40 Dagstukke OP REIS - Kaleideo · Ons hulp in die huis is al vir 3 maande op verlof. En ek vang...

8
40 Dagstukke OP REIS WEEK 3

Transcript of 40 Dagstukke OP REIS - Kaleideo · Ons hulp in die huis is al vir 3 maande op verlof. En ek vang...

Page 1: 40 Dagstukke OP REIS - Kaleideo · Ons hulp in die huis is al vir 3 maande op verlof. En ek vang myself in die week kla terwyl ek die huis skoonmaak. Die Heilige Gees help my dink,

40 Dagstukke

OP REIS �

WEEK 3

Page 2: 40 Dagstukke OP REIS - Kaleideo · Ons hulp in die huis is al vir 3 maande op verlof. En ek vang myself in die week kla terwyl ek die huis skoonmaak. Die Heilige Gees help my dink,

BO ALLES

DAG 13: MAANDAG 9 MAART 2020

SKRIF: JOHANNES 3:31 NLV “Hy wat van bo kom, troon bo almal uit. Hy wat uit die aarde

ontspring het, is deel van die aarde en praat as deel van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, troon bo almal uit.”

GEDAGTE: Vandag wil ek ‘n eenvoudige vraag met jou los. Troon God bo

almal in alles uit in jou lewe? Ek praat nie nie van prioriteit nie. Is Hy die hoogste gesag in jou lewe? Met ons demokratiese denkwyse verstaan ons nie altyd wat dit beteken wanneer iemand oor ons regeer nie. God werk nie in ‘n demokrasie nie. God is nie in gestem deur mense nie... Hy funksioneer in ‘n koninkryk, en wanneer jy kies om deel te word van hierdie koninkryk, kies jy dat Hy bo almal en alles regeer in jou lewe. Is dit nog hoe jy vir God sien; die een wat bo almal uit troon?

OEFENING: 1. Word stil vir 2min... In hierdie stilte verbeel jouself jy sit voor die

Koning bo alle konings se voete. Moet niks sê nie, wees net bewus van Sy almag. 2. Gebruik dan nou die tyd om op nuut voor God ‘n eed af te lê,

dat jou jouself minder maak, sodat Hy kan meer word (Joh. 3:30). Jy kan dalk op jou knieë sak vir hierdie gesprek met God

Page 3: 40 Dagstukke OP REIS - Kaleideo · Ons hulp in die huis is al vir 3 maande op verlof. En ek vang myself in die week kla terwyl ek die huis skoonmaak. Die Heilige Gees help my dink,

WATER

DAG 14: DINSDAG 10 MAART 2020

SKRIF: JOHANNES 4:13-14 NLV “Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal

weer dors word. Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word nie. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ’n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel.”

GEDAGTE: Water is een van die mees kragtige beelde wat Jesus gebruik.

Wanneer Hy na homself verwys as “lewende water”, sê Hy dat Hy ons diepste dors les. Nie net les hierdie water ons dors nie: dit word soos ‘n fontein wat in ons opborrel en ons vul met daardie lewe wat God vir ons wil gee (soos daai ou liedjie “dit borrel in my want ek is so bly Jesus het my lief)! Meeste van ons smag na liefde, aanvaarding, betekenis, veiligheid en intimiteit. Net soos wat water verkwik en lewe aanhelp, so verkwik Jesus ons, maar nie tydelik nie... Hy plaas ‘n fontein van lewende water in ons, sodat ons nooit weer hoef te smag na die ware lewe nie, maar dit elke dag kan ervaar.

OEFENING: 1. Wanneer jy vandag water drink, bid: “vader ek dors na meer van

U, gee vir my die water van die lewe.” Elke slukkie kan dien as ‘n herinnering aan die lewende water van Jesus.

Page 4: 40 Dagstukke OP REIS - Kaleideo · Ons hulp in die huis is al vir 3 maande op verlof. En ek vang myself in die week kla terwyl ek die huis skoonmaak. Die Heilige Gees help my dink,

DANKBAAR

DAG 15: WOENSDAG 11 MAART 2020

SKRIF: 1 TESSALONISENSE 5:16-18 NLV “Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle

omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is.”

GEDAGTE: Ons hulp in die huis is al vir 3 maande op verlof. En ek vang myself

in die week kla terwyl ek die huis skoonmaak. Die Heilige Gees help my dink, dat daar mense is wat tog te dankbaar sal wees om ‘n huis te hê om te kan skoonmaak. Het jy al ooit gekla oor die gereelde koste om jou voertuig te onderhou? Ek is seker ons almal het al een of ander frustrasie met ons voertuig gehaad. Al was die frustrasie dat hy te oud is. Maar ‘n persoon sonder vervoer droom daarvan om 'n motor te kan besit of te bestuur. Dit is so maklik om te vergeet hoe geseënd ons is! Dit is waarom ons 'n houding van dankbaarheid moet aanneem. En ons sal dit doelbewus moet doen, want kla kom makliker as wat ons dink.

OEFENING: 1. Let vandag op: Gebruik jou selfoon en druk die “volume down”

knoppie elke keer wanner jy oor iets kla. (Al is dit in jou gedagtes). Let op hoe vinnig die klank op jou foon sal afwees. 2. Word bewus van jou ingesteldheid op die lewe en loof en dank

die Here vir dit wat Hy vir jou doen, vir dit wat jy het, vir dit wat jy regtig nie eens verdien nie. Bo alles, dank God vandag vir Sy seun Jesus en die lewe en oorwinning wat. Hy vir jou gegee het.

Page 5: 40 Dagstukke OP REIS - Kaleideo · Ons hulp in die huis is al vir 3 maande op verlof. En ek vang myself in die week kla terwyl ek die huis skoonmaak. Die Heilige Gees help my dink,

BELANGRIK

DAG 16: DONDERDAG 12 MAART 2020

SKRIF: LUKE 9:46-48 NLV “Toe het daar ’n argument onder hulle ontstaan oor wie van hulle

die belangrikste sou wees. Maar Jesus het hulle gedagtes geken. Daarom het Hy ’n klein kindjie langs Hom laat staan. Toe sê Hy vir hulle: “Enigiemand wat ’n klein kindjie soos hierdie namens My ontvang, ontvang My, en enigiemand wat My ontvang, ontvang my Vader wat My gestuur het. Wie die geringste onder julle is, hy is die belangrikste.”

GEDAGTE: Wees vir ‘n oomblik eerlik... Ons as mens streef voortdurend om

die grootste, die belangrikste, die een met die meeste invloed te wees. Soms streef ons nie eens nie, ons dink net aan onsself as die grootste in die kamer, gesprek, kuier, verhouding, werkplek of argument. Ons smag na mense in ons lewens wat kan erken dat hulle nie groter of belangriker as ons is nie, of selfs om net te erken hulle is nie so wonderlik soos hulle dink nie. Jesus leer die dissipels dat wanneer ons die een wat die "minste" is (in ons gebroke opinie) raaksien, erken ons Hom en elkeen wat Hom sien, erken die Vader.

OEFENING: 1. Is dit vir jou moeilik om te erken dat jy nie die meeste is nie?

Hoekom? Hou dit vir 'n paar oomblikke voor God. 2. Let vandag op: Wanneer jy met mense praat, herinner jouself

dat God dieselfde liefde vir almal het. Hanteer elke persoon vandag asof hulle dié belangrikste in die spasie is. Wanneer jy wegstap bid en dank die Here vir hulle lewens en rol in jou lewe.

Page 6: 40 Dagstukke OP REIS - Kaleideo · Ons hulp in die huis is al vir 3 maande op verlof. En ek vang myself in die week kla terwyl ek die huis skoonmaak. Die Heilige Gees help my dink,

LUISTER

DAG 17: VRYDAG 13 MAART 2020

SKRIF: JAKOBUS 1:19a NLV “My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te

gou om te praat nie...”

GEDAGTE: Om te luister is baie belangrik in jou verhouding met God. Maar

om na God te kan luister moet jy aanleer om minstens na jou naaste te kan luister. Hoe kan ons immers luister na God - wat ons nie kan sien nie - as ons nie eers kan luister na ons naaste wat ons duidelik kan sien nie? Daarom is dit so belangrik vir ons om te leer om te luister. Ons kan begin oefen met dié naaste aan ons soos dié in ons huis, by ons werk, die wat ons nie eens ken nie, familielede of vriende. Trevor Hudson sê: “Luister sal ‘n geestelike ervaring word wanneer dit ’n daaglikse gewoonte en ‘n lewenstyl word.” Dit is in die manier hoe ons luister waar ons kan sien of ons regtig omgee vir dié wat met ons praat.

OEFENING: 1. Let vandag op: Herinner jouself vandag in elke gesprek, selfs in

jou tyd van gebed, aan Jakobus se woorde... “Wees vinnig om te luister en stadig om te praat...” 2. Neem vandag 5min om net in stilte by God te sit... gebruik

hierdie tyd om nks te sê nie en net te luister.

Page 7: 40 Dagstukke OP REIS - Kaleideo · Ons hulp in die huis is al vir 3 maande op verlof. En ek vang myself in die week kla terwyl ek die huis skoonmaak. Die Heilige Gees help my dink,

DIEN

DAG 18: SATERDAG 14 MAART 2020

SKRIF: GALASIËRS 5:13 (NLV) “Broers en susters, julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef.

Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien.”

GEDAGTE: Het jy al ooit iemand gehelp net sodat jy ook ‘n gunsie kan vra, of

dalk hoop jy dat hulle vir jou ook hulp sal aanbied? Ons dien ander dikwels, net sodat ons in ruil gedien sal word, of om een of ander vorm van vrgoeding of waardering te ontvang. Soms dien ons selfs ander net sodat ons kan voel dat ons is benodig word. Ons ego's kry 'n hupstoot om te weet dat ons benodig word in 'n spesifieke situasie. Maar die waarheid is egter dat wanneer ons iemand regtig dien word dit gedoen uit 'n plek van nederigheid (dit maak nie saak of iemand weet nie) en liefde (ek het wil nie iets in ruil ontvang nie). Wanneer laas het jy iets gedoen sonder om enige iets, al is dit net ‘n “dankie” terug te verwag?

OEFENING: 1. Spandeer tyd in gebed en vra vir God om vir jou ‘n dienaars-hart te gee. 2. Let vandag op: Wees intesioneel om vandag iemand te dien, word bewus van die behoefte om iets in ruil te ontvang en herinner dan jouself dat jy dit uit liefde doen, omdat dit is wat God van jou verwag.

Page 8: 40 Dagstukke OP REIS - Kaleideo · Ons hulp in die huis is al vir 3 maande op verlof. En ek vang myself in die week kla terwyl ek die huis skoonmaak. Die Heilige Gees help my dink,

VREDE

DAG 19: SONDAG 15 MAART 2020

SKRIF: JOHANNES 14:27a NLV “Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle...

GEDAGTE: Ons ervaar twee tipes vrede: Die een tiepe is daardie tye wanneer

jy tevrede voel omdat als volgens plan verloop. Hierdie vrede hou gewoonlik nie baie lank nie... Die ander tiepe vrede is wat God vir ons gee. Dit is ‘n blywende vrede wat nie van ons af weg gevat kan word nie. Dit is nie afhanklik van die goeie verloop van sake nie of van ons eie planne om uit te werk nie. Ons kan met hierdie tiepe vrede leef slegs wanneer ons regtig glo dat God ons nie in die steek sal laat nie.

OEFENING: 1. Waarvan het jy nodig om te laat gaan, sodat jy Sy blywende vrede kan beleef...? 2. Let vandag op: Maak jou and in ‘n vuis, bid oor. Die dinge wat jou vrede steel en wanneer jy dit klaar alles opgenoem het, maak jou vuis oop en sê: “Here ek ruil hierdie dinge alles vir U blywende vrede in my lewe.”