vir ’n plakkaat kan gebruik. Leerders kan in die

biblioteek, in koerante of op die internet gaan soek na geskikte prente en

inligting. Hulle kan ook met maats of volwassenes daaroor gesels.

• ’n plakkaat maak van ’n unieke dier.

NAVORSINGSTAAK AKTIWITEIT 4

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 18

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE: Leeruitkoms 4: SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste

vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaarde

Die leerder

� Ontwerp ’n kort teks wat skriftelike en visuele stof insluit (soos ’n groetekaartjie, ’n plakkaat).

Leeruitkoms 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van

die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaarde

Die leerder

� spel redelik korrek; � gebruik woorde en sinne; � brei woordeskat uit; � demonstreer ’n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 woorde teen die einde van

graad 9.

Aktiwiteit 4.1: Navorsing

Indiwiduele werk METODOLOGIE

• Verduidelik aan leerders wat van hulle in die volgende aktiwiteit verwag word.

• Hulle gaan elkeen ’n plakkaat saamstel waarop hulle ’n unieke dier aan die

klas kan bekendstel. Hierdie unieke dier moet nie werklik bestaan nie. Dit

moet dus ’n produk van hul verbeelding wees.

• Laat hulle besluit watter eienskappe hulle dier moet hê. Moedig hulle aan om

tuis soveel moontlik inligting oor die dier neer te skryf. Hulle moet ook van

prente (heel moontlik ’n samestelling van verskillende diere) gebruik maak.

• Wys leerders op die kriteria vir assessering van die plakkaat.

• Herinner hulle daaraan om hul inligting vir die volgende aktiwiteit saam te

bring klas toe.

• Wys leerders daarop dat hulle in die laaste aktiwiteit (tydens die mondelinge

aanbieding) van hul plakkaat gebruik gaan maak.

Tyd: Tuiswerk � Punte: 0 ����

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 19

Aktiwiteit 4.2: Plakkaat

Indiwiduele Werk METODOLOGIE

• Leerders gebruik die voorbereiding wat hulle tydens die vorige aktiwiteit

gedoen het.

• Wys leerders op die kriteria vir die plakkaat.

• Die doel van hierdie plakkaat is om ’n unieke dier aan die klasmaats bekend

te stel.

• Die plakkaat sal in die mondelinge aanbieding (Aktiwiteit 5) gebruik word.

• Die dier kan eienskappe hê van verskillende diere.

• Die plakkaat moet op ’n A4-bladsy gedoen word.

• Op die plakkaat moet die volgende verskyn:

o Naam van die dier.

o ’n Skets/illustrasie/foto van die dier.

o Kort beskrywing van die dier. (Maak gebruik van volsinne.)

o Wat maak die dier so uniek?

• Die inligting op die plakkaat moet sinvol aangebied word.

Assessering

Gebruik die rubriek om die plakkaat te assesseer.

Tyd: 30 min � Punte: 30 ����

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 20

Rubriek: Plakkaat

Kriteria Kode 4 Kode 3 Kode 2 Kode 1

Uitstekend

Goed

Voldoen gedeeltelik aan vereistes

Onvoldoende

70% - 100% 40% -.69% 35% - 39% 1 - 34%

7-10 4 – 6.5 3 ½ 1 - 3

INHOUD EN DOEL

Die inligting is duidelik oorgedra / argumente verskaf ondersteunende besonderhede wat toepaslik en interessant is. Oortref die minimum vereistes van die opdrag en verskaf bewys van deurdagte insette. Plakkaat is oortuigend, beantwoord aan doel en oortref verwagtinge.

Inligting word oorgedra, maar verskaf nie genoegsame besonderhede om dit te ondersteun nie. Voldoen aan minimum vereistes van opdrag en verskaf bewys van deurdagte insette. Plakkaat beantwoord aan doel.

Die inligting oorgedra is onduidelik. Baie besonderhede is ontoepaslik vir onderwerp. Voldoen aan minimum vereistes van die opdrag, maar toon nie bewys van deurdagte insette nie. Die plakkaat beantwoord gedeeltelik aan die doel.

Die inligting oorgedra is onduidelik. Besonderhede is lukraak en ontoepaslik vir onderwerp. Voldoen nie aan minimum vereistes van opdrag nie.

7-10 4 – 6.5 3 ½ 1 - 3

VE

RS

TA

AN

BA

AR

HE

ID E

N

NO

UK

EU

RIG

-HE

ID

Geskikte taal is gebruik om die inligting duidelik oor te dra. Spelling, hoofletters en leestekens is oor die algemeen korrek gebruik. 0-5 foute.

Die boodskap in dié geskrewe teks is met tye onduidelik. Die taal is ontoereikend /onvoldoende om die boodskap deurgaans duidelik oor te dra. Spelling, hoofletters en leestekenfoute is min. 6-8 foute.

Die boodskap kon slegs deur ’n simpatieke moedertaalspreker verstaan word. Die taalgebruik is dikwels onvanpas of verwronge/verdraai deur invloed van moedertaal. Herhaalde spel-, hoofletter- en leestekenfoute kom voor wat kommunikasie belemmer. 9-10 foute..

Inligting onverstaanbaar. Spel-, hoofletter en leestekenfoute maak skryfstuk onverstaanbaar. > 10 foute.

7-10 4 – 6.5 3 ½ 1 - 3

OR

GA

NIS

AS

IE E

N

AA

NB

IED

ING

Logiese en effektiewe orde en opeenvolgende woorde is gepas en konsekwent gebruik. Die aanbieding kommunikeer die boodskap. Uitleg en prente vorm logies deel van plakkaat.

Die skrywer gebruik gepaste opeenvolgende woorde met slegs ’n paar foute. Uitleg en prente gepas.

Orde is onlogies en plek-plek verwarrend. Foutiewe gebruik van opeenvolgende woorde. Doel van aanbieding gaan verlore. Uitleg en prente nie altyd gepas nie.

Die gebrek aan struktuur verwring of maak die doen totaal onduidelik. Uitleg verwarrend en prente die nie die nodige doel nie.

[30 punte]

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 21

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit leerders

• hul unieke dier aan die klas voorstel.

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE: Leeruitkoms 1 LUISTER

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities

binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaarde

Die leerder

� luister na en reageer op vrae; � luister na ’n langer gesprek. Leeruitkoms 2: PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne

’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. Assesseringstandaarde

Die leerder

� spreek klanke redelik korrek uit en gebruik woord- en sinsaksent en intonasie taamlik korrek;

� reageer gepas op vrae;

� doen verslag oor wat iemand gesê het. Leeruitkoms 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van

die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaarde

Die leerder

� gebruik woorde en sinne; � brei woordeskat uit; � demonstreer ’n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 woorde teen die einde van

graad 9.

MONDELINGE AANBIEDING AKTIWITEIT 5

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 22

Aktiwitweit 5.1: Mondeling

Indiwiduele werk

INSTRUKSIES

• Laat leerders elkeen hul klasmaats vertel van hul unieke dier.

• Leerders moet gebruik maak van die plakkaat tydens hul aanbieding.

Assessering

Assesseer die mondelinge aanbieding met behulp van die rubriek op die

volgende bladsy.

Tyd: 40 minute � Punte: 30 ����

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERSGIDS 23

RUBRIEK: Mondelinge aanbieding

Kriteria Kode 1 70% - 100%

Kode 2 40% -.69%

Kode 3 35% - 39%

Kode 4

1 - 34%

Uitstekend

Goed

Voldoen gedeeltelik aan

vereistes

Onvoldoende

7-10 4 – 6.5 3 ½ 1 - 3

Stemgebruik

--Selfversekerd, duidelike uitspraak; hard genoeg; konstante spoed; entoesiasties; selfvertroue; spreker is duidelik gemaklik voor die groep.

--Die meeste woorde is korrek uitgespreek, maar nie so afgerond nie; by tye effe onseker. Meestal goed hoorbaar.

--Uitspraak soms onduidelik/verwarrend. Spreker nie op gemak nie.

--Spreker is duidelik angstig en kan nie gehoor word nie. Monotone uitspraak met min gevoelsuiting.

7-10 4 – 6.5 3 ½ 1 - 3

Gebruik van taal: Taal, woordkeuse

-- Geskikte woordkeuse. --Sinne is volledig en grammatikaal korrek. Sinne vloei sinvol saam. Korrekte woordkeuse.

--Kies geskikte woorde vir konteks en gebruik taal meestal korrek. Sinne oor die algemeen volledig en korrek saamgestel. Sinne vloei goed saam. Met slegs enkele uitsonderings is woordkeuse korrek.

--Woordkeuse ongepas vir konteks; ta--Kan aanbieding volg, maar taalfoute en die gebruik van slang opsigtelik. Sommige sinne onvolledig/huiwerig en/of woordeskat beperk of onvanpas.Taalfoute kom voor.

-Woordkeuse foutief. Baie taalfoute kom voor. --Kan nie fokus op inhoud nie a.g.v. swak taalgebruik en onvanpaste woordeskat.

7-10 4 – 6.5 3 ½ 1 - 3

Kontak met gehoor --Handhaaf oogkontak. Maak doeltreffend gebruik van die plakkaat. --Betrek gehoor by aanbieding; hou gehoor se aandag deurentyd.

-- Handhaaf meestal oogkontak en verwys na plakkaat. --Pogings om gehoor te betrek. Hou gehoor se aandag die meeste van die tyd.

--Poging tot oogkontak, maar handhaaf dit nie. Verwys selde na die plakkaat. --Sommige toepaslike feite, maar dwaal van onderwerp af en verloor gehoor se aandag.

-- Lees alles van die plakkaat as óf maak glad nie daarvan gebruik nie. --Onsamehangend; verloor belangstelling van gehoor.

[30 punte]