AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just...

30
O HER E , NET N OG EEN K EER Goeiemôre, vriende, of goeiemiddag. Ek het my horlosie gebreek, ek kan nie sê hoe laat dit is nie. [’n Broer sê: “Nog oggend, broer.”—Red.] Steeds oggend, is dit? Goed. 2 Hoe ook al, ons lewe in Ewigheid. Ons het geen tyd nie. Tydgrense het opgehou toe Jesus Christus my Sy Lewe binne-in my gegee het, om volgens te lewe, so ons is net nou Ewige skepsels, sit saam in Hemelse plekke in Christus Jesus. Watter tyd! 3 Nou dit is net my tweede dag hier saam met julle, maar, goeiste, dis soos koue molasses in die oggend, dis so dik en wonderlik. Ek het dit nog nooit meer geniet in enige byeenkoms nie. En ek kyk nou saans rond, hulle is so opmekaar, ek kan niemand sien nie, maar vandag kan ek rondkyk. Ek het die voorreg gehad om hand te skud met hierdie goeie klomp predikers hier in hierdie groep. 4 Ek onthou ’n ou man, het altyd na ons kerk gekom, met die naam van John Ryan. Ouderling Ryan, het hulle hom genoem. Hy was van Dowagiac, Michigan. En hy het altyd ’n bietjie gepreek, en dan teruggehardloop en my hand geskud. En dan sou hy ’n bietjie preek, en terughardloop en my hand skud. Ek het gesê: “Broer Ryan, ek—ek waardeer dit, maar ek—ek snap nie die betekenis van waarom jy dit doen nie.” 5 Hy het gesê: “Wanneer die battery pap word, moet ek dit laat laai, so ek het net volgelaai geraak.” [Broer Branham en gemeente lag—Red.] 6 Ek het pas ’n—’n Metodiste prediker gesien van bo in my streek, wat pas die Heilige Gees ontvang het, en ek het hom gedoop. Sit hier links van my, Broer Junior Jackson. Ek het hom sy hande so sien skud, het my soort van aan Broer Ryan laat dink. Hoeveel dink die Metodiste kan nie die Heilige Gees ontvang nie? Julle maak ’n fout. Staan op, Broer Junior Jackson, hy en sy lieflike vrou daar. Hulle is van onder in Indiana, ’n Metodiste prediker. 7 Waar is Willard Collins? Is hy in die gebou vanmôre? Waar is jy, Broer Willard? Ek het gedink hy was hierrond. Nog ’n Metodiste prediker wat hier staan, as julle nie dink Metodiste kan die Heilige Gees ontvang en herdoop word nie. Staan op, Broer Collins. Daar is nog een. Die broer was daar na Asbury Kollege by Wilmore, Kentucky, uit ’n goeie Metodiste agtergrond. 8 Nou daar is nog mense saam met my hier, wat—wat hierheen gekom het. Ek het hulle “amen” hoor sê, en ek weet hulle is hier, maar ek kan hulle nie sien nie. Broer—Broer

Transcript of AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just...

Page 1: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER

Goeiemôre, vriende, of goeiemiddag. Ek het my horlosie gebreek, ek kan nie sê hoe laat dit is nie. [’n Broer sê: “Nog oggend, broer.”—Red.] Steeds oggend, is dit? Goed.2 Hoe ook al, ons lewe in Ewigheid. Ons het geen tyd nie. Tydgrense het opgehou toe Jesus Christus my Sy Lewe binne-in my gegee het, om volgens te lewe, so ons is net nou Ewige skepsels, sit saam in Hemelse plekke in Christus Jesus. Watter tyd!3 Nou dit is net my tweede dag hier saam met julle, maar, goeiste, dis soos koue molasses in die oggend, dis so dik en wonderlik. Ek het dit nog nooit meer geniet in enige byeenkoms nie. En ek kyk nou saans rond, hulle is so opmekaar, ek kan niemand sien nie, maar vandag kan ek rondkyk. Ek het die voorreg gehad om hand te skud met hierdie goeie klomp predikers hier in hierdie groep.4 Ek onthou ’n ou man, het altyd na ons kerk gekom, met die naam van John Ryan. Ouderling Ryan, het hulle hom genoem. Hy was van Dowagiac, Michigan. En hy het altyd ’n bietjie gepreek, en dan teruggehardloop en my hand geskud. En dan sou hy ’n bietjie preek, en terughardloop en my hand skud. Ek het gesê: “Broer Ryan, ek—ek waardeer dit, maar ek—ek snap nie die betekenis van waarom jy dit doen nie.”5 Hy het gesê: “Wanneer die battery pap word, moet ek dit laat laai, so ek het net volgelaai geraak.” [Broer Branham en gemeente lag—Red.]6 Ek het pas ’n—’n Metodiste prediker gesien van bo in my streek, wat pas die Heilige Gees ontvang het, en ek het hom gedoop. Sit hier links van my, Broer Junior Jackson. Ek het hom sy hande so sien skud, het my soort van aan Broer Ryan laat dink. Hoeveel dink die Metodiste kan nie die Heilige Gees ontvang nie? Julle maak ’n fout. Staan op, Broer Junior Jackson, hy en sy lieflike vrou daar. Hulle is van onder in Indiana, ’n Metodiste prediker.7 Waar is Willard Collins? Is hy in die gebou vanmôre? Waar is jy, Broer Willard? Ek het gedink hy was hierrond. Nog ’n Metodiste prediker wat hier staan, as julle nie dink Metodiste kan die Heilige Gees ontvang en herdoop word nie. Staan op, Broer Collins. Daar is nog een. Die broer was daar na Asbury Kollege by Wilmore, Kentucky, uit ’n goeie Metodiste agtergrond.8 Nou daar is nog mense saam met my hier, wat—wat hierheen gekom het. Ek het hulle “amen” hoor sê, en ek weet hulle is hier, maar ek kan hulle nie sien nie. Broer—Broer

Page 2: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

2 DIE GESPROKE WOORD

Fred Sothmann van die tabernakel in Jeffersonville. Fred, is jy en Broer Tom hier? Ek meen ek hoor hom sê: “Hier.” Hier in die hoek, ja.9 Ons is baie bly om hierdie manne te kan voorstel. Ek sien nie presies op hierdie tydstip nie, daar is miskien meer hier waarvan ek nie weet nie. Ek dink Broer Jack Moore het pas klaar gepraat. En—en so hierdie is goeie manne, en ons is lief vir hulle.10 En nou was dit so ’n wonderlike tyd om hier te kon wees. Ek het vir ons vrou gesê, my vrou, het ek gesê: “Jy, jy moes saamgekom het in hierdie byeenkoms.” Ons glo in ’n lekker outydse pinksterbyeenkoms. Ons glo, dat waar die vryheid in die Gees van God, dat alle verskillende fases van denominasies kan saamkom en saam sit in Hemelse plekke, as ’n kerk. Ons verskille maak daar geen verskil aan, wanneer ons in Christus is nie, ons is onder die Bloed en in die gemeenskap van Sy liefde.11 En ek wil dit sê vir hierdie groep predikers. Ek—ek het in Pinkster gekom uit ’n Sending Baptis, en ek het Pinkster bewonder. Hulle is my mense. Ek is lief vir hulle. As ek gedink het daar is enige kerk meer reg as dit, sou ek by die ander kerk gewees het. Maar ek is by Pinkster, omdat ek dink dat dit die naaste ding aan die Skrif is wat ek sien. As ek van iets anders geweet het, sou ek by hulle gewees het; en so, verontagsaam nie enige ander geloof nie, glad nie. Maar waarom ek aan Pinkster dink, omdat dit nader is aan wat ek dink Skriftuurlik is, as enigiets waarvan ek weet.12 En daar is een uitstaande ding in hierdie konvensie, wat ek opgelet het, dis, skoon-gesig vroue; niks van daardie manikuur, julle weet, of wat julle daardie goed ook al noem nie. Ek hou nie daarvan nie. Dit betaam Christene nie. Huh-uh. Dis reg. Ek—ek hou daarvan. Ek’s die ou skool wat van reinheid hou, julle sien. Ek hou daarvan om vroue te sien…Weet julle, ek bedoel nie…13 Dis geen plek om enigiets te sê, grappies en ontheiligend, om so te sê nie. Maar ek sê dit nie met daardie bedoeling nie. Dit is geen plek daarvoor nie.14 Terloops, wanneer het julle almal hierdie ding gekry? Dit kom van my tabernakel, so lyk dit. Dit kom beslis. Is dit reg, kerk? Lyk dit nie na die ou preekstoel nie? Wel, ek dink dieselfde ou Boodskap wat ons daar verkondig gaan daaroor, in elk geval.15 So julle weet, daar is net een vrou in die Bybel wat ooit haar gesig geverf het. En sy het nooit haar gesig geverf om God te ontmoet nie. Sy het haar gesig geverf om mans te ontmoet. Dis reg. Weet julle wat God vir haar gedoen het? Het haar vir die honde gevoer. So wanneer julle ’n vrou verf sien dra, sê julle net: “Goeiemôre, Juffrou Hondevleis.” Dis presies wat dit is. Dis aaklig, is dit nie? Maar dis wat God daarvan dink. Sy word gewone hondevleis gemaak vir wilde honde. Dis omtrent

Page 3: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 3

wat sy is. Party van hierdie wilde wolwe wat rondloop, fluit, julle weet; wat hulle wolwefluite noem, julle weet. Dis wat dit is, maar weer net hondevleis.16 Ek is dankbaar vir julle vroue. God skenk die genade om julle in sig van die kruis te hou, weg te kom van hierdie dinge van die aarde. Per slot van sake, ons is op ons pad na Heerlikheid. Ons is burgers van ’n ander Koninkryk.17 Lang tyd gelede…Ek het net oor die gehoor heen gekyk om te sien of ek een van die mense kon sien, en dis een van ons gekleurde vriende, die Neger. Weet julle, ’n lang tyd gelede, hieronder in die Suide, het hulle slawe gemaak van hulle. Nou, ek is van die Suide. En daar is een ding wat ek graag oor hulle wil sê, ek wens ek kon met Martin Luther King praat. Daardie man, synde ’n Christen, weet nie hy lei sy mense reg in ’n lokval in, waar daar miljoene van hulle doodgemaak gaan word nie. Sien? Hy is verkeerd.18 Ek is lief vir my broers, my gekleurde broers. Ek sou nie in Afrika en oral wees, vir hulle preek, as ek hulle nie liefgehad het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo nie dat…Daardie man, hierdeur, gaan net veroorsaak dat baie, baie, baie meer van hulle doodgemaak gaan word. Dan sal dit weer ’n revolusionêre laat begin, wat nooit hier uit die mense sal uitloop nie. So hulle is nie slawe nie. Hulle het soveel vryheid soos enigiemand anders. Hulle, as hulle slawe was, sou ek aan daardie kant wees. Maar hulle is nie slawe nie.19 Dis net omdat hulle skool toe wil gaan. Hulle het skole. Laat hulle skool toe gaan. Dis reg.20 Was daar, onthou daardie ou gekleurde broer wat opgestaan het, daardie oggend, in daardie oproer. Hy het die milisie gevra of hy kon praat. Hy het gesê: “Ek was nog nooit skaam om ’n swartman te wees nie. My Maker het my ’n swartman gemaak. Maar vanmôre, skaam ek my oor die wyse waarop my ras optree. Wat doen daardie mense aan ons? Was net goed vir ons.”21 “Die wit vrou,” het opgestaan en gesê: “ek wil nie my kinders deur ’n wit vrou laat onderrig nie,” het gesê: “want hulle…sy sal nie die—die belangstelling skenk, belangstel in my kinders soos ’n gekleurde vrou sou in my eie ras nie.” Het gesê: “Daar, kyk na ons skole. Hulle het swembaddens. Hulle het beter skole en alles. Waarom wil ons na hulle skole toe gaan?” Dis reg.22 Ek glo God is ’n God van—van, wel, ek sou sê Hy is ’n God van verskeidenheid. Hy maak groot berge en klein bergies. Hy maak woestyne. Hy maak woude. Hy maak witmense, swartmense, rooimense. Ons moet dit nooit kruis nie. Dit word ’n baster. En enigiets verbasterd kan homself nie herteel nie. Jy ruïneer die ras van mense. Daar is sommige dinge in verband met ’n gekleurde mens wat ’n witmens nie eens daardie

Page 4: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

4 DIE GESPROKE WOORD

eienskappe besit nie. ’n Witmens is hom altyd aan die opwerk en bekommer, ’n gekleurde mens is tevrede in die toestand waarin hy is, so hulle het nie daardie dinge nodig nie.23 Maar destyds in die slawetyd, het hulle slawe verkoop, mensewesens, soos ’n vendusie-lot, soos hulle ’n lot gebruikte motors sou. Daar het ’n koper na vore gekom, deur die land, en hy sou hulle opkoop, en hulle gaan verkoop en geld maak op hulle, net soos jy sou op ’n gebruikte motor of iets.24 Was nooit God se program nie! God het mense gemaak; mense het slawe gemaak. Een behoort nie oor die ander te heers nie. Hulle moet saam lewe in eenheid en vrede.25 En hierdie man het by ’n ou plantasie gekom. Hy—hy wil hê. “Hoeveel slawe het jy?” Het gesê: “Honderd of meer.”26 Hy het hulle deurgekyk, en hy het toevallig opgelet, daar was een slaaf tussen daardie mense…27 Die slawe was treurig. Die Boere van Afrika het die slawe gevang, hulle hierheen gebring en gemaak, en hulle verkoop. En hulle het geweet hulle sou nooit na die tuisland terugkeer nie. Hulle het geweet hulle is hier vir die res van hulle lewe. Hulle sou hulle kinders nooit weer sien nie. Hulle sou pappa en mamma nooit weer sien nie. Hulle was hier vir al die tyd, en hulle was treurig. En hulle het selfs swepe gedra, en hulle geslaan, om hulle te laat werk. En toe moes hulle hulle maak werk, omdat hulle nie wou werk nie. Hulle net heeltemal afgebreek.28 Hierdie slawekoper het daar gekyk. En hy het gevind onder hierdie slawe, was daar een jong kêrel. Hulle hoef hom nie te geslaan het nie; bors uit, ken uit, net aan die werk. En die handelaar sê vir die eienaar van die slawe, het gesê: “Ek wil daardie slaaf koop.” Het gesê: “Hy is nie te koop nie.” Hy het gesê: “Hy lyk of hy anders is as die ander slawe.” Het gesê: “Hy is.”29 Gesê: “Wat maak die verskil? Is hy ’n voorman oor die res van hulle?” Hy het gesê: “Nee, nee. Hy’s net ’n slaaf.”30 Gesê: “Miskien voed jy hom anders as wat jy met die res van hulle maak.”31 Hy het gesê: “Nee, hy eet in die kookhuis saam met die res van die slawe.” Gesê: “Wat maak hom soveel anders?”32 Hy het gesê: “Ek het altyd self daaroor gewonder, tot ek uitgevind het. Oorkant in die tuisland, in Afrika, waar hy vandaan gekom het, is sy vader die koning van die stam. En ongeag waar hy is, hy weet steeds hy’s die seun van ’n koning, en hy tree op soos een.”

Page 5: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 5

33 Halleluja! As jy ’n dogter van ’n Koning is, moet dan nie optree soos die wêreld nie. As jy ’n seun van die Koning is, moenie soos die wêreld optree nie. Ons is, ons weet dat ons seuns en dogters van God is. Hoewel ons hier in ’n donker wêreld van dood en smart is, tog weet ons waar ons erfenis is. Ons is seuns en dogters van ’n Koning; nie ’n koning nie, maar die Koning. Laat ons daarvolgens optree.34 ’n Paar oomblikke gelede, waarom ek laat was, ’n klein Ethiopiese meisietjie maak die kamer aan die kant, en ek het opgelet sy was iets aan die doen. Ek het ’n stukkie Skrifteks probeer uitskryf vir iets waaroor ek wou praat. Kom nie praat net om gehoor te word nie; ek kom om iets te sê wat die kerk sal help, om van hulp te wees. En toe het ek gestudeer, en hierdie dametjie het soort van bly ronddraai. Sy het skielik gesê: “Sal jy my verskoon, meneer?” En ek het gesê: “Ja, dame.”35 En sy het gesê: “Hulle sê vir my dat jy die man is wat guns voor God gekry het, dat wanneer jy vir die siekes bid, dat God jou gebed verhoor.”36 Ek het gesê: “Hy verhoor nie net myne nie, maar Hy verhoor enigeen wat Hom sal glo.”37 Sy het gesê: “Ek is siek, meneer. Sal dit buite orde wees dat as ek jou vra om ’n klein gebedjie vir my te doen?” Gesê: “Glad nie.”38 Ek het na haar toe geloop. Ek het iets soos dit gebid: “Here Jesus, baie jare gelede, toe U ’n ou ruwe kruis gesleep het, teen ’n sandheuwel uit, en die voetspore uitgesleep het van die Bloed wat daar van U rug afgedrup het. U klein, tenger liggaampie het so swak geword dat U onder die las geval het. Daar het iemand bygestaan, met die naam Simon, ’n Neger, hy het die kruis opgetel en U dit help dra. Hier is een van sy kinders, vanmôre, siek.” Omtrent daardie tyd, het dit gebeur. Sien? Hy is God van die hele menslike ras.39 Nou, vriende, julle is so ’n gawe gehoor. En ek komende van die veld af, van sendings daar oorkant, voor duiwels en toordokters, ensovoorts. Julle moenie dink hulle sal jou nie uitdaag nie. Jy moet liewer weet waarvan jy praat wanneer jy voor hulle beland. Maar onder sulke dinge soos dit, en dan hierheen te kom waar die tuisvure brand tussen Christene, ensovoorts, julle weet nie watter verligting dit is vir ’n man om so te staan nie. Ek wens dat ek net daaragter in die gehoor kon sit en hierdie goeie gesalfde broers die Woord kon hoor verkondig, en ek net my hande kon opsteek en huil, en uitroep, en bid. En watter—watter—watter ding is dit, om warm te word by die Vuur. Dis so ’n wonderlike ding. Maar gewoonlik…40 My broers, ek het soveel broers wat my liefhet, en hulle vra my om te praat. En daarom weet ek, dat geroepe tot die diens

Page 6: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

6 DIE GESPROKE WOORD

van die Koning, moet ek probeer werk so goed ek kan, maar ek oordoen dit altyd deur te lank te bly. En ek weet julle wag vir julle middagete, was hierbinne van agtuur vanmôre, of so-iets, in hierdie groep mense. Maar ek het gedink dat, kom vanmiddag om net ’n kort rukkie met julle te praat, het ek ’n paar notas hier uitgeskryf, en ’n paar Skrifte, waarna ek graag wil verwys. En sodoende, gedink dat julle manne hier het wat baie meer geskik is, en ’n roeping van God het, om hierdie plek in te neem, as ek. Maar myne is gebed vir die siekes, visioene sien, ensovoorts.41 En ek het ’n paar minute gelede met iemand gepraat. As julle in Life tydskrif kyk, verlede maand, sal julle daar sien. En julle het daardie band. Ek is nie ’n bandeverkoper nie. Maar as jy ooit die Woorde geglo het wat ek verkondig, en jy kan dit bekostig, kry Die Sewe Seëls, en kry eers Hoe Laat Is Dit, Menere? Luister na dit waarvan gepraat is, ses maande voor dit gebeur het. En die wetenskap is verbluf. Staan reg onder waar dit daar aan die gebeur was. En het hulle gesê, ses maande tevore, hoedat daar sewe Engele sou wees in ’n vorm van ’n konstellasie, en lyk soos ’n piramiede, sou neerdaal. En ek sou noord van Tucson, Arizona, staan, en daar sou ’n gedreun wees wat selfs die rotse uit die berge sou skud. Broer Fred Sothmann sit hier, wat by ons gestaan het, baie van hulle, toe dit gebeur het.42 Nou die wetenskap het die foto Daarvan geneem, julle het Dit gesien, het op Verenigde Pers gegaan. Hulle het nie geweet wat Dit was nie. Daar hang ’n Wolk, ses-en-twintig myl hoog. Dis vyftien myl, of twintig, bokant selfs waarby daar vog is. Hulle weet nie waaroor dit alles gaan nie, en hulle probeer Dit ondersoek. En daar, reg Daaronder, het ek gestaan. En daardie sewe Engele dreun hulle stemme uit, van daardie Sewe Seëls, het daar gestaan. En die getuie, drie van ons, as ’n getuie van die dinge wat voorspel is op die band: Menere, Hoe Laat Is Dit? En daar nou probeer hulle uitvind. Dis ’n verborgenheid vir hulle. Party van hulle het gesê: “Gaan, gaan, waarom gaan sê jy hulle nie?”43 Dit sal wees net soos toe die Engel van die Here hier by Houston, Texas, verskyn het in daardie Lig. Ek het vir die mense gesê: “My lewe lank het ek daardie Lig gesien.”44 Die kerk weet dit. Wetenskap weet dit. Dis, alles moet getuig wanneer Jesus Christus ’n beweging maak. Daar is dit. Die tydskrif, as julle daarin wil kyk, dis die een wat Rockefeller en sy nuwe vrou op die agterkant het. Ek dink dis Mei se uitgawe van die Life tydskrif. Hy is God. Ons lewe in die laaste dae.45 Nou ek het vanmôre gekom om ’n paar notas hier uit te kies, en dinge, te praat oor iets wat die kerk sal help, sal help met hierdie broers in die bediening, om my skouers aan die wiel te sit met hierdie manne. Ons is broers, en hulle bring my hierheen, want hulle glo in dieselfde bediening. Julle is

Page 7: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 7

gered gedurende hierdie diens, waarom neem julle nie julle lidmaatskap op met sommige van hierdie goeie kerke hier wat in hierdie tipe bediening glo nie. Hulle, hulle glo daarin, hulle staan daaragter. En ek—ek kom dat ons die Skrif kan neerlê en vir iets wat die kerk dalk kan help.46 En my onderwerp, soort van, vanmôre, is in watter toestand dat ek dink die Pinksterkerk van hierdie dag is. In watter toestand en watter uur staan ons, en wat is die moontlikheid? Nou laat ek dit weer aanhaal. In watter toestand staan die kerk nou, en watter moontlikhede lê vir hom voor?47 Ek wil uit die Skrif lees, vir ’n teks, en ek wil lees van die Boek van Rigters, die 16de hoofstuk, 27ste en 28ste verse.

En die huis was gevul met manne en vroue, en al die vorste van die Filistyne was daar, en op die dak omtrent drieduisend manne en vroue wat kyk hoe Simson speel.

Toe roep Simson die Here aan en sê: Here, Here, dink aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God, dat ek my oor een van my twee oë op die Filistyne kan wreek!

48 Ek wil graag daaruit die teks neem, daaruit O Here, Net Nog Een Keer. Mag die Here die lees van Sy Woord seën.49 Dit moes ’n—’n lieflike namiddag gewees het, iets soos wat ons vandag hier geniet op hierdie kampeerterrein, hier in Hot Springs, Arkansas. En daar was ’n groot feesviering aan die gang, maar baie anders as wat die feesviering vandag is. Daar het omtrent drieduisend Filistyne afgekyk van die gallerye, na ’n vreemde paar wat die groot arena binnegekom het, en hooggeërde krygshere en hulle uitgevatte juweel-beklede dames het almal plaasgeneem.50 En soos dit toe was, was daar, o, iets soos ’n paddastoel wat daar was, die gebou het gesit op pilare wat uitgegaan het, iets soos miskien ’n modernistiese tipe argitek, arg-…argitektuur. En al hierdie Filistyne het daarbo byeengekom, en het hulle plek ingeneem vir hierdie groot gebeurtenis. En hulle was in hierdie groot feesviering, en alle oë was gesentreer op hierdie middel van die arena. Hulle moes opgestaan het, om ’n—’n beter uitsig te kry op die gebeurtenis wat op die punt was om plaas te vind.51 En nou waar ons hier sit vanmiddag, laat ons kyk of ons, met verbeeldingskrag, onsself in daardie posisie kan plaas, om na hierdie toneel te kyk. Wat sien ons?52 Daar kom, beweeg uit na die middel van die arena, kom ’n seuntjie, wat die hand van ’n blinde man hou, wat struikel, voortsteier. Hulle het al baie aapvertonings gehad, en—en toertjies, ensovoorts; maar nou het die tyd gekom vir

Page 8: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

8 DIE GESPROKE WOORD

die hoofitem, die ding waarvoor hulle so lank gewag het, die hoofitem van die dag. Die voorafgaande was verby, die sale wat heel middag met dronk vieringe weerklink het. Want, hulle het die oorwinning van Dagon gevier, hulle visgod, oor die ark en die belofte van Jehova.53 Watter skandelike gesig is dit, waar ons ons kan voorstel so-iets plaasvind; van die visgod van ’n heidense nasie, wat die oorwinning oor die diensknegte van Jehova vier, alles vanweë die mislukking van die man om die dinge uit te voer wat hy bestem was om te doen. En hier het ’n heiden, dronk, fuifende, juweel-bedekte vroue, geverfde gesigte, ’n moderne Hollywood-viering, die dienskneg van die Here God uitgebring, gebind in voetboeie, vir die hoofitem van die middag.54 Die seun moes daar voortgesleep het, struikelend, het hierdie groot massa mensvleis gekom, albei oë uitgesteek, hare hang teen sy rug af, vasgemaak en gebonde, om vermaak te verskaf vir ’n dronk, fuifende klomp ongelowiges. Hy moes gestruikel het na die pilaar vanwaar hulle die pret sou laat begin.55 Wanneer ek daaraan dink, dink ek aan ’n kerk wat deur God bestem is, om iets vir God te doen. En dit het die vyand toegelaat om sy oë te verblind vir die Woord van die lewende God en die Gebooie van God, en vir die taak wat deur deur God bestem is om te doen; net om pret te wees in ’n wegkruipplek vir dronk, geverfde gesig-, juweel-bedekte, kortbroek-draende, korthaar-vroue, en mans van die wêreld. ’n Kerk wat behoort te skyn in die krag en die sterkte van die Here! Watter skande!56 Hoe vernederend moes dit nie vir Simson gewees het nie! Met alles aan sy gestel daargestel, wat meer as in staat was, en bewys het God het Sy krag deur sy gestel gehad. En elke spier wat hy ooit gehad het, was steeds in sy liggaam, maar die seëninge van die Here het hom verlaat.57 Ons mag ons hele gestel hê. Ons mag ons denominasionele rituele hê. Ons mag ons name in die koerante en op die lêers hê. Maar ek wonder, vandag, of die Pinksterkerk nie omtrent op dieselfde plek staan, met sy oë uitgesteek vir die Woord van God, en vir die doel wat Jesus voor gesterf het, dat ons saam gemeenskap kon hê rondom die Woord en die dinge van God nie.58 Vernederd, was hy, te midde van die tyd wat hy gelewe het. Soos ek Simson daar sien staan, dis ’n simbool, ’n simbool van ’n vervalle, moreel-korrupte nasie, en ’n moreel-vervalle, korrupte kerk. Want hy het beide Israel as ’n nasie, en die krag van God, wat in die kerk tuishoort,

Page 9: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 9

gesimboliseer. Dit was beslis ’n patetiese gesig, soos ons hom daar sien staan. Per slot van sake, sy bring daarheen, en hierdie seun wat hom lei, en geen oë nie.59 As die vyand maar net jou oë kan verblind vir die ware ding van God, sal jy reg daar bo-oor loop en dit nie weet nie. Maak nie saak wat God doen, en dit deur Sy Skrif bevestig, en dit deur Sy krag bewys nie; as jou oë nie geopen is vir die dinge van God nie, sal jy reg daar bo-oor loop so blind soos jy kan wees.60 En daar staan hy. So dit moes ’n asem-ophou tyd gewees het, soos hierdie dronk soldate en vroue, met hulle drankglase in hulle hand. Ek kan dit hoor weerklink regoor die sale: “So dit is Simson, die magtige man van God, die magtige man van heldemoed, die groot vegter,” wat in daardie toestand staan. Ek sou my dit voorstel, deur daardie vegters soos hulle gestaan het met hulle arms om hulle moderne Hollywood-lieflinge, en hulle mooi tinsel-juwele wat klingel, die lidmate van hierdie groot kerk van Dagon. Ek stel my voor sommige van hulle kon onthou, dat deur die naam van Simson, sy blote naam het hulle geskud. Sy blote naam het—het vrees oor hulle gebring, want hy was gesalf deur God. Baie van hulle het dit onthou.61 Baie van daardie soldate wat daar staan, kon onthou hom te gesien staan het met die kakebeen van ’n muil in sy hand, ’n duisend dooie Filistyne wat daar lê. Hoe kon dit gebeur het? Wanneer die kakebeen van ’n muil een van daardie helms getref het, bykans ’n duim-en-’n-half dik, van soliede koper; wel, slaan jy daardie helms met ’n kakebeen van ’n muil, sou daardie muilkakebeen in duisende stukke spat. Maar Simson, met die krag van God op hom, het ’n duisend Filistyne platgeslaan, hulle skilde afgebreek en hulle gelê by die…sy voete. Ek sou my voorstel baie van daardie vegters het gedurende daardie tyd gevlug, het daar gestaan en onthou. “En is dit Simson?”62 Hulle het onthou die kakebeen in sy hand te gesien het, en het gesê: “Wie wil nog hiervan hê?” Hy was ’n man wat kon praat. Hy was ’n man wat deur God gesalf was. God het belowe om hom te seën. Hy was in die krag van Jehova.63 O, sonder twyfel is daar baie hier wat kan terugdink toe die kerk in daardie soort krag gestaan het, maar nou heel opgebreek. Allerhande soorte denominasies, een beveg die ander. Die ou heelnag-bidure word nie meer van gehoor nie. Straatdienste is absoluut weg. Hulle het uitgesterf. Tog, ons het ons struktuur, ons het die raamwerk, maar waar is die God van wonderwerke? Eintlik, baie ontken Dit, ontken selfs Goddelike genesing, baie.64 Reg hier in hierdie staat, het ek ’n—’n kerkman gehad, met ’n groot kerk, het gesê. Ek wou ’n klompie stoele gehad het,

Page 10: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

10 DIE GESPROKE WOORD

om hier in Hot Springs te sit, by die Magasyn toe ek hier was, ek en Broer Moore. En ’n Pinksterman het gesê: “Ek sal nie eens laat…” Hy wou my nie die stoele laat kry nie. Hy het gesê: “Ek sal nie iemand laat sit op my stoele, wat in Goddelike genesing glo nie.” Dis nie net hier nie; dis oral. Wat is die probleem? Vooroordeel, vanweë borgskappe en ander organisasies, vergeet dat ons deur Geboorte God se mense is. Simson het dit, ook, vergeet. Ek kan onthou…65 Ek skat, terwyl hy daar gestaan het, het daar sommige van hulle daardie nag by Gasa onthou, hoedat die man die poorte van Gasa kon optel, hulle op sy skouers sit, toe hulle hom probeer inperk het.66 Jy kan nie die salwing van God inperk nie. Geen organisasie kan dit hou nie. God red diegene wat Hy geroep het. “Almal wat die Vader My gegee het, sal kom.”67 Wel, hulle het gedink hulle het hom ingeperk. En hy het die poorte opgetel en hulle op sy skouers gesit, en weggestap, en na die top van die heuwel gegaan en gaan sit. Groot koper poorte wat tot tonne sou weeg, en ’n—’n klein mannetjie trek hulle uit die rotse uit, vou hulle op en lê hulle op sy skouer, en stap die heuwel op met hulle; wanneer enigiets in die weg van God gestaan het.68 Baie van hulle in daardie dronkspul kon dit van Simson onthou. Maar wat was die probleem vandag, dat hy nie het nie? Daar het Simson gestaan, maar die Gees van die Here het nie meer oor hom gekom nie. Hy was nie gesalf nie. Hy was gestroop van sy krag, deur ’n vrou wat hom weggelok het van die Gebooie van die Here.69 Ek wonder vandag, of dit nie ietwat soos ons kerke is nie. Sien? Vrou, in die Bybel, verteenwoordig “kerk.” Ek wonder of ons nie geluister het na die verlokking van ander denominasies, ons predikers probeer opvoed het tot ’n Baccalaureus Artium-graad, dat ons gemeente kon sê: “Ons pastoor het ’n B.A., D.D., of L.D.” nie. Wonder of ons nie heen is op ’n groot wilde koppigheid, om ’n kerk te probeer bou wat ’n bietjie beter is as die Metodiste of die Presbiteriane nie? Ons sou beter af wees in een of ander sending, met die Gees van God op ons, as wat ons in hierdie toestand sou wees. Wonder of ons nie geprosiliteer het en van die een na die ander getrek het, om te probeer om ons organisasies te laat groei nie? En ons het, het groot strukture, maar waar is die Gees van die Here?70 Daar het hy gestaan, gestroop deur ’n vrou. Wat moes nie deur daardie man se gedagtes gegaan het soos hy daar gestaan het nie? Hy het tyd gehad om dit te oordink.71 Ek hoop die kerk kry soveel tyd. Wat is meer vir julle, ’n miljoen meer of ’n dieper seëning van God in julle siel? Ons het ondersoek…

Page 11: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 11

72 En sou baie meer dinge kon hê wat ek hier neergeskryf het, oor hierdie here en wat Simson gedoen het, wat hulle gedink het.73 Nou laat ons afgaan na Simson. En wat dink julle het deur sy gedagtes gegaan, van die baie oorwinnings wat hy gehad het, die baie groot dinge wat hy gedoen het toe die Gees van die Here op hom was? Maar hy was bewus daarvan dat hy elke spier gehad het, maar die Gees van die Here het ontbreek.74 Laat ek julle iets sê, kerk. Moenie by die mees byderwetse kerk probeer aansluit, die welsprekende klomp nie. Bly julle by Christus, waar die Gees van die Here is.75 Toe moes hy gedink het aan die groot oorwinnings wat God hom gegee het, en aan die tye dat toe sy oë oop was, dat hy die beloftes van God kon sien. Maar nou, vandat hy in hierdie ding vasgevang is, is sy oë uitgesteek.76 Soveel mense, vandag, raak vasgevang in verstandsillusies, dink nooit daaraan om die Skrif te ondersoek, om te sien of dit reg is of nie. Ander probeer sê: “Dit maak geen verskil nie.”77 Paulus, in Handelinge 19, het gedink dit maak ’n verskil. En hy het gesê: “As ’n Engel uit die Hemel enige ander ding verkondig, laat Hom vervloek wees.” Sien? Sien? Dit maak ’n verskil.78 Nou ons sien Simson daar staan, hoe hy dink aan die dinge wat hy eens gedoen het met die Koninkryk van God. En van hoe God…Hy het God gefaal, en hy het God se mense gefaal. Ja, meneer. Nou is hy ’n gevangene van die einste nasie wat God hom opgerig het om te vernietig.79 Ek wil hier ’n oomblik verwyl. Pinkster, julle weet ek het julle lief. Toe ek na julle kom, Jack Moore, Richard T. Reed, Broer G.H. Brown, Broer Ben Pemberton, en ander groot manne, om die dinge wat julle het uit te vind, het dit geblyk dat ons soveel in gemeen het dat ons was soos ’n handskoen wat aan ’n hand pas; ek pas reg by julle. Vir die Boodskap, nie geweet daar is so ’n kerk nie, waarin ek geglo het, was hier alreeds ’n groep mense gereed om Dit te ontvang. Ek is steeds Broer Branham. Ek is steeds julle broer, en ek het julle lief.80 Maar besef julle, die einste ding waarvoor God julle opgerig het, julle het daarvoor oorgegee. God het julle uit daardie organisasies gebring, jare gelede, om ’n volk uit julle te maak, en julle het omgedraai en die ding georganiseer net van wat God julle uitgebring het om uit te daag.81 Ek daag enige persone uit om my enige plek in die geskiedenis te wys, sedert die kerk die eerste keer georganiseer het, wat die Rooms Katolieke kerk was, by die Laodicea, of Nicaéa, liewer, Rome, toe die Katolieke kerk georganiseer is en ’n organisasie gemaak is. En het enige kerk van Martin Luther, hierdie kant…

Page 12: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

12 DIE GESPROKE WOORD

82 Toe God vir Martin Luther die openbaring van regverdigmaking gegee het; en, sodra Luther weg was, het hulle ’n organisasie daaruit gemaak, en dit het geval. Daar het aangekom Wesley, na hom, en Asbury, ensovoorts, is weg; hulle het ’n organisasie daaruit gemaak, en dit het geval. Toe kom Alexander Campbell, en dit het geval, met die organisasie. Toe kom John Smith, vir die Baptiste, en dit het geval. En elke keer dat die mens iets probeer organiseer het, van ’n mensgemaakte stelsel, het dit geval en nooit weer opgestaan nie. Daar is geen geskiedenis, nêrens, waar enige kerk wat ooit georganiseer het, behalwe wat wel geval het nie, en elkeen wat geval het, het nooit weer opgestaan nie.83 Die kinders van Israel, as tipe, moes die Vuurkolom volg. En elke aand moet hulle gereed wees, nie om te organiseer en hier te gaan sit nie, maar om saam met die Vuur te beweeg.84 Dis wat God wil hê Sy mense moet doen, beweeg saam met die Gees, beweeg saam met die tyd!85 Julle sê: “Wel, Broer Branham, ons het allerhande soorte reëns gehad, en binneste reën en buitenste reën.” Julle is intelligent. Ek gee nie om watter soort openbaring dit is, en hoe goed dit lyk nie, as dit nie volgens God se Woord is nie, los dit uit. Hierdie is die bloudruk deur die wildernis, die Woord van die Here.86 Maar hier staan die kerk vandag, die Pinksterkerk, in omtrent twintig of dertig organisasies, elkeen noem die ander dit, dat en die ander: “aasvoël sitplek,” ensovoorts. Watter skande, wanneer die einste ding waarvoor God julle uit daardie organisasies getrek het, het julle omgedraai en een en dieselfde ding gedoen wat hulle gedoen het. Dis presies wat Simson gedoen het. God het Simson opgerig om die nasie te vernietig. En God het julle opgerig as ’n volk, nie ’n organisasie nie.87 Maar toe God Israel laat begin het uit die…uit Egipte, was hulle omtrent tien dae se reis van die beloofde land af, omtrent veertig myl. Maar hulle het in die woestyn gebly vir veertig jaar. Waarom? Genade het hulle ’n lam verskaf vir hulle sondes, ’n besnydenis as ’n teken, ’n Vuurkolom as ’n getuienis, Moses as ’n profeet. Genade het alles voorsien wat hulle nodig gehad het, maar hulle wou iets hê om self te doen.88 Min het hulle geweet, toe Miriam met die tamboryn gedans het, en die kinders van Israel dans saam met haar, en Moses sing in die Gees, hulle was net tien dae van die volle beloofde land af. Min het hulle geweet, veertig jaar, en hulle karkasse sou verrot in die wildernis. Wat het dit gedoen? Israel het sy mees roekelose besluit geneem wat hy ooit geneem het, toe hy besluit het om wet te aanvaar in plaas van genade, toe hulle ’n paar biskoppe en iets van hulle eie wou gemaak het, iets wat hulle daaraan wou doen. God was in hulle midde, het hulle gelei.

Page 13: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 13

89 En dis presies wat die Pinkster gedoen het. Toe God iets nuuts in die Skrif geopenbaar het, in plaas daarvan het hulle dit nuwe kwessies genoem of wat jy ook al daaraan wou doen. Maar toe God iets geopenbaar het, in plaas van Waarheid te aanvaar en Dit met die Bybel te toets, het hulle onttrek en ’n organisasie gemaak, hulleself afgeskei. En toe kom dit, dat en die ander daar aan, en nou staan julle verdorwe, die Pinksterkerk, gebonde in die kettings van organisasie. Die ding wat God julle opgerig het om te vernietig, en nou is julle net so georganiseerd soos hulle. Godvrugtige manne in elkeen van hulle, en vroue; dis waar, elkeen van hulle.90 En ons is, elkeen, skuldig. Die pot kan die ketel nie verwyt nie. Ons is almal skuldig, elkeen van ons, julle eenheid, tweeheid, drieheid, en—en wat julle ook al mag wees. Watter skande! Watter smaad wat julle nie op Jesus Christus gebring het nie! Watter smaad op die naam pinkster! Hulle het soveel smaad gebring totdat dit ’n skandnaam geword het, byna. Die mense wil hulle kwalik met so ’n naam assosieer. Dis omdat julle gedoen het wat julle veronderstel was om nie te doen nie. En wat voortgaan en die gebooie van die Here volg, behoort een groot eenheid van God te wees, wat voortmarsjeer na oorwinning, vandag.91 Hy het ’n vrou hom laat weglok van die Woord van God, nou staan hy en toertjies uithaal vir die duiwel. Dis reg. Net presies.92 Selfde ding vind vandag plaas, laat Isébel: “die moeder van hoere.” Openbaring 17 sê dat sy “die moeder van hoere” was. Nou, as sy ’n hoer is, dis ’n—dis ’n vrou wat ontrou aan haar man lewe. Sy maak daarop aanspraak Christus is haar Eggenoot, en lewe nie volgens Sy Gebod nie.93 En wat doen die ander kerke? Wat is ’n hoer? Is dieselfde ding as die ander. Wat is dit? Prostitusie van God se Woord. En sy was “die moeder van hoere.” En laat daardie Isébel-doktriene, ensovoorts, omdat ’n klomp intellektuele manne, wat wil saamkom en iets organiseer sodat hulle self groot name kan hê. En daar staan die kerk, verdeelde broederskap. O, watter, watter skande vanaand!94 Watter vreeslike ding is dit nie, geestelik blind. “O,” sê julle: “wel, ek’s nie geestelik blind nie.” Dade spreek harder as woorde; bewys julle is blind deur die manier waaroor julle oor dinge struikel. Sien?95 Nou, onthou, hierdie band word gemaak en sal die wêreld oor gestuur word. Sien, en ek praat nie eintlik net hier nie, maar dit gaan na omtrent sewentien verskillende nasies, daar in oerwoude in en oral.96 Geestelik blind! Blind waarvoor? Die Woord van God, die waarheid van God. Jou organisasie sal jou nie laat…

Page 14: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

14 DIE GESPROKE WOORD

97 Goeie predikers wat na my kom, en sê: “Ek glo dit is die Waarheid, Broer Branham, maar as ek Dit verkondig…” Nou, daar het jy dit. “As ek Dit sou glo, wel, die mense sou…”98 Ek gee nie om wat die mense sê nie, ek gee nie om wat die organisasie sê nie; dis wat God gesê het die Waarheid is. En as dit die Waarheid van God is, sal God dit ondersteun. Hoe kan jy verwag om geloof te hê wanneer jy begeertes het om een van die ander te vereer? Sien, dit neem geloof van jou af weg.99 Het na die denominasies teruggegaan, Pinkster is gebore buite denominasie. Pinkster is nie gebore in ’n denominasie nie; dit is gebore buite ’n denominasie. En die listigheid van Satan het julle reg terug daarin getrek, waaruit julle gekom het: “Soos ’n vark na sy rolplek gegaan het, en die hond na sy rolplek gaan.” Nou kyk na hulle, verslane!100 Ons behoort alreeds daar in die beloofde land te wees. Jesus Christus behoort so uitstaande onder ons te wees, totdat daar nie enige siekte sou wees nie. O, dit sou heerlik wees.101 Daar behoort nie kortgeknipte-hare vroue te wees, kort-gedrade rokkie nie. En—en dit behoort nie manne wat drie of vier maal getroud is, diakens in ons kerk te wees nie. En moenie vir my sê dis nie in Pinkster nie; dit is beslis. Maar dis oor sosiale prestige. Dit behoort nie te wees nie, maar dit is. Waarom? Vanweë denominasionele trekkragte, politieke, geld, in plaas van met die Woord te handel. Vee een of ander kosbare broer uit, en plaas iemand daar omdat hy ’n groot sosiale aansien in die dorp het.102 Ek wil ’n man hê wat sosiale aansien het in die Heerlikheid. As hy nie sy ABC’s ken nie, watter verskil maak dit? Weet julle waarvoor ABC staan? “Always believe Christ.” [Afr: “Glo Christus altyd.”—Vert.] Dis reg. Leer julle dit.103 Een of ander man het na my gekom, nie lank gelede nie, en gesê: “Broer Branham,” ’n baie…een van die bekendste Pinksterpredikers in die land. Hy het my bo in sy kamer ingeneem, hy het gesê: “Ek wil vir jou bid.” Ek het gesê: “Ek’s nie siek nie.” Hy het gesê: “Ek—ek het jou lief.” Ek het gesê: “Die gevoel is wederkerig.”104 Hy het gesê, my vertel, gesê: “Waarom hou jy nie op vir daardie vroue sê oor hulle kortgeknipte hare en al hierdie soort goed, en oor die kerk nie?” Gesê: “Dis nie jou besigheid nie.” Ek het gesê: “Wie s’n is dit dan?”105 Hy het gesê: “Dit sal gebeur dat jy niks behalwe ’n klomp pilare het om voor te preek nie.”106 Ek het gesê: “Ek sal liewer dit wou doen en die Waarheid preek, as om vir die Duiwel toe te gee.” Sien? Sien?

Page 15: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 15

107 Hy het gesê—het gesê—gesê—gesê: “Broer Branham, het God jou nie geroep om vir die siekes te bid nie?” En ek het gesê: “Ja, meneer.” Hy het gesê: “Die mense glo jy is ’n profeet.” En ek het gesê: “Wel, dit—dit, ek het dit nooit gesê nie.”108 Hy het gesê: “Maar hulle glo jou so.” En het gesê: “As jy ’n profeet is, waarom spandeer jy nie jou tyd om mense te leer hoe geestelike gawes, en hoe om siekes te genees, en—en hoe om hierdie te doen, hierdie geestelike gawes te kry nie, en help die kerk in plaas van gedurig te staan, die vroue uit te trap, en die mans uit te trap en sulke dinge?” Het gesê: “Wel, waarom los jy hulle nie uit nie?” Gesê: “Waarom leer jy hulle nie iets groter as kortgeknipte hare en goed, en los dit uit nie?”109 Ek het gesê: “Hoe kan ek hulle algebra leer as hulle nie eens hulle ABC’s ken nie? Dis reg. Laat hulle eers hulle ABC’s leer.”110 ’n Ou prediker het gegaan en regverdigmaking verkondig by ’n herlewing, tweede, derde aand, vierde aand, vyfde aand. Die diakens het hom uitgeroep, en gesê: “Eerwaarde, ken jy niks meer as net die preek oor regverdigmaking nie?”111 “O, sekerlik. Maar laat hulle almal eers geregverdig raak, en dan sal ons iets anders preek.” Dis reg.112 O, as julle maar net by die fondament kon terugkom! Daar het Simson gestaan, verslane.113 Nou kyk, ons is dalk mooier, dit mag so wees. Maar dis net soos toe ek met die pad langs gekom het nou die dag, het ek ’n groot kennisgewing gesien, gesê: “Funk’s, ’n bastermielie,” hoe groot was dit nie. Maar dis van geen nut nie. Dis van net so min nut as dit kan wees, en dit maak die nasie dood. Jy lees daaroor, Reader’s Digest: “As vroue aanhou basterbeesvleis eet en mielies, en dinge, kan hulle nie ’n baba kry binne twintig jaar van nou af nie.” Dit is van geen nut nie.114 Wat is ’n baster; kweekhuis-plant? As dit nie oorspronklike plant is nie, moet jy dit die heeltyd bly bespuit, om die insekte daarvan af te hou. Die insekte sal dit opvreet. Maar as dit oorspronklike plant is, hoef jy dit nie te bespuit nie. ’n Goeie gesonde plant, ’n insek sal nie daarop kruip nie.115 Dis wat die probleem is, jy moet mense aanhou oppiep in die kerk: “Glorie aan God, suster,” sien. Jy’s ’n baster, jy word op ’n ander manier ingebring.116 Vat jy daardie bastermielie en plant dit weer, en wat het jy? Niks. Dit sal nie eens iets maak nie.117 Die kerk is mooi vandag, dis waar, groter geboue as wat jy ooit gehad het, die grootste gemeentes vir wie jy ooit gepreek het, die beter verstandelik-bedeelde predikers as

Page 16: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

16 DIE GESPROKE WOORD

wat jy altyd gehad het. Jy het altyd manne gehad êrens uit mielielande uit, wat God daar op die lap besembos geroep het. Maar nou het julle julle kinders skool toe gestuur, en kleinkinders uit hulle gemaak, en het teruggekom met al die Ph.D.’s en LL.D. En selfs een van die groot Pinksterkerke vandag, voor hulle ’n man na die sendingvelde stuur, moet hy voor ’n psigiater staan, om te sien of hy verstandelik-bedeeld genoeg is. Dink daaraan!118 Met Pinkster, was die vereiste nie ’n verstandelike toets nie, dit was ’n toets van die Heilige Gees wat neergedaal het op die Pinksterdag. Dis buite die kwessie vir die mense vandag.119 Het julle geweet die Rooms Katolieke kerk was eers die oorspronklike Pinksterkerk? Dit het hom tweeduisend jaar geneem om te raak in die toestand wat dit vandag het. As hierdie Pinksterorganisasie nog vyftig jaar aanhou, sal dit erger as die Katolieke kerk wees. Dis reg. Sonde hoop op aan elke kant! Nou julle dink dalk nie ek…Julle mag dink ek’s mal, maar ek weet waarby ek is. Sien? En dis waar. Wag julle maar en julle sal uitvind. Ja.120 Die baster, bastermielie, veroorsaak dat vroue vernou in hulle heupe en wyer word in die skouers, ensovoorts.121 Evolusie het ons altyd vertel dat, in evolusie, dat sekere diere bymekaar gekom het en iets anders geteel het, en iets anders, dit kom voort daar tot ’n mens. Hulle het bly rondsoek totdat hulle hulle eie teorie verkeerd bewys het.122 Laat ek julle iets vertel, julle boere hier. Wat maak ’n muil? Hy is die aakligste dier in die wêreld. Hy is ’n baster. Hy het geen verstand, om mee te begin nie. Kan hom niks leer nie. Hy sal sy lewe lank wag, jou geskop kry voor hy doodgaan. Jy kan hom niks vertel nie. Wat is dit? Want hy is ’n baster.123 Herinner my net aan sommige baster Christene, sogenaamd. Jy kan ’n ou muil iets probeer sê, hy sal met sy ore regop staan: “Hô! Hô! Hô!” maak. Sien? Al wat hy ken is skree en tekere gaan. Jy kan hom nie waarheid vertel en hom niks leer nie. Dis hoe hierdie mense. Vertel hulle van Christus, dieselfde gister, vandag, en vir altyd: “Hô! Hô! Die dae van wonderwerke is verby,” ’n geskree van een of ander kweekskool wat ons geleer het. Dis ’n baster.124 Die Heilige Gees sal elke gebod van God met ’n “amen” beklemtoon. Dis ’n kweekskool-iets gees wat uit hom adem. Nie skree teen die Woord van God, as dit die Heilige Gees is nie. Dit sal dit beklemtoon “amen.” Sien?125 Weet julle, ek dink ’n muil is onkunde. Maar weet julle wat? Hy kan nie sê wie sy pappa was of sy mamma was nie. Sien, sy vader was ’n klein donkie, sy moeder was ’n merrie, maar hy kan nie terugteel nie. Hy’s klaar.

Page 17: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 17

126 ’n Plant kan homself nie terugteel nie. Vat ’n wit viooltjie en ’n blou viooltjie, bring jou pienk viooltjie uit; plant dit twee of drie keer, sal dit óf wit óf pienk uitkom, sien.127 Dit bewys, sien, hulle het nooit so gekom nie. God het gesê: “Laat elke ding voortbring van sy eie saad,” en dis hoe dit bly. Die mens is gemaak na die beeld van God, nie ’n aap nie. Sien? Daardie gekheid! Let op, julle weet, die onkunde van die muil. Maar weet julle wat? Jy kan hom niks vertel nie. Hy is hardkoppig.128 Maar ek dink ’n ware opreggeteelde perd, o, goeiste, hy weet wie sy mamma was, wie sy pappa was. Hy het ’n stamboek. Hy ken al sy grootouers en alles, want hy het ’n stamboek.129 Dis hoe dit is vir hierdie baster, sogenaamde Christene. “Dae van wonderwerke is verby. Wel, ons Presbiteriane, ons Metodiste, ons so-en-so, glo Dit nie. Ons Drie-eenheidsmense, ons so-en-so, nie ons nie. Ons doen dit nie.” Sien, julle weet nie waar julle wel staan nie.130 Maar ’n egte wedergebore stamboek Christen van die Boek van Handelinge, weet presies waar hy staan. Hy is gebore uit die Gees, en hier is sy stamboek. Hy kom van die tak van God. Dit sal dieselfde ding elke keer voortbring.131 Geen wonder, die kerk is mooier nie. Maar wat is die probleem? Dit het sonder Gees geraak. Dit het homself uitgeteel, met die wêreld. Laat die vroue kortbroek dra. Speel die klavier, laat hulle grimering dra. Laat die mans vier of vyf keer getroud raak, en hulle plek, posisie, behou. Al hierdie vorms van dinge waardeur hulle gaan, presies net wat die Skrif gesê het. Sy is net so verslane as wat Simson was. Net presies. Ja, meneer.132 O, soos Simson gedink het! Ek kan…Ek wil julle nie te lank hou nie; ek sal party van die tekste hier oorslaan. Soos Simson daar moes gestaan het en aan sy fout gedink het, en waar hy kon gewees het!133 Onthou Israel. Kan ek, sal julle my ’n oomblik verskoon, om terug te gaan na Israel? Weet julle wat, wat hulle wel gedoen het daardie veertig jaar toe hulle hulle organisasie daarbuite gemaak het? In plaas van voort deur te gaan, gelei deur die Vuurkolom, die Engel van die Here, wat Christus was, in plaas van voort deur te gaan en Hom te volg. Binne omtrent tien dae, sou hulle in die volle belofte gewees het. Maar weet julle wat: “Hulle het gedwaal in die wildernis,” het die Bybel gesê.134 Hulle het by Kades-Barnéa gekom, wat die oordeelstroon was, en daar toe die spioene teruggekom en oor die land gepraat het. Hulle het gesê: “Ons kan dit nie doen nie.”135 Kaleb en Josua het gesê: “Ons is meer as in staat om dit te doen,” want hulle het gekyk na God se belofte, nie wat die omstandigheid was nie.

Page 18: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

18 DIE GESPROKE WOORD

136 “Ons kan nie ’n kerk hê sonder om ’n organisasie te hê nie.” Wel, julle sien nie wat God gesê het nie. Dis reg.137 Wat het hulle gedoen? Het God hulle geseën? Sekerlik. Sekerlik. Hulle het rondgedwaal. Hulle het vroue getrou. Hulle het wingerde geplant. En hulle het babas gehad, en hulle het vermeerder. En hulle het goed gedoen in die wildernis. Dis reg. Maar hulle was steeds nie in volle seëning nie.138 So toe hulle almal wat hierdie groot groep organisasie gemaak het: “ou stryders” is dit genoem, goed, God het hulle daar laat bly totdat elkeen van hulle gesterf het. En toe het Hy begin met die nuwe geslag, onder die leierskap van Josua, wat die Woord geglo het, amen, en hy het hulle na die beloofde land geneem.139 O God, mag hierdie jong geslag van Pinksters die—die visioen kry. Sien, hulle het voortgegaan na die beloofde land. Ons behoort te wees waar ons al die soorte gawe van God het.140 Ons het in tale gepraat. Dis reg. Dis goed. Niks daarteen nie. Moses het die Skelfsee oorgesteek; die vyand is agter hom doodgemaak. Ons—ons—ons waardeer dit. Maar dit is steeds nog nie alles daarvan nie.141 Hoe min het julle vaders en moeders gedink toe hulle daar gestaan het en pistole geskiet het deur die vensters na hulle, en hulle in die Gees gedans het, dat hulle kinders ooit tot hierdie sou kom? Maar dit het.142 Maar daar kom nou ’n nuwe geslag voort. Simson se hare het uitgegroei. Sien?143 Kyk! Moet nooit dat Delila julle ooit terugweef in so-iets nie. Uh-huh. Bly weg daarvan af. Dis die ding wat julle vervloek het. Julle is opgerig om dit te veroordeel. En ek het my bes probeer om dit te doen, al het ek alleen gestaan. Maar ek het my bes probeer om te staan by die Gebooie van God. Ek sien die kerk daar staan, gestroop van die krag van God, gestroop van die seëninge, gestroop van die gawes.144 En God sal Sy gawe neergiet. Hulle sê hulle sê: “Dis gedagtelesery, verstandstelepatie,” wanneer hulle Dit behoort te omhels. Sien? “Wel, hy is nou daar by die Eenheid. Nee, dis, dit mag wees, want, o, hulle was dit, dat, of die ander.” Sien? O, as julle net julle dag geken het! Moenie dat Dit julle verbygaan nie. Dis die uur, in Christus te verenig. Let op.145 Simson staan daar, dink aan sy fout, die dinge wat hy gedoen het. Nou besef julle wat veroorsaak het dat hy so is? Die vyand het sy oë uitgesteek.146 En dis die eerste ding wat ’n organisasie sal doen, sal jou oë uitsteek vir enige ander gemeenskap behalwe diegene van jou eie. Amen. Ek sou ’n hele klomp dinge net daar kon sê, maar ek—ek sal dit nie doen nie. Maar jy, as jy geestelik ingestel is,

Page 19: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 19

weet jy waarvan ek praat. Dit sal jou oë uitsteek! Net jy en jou groep; as jy ’n Metodis is, is jy net Metodis; as jy ’n Baptis is, is jy net Baptis. As jy ’n Presbiteriaan is, is jy…As jy Eenheid is, as jy Tweeheid is, as jy Drieheid is, of hoeveel hulle nog het, sien, is jy net dit. “Die res van hulle is glad nie goed nie.”147 Die Baptis het ’n slagspreuk gehad in die dae van Billy Graham sê vroeë dae, veertig-… “In ’44, nog ’n miljoen.” [Eng: “In ’44, a million more.”—Vert.] Wat het jy gekry? ’n Klomp sigaretrokende, by-die-kerk-aansluitende huigelaars.148 Toe Billy, self, toe ek by sy ontbyt was, het hy gesê: “Weet julle wat is die probleem?” Gesê: “Hier is ’n voorbeeld.” Hy het gesê: “Ek sal ingaan…” Gesê: “Paulus het in ’n stad ingegaan, hy het een bekeerling gehad. En hy het teruggegaan, ’n jaar van toe af,” en het gesê: “daardie een bekeerling het nog dertig opgelewer.” Hy het gesê: “Ek sal in ’n stad ingaan vir ses weke, en dertigduisend besluite hê, en ek kan oor ses maande terugkom en kan nie dertig vind nie.” [Leë kol op band—Red.]149 Wel, nou, ek het die man bewonder vir sy moed, maar ek sou hom graag een vraag wou vra. “Wie het Paulus se bekeerlinge gevat? Watter lui pastoor by hom rond?” Wat was dit? Paulus het by hom gebly totdat hy deeglik ’n kind van God was, gebore uit die Gees. Hy het hom so ver in Christus gevat, dat hy nie eens kon omkyk nie.150 Hulle stap net nader en sluit miskien aan by die kerk, of praat selfs in tale. Ek glo in spreek in tale. Ek glo die Heilige Gees praat in tale. Maar ek weet dat almal wat in tale praat nie die Heilige Gees het nie. Sien? Ek het toordokters in tale sien praat, en bloed drink uit ’n menslike kopbeen, en die duiwel aanroep, in tale praat en dit interpreteer. Dit is geen klinkklare bewys nie. Nee, nee. Die Lewe van Christus in jou, die vrugte wat self getuig, dis dit. Maar ons berus daarby: “As ’n man in tale gepraat het, dis al, laat hom inkom.” Kyk wat julle vandag het. Sien? Dis waar, die praat in tale, maar nie die hele Waarheid nie.151 Soos die gekleurde man wat ’n skyf waatlemoen geëet het. Hy het gesê: “Hoe het jy daarvan gehou, Mose?” Hy het gesê: “Dit was lekker, baas, maar daar is sekerlik nog daarvan.”152 As ek in tale kan praat, is daar sekerlik nog Daarvan. Sien? Maar wat doen ons? Net soos Israel, hou by daardie een ding, en het in die wildernis gedwaal nou vir veertig jaar, steeds sonder die res Daarvan daar in die beloofde land. Dis presies wat ons gedoen het.153 Simson staan daar, (ek moet opskud), moes teruggekyk het, aan al daardie dinge gedink het. En hier was hy, die einste rede waarvoor hy opgerig is, hy was verblind. En daar sy groot struktuur, sy groot organisasie van ’n menslike liggaam, ’n berg van vlees staan daar, sy yslike groot tamaai spiere, maar geen krag nie.

Page 20: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

20 DIE GESPROKE WOORD

154 Hier staan ons vandag. Destyds toe Pinkster net soveel getel het, miskien vier- of vyfhonderd mense dwarsoor die hele nasie, vandag is dit die snelgroeiendste kerk in die wêreld. Wat kry ons in? ’n Klomp lidmate. Met ons groot raamwerk, behoort ons tienduisend maal stewiger te wees as wat ons was toe ons begin het. En ons is tienduisend maal swakker as wat ons was toe ons begin het, want ons is dit aan die bou op ’n—’n bodemlose fondament, op organisasie, iets wat God vervloek het. En hoe kan ons ’n—’n kerk bou op die verskroeïngs van ’n Sodom en Gomorra?155 Ek hoop julle haat my nie, maar sit julle maar ’n oomblik stil en luister. Sien?156 Hy kan dit nie doen nie. Wat God vervloek het, het Hy vervloek. Hou my, dan, weg van enigiets wat God vervloek het. Ek wil hê wat Hy seën. Dis reg.157 Let op soos hy daar gestaan het, aan die dink. Die gevegshere, half dronk, staan daar: “Ek onthou daardie groot persoon. Ek onthou toe hy gestaan het met ’n kakebeen van ’n—van ’n muil, in sy hand. Ek onthou toe hy die poorte van Gasa opgevou het en na die top van die heuwel geloop het. Ek onthou al hierdie dinge. Toe daardie leeu vir hom gebrul het, daardie klein stukkie mens, en die Gees op hom gekom het, en hy net daardie leeu in twee geskeur het, met sy hande. En hier staan hy, gebonde, deur ’n klein kindjie wat hom rondlei. En ons god, die visgod, Dagon, het die oorwinning oor hom behaal.”158 Daar het jy dit. Die wêreld het in die kerk ingekruip, het die oorwinning behaal. Dit het ons vroue ontklee. Dit het ’n begeerte in die mense se hart gesit om tuis te bly en televisie te kyk in plaas van na die kerk en die biduur te gaan. Die liefde vir die wêreld het ingekruip en ons Pinksterkerk op ’n rit hel toe geneem.159 Die begeerte en die geloof? Laat loop ’n persoon deur ’n gebedsry en laat hom sien wat ook al plaasvind; die volgende aand, daar is hulle net weer terug. Abraham se Saad? Die geloof is nie daar nie. Dit behoort daar te wees, maar dit is nie. Wanneer jy…160 God het vir Abraham eenkeer gesê, en vyf-en-twintig jaar het hy daarna uitgesien. Maak nie saak hoe ver terug dit geraak het nie, ek kan hom vir Sara hoor sê: “Gaan soontoe, jy’s vyf-en-sestig jaar oud. Gaan koop ’n bietjie voël-ogie-materiaal, en kry ’n paar spelde en maak ’n paar sokkies. Ons gaan die baba kry.” “Hoe weet jy jy gaan dit kry?” “God het so gesê.” En dit het dit afgehandel.161 Eerstens, sien, sy was omtrent twintig jaar verby die menopouse. Hy het met haar saamgeleef sedert sy omtrent sestien jaar oud was, as ’n jongman. Het geen verskil gemaak

Page 21: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 21

nie; het nie daarna gekyk nie; het dit nie in ag geneem nie. Hy het in ag geneem wat God gesê het. Het homself afgeskei van alle ongeloof, daar in die wildernis ingegaan.162 Dis wat die probleem vandag is. Julle wil julleself saam met ’n organisasie van ongeloof maak, in plaas van julleself af te skei van die dinge van die wêreld; julle wil sien hoe na julle kan ry aan die einde van sonde. Kyk hoe ver terug jy daarvan kan wegbly.163 Maar hier was hulle. Die eerste dertig dae of agt-en-twintig dae het verbygegaan. Gemengde gehoor nou, en julle volwassenes weet waarvan ek praat. “Sara, skat, hoe voel jy?” “Glad geen verskil nie, Abraham.” “Glorie aan God, ons gaan dit nogtans hê.” “Hoe weet jy?” “God het so gesê.”164 Tien jaar het verbygegaan. “Laat die spelde daar bly lê, en al die voël-ogie.”165 ’n Paar van sy vriende kom aan: “Abraham, vader van nasies, hoeveel kinders het jy?”166 “Glorie aan God! Op hierdie tydstip, niks, maar ek gaan hulle hê.” “Hoe, jy? Wel, jy’s negentig jaar oud.”167 “Maak nie ’n bietjie verskil nie. Dit sal nou ’n groter wonderwerk wees as wat dit was as dit gebeur het destyds twintig jaar gelede.”168 Maar, vandag: “Ek is gisteraand voor gebid. Ek voel niks beter vandag nie.” Abraham se Saad?169 Wat is die probleem? Julle is gestroop. Julle vesels van kerk is steeds daar; julle organisasie is so groot soos die Metodiste s’n of die Baptiste s’n. Julle bou aan hierdie vesel die heeltyd, maar waar is daardie egte geloof? O, julle klap julle hande, julle roep uit en sing leidere, en dans. Goeiste, ek het dit sien gebeur in baie dokters se, toordokters se byeenkomste, hulle hulle hande sien klap, en in tale praat, interpreteer, en op-en-af spring. “Father Divine” het dieselfde ding. Dis nie waarvan ek praat nie.170 Ek praat van ’n egte geloof wat die belofte van God kan ontvou, en daar staan en dit lewend maak, ’n Skriftuurlike ding.171 Die Mohammedane, ek het hulle op die straat sien neerval en skree: “Allah, Allah, Allah,” totdat hulle so bewusteloos raak. En ek en Billy Paul het daar gestaan en gesien ’n man vat ’n swaard en stamp dit net onder sy hart, en ’n dokter gooi water deur hierdie kant en kom ander kant uit. Sien hom ’n—’n stuk, soos ’n lans vat, en steek dit deur sy lip en op deur sy neus, en sal nie eens ’n druppel bloei nie. Steek splinters onder sy vingernaels, skree: “Allah, Allah, Allah! Allah, Allah,

Page 22: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

22 DIE GESPROKE WOORD

Allah! Allah, Allah,” soos dit. ’n Mohammedaan, en verag die gedagtes van Jesus Christus. Hy het geen Heilige Gees gehad nie. Nee, nee, maar hy het emosie gehad. Dis reg. Ons is…172 Christenskap is nie eintlik ’n emosie nie. Heidensheid kan net soveel sielkunde as—as—as wat Christenskap kan; maar dis nie Waarheid nie. Ons wil Waarheid hê. Christus is Waarheid.173 Wat doen ons? Ons het onself ingerig sodat ons staan soos Simson, nou, waar hy daar gestaan en dink het wat hy kon gewees het. Ek dink, vandag, behoort die kerk te staan en saam met my te dink, ’n paar minute, wat ons kon gewees het as hierdie dinge dit nie gedoen het nie. Wat ons kon gewees het!174 Dan kom dit in sy gedagte op, iets het aangekom. Ek glo God het dit gedoen. O, as dit maar op hierdie kampeerterrein kon gebeur! “Daar is ’n moontlikheid.” Daar is ’n moontlikheid. God is vergewensgesind. Daar is ’n moontlikheid.175 Ons het nie lank om hier te bly nie. Ons tyd loop uit. Die konfederasie van kerke vat die land oor. Dit sal met Katolisisme verenig. Ons het die man net presies daarin.176 Wens ek het tyd gehad om daarop in te gaan, om julle te wys dat hierdie nasie presies net soos Israel is. Hulle het in ’n vreemde land ingekom, het die bewoners uitgedryf, en die land beërwe. Dis wat ons gedoen het. Israel, hulle het die eerste manne gehad, groot manne, sulke manne soos Josua, sulke manne soos Dawid, soos Salomo; maar uiteindelik het daar ’n man gekom op die—op die koningskap, ’n Agab, ’n afvallige. Ons het groot manne gehad, ’n Washington, ’n Lincoln; maar nou wat het hulle gedoen? Die einste ding waarvoor ons hier vir vryheid gekom het, julle het dit in die Withuis gesit, omdat julle meer dink van julle politiek as wat julle dink van Christus. Presies reg.177 En onthou, in daardie tyd, gee al die predikers in. Isébel was die leier. Luister, Agab self was ’n heel goeie kêrel, maar Isébel was die nek agter die kop. Sy was die een wat dit gedoen het. Sy was die afvallige. Ek het niks teen daardie man, as ’n president nie, maar dis daardie Isébel-sisteem wat daaragter is. Kan julle nie sien nie, hierdie pouse en dinge kom nou in, een staan op wat “nie vir Josef ken nie.” En voor julle julle kom kry, vra ons net nou die Protestantse kerk om daarmee te konsolideer, en elke organisasie sal reg in die federasie van kerke ingegaan, en daar is julle vasgevang.178 Ons lewe van belastinggeld af wat ons veertig jaar van vandag af betaal sal word. Die nasie is platsak. Waarby is dit? Wie het die geld? Het ons dit nie? Ons—ons staatseffekte is nie goed nie. Ons moet goud hê. Wie het dit? Die Katolieke kerk. Wat sal hulle maak? Voor hierdie wiskey-manne en al hierdie groot houers en aandeelhouers dit ooit sal opgee, sal hulle absoluut uitverkoop, en die kerk sal die nasie geld leen. En wat

Page 23: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 23

dit sal doen, dit sal sy geboortereg net direk in Katolisisme in verkoop. Wat gaan julle dan doen? Dis die goud van die wêreld, hulle en die Jode, en dis die verbond wat hy met Israel maak.179 Sien, julle Bybellesers kan dit in julle kerk leer. Sien julle, ek wys julle net ek glo dieselfde ding.180 Dis hoe dit sal moet gebeur, en ons het dit nou net daar. En hier is ons, organisasie, met die merk van die dier op ons, presies net soos die eerste dier; ’n beeld daarvan, ’n federasie van kerke, sluit aan by ’n mag. En hulle het ’n beeld gemaak van die dier, dat hy beide kon praat, en dit het dieselfde ding gedoen wat die eerste dier voor hom gedoen het. Reg in ons kloue! O, kinders!181 Hoe laat is dit? “Is daar ’n moontlikheid?” Simson het daar gestaan en gesê. Hoe laat? Net: “Is daar ’n moontlikheid?” Simson het begin dink: “Daardie groot God! Hy’s alomteenwoordig. Hy is ewigdurend God. Ek sien my fout. Ek gaan my bekeer.” En hy het uitgeroep.182 Daar is ’n moontlikheid dat ons dieselfde ding sou kon doen. Hulle van daardie dag…Hierdie dag sien nie die visioen, soos Simson, nie. As ons maar die visioen van ’n moontlikheid kon sien! Begin net hier, net nou. ’n Moontlikheid, sien.183 Hulle sit rustig, en klap hulle hande, en wonder wat gaan die uitkoms wees. Julle gaan uitvind eendag, julle gaan by die klein kantjie van die horing uitkom, sien, daardie tyd. Het groot samekomste, en geskitter, wêreldse dinge: “O, ons dink, wel, weet julle wat? Ons het meer lidmate as wat ons ooit gehad het. Ons kan biljoene dollar van geboue bou, het meer geld as wat ons ooit gehad het, beter kerke miskien as wat sommige van die Protestante of sommige van die ander het. O, mens! Geleerdheid; wel, ons neem ons kinders skool toe, en bou nuwe kweekskole vir hulle om na te gaan.”184 Laat ek julle net nou sê. ’n Man met ’n geleerdheid, sonder die Heilige Gees, neem homself, met elke graad wat hy kry, verder weg van God af. Dis reg. Jy sê: “Ek het ’n Baccalaureus Artium.” Dan is jy net ’n klein bietjie verder weg as wat jy was. Split ’n eier in ’n atoom, en struikel oor ’n grashalm waarvan hulle niks weet nie. Julle het die ou gesegde gehoor: “Dwase sal met spykerskoene loop, waar Engele vrees om te trap.” Dis reg, geleerdheid, maar dit bring nie die Gees nie. Dit bring nie die werke en Lewe van Jesus Christus nie.185 Die probleem is, die kerk vandag is nie soos Simson nie. Hulle is nie bereid om die prys te betaal nie. Simson het reg gebid, toe hy gebid het: “Here, laat my saam met die vyand sterwe.” Hy het geweet dit gaan hom iets kos. Hy het geweet dit gaan iets kos. Dit gaan julle iets kos, dit gaan my iets kos; jou sosiale prestige, jou plek en posisie in die denominasie. “Here, laat my dan sterwe. Ek sien U doelwit.” Hy het geweet

Page 24: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

24 DIE GESPROKE WOORD

dit gaan hom iets kos. Jy moet gereed wees om uit te sterf, vir jou vyand, om in die seëninge van God in te kom. Simson was bereid om die prys te betaal, om die krag van God weer op hom te kry. Hy was bereid om dit te doen. Is jy?186 Is julle bereid om julle televisieprogramme op te offer? En, weet julle, dit was altyd verkeerd vir ons om na die bioskoop te gaan. Maar nou is die duiwel julle een voor, het dit reg in die huis ingebring saam met julle. Dis reg. Sien?187 Ek het altyd daar na ’n ou Metodiste prediker toe gegaan, het altyd ’n lied gesing:

Die heining is laer, die heining is laer.Ons gee toe aan sonde;Die heining laat sak, die skape is uit,Maar hoe kom die bokke toe in?

Julle het die heining laat sak, dis al.188 O, ek hoor iemand sê: “Nou wag ’n bietjie, Broer Branham, ons het herlewings!” Ja, wat is dit? ’n Denominasionele herlewing. Dis reg. Kyk na julle sedes en julle verskille. Is dit ’n herlewing? Is daar ’n opbreektyd? Is daar tyd dat almal kan saam assosieer en gemeenskap hou? As jou organisasie daarin is, “is dit in orde.” Raak verder weg van die Woord af die heeltyd, dis reg, maak nuwe biskoppe en alles. Sien?189 Simson het geweet dat sy huidige afgedwaalde toestand nie die krag van die uitdaging van die uur kon voortbring nie.190 Manne en vroue, my broers en susters, laat ek dit sê. Die kerk, in sy huidige denominasionele toestand, kan nie die krag voortbring om die tyd uit te daag nie, dit ’n tyd te noem nie. Manne en vroue wil God hê, eerlike harte. En jy kan die—die eenheid los en na die tweeheid gaan, jy kan die tweeheid los en na die drieheid gaan, en jy kan dit, dat of die ander alles doen, jy trek net ’n papier, of—of doen die sendingrondte, of tree op soos ek weet nie wat nie, ’n onvolwasse kind. Dis reg. Jy kry dit nie so nie. Ons afgedwaalde krag, dit weeg nie op teen die uitdaging van hierdie uur nie. Die denominasies wil nie die bevestiging van die Woord aanvaar nie.191 Wanneer, Jesus Christus, soos ek julle gisteraand probeer sê het, dit belowe het in die laaste dae. Hy het belowe om dit hier te hê. En julle weet dit, deur die Bybel. En vir vyftien jaar, heen-en-weer oor die nasie, en hulle raak die heeltyd erger. Dis reg. Sien, hulle wil dit nie hê nie.192 Hulle sê: “Wel, hy assosieer nou met eenheid,” of: “Hy assosieer met drie-eenheid. Hy doen dit, dat, of die ander.” Ons assosieer met Christus, daar in elke organisasie, probeer…193 Maar God kyk daarna, dat hulle Dit sien. En die ware gelowiges is soos die klein prostituut, gisteraand; sodra Dit om haar pad geflits het, en daardie saad van Lewe wat daar gelê het,

Page 25: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 25

het sy Dit geglo. Dit was al, dit het vlam gevat net nou. Toe daar duisende daar gestaan het, Daarmee gespot het, maar nie sy nie. Sy het geweet dat dit die Messias was. Sy het geweet dat dit die belofte was dat, wanneer Hy gekom het, Hy dit sou doen.194 Wonder, as ons maar net dieselfde ding geweet het! Het ons so toegedraai in ons eie organisasie geraak, ons word verbied om selfs net Daarna te kyk? Wonder of julle kyk na die—die tydskrifte en films, en ou vuil smerigheid van die wêreld, in plaas van julle Bybel te lees soos julle behoort? “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord wat uit die mond van God uitgaan.”195 Ons kinders, ons seuns, het ’n klomp klein Rickies en Rickettas geword, julle weet dis reg, ’n klomp opgewarmde versnelrenne en al sulke dinge. En waar kry jy ’n Pinksterseun? Met sy opgewarmde motorfiets, op straat. Waar kry jy suster? Daar by die drinkplek êrens, maak ’n ruk-en-rol? Waar kry jy pa en ma? Pa, uit aan die golf speel, of so uit êrens, en ma uit in een of ander naaldwerk partytjie van een of ander losie waaraan sy behoort, of iets. Wanneer, dit ’n huis saam byeengekom onder die leierskap van die Heilige Gees behoort te wees, met die Bybel weer terug. Daar is waarheen ons gedryf het. Kritiseer nie, maar skud julle net ’n bietjie, sien, dat julle sal verstaan.196 Heeltyd, en (o, ek moet afsluit) het die Filistyne nooit opgelet wat aan die gang was nie. Daar was iets aan die gang, omdat iets begin beweeg in Simson se hart: “Daar is ’n moontlikheid,” sien. Hy het na agter gevoel om te sien of dit nog daar was.197 Sommige vroue het nou ’n moeilike tyd, weet dit was veronderstel om dit te hê. Maar kyk of Sy belofte steeds daar is, kyk of Hy steeds gemaak…Voel net na agter en kyk of Hy nie dieselfde gister, vandag, en vir altyd is nie.198 Hy het dit gevoel. Hy het geweet daar was iets. Hy het sy kop opgetel. Hy het geen oë gehad nie. Hulle het nie opgelet die trane kom af uit daardie leë oogkaste nie, waar die kliere die trane laat afdrup het nie. Sy kop omhoog, sy lippe beweeg stadig, trane val uit daardie verblinde oogkaste. Hy het hom bekeer. Hy het geweet dat Jehova steeds gelewe het. Alhoewel hy verkeerd gedoen het, het hy geweet Hy was steeds God. Die trane wat van sy wange afdrup, waar hy daar gestaan het. Die Filistyne was te dronk om dit op te let.199 As jou kerklidmate, jou kollegas in die kerk dit nie oplet nie, bly jy maar aan die bid. Hy wou sien, nog een keer, God se Woord word gemanifesteer voor daardie blinde, dronk klomp heidene, ongelowiges. As dit net die honger van die kerk vandag is, om nog een keer te sien, die outydse, God-gestuurde herlewing, van die preekstoel tot reg by die deurwagter, ’n outydse skoonmaak, ’n outydse herlewing met die krag van God, ’n—’n Evangelie wat ’n man deeglik reinig, van die binnekant af

Page 26: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

26 DIE GESPROKE WOORD

uit; reguit soos ’n geweerloop, outydse, plattelandse, lugblou, vernietigende, sonde-vernietigende godsdiens wat al die Hollywood uit jou uitvat, hulle wat geïnteresseerd is.200 Daar was hy, aan die bid. Nou nie ’n nuwe denominasie, ’n nuwe geloofsbelydenis nie; maar ’n bevestiging van die Woord. “Here, U was eenmaal op my, U het my eenmaal krag gegee. Het ek net daardie krag gehad! Ek het die spiere, maar hulle is swak.”201 Ons het die lidmate, maar hulle is swak. Hulle is liewer vir die dinge van die wêreld as vir die dinge…Julle sê ek’s heel…O? Kyk na die kerke en vind uit. Moet dit nie probeer ontken nie. Julle dade spreek meer as wat julle woorde doen, sien. O, ja, het meer lidmate, groter spiere, maar waar is die krag van die Here? Julle groot spiere sal nie die uitdaging van hierdie uur kan weerstaan, die wegrapingsgeloof om die Kerk uit te neem uit hierdie ding voor die oordeel die aarde tref nie.202 En oordeel maak klaar om te tref. Ek sal sê, soos my vriend Jack Moore gesê het; as God Amerika laat wegkom met die dinge wat dit nou doen, sal Hy moreel verplig wees om Sodom en Gomorra te laat opstaan en hulle om verskoning te vra, vir hulle uit te gebrand het. Reg! Oordeel kom volgende.203 God, neem al die wêreld uit my uit. Gee my geloof, O Here, vir ’n Wegraping. Want, daar sal twee in die bed wees, en een sal geneem, een agtergelaat word. Twee sal in die—in die motorsitplek wees, en een sal geneem en die ander agtergelaat word. Dit gaan in ’n oomblik gebeur. Julle sê: “Broer Branham, wanneer sal dit wees?”204 Julle kan dit dalk kritiseer. As dit in orde is om dit te sê? [Predikers sê: “Gaan voort en sê dit, broer.”—Red.] Laat ek hier ’n ietsie laat val. Eendag gaan julle uitvind.205 Julle gaan daar sê: “O, ek is geleer dat daar dit, dat, en die ander gaan gebeur voor die Here kom. Daar sal ’n groot verdrukkingsperiode wees, en ons sal daardeur gaan.” Sien? Sien?206 Weet julle, eenkeer is Jesus ’n vraag gevra. Hy het gesê: “Waarom sê die skrifgeleerdes dat Elía eers moet kom?”207 En Jesus het gesê: “Ek sê vir julle, Hy het alreeds gekom, en julle het dit nie geweet nie.”208 Een van hierdie dae gaan julle sê: “Wel, ek het gedink die Kerk gaan, moet dit, dat, en die ander doen. Ek het gedink daar sou ’n Wegraping wees. Ek het gedink…”209 Sien, dit sal ’n geheime wegraping wees. As Hy een hier in Hot Springs gevat het, en een êrens anders, en een daar, en een daar, sal letterlik miljoen vol maak uit diegene wat uit die grond opkom. En daar is minstens vyfhonderd mense, elke dag, vermis in die wêreld, en ons weet nie eens waarheen hulle gegaan het nie. Sien, die Wegraping gaan opmaak uit al dié wat slaap in die stof van die aarde, wat reg is met God.

Page 27: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 27

Hulle sal sê: “Wel, ek het gedink ’n Wegraping sou plaasvind.” “Dis alreeds verby, en julle het dit nie geweet nie. Julle is agtergelaat.” Sien? “Wel, alles gaan…” Ja, meneer.210 Dis ’n geheime Koms, is die Wegraping, kom om weg te steel. Soos daardie boek wat ek daardie keer gelees het (wat was dit), Juliet en Romeo. Hy het in die nag gekom, toe die mense aan die slaap was in wêreldsheid, en die kerk heel in wêreldsheid. En ewe skielik het die oproep gekom, en weg was hulle.211 Luister, julle het soveel gehoor in die Christen Sakemanne, die Volle Evangelie Manne, sê: “O, weet jy, Eerw. Heilige Vader So-en-so! Die Presbiteriane begin die Heilige Gees ontvang. Die Lutherane begin die Heilige Gees ontvang.”212 Julle slapende klomp mense! Weet julle nie? Jesus het gesê: “Toe daardie slapende maagd kom Olie koop het, dit was daardie einste tyd dat die Bruidegom gekom het, en sy ingegaan het.” Onthou, hulle het Dit nie gekry nie! Is dit reg? [Gemeente sê: “Dis reg.”—Red.] Soos Booth-Clibborn gesê het: “Huh.” Hulle kon dalk deur ’n paar emosies gegaan het, maar hulle het Dit nie regtig gekry nie. Toe hulle kom Olie koop het, was dit te laat.213 En hier is hulle nou, die Presbiteriaan, die Lutheraan; kyk na daardie Volle Evangelie Sakemanne se Voice, en daardie klomp Pinkster-kleinkinders met hierdie denominasionele broers, wat dink dat dit iets groots is. Julle kan dalk eendag vra: “Wel, het ek dit gedink?”214 “Dis alreeds verby, en julle het dit nie geweet nie.” Laat ek daar ophou, want ek—ek’s nie hier om doktriene te preek nie.215 Maar, die moontlikhede! Julle moenie daardie kans vat nie. Dit is die dag. Dit is die uur. Daar is ’n moontlikheid net nou, miskien nie om vyfuur nie. Daar is ’n moontlikheid. “Here, ek weet U is God. Ek weet U is. Ek is weg van U af. Maar ek weet dat hierdie vesels van my eens gegons het met die krag van God. Ek ken die dinge waarvoor ek vandag omgee, ek maak daarop aanspraak om Pinkster te wees,” die vroue: “ek knip my hare,” die mans: “ek doen dit, dat, of die ander.”216 En julle manne wat julle vroue daardie kortbroeke sal laat dra en daardie dinge doen, en dan jouself ’n seun van God noem, skaam jou.217 Ek het na ’n groot denominasionele kerk toe gegaan, nie lank gelede nie, na ’n…Hulle het ’n diens gehad, en ek het daarheen gegaan om hulle te besoek. En die pastoor het my daarheen geneem, en sou my aan sy vrou voorstel. Sy was die pianiste. En daardie vrou het ’n rok aangehad so nou dat die vel byna aan die buitekant was. Sy het grimering aangehad, en het allerhande soorte goed in haar ore gedra.

Page 28: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

28 DIE GESPROKE WOORD

218 En ek het gesê: “Broer, bedoel jy om te sê dat jou—jou vrou ’n heilige is?” Gesê: “Ja, meneer.”219 Ek het gesê: “Sy lyk soos ’n onheilige een nie.” Ek het gesê: “Ek het nog nooit so-iets gesien in die naam van Pinkster en heiligheid nie!”220 O, broer, ons het ’n huisskoonmaak nodig, van die preekstoel tot die kelderkamer. En een van hierdie dae…Julle sê: “Ek’s Pinkster.” Dit beteken niks meer as om ’n vark te wees, vir God nie. Dit het niks met Christus te doen nie. Dis net ’n naam. Jy moet Pinkster in jou hart wees, die vrugte van die Gees. Let op. O, goeiste!221 Hy was bewus van wat sou gebeur as God sy gebed sou beantwoord.222 Is jy bewus? Is jy bewus daarvan dat daardie organisasie jou gaan ekskommuniseer? Besef jy julle gaan net nou na federasie van kerke, en dinge waarin julle reguit ingaan? Besef jy wat dit jou gaan kos? Weet jy daardie vroue met wie jy kaart speel gaan jou “outyds” noem en al daardie soort goed? Omdat jy nie jou kinders kortbroek wil laat dra nie, en jy hierdie dinge doen, weet jy wat dit jou gaan kos? Jy moet dit liewer bereken voor jy begin, sien. Jy moet liewer daaroor nadink. Ja. Jy moet liewer—praat jy liewer daaroor met God, eers, voor jy die begin maak.223 Hy het geweet, as sy gebed beantwoord sou word; maar hy was gereed, en hy was opreg.224 As die kerk maar in daardie toestand kan kom! As jy net nou gereed is, as jy opreg is, as jy dit regtig ernstig bedoel, as jou oë oop is vir wat ek jou met ’n ompad probeer sê! As jy opreg is, sê dan: “Here, ek gee nie om wat dit is nie, ek is gereed. Ek sien die teken. Ek weet dit is later as wat ons dink. Dis tyd om te kom.”225 Toe het Simson uitgeroep: “Here, hulle het my oë uitgesteek. Ek weet dat U God is. Ek weet dat U het krag om dit te doen. Ek weet U kan my vrymaak van hierdie kettings. Net nog een keer, Here, net nog een keer!”226 Nog net een keer, Here, nog net een keer! Laat daar ’n kampdiens teen die hang van ’n heuwel wees, soos daar was op die heuwel by die Bo-kamer. Laat daar ’n geluid vanuit die Hemel kom, soos ’n magtige rukwind, die hele huis vul, sigbare bewys van die opgewekte Christus.227 “Nog net een keer, Here, nog net een keer,” het hy uitgeroep. Soos hy uitgeroep het, met opregtheid, het daar gestaan, en sy verblinde oë. “Ek ken die prys, Here, maar nog net een keer!”228 Die God antwoord gebed. Hy het die vesels voel verstyf. Sy spiere het ’n houvas begin kry. Die krag in sy bene het begin terugkom. Hy het vir die seuntjie gesê: “Lei my nou na die pilaar toe.”

Page 29: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

O HERE, NET NOG EEN KEER 29

229 “Lei my, Here, lei my. Lei my na die pilaar, na Gólgota. Lei my na die pilaar waar ek gekruisig kan word, totdat my ou wêreldse lewe hier uitsterf, en alles wat ek is. Lei my na die pilaar, Here.”230 Toe hy daardie spiere begin voel verstyf met die krag van God, het hy nie nodig gehad om te sien wat gebeur het nie, hy het gevoel wat gebeur het. Hy het sy skouers begin draai, en, toe hy het, stort die gebou neer. Daardie dag, het hy oorwin, hy meer Filistyne doodgemaak as wat hy het in al die dae van sy lewe.231 Vriende, daar is ’n moontlikheid dat hierdie kerk, in hierdie toestand…Nou ek het omtrent drie of vier bladsye notas daar, wat ek gaan uitlaat. Daar is ’n moontlikheid. Daar is ’n moontlikheid net hier in hierdie kampdiens. Daar is ’n moontlikheid net hier in hierdie uur. Daar is ’n moontlikheid, as ons gereed is om die prys te betaal, kan ons nog ’n Handelinge 2 sien plaasvind.232 “Nog een keer, Here! Ons het dit opgemors. Ons het georganiseer. Ons het ons broederskap opgebreek. Ons het ons gemeenskap afgeskei. Ons het ’n groepie hier geneem. Ons veg met mekaar, en die duiwel sit agteroor, kyk hoe ons mekaar platslaan. Here, is dit moontlik dat weereens dat al honderd-en-twintig van ons eendragtig saam kan wees in een plek? Is dit moontlik dat daar ’n geluid uit die Hemel kom, soos ’n magtige rukwind? Nog een keer, Here, nog een keer!233 Laat ons op ons voete staan, en sê: “Nog een keer, Here! Nog een keer, Here!”234 O Here God, verhoor my, Here. Nog een keer, Here! Stuur nog een keer die Gees op hierdie kampdiens, met krag en glorie!

O HERE, NET NOG EEN KEER AFR63-0628M

(O Lord, Just Once More)

Hierdie Boodskap deur Broer William Marrion Branham, oorspronklik gelewer in Engels op Vrydagoggend, 28 Junie 1963, by die Verenigde Broederskap Van Christene se Kampgronde in Hot Springs, Arkansas, V.S.A., is geneem vanaf ’n magnetiese bandopname en onverkort gedruk in Engels. Hierdie Afrikaanse vertaling is gedruk en versprei deur Voice Of God Recordings.

AFRIKAANS

©2014 VGR, ALL RIGHTS RESERVED

VOICE OF GOD RECORDINGS, SOUTH AFRICA OFFICE58 DISA ROAD, ADMIRAL’S PARK, GORDON’S BAY 7140 WESTERN CAPE

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org

Page 30: AFR63-0628M O Here, Net Nog Een Keer VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR63-0628M O Lord Just Once... · 2018-05-23 · het nie. Hulle is God se mense, net soos ons is. Maar ek glo

Kopiereg kennisgewing

Alle regte voorbehou. Hierdie boek mag gedruk word op ‘n tuisrekenaar vir persoonlike gebruik of om uitgegee te word, gratis, as ‘n middle om die Evangelie van Jesus Christus te versprei. Hierdie boek kan nie verkoop word, op groot skaal gereproduseer word, op ‘n webtuiste geplaas word, in ‘n opsoekstelsel geberg word, vertaal word in ander tale, of gebruik word om fondse in te samel, sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van Voice Of God Recordings®, nie.

Vir meer inligting of vir ander beskikbare material, kontak asseblief:

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org