3 Loffienuus 8 Februarie 2017 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS › wp-content › uploads › 2017 › 02 ›...

10
3 Loffienuus 8 Februarie 2017 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 3/2017 Webblad: www.gelofte.co.za Stilbly is ook ‘n woord en daarom kan jy daarmee ook lieg. (CJ Langenhoven) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die eerste kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2017. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 14 FEBRUARIE VALENTYNSDAG SIVIELE DRAG EN VERKOPE 15 FEBRUARIE INTERSKOLE SWEM SEKONDÊR 17 FEBRUARIE KOEKVERKOPING SEKONDÊRE HOKKIE 21 FEBRUARIE INTERNE REDENAARS GRAAD 4-7 24 FEBRUARIE WINTERSPORT AANDREEKS FINAAL 3 MAART KOEKVERKOPING SEKONDÊRE NETBAL 4 MAART SENIOR BAL 17 MAART KOEKVERKOPING PRIMÊRE LANDSDIENS 24 MAART KASKAR 31 MAART VAKVERANDERINGS SLUIT VIR GRAAD 11 31 MAART SUBSIDIEAANSOEKE SLUIT 31 MAART GRADE 1-3 EN 12 ONTVANG RAPPORTE 31 MAART SKOOL SLUIT VIR APRILVAKANSIE 3. SKOOLGELDE Ons herinner u daaraan dat leerders waarvan die volle skoolgeld vir 2017 teen 31 Maart 2017 betaal word, kwalifiseer vir 6,5% afslag op hul skoolgeld. Indien u meer as een kind in Gelofte het, moet die ander kinders se skoolgeld op datum betaal wees indien u slegs een kind se skoolgeld ten volle betaal. Ons wys u laastens daarop dat alle leerders ‘n minimum van R1 000 skoolgeld moet betaal al kwalifiseer hulle op welke wyse ookal vir afslag van een of ander vorm. 4. MIDMAR MYL Baie sterkte aan alle Loffies en ouers wat eerskomende naweek deelneem aan die Midmar myl. Ons vertrou dat al die ure se oefening vrugte sal afwerp.

Transcript of 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS › wp-content › uploads › 2017 › 02 ›...

Page 1: 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS › wp-content › uploads › 2017 › 02 › ... · 2017-02-09 · 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 13. VERJAARDAE Baie geluk aan

3 Loffienuus 8 Februarie 2017

LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 3/2017

Webblad: www.gelofte.co.za

Stilbly is ook ‘n woord

en daarom kan jy daarmee ook lieg.

(CJ Langenhoven) Geagte Ouer

1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u

enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is

031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels

‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus

gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die eerste kwartaal. Let asseblief

ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander

aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2017. Die kalender is op die webblad

beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.

14 FEBRUARIE VALENTYNSDAG – SIVIELE DRAG EN VERKOPE

15 FEBRUARIE INTERSKOLE SWEM – SEKONDÊR

17 FEBRUARIE KOEKVERKOPING – SEKONDÊRE HOKKIE

21 FEBRUARIE INTERNE REDENAARS – GRAAD 4-7

24 FEBRUARIE WINTERSPORT AANDREEKS – FINAAL

3 MAART KOEKVERKOPING – SEKONDÊRE NETBAL

4 MAART SENIOR BAL

17 MAART KOEKVERKOPING – PRIMÊRE LANDSDIENS

24 MAART KASKAR

31 MAART VAKVERANDERINGS SLUIT VIR GRAAD 11

31 MAART SUBSIDIEAANSOEKE SLUIT

31 MAART GRADE 1-3 EN 12 ONTVANG RAPPORTE

31 MAART SKOOL SLUIT VIR APRILVAKANSIE

3. SKOOLGELDE

Ons herinner u daaraan dat leerders waarvan die volle skoolgeld vir 2017 teen 31 Maart 2017 betaal

word, kwalifiseer vir 6,5% afslag op hul skoolgeld. Indien u meer as een kind in Gelofte het, moet

die ander kinders se skoolgeld op datum betaal wees indien u slegs een kind se skoolgeld ten volle

betaal. Ons wys u laastens daarop dat alle leerders ‘n minimum van R1 000 skoolgeld moet betaal al

kwalifiseer hulle op welke wyse ookal vir afslag van een of ander vorm.

4. MIDMAR MYL

Baie sterkte aan alle Loffies en ouers wat eerskomende naweek deelneem aan die Midmar myl. Ons

vertrou dat al die ure se oefening vrugte sal afwerp.

Page 2: 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS › wp-content › uploads › 2017 › 02 › ... · 2017-02-09 · 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 13. VERJAARDAE Baie geluk aan

3 Loffienuus 8 Februarie 2017

5. AANDREEKS 2017

Onderstaande is ‘n uiteensetting van ons onderskeie spanne se bepalings vir die aandreeks.

O/13 NETBAL

9 FEBRUARIE (17:00) HILLCREST SENIOR PRIMARY

16 FEBRUARIE (15:00) SUID NATAL PRIMÊR

O/13 HOKKIE

9 FEBRUARIE (14:15) SUID NATAL PRIMÊR

16 FEBRUARIE (16:30) KLOOF SENIOR PRIMARY

O/13 RUGBY

9 FEBRUARIE (19:00) WESTVILLE SENIOR PRIMARY

16 FEBRUARIE (19:00) SUID NATAL PRIMÊR

O/18 NETBAL

10 FEBRUARIE (17:30) KLOOF HIGH SCHOOL

17 FEBRUARIE (17:30) HILLCREST HIGH SCHOOL

O/18 HOKKIE

10 FEBRUARIE (15:15) KUSWAG SKOOL

17 FEBRUARIE (15:15) KLOOF HIGH SCHOOL

O/18 RUGBY

10 FEBRUARIE (19:00) KLOOF HIGH SCHOOL

17 FEBRUARIE (19:00) KZN ONTWIKKELINGSPAN

PROGRAM VIR FINALE OP 24 FEBRUARIE

14:00 O/13 HOKKIE: DERDE/VIERDE UITSPEEL

14:45 O/18 HOKKIE: DERDE/VIERDE UITSPEEL

15:00 O/13 RUGBY: DERDE/VIERDE UITSPEEL

15: 30 O/13 HOKKIE: FINAAL

15:00 O/13 NETBAL: DERDE/VIERDE UITSPEEL

16:00 O/18 NETBAL: DERDE/VIERDE UITSPEEL

16:00 O/18 RUGBY: DERDE/VIERDE UITSPEEL

16:15 O/18 HOKKIE: FINAAL

17:00 O/13 NETBAL FINAAL

17:30 O/13 RUGBY FINAAL

18:00 O/18 NETBAL FINAAL

19:00 O/18 RUGBY FINAAL

6. VALENTYNSDAG 2017

Neem asseblief kennis dat leerders op Dinsdag, 14 Februarie 2017, siviele drag mag dra. Die

koste daaraan verbonde beloop R5.

Valentynsverkope vind plaas vanaf Donderdag, 9 Februarie 2017, tot en met Dinsdag, 14

Februarie 2017. ‘n Verskeidenheid items word te koop aangebied. Pryse wissel tussen R5 en

R25.

Roomys teen R10 per bakkie word ook op Valentynsdag verkoop.

Page 3: 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS › wp-content › uploads › 2017 › 02 › ... · 2017-02-09 · 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 13. VERJAARDAE Baie geluk aan

3 Loffienuus 8 Februarie 2017

7. OP ‘N LIGTER TRANT: HOENDER IS MY GELIEFKOOSDE DIER

Ons juffrou het gevra wat my gunsteling dier is, en ek antwoord haar toe dit is ‘Gebraaide Hoender.’

Sy is toe boos en sê dit is nie snaaks nie, maar sy was seker verkeerd want almal anders in die klas

het lekker gelag.

My ouers het my mos darem geleer om altyd die waarheid te praat en ek het. Gebraaide hoender is

my geliefkoosde dier.

Ek het my pa vertel wat gebeur het en hy sê toe my juffrou is seker lid van die SPCA. Hulle is mos

baie lief vir diere. Ek ook en veral vir hoender.

In elk geval, my juffrou het my na die hoof se kantoor toe gestuur om met hom te gaan ‘praat’. Ek

vertel hom wat gebeur het en hy het ook gelag. Toe sê hy ek moet dit nie weer doen nie.

Die volgende dag in die klas vra die juffrou weer vir my watter lewendige dier is my gunsteling

dier. Ek sê toe dis beslis hoender. Sy vra toe hoekom, toe vertel ek haar dis omdat hulle gebraaide

hoender daarvan maak.

Sy stuur my toe terug na die hoof se kantoor toe om weer met hom te gaan ‘praat’. Hy het weer

gelag en gesê ek moet dit nie weer doen nie.

Ek verstaan nie. My ouers het my geleer om eerlik te wees, maar my juffrou hou niks daarvan as ek

is nie. Vandag vra die juffrou ons watter beroemde persoon ons die meeste admireer.

Ek het geantwoord “Kolonel Sanders”.

Raai met wie moet ek nou weer gaan praat!

8. LEWENSWAARDE VIR KWARTAAL 1: VERDRAAGSAAMHEID

Ons fokus hierdie kwartaal op verdraagsaamheid en versoek dat u ook met u kind hieroor in gesprek

sal tree.

9. PRESTEERDERS

Baie geluk aan Stephan Kruger wat ingesluit is in die KZN Jeugkoor. Dit is ‘n uithaler prestasie en

ons is baie trots op hom.

Ons wens ook graag vir Quanita Maritz, Nicole Butcher Abegail Goss en Ansune Louw geluk wat

almal opgeneem is in die O/17 Ethekwini netbalspan. Ons is saam met julle trots op hierdie pragtige

prestasie.

10. RIEME PAPIER

‘n Groot aantal leerders het nog nie hul twee rieme papier vir 2017 skool toe gebring nie. Die

implikasie is dat die skool meer papier sal moet aankoop as waarvoor daar begroot is. Ons doen dus

‘n beroep op u om die afrolpapier so gou moontlik skool toe te stuur indien u dit nog nie gedoen het

nie. Ons versoek dat u Mondi papier sal koop aangesien sommige papier nie effektief gebruik kan

word met die skool se dupliseerfasiliteite nie.

11. SELFONE

Die probleme wat ontstaan as gevolg van leerders wat selfone tydens skoolure gebruik, neem nou

sulke afmetings aan dat ons na ander oplossings moet soek.

Gesien in die lig daarvan dat ons toenemend probleme ondervind, beoog ons om voortaan alle

selfone soggens tydens voogperiode in te neem en dit weer aan die einde van die dag terug te besorg

aan leerders.

12. ADVERTENSIES IN LOFFIENUUS

Indien u advertensies in die Loffienuus wil plaas kan u me. Reinette Janse van Rensburg kontak

by [email protected] of by 031 702 7201. Advertensiekoste beloop R75 per advertensie.

Page 4: 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS › wp-content › uploads › 2017 › 02 › ... · 2017-02-09 · 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 13. VERJAARDAE Baie geluk aan

3 Loffienuus 8 Februarie 2017

13. VERJAARDAE

Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik

bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.

Heinrich de Vos, Keagan Gertenbach, Maxzine van der Merwe, Christian Benade, Kyle de

Bruyn, Jacques Durand, Deacon Grobler, Eugene Muller, Liné Herbst, Marlien Victor, Caylin

Padmore, Diné van der Merwe, Nikita Bunce, Jaco Els, Makayla Wessels, Olga Hougaard,

Dané van Graan, Alanda Laubscher, Twané McArthur, Kaylin Parsad, Jayden Seach, Warrick

van Helsdingen, Christo Adlem, Lloyd Thompson, Reinhart Koekemoer, Kaylee Smith,

Denham Watkins, Zander van der Westhuizen.

14. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is

uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang,

aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie ‘n

elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na

[email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad

(www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar.

15. KONTANTVRYE SONE

Ons beklemtoon graag weer die volgende: ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te

maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken

te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal

maak.

Die skool se bankbesonderhede is soos volg:

Bank: ABSA

Rekeningnaam: Gelofte Skool

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete

D J STRYDOM

SKOOLHOOF

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: ____________________________________________________________________

NAAM VAN LEERDER: ______________________________________________ GR. ______________

KOMMENTAAR: ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________ _________________________

HANDTEKENING KONTAKNOMMER

Page 5: 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS › wp-content › uploads › 2017 › 02 › ... · 2017-02-09 · 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 13. VERJAARDAE Baie geluk aan

3 Loffienuus 8 Februarie 2017

ADVERTENSIE

Kontak Dr Annie Hugo 071 494 6141

[email protected]

Page 6: 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS › wp-content › uploads › 2017 › 02 › ... · 2017-02-09 · 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 13. VERJAARDAE Baie geluk aan

3 Loffienuus 8 Februarie 2017

Page 7: 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS › wp-content › uploads › 2017 › 02 › ... · 2017-02-09 · 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 13. VERJAARDAE Baie geluk aan

3 Loffienuus 8 Februarie 2017

0823383460 32 Old Main Road Hillcrest [email protected]

WIE IS ONS?

Hillcrest Franchisee

Gekwalifiseerde Tina Cowley leesterapeut.

Gekwalifiseerde onderwyseres en by S.A.C.E geregistreer.

Ondervinding van 23 jaar:Departementshoof 19 jaar. Remedierende ondervinding en kwalifikasies

Berading en verwysing van leerling met leerprobleme.

Personeel ontwikkeling van personeel opleiding en ontwikkeling.

WAT DOEN ONS?

Wetenskaplike lees evaluasies en studie kursusse

Alle basiese leesvaardighede word geadresser en ontwikkel om leesvaardighede te bevorder. ‘n Program wat op navorsing gebasseer is, word gevolg.

Ingrid Scholtz Vorm ontwikkeling (erkenning van letters)

Lateraliteit (links en regs)

Auditiewe prosessering (luister)

Ruimtelike ontwikkeling (bo, onder ens.)

Oogspier ontwikkeling (leesspoed)

ONS SENTRUM

Begripstoets, spelling en oogspier ontwikkeling word gedoen.

Interaktiewe aktiwiteite om geheue en leesvaardighede te ontwikkel.

Ons waarborg ‘n verbetering van 8% tot 40% in akademiese resultate by die skool.

Page 8: 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS › wp-content › uploads › 2017 › 02 › ... · 2017-02-09 · 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 13. VERJAARDAE Baie geluk aan

3 Loffienuus 8 Februarie 2017

Page 9: 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS › wp-content › uploads › 2017 › 02 › ... · 2017-02-09 · 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 13. VERJAARDAE Baie geluk aan

3 Loffienuus 8 Februarie 2017

Goeiedag

Ek is opsoek na enige deeltydse werk (na ure en naweke). Ek studeer voltyds by Durban

Universiteit van Tegnologie en moet dringend geld inkry om vir my kinders se skool en nasorg

te betaal (as hulle nie nasorg toe kan gaan nie kan ek nie universiteit toe gaan nie). My kontak

nr is 072 835 8612. My CV kan aangestuur word op navraag. Ek is nie getroud nie en bly by

my pa op die oomblik.

As jy dalk nog info nodig het laat weet dan stuur ek aan.

Groete

Vivette Müller

(Mamma van Juan, Mark en Mia-Loïs)

Page 10: 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS › wp-content › uploads › 2017 › 02 › ... · 2017-02-09 · 3 Loffienuus 8 Februarie 2017 13. VERJAARDAE Baie geluk aan

3 Loffienuus 8 Februarie 2017

Security guards for functions, events and short term assignments

KUSELA SECURITY

Security for every occasion

Whether it’s for a private function, a month-long event or additional security, ADT/Kusela guards

will help with parking, protect cars, patrol the immediate area and provide a visible security presence.

SA’s most professional

ADT/Kusela guards are selected only after strict assessment and background checks, then trained to

PSIRA standards. All our personnel and procedures are monitored regularly.

Armed back-up

Our guards are backed by our Armed Response Vehicles 24/7

For more information or to book a guard call:

Pamela Chetty 031-716 5621

Or

Charlotte Govender 031-716 5618

A Tyco International Company Company Registration No: 2002/013172/07

ADT KUSELA Kwazulu-Natal Regional Office

2 Halifax Road,

New Germany, 3610

Po Box 242,

New Germany, 3620