Afkondigings 12 September 2010

4
Sondag 12 September 2010 Afkondigings! Afkondigings! Afkondigings! Afkondigings! 012 348 012 348 012 348 012 348-1245 / 1245 / 1245 / 1245 / www.nglynnwood.co.za www.nglynnwood.co.za www.nglynnwood.co.za www.nglynnwood.co.za 24/7 Christen-wees Sproeireën My nooi is in ’n nartjie, my ouma in kaneel, daar’s iemand … iemand in anys, daar’s ’n vrou in elke geur! As ek ’n stukkie nartjieskil tussen my vingers buig of knak, breek uit die klein sproeireën wat geurend om my hand uitsak, die boorde weer van Swartfoloos en met die nartjies om my heen weet ek hoe dat ’n vrou kan troos. O my nooi is in ’n nartjie my ouma in kaneel, daar’s iemand … iemand in anys, daar’s ’n vrou in elke geur! Uit: Engel uit die klip – D.J. Opperman

description

Afkondigings 12 September 2010

Transcript of Afkondigings 12 September 2010

Page 1: Afkondigings 12 September 2010

Sondag 12 September 2010 Afkondigings!Afkondigings!Afkondigings!Afkondigings! ����012 348012 348012 348012 348----1245 / 1245 / 1245 / 1245 / www.nglynnwood.co.zawww.nglynnwood.co.zawww.nglynnwood.co.zawww.nglynnwood.co.za 24/7 Christen-wees

Sproeireën My nooi is in ’n nartjie,

my ouma in kaneel,

daar’s iemand … iemand in anys,

daar’s ’n vrou in elke geur!

As ek ’n stukkie nartjieskil

tussen my vingers buig of knak,

breek uit die klein sproeireën

wat geurend om my hand uitsak,

die boorde weer van Swartfoloos

en met die nartjies om my heen

weet ek hoe dat ’n vrou kan troos.

O my nooi is in ’n nartjie

my ouma in kaneel,

daar’s iemand … iemand in anys,

daar’s ’n vrou in elke geur!

Uit: Engel uit die klip – D.J. Opperman

Page 2: Afkondigings 12 September 2010

Welkom by die erediensWelkom by die erediensWelkom by die erediensWelkom by die erediens!!!!

Vandag: 19 September:

Oggenddiens 09:00 Oggenddiens 09:00

Johann Voges Kerk Quintus Smit Kerk

Gesinsdiens 09:00 Gesinsdiens 09:00

Immanuel van Tonder Gesinskerk Jan Viljoen Gesinskerk

Kleuters 09:00 Kleuters 09:00

Kleuterkerk Jeugsentrum A15 Kleuterkerk Jeugsentrum A15

Aanddiens 18:30 Aanddiens 18:30

Zander van der Westhuizen Kerk Fouché de Wet Kerk

Leesteks:

Jer 4:11 – 12, 22 – 28

; Ps 14; Eks 32:7 – 14

, Ps 51:1 – 10

; 1 Tim 1:12 – 17

; Luk 15:1 – 10

.

Kuiergeleenthede in Koinonia: • Tee/koffie na die oggenddiens. • Koffie na die aanddiens.

Die volgende lidmate is tydens die kerkraadsvergadering van 30 Augustus 2010 as kerkraadslede verkies: Teodor van der Spuy: Caritas (Primarius) en Amanda Gazendam (Sekundus). Caritas bied in Oktober drie gespreksgroepe vir belangstellendes aan. Ons beoog om hierdie groepe asook

ander op gereelde basis te laat bymekaarkom en so hulp en ondersteuning aan mekaar te bied. Elke

groepsessie strek oor vier weke:

1. 'Rousmart' – vir persone wat geliefdes aan die dood afgestaan het. Pieter Oosthuizen tree as

gespreksleier op. Plek: Kapel. Tyd: 18:00 – 19:00 op 5, 12, 19 en 26 Oktober 2010.

2. 'My ouers is senior burgers. Wat nou?' – vir kinders wat vrae het oor ouerwordende ouers en alles wat

daarmee gepaardgaan. Johan Jooste is die gespreksleier. Plek: Lokaal A21. Tyd: 18:30 – 19:30 op 6, 13,

20 en 27 Oktober 2010.

3. 'Hoekom voel ek soos ek voel?' – vir huwelikspare of persone in vaste verhoudings. Verrykingsgesprekke

rondom verskillende temperamente, ens. Die gespreksleier is Petro Barnard. Plek: Lokaal A21. Tyd:

18:30 – 19:30 op 7, 14, 21 en 28 Oktober 2010.

Bewys van Lidmaatskap: Teodor van der Spuy, Arathorn Estate 191, Olympus, (072 433 0034) vanaf Moreletapark.

Predikantebewegings:

Dr Zander van der Westhuizen preek vanoggend by Hoërskool Menlopark se Leierraad Kamp.

Die predikante is hierdie week uitstedig vir hul jaarbeplanning – bid asseblief saam vir 2011. Kontak asb vir Dr Johan Jooste in geval van nood (072 555 0300) of die kerkkantoor.

2

Page 3: Afkondigings 12 September 2010

Dinsdag 14 September

09:30 Gemeentevroue Groep 6 vergader in die Jeuglokaal. Spreker: Martie Voges. Tema: Here praat met ons oor . . . vreugde en verdriet. Navrae: Rosemary Fourie: 012 361-1804.

14:00 Tabita naaldwerkklasse vir huishulpe – in Gesinskerk. Navrae: Selma du Preez 012 361-1626.

Woensdag 15 September

11:00 Lidmate doen in die Kapel voorbidding vir die gemeente. (Ds Peet Crous 012 361-4219/079 893 5572 of Amanda Kotzé 012 361-1408/072 630 3088.

Donderdag 16 September

09:00 Bybelstudie: Lynnwood Oord – Dr Johan Jooste.

14:00 Tabita naaldwerkklasse vir huishulpe – in Gesinskerk. Navrae: Selma du Preez 012 361-1626.

16:00 Kerrie-en-rys: afhaal by die Gesinskerk se kombuis (sien bl 4).

18:00 Egskeidingsbegeleiding in lokaal B5. Belangstellendes kontak vir Petro Barnard 012 348-1245 (uitbr 214).

Vrydag 17 September

07:00 Christelike Meditasie in die Kapel – Kosie de Clerk 012 361-4975 / 083 299 7263.

15:30 Amazing Race en Vertikaal! (Sien bl 4.)

Pro

gra

m v

ir d

ie w

eek

Chinese Diens: Sondae 11:00 – Gesinskerk. Sotho Diens: Sondae 14:30 – Gesinskerk.

NG Gemeente Lynnwood – Bankbesonderhede: ABSA Brooklyn Court, Takkode: 632005. Rekening nr 540 580 014. Die kerkkantoor ontvang gereeld anonieme inbetalings in die bank-rekening. U word vriendelik versoek om asb u Van en Voorletters te meld op u oorplasing/ inbetaling. Ons wil graag die bydrae korrek allokeer en aan u erkenning gee! Baie dankie vir u samewerking in dié verband.

3

Doen asb voorbidding vir:

Fanie Pretorius, Sussexlaan 479, Lynnwood (012 348-2930) – herstel na operasie.

Fanie Swanepoel, MCLaghlansingel 29, Brummeria (012 804-5986) – siek tuis.

Andries Burger, Amershamstraat 115B, Lynnwood Manor (012 365-2507) – Kloof Hospitaal (intensief).

Ons gemeente se jongmense gaan saam Swaziland toe en benodig jou hulp! Vanaf 27 November tot

10 Desember is daar 'n uitreik vir skoliere en studente na Bulembu, Swaziland. Die jongmense van NG

Lynnwood wil graag 'n paar van die leiers op die uitreik stuur vir die ontwikkeling van die uitreik

leiersgroep van ons gemeente. Die koste daaraan verbonde is R2500 p/p en dit is vir 'n paar van die leiers moeilik om die volle bedrag te bekostig. Indien u 'n jongmens gedeeltelik of ten volle wil borg –

tree asseblief in verbinding met Coenraad Bekker 082 471 2048 (Uitreikleier – Hoërskool bediening).

Page 4: Afkondigings 12 September 2010

POTJIEKOS-ETE: Sondag 17 Oktober 2010. Voornemende potmakers kan vir Johann Doms by 083 652 2746 skakel.

KERRIE EN RYSKERRIE EN RYSKERRIE EN RYSKERRIE EN RYS @ R20 per bakkie!!

16 SEPTEMBER 2010! Plaas u bestellings by die

kerkkantoor – dit kan vanaf 16:00 by die Gesins-

kerk se kombuis afgehaal word.

Ons nooi jou om die GEHEIM te kom ontdek! Die EMMAUS MUSICAL is gebasseer op die Bybelse verhaal oor die Emmaus-gangers. Die musiekblyspel speel af in 'n moderne Emmaus vol interessante karakters wat almal verskillende ervaringe van Jesus het. Elkeen moet self ontdek, sien en onthou hoe hierdie man in hulle lewens 'n invloed uitoefen. Die EMMAUS MUSICAL word aangebied op 22 en 23 Oktober om 19:00 in die Kerk. Kaartjies beskikbaar na die diens of by die kerkkantoor @ R60 pp, voorskoolse kinders gratis.

AMAZING RACE EN VERTIKAAL VRYDAG

17 SEPTEMBER om 15:30. Alle graad 7's tot 12's

in die gemeente gaan teen mekaar deelneem in

ons eie Amazing Race in Lynnwood! Skryf asb jou

span van 7 in by die Jeugkantoor, aanddiens of

kategese. Ons braai lekker saam en woon almal

die VERTIKAAL vertoning om 18:30 by (enige

iemand is welkom hiervoor). Die hele pakket kos

jou R40! Studente en volwassenes wat net die

VERTIKAAL vertoning bywoon betaal slegs R20.

VERTIKAAL het laasjaar die SAMA-toekenning vir

Beste Gospel Album gewen en tree vir die eerste

keer hierdie jaar in ons omgewing op – moet dit

nie MISLOOP nie!

Lidmate word daaraan herinner dat die parkeer-area agter die palissade-heining die eiendom van die gemeente is. Al is die heining deur die inwoners op hulle koste opgerig, het die gemeente steeds volle gebruik van die area. U word dus uitgenooi om daarvan gebruik te maak. Mabopane uitreik:

• Baie dankie vir die gemeentelede wat klimrame vir die kleuterskool geskenk het – ons het 4 klimrame ontvang. Baie dankie ook vir die klere skenkings – dit is in skoon, goeie en bruikbare toestand ontvang.

• Tweedehandse klere projek – Fonds-insameling: Ons benodig ou klere (veral mansklere), gordyne, linne, breekware, speelgoed en ander huisware (stoele, tafels ens.) om te verkoop. Handig asb in by die kerkkantoor indien moontlik. Verkieslik geen stukkende /onbruikbare items nie asb. Kontak vir Hilda Nortjé 082 900 8291.

Wêreldbiddag vir Vroue-Ontbyt (Pretoria-Oos-Streek) vind plaas op Dinsdag 14 September 2010 om 08:30 vir 09:00 by die NG Gemeente Universiteitsoord, Duxburyweg 105, Hillcrest, Pretoria. Koste R30. Jy word hartlik uitgenooi! Navrae: Elna Pieterse 084 506 7870 of Bettie Hammann 082 550 5079.

Mannekoor Sangfees: Die Hollandia Mannenkoor bied in samewerking met Alberton en Potchefstroom Mannekore 'n

sangfees aan, DV Saterdag 18 September 2010 om 19:30 in die Groenkloof

Ouditorium h/v George Storrar en Leydsstraat. Kaartjies beloop R50 p/p en R30 p/p vir laerskoolkinders en is

beskikbaar by Daan Prinsloo (082 326 2393).

4 Viering – Diens – Liefde – Eenheid