AFRIKA SE WEER EN KLIMAAT › 2019 › 06 › verhitting... · 2019-06-03 · Afrika se...
Transcript of AFRIKA SE WEER EN KLIMAAT › 2019 › 06 › verhitting... · 2019-06-03 · Afrika se...
AFRIKA
SE WEER EN KLIMAAT
TAAK 10
Afrika se klimaatstreke:
Afrika se klimaatstreke word hoofsaaklik deur die kontinent se
ligging oor die ewenaar, en sy byna simmetriese ligging in die
Noordelike en Suidelike Halfrond veroorsaak.
Klimaatstreke kan uitgeken word aan wisselings in die
hoeveelheid energie en humiditeit.
Afrika se klimaat is meestal tropies, want 70% van Afrika se
grondgebied lê tussen die Kreef- en Steenbokskeerkring.
Ander faktore, soos die uitwerking van land- en watermassas,
topografie en seestrome beïnvloed ook die kontinent se klimaat.
Afrika se klimaat kan as sewe klimaatstreke in drie algemene
kategorieë geklassifiseer word.
Afrika se klimaatstreke:
tropies - ekwatoriaal, savanna
halfwoestyn en droogland - semi-aried, woestyn
vogtige middelbreedte - Mediterreens, hoëveld, vogtig-
subtropies.
Ekwatoriale klimaatstreek
(tropies / vogtig) Kom voor vanaf die Kongodelta tot by die
Guineekus.
Konstante hoë temperature.
Jaarlikse temperatuurspeling is minder as die
daaglikse verskille.
Heelwat wolkbedekking a.g.v. hoe humiditeit -
meer as 80%.
Swaar reënval deur die jaar; meestal
konveksiereën; meer as 1 270 mm; geen droë
seisoen nie.
Swaar reën met donderweer en weerlig,
gewoonlik namiddae.
Savanna-klimaatstreek
(tropies / nat en droog) Lê aan weerskante (noord en suid) van die
ekwatoriale streek.
Hoë temperature.
Groter daaglikse en seisoenale temperatuur-
verskille (vergelyk klimaatgrafieke).
Het 'n herkenbare jaarlikse verspreiding van
reënval.
Swaar reënval in die somer (baie sonlig);
meestal konveksiereën.
Droë winters; minder sonlig.
Semi-ariede klimaatstreek: Geleë aan die droë kante van die savanna en
noord van die Sahara.
Somerreënval; min; wisselvallig; selde meer
as 500 mm per jaar.
Baie warm somers; daaglikse maksimum-
temperature bo 32 °C.
Hoë evapotraspirasie-vlakke.
Winters is koud en droog.
Woestyn klimaatstreek: Kom aan die westekant van Afrika voor
(Sahara en Namib).
Uiters hoë somertemperature (veral in die
Sahara).
Warm winters.
Baie min reënval.
Lae humiditeit.
Mediterreense klimaatstreek: Geleë by noordelike en suidelike uiteindes van
die kontinent .
Warm tot baie warm somers, gematigde tot
koel winters.
Temperature wissel van 21 °C in die somer tot
10 °C in die winter.
Somers is droog en winters is nat, meestal
weens sikloniese reën.
Lae humiditeit (oor die algemeen)
Hoëveld klimaatstreek: Die ligging buite die trope en die hoogte bo
seevlak lei saam tot 'n meer gematigde
klimaat.
Daar is steeds uiterstes: somers is warm; ryp
in winternagte;
Winters is droog, met sonnige dae; vinnige
hitteverlies weens strating;
Temperatuur-inversie vind snags plaas.
Somer-konveksiereën met donderstorms is
algemeen; trek dan weer vinnig oop.
Vogtige-subtropiese
klimaatstreek: 'n Smal kusstrook met 'n humiede subtropiese
klimaat; geleë aan die suidooskus van Suid-
Afrika
Effe koeler as die savanna in die noorde, maar
somertemperature is warm, met koeler
toestande in die winter.
Hoë reënval in die somer.
Lugdaling (divergensie) en konvergensie -
verband met reënval:
Temperature is oral in Afrika hoog, behalwe hoog bo seevlak en
gedurende die winter in die verre suide en noorde.
Dit is omdat die hele kontinent binne 35° van die ewenaar lê.
Die wisseling in die hoeveelheid reënval en seisoen van reënval
oor Afrika bepaal die verskille in die omgewing van streek tot
streek.
Lugmassas en windstelsels oor Afrika: Die verskille in Afrika se klimaat word beïnvloed deur faktore soos die
afstand van die see en plaaslike topografie.
Die belangrikste faktor is egter die wisseling in die posisie van twee
belangrike lugmassas en die windstelsels wat daarmee gepaardgaan.
Dit word in skets aangedui.
Die kontinentale tropiese (cT) lugmassa ontstaan oor die Sahara-woestyn,
en is dus warm en droog. Die ooste- en noord-oostewinde gaan gepaard
hiermee.
In Wes-Afrika word hierdie winde die Harmattan genoem. Dit waai in die
rigting van die ITKS en het 'n uitdrogende invloed.
Die maritieme-tropiese (mT) lugmassa ontstaan oor die Atlantiese Oseaan
en is dus warm, vogtig en onstabiel. Die suidwestewinde gaan gepaard met
hierdie lugmassa en het seisoenale hoë reënval kenmerke.
Warm en nat Harmattan-winde
Impak van lugdaling en konvergensie op reënval: Ons gaan kyk na 'n voorbeeld uit Wes-Afrika om die gekombineerde impak van
lugdaling en konvergensie te bestudeer.
Lugdaling (divergensie) is die vertikale sak van 'n lugmassa, terwyl
konvergensie die horisontale invloei van twee verskillende lugmassas na 'n
laagdrukgebied is.
Dit word uitgebeeld in skets op die volgende bladsy, wat die bewegings van
horisontale en vertikale wind- en lugmassas oor Wes-Afrika in Januarie
(winter) en Julie (somer) aandui.
Om die beweging van lug na te spoor, word DRIE PLEKKE op die kaarte
gebruik.
Calabar is die verste suid, Kano is verder noord en Atar is die verste noord.
Let op die beweging van die ITKS namate die seisoene verander, en waar
samevloeiende winde ontmoet.
Onthou dat die suidwestewinde wat warm en vogtig is, die reën bring.
Warm en nat Harmattan-winde
Die impak van sakking en konvergensie op rëenval
in Wes-Afrika:
Die droë seisoen in die wintermaande
ITKS naby kuslyn noord van die ewenaar; warm, droë Harmattan-winde (cT)
waai oor Wes-Afrika.
Lug daal in omgewingvan 25-30 °N (Hadley-set), verhit adiabaties, word nog
meer uitdrogend.
Kano (in Nigerië), net noord van die ITKS - 'n droë seisoen.
Atar (in Mauritanië), verder noord - tang droe seisoen weens droë
Harmattan.
Reënval beperk tot die verre suide, sluit Calabar in. Reën weens vogtige en
mT-lug ingevoer deur die suidwestewinde.
Die impak van sakking en konvergensie op rëenval
in Wes-Afrika:
Die nat seisoen in die somermaande
ITKS beweeg noord saam met die son; vogtige mT-lug in vanaf Atlantiese
Oseaan deur suidwestewinde.
ITKS in binneland; Calabar en Kano ervaar warm, vogtige lugmassas/winde;
hoe somerreënval.
Nat seisoen oor hierdie gebiede duur voort so lank as wat ITKS noord
daarvan bly.
Calabar het dubbele tydperkvan maksimum reënval; het ook winterreënval.
Gebiede noord van die ITKS (soos Atar) het slegs 'n kort nat seisoen en lae
jaarlikse reënval.
Warm en nat Harmattan-winde
Uitwerking van
divergensie en
konvergensie :1. Subtropiese Hoogdruk
gordel in NH.
2. Ekwatoriale Laagdruk
3. Subtropiese Hoogdruk
gordel in SH.
KONVERGENSIE
DINVERGENSIE
DIVERGENSIE
Die rol van oseane in Afrika se klimaat:
Oseane het 'n groot impak op klimaat sowel as weer.
Hulle is die wêreld se "hittemasjien" wat die klimaat dryf.
Die El Niño-proses behels byvoorbeeld abnormale verwarming
van lug oor die Stille Oseaan.
Dit verander die patrone van passaatwinde wat oor Suid-Amerika
waai, asook die gewone lugsirkulasie van die tropiese Atlantiese
Oseaan.
Dit lei tot droogte in dele van Afrika en in Brasilië, waar daar
normaalweg digte reënwoude is.
Wat is die verband tussen die oseane en klimaat?
Die seeoppervlak absorbeer inkomende sonstrale en word verhit.
'n Deel van hierdie energie word na die atmosfeer oorgeplaas in
waterdamp en as uitgestraalde hitte.
Dit veroorsaak wind en reënwolke.
Windenergie word na die see se oppervlakwater verplaas deur
wrywing en lugweerstand.
Op hierdie manier dryf wind die oppervlakstrome in die oseane.
Die beweging van oppervlakwater laat koue, diep water toe om op te
styg as opwelling.
Koue seeoppervlaktemperature produseer koel lugtemperature.
Die energiewanbalans tussen koeler en warmer lugmassas
veroorsaak atmosferiese sirkulasie.
Hoe belangrik is die maritieme effek? Die nabyheid aan groot massas water het 'n matigende effek op
klimaat.
Dit word die maritieme effek (maritieme klimaat) genoem.
Die kontinente verhit normaalweg vinniger en koel vinniger af as die
oseane.
Dit is omdat water 'n hoë hitte-kapasiteit het, want oseane beweeg
gedurig en is baie diep.
Dit laat hitte toe om binne die watermassa te versprei en gestoor te
word.
Die maritieme effek is byvoorbeeld die rede vir die verskille in die
gemiddelde temperature en jaarlikse temperatuurspelings van Lagos
(Nigerië) teen die kus en Timboektoe (in Mali) in die binneland.
Rol van die oseane op Afrika:
Watter impak het seestrome op Afrika? Seestrome vervoer warm water na die pole en koue water na die ewenaar.
Dit beteken dat seestrome 'n matigende invloed op temperatuur moet hê.
Langs die weskus van Afrika is die koue Benguelaseestroom sowel as die
Kanariese Stroom, wat in die rigting van die ewenaar vloei.
Koue seestrome koel die lugmassas wat daaroor beweeg, af en verskaf ook
min of geen vog (as reën) vir die aanliggende kusstreke nie.
Die koue Benguelastroom is verantwoordelik vir die droë woestyntoestande
langs die kus van Angola en Namibië.
Walvisbaai in Namibië kry byvoorbeeld 'n gemiddelde maandelikse reënval
van slegs 8 mm.
Gemiddelde temperature langs die kus is egter gematig, en wissel van 24 °C
in April tot 19 °C in Augustus.
Faktore wat die temperatuur in Afrika beïnvloed:
Temperatuur:1. Breedtegraad
2. Hoogte
3. Afstand vanaf see
4. Seestrome
Reënval oor Afrika:1. Breedtegraad
2. Hoogte3. Afstand vanaf die see
4. Seestrome
5. Middelbreedtesikloon
Faktore wat die reënval oor Afrika beïnvloed:
Wat is
konveksiereën - warm, vogtige lug styg op en produseer reën
evapotranspirasie - die verlies van waterdamp na die atmosfeer
deur plantegroei
temperatuurinversie – laag koue lug naby die grond met warmer
lug daarbo