3 Februarie BlitSig - Durbanville Gemeente - Wie is ons Feb BlitSig.pdf · Dr. Tinus van Zyl (Doop)...

4
DIE GOD WAT SKEP Terwyl ek 'n emmer vol stortwater gebruik om ons plantjies nat te gooi, wat verlep lyk na snikhete dae, dink ek aan die God wat skep. Ek wonder of God die Vader vir ons 'n reëntjie gaan voorsien. Ek dink ook aan die brande in Bettysbaai, Grabouw, Kaapstad. Ek dink aan die man wat so onverant- woordelik was om met 'n vuurwerk 'n reuse brand te begin. En ek besef dat ék ook aandadig is – ons almal. Met toenemende brande wêreldwyd – veral in die VSA en Australië – is kenners dit eens dat dit die gevolg is van globale verhitting. En ek dink weer aan die God wat skep. Sal Christus nuwe maniere van leef deur die kerk kan skep? Sal die Gees ook nuwe maniere van dink en doen in my kan skep? Vanoggend lees ons uit Jesaja 40 van 'n God wat skep. En in die aanddiens gesels ds Wynand oor die “gods of food”, want ja, ons maak so maklik weer van die skepping 'n afgod en vergeet van die Skepper wat dit als maak. Mag jy op hierdie Sondag die God wat skep, opnuut in jou lewe ontdek. Dr. Tinus van Zyl Ons staan vandag stil by Jesaja 40:12 - 31 09:00 Klassieke Diens Ds. Louwtjie Louw Kerkgebou 09:00 Familiediens Ds. André Agenbag Gemeente Sentrum Jeuggroepe: Voorskool tot Gr 6 3 Februarie 2019 VANDAG 18:00 DG Leef diens Ds. Wynand Breytenbach Tema: gods of food Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld BAIE WELKOM BY DURBANVILLEGEMEENTE! Ons verwelkom graag alle nuwe lidmate en besoekers vanoggend! Ons hoop dat jy gou tuis sal voel in ons gemeente. Indien jy enige inligting verlang of vrae het oor die gemeente, maak gerus 'n draai by ons “Inligtingstoonbank” in die portaal by die gemeentesentrum.

Transcript of 3 Februarie BlitSig - Durbanville Gemeente - Wie is ons Feb BlitSig.pdf · Dr. Tinus van Zyl (Doop)...

Page 1: 3 Februarie BlitSig - Durbanville Gemeente - Wie is ons Feb BlitSig.pdf · Dr. Tinus van Zyl (Doop) 09:00 Familiediens Ds. André Agenbag 18:00 DG Leef diens Ds. André Agenbag ADVERTEER

DIE GOD WAT SKEPTerwyl ek 'n emmer vol stortwater gebruik om ons plantjies nat te gooi, wat verlep lyk na snikhete dae, dink ek aan die God wat skep. Ek wonder of God die Vader vir ons 'n reëntjie gaan voorsien.

Ek dink ook aan die brande in Bettysbaai, Grabouw, Kaapstad. Ek dink aan die man wat so onverant-woordelik was om met 'n vuurwerk 'n reuse brand te begin. En ek besef dat ék ook aandadig is – ons almal.

Met toenemende brande wêreldwyd – veral in die VSA en Australië – is kenners dit eens dat dit die gevolg is van globale verhitting.

En ek dink weer aan die God wat skep. Sal Christus nuwe maniere van leef deur die kerk kan skep? Sal die Gees ook nuwe maniere van dink en doen in my kan skep?

Vanoggend lees ons uit Jesaja 40 van 'n God wat skep. En in die aanddiens gesels ds Wynand oor die “gods of food”, want ja, ons maak so maklik weer van die skepping 'n afgod en vergeet van die Skepper wat dit als maak.

Mag jy op hierdie Sondag die God wat skep, opnuut in jou lewe ontdek.

Dr. Tinus van Zyl

Ons staan vandag stil by

Jesaja 40:12 - 31

09:00 Klassieke Diens

Ds. Louwtjie Louw

Kerkgebou

09:00 Familiediens

Ds. André Agenbag

Gemeente Sentrum

Jeuggroepe:

Voorskool tot Gr 6

3 Februarie 2019

VANDAG

18:00 DG Leef diens

Ds. Wynand Breytenbach

Tema: gods of food

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

BAIE WELKOM BY DURBANVILLEGEMEENTE!

Ons verwelkom graag alle nuwe lidmate en besoekers

vanoggend! Ons hoop dat jy gou tuis sal voel in ons

gemeente. Indien jy enige inligting verlang of vrae het

oor die gemeente, maak gerus 'n draai by ons

“Inligtingstoonbank” in die portaal by die

gemeentesentrum.

Page 2: 3 Februarie BlitSig - Durbanville Gemeente - Wie is ons Feb BlitSig.pdf · Dr. Tinus van Zyl (Doop) 09:00 Familiediens Ds. André Agenbag 18:00 DG Leef diens Ds. André Agenbag ADVERTEER

VOORBIDDING

Ons bid graag vir Evelene Verster,

Martie Fourie, Jacques de Klerk, &

Lenie Byliefeldt wat eersdaags 'n operasie

ondergaan of ondergaan het..

Laat weet asb. vir Christa by die kerkkantoor – [email protected] as jy weet

van siekes of nood êrens. Ons wil julle graag

besoek en vir julle bid.

DAGBOEKWat gebeur hierdie week?

Ma. 04 Februarie

08:00 Drie maal God: Week drie

Di. 05 Februarie

08:00 Stilword (Gebed)

18:30 Dagbestuursvergadering

Wo. 06 Februarie

18:00 Kooroefening

Do. 07 Februarie

08:00 Nagmaal en Gebed

18:00 Band oefen

Vr. 08 Februarie

06:00 Mannebediening

10 FEBRUARIE 2019

Volgende Sondag

Teks: 1 Johannes 4:7–21

09:00 Klassieke Diens

Dr. Tinus van Zyl (Doop)

09:00 Familiediens

Ds. André Agenbag

18:00 DG Leef diens

Ds. André Agenbag

ADVERTEER IN ONS KWARTAALLIKSE SIG GEMEENTEBLADJy kan ‘n advertensie van besigheidskaartjie grootte plaas in ons SIG. Adverteer gerus jou

dienste of besigheid. Dankie aan Aurora Spar vir jul getroue borg.

Kontak Alrina by die kerkkantoor.

PELGRIMSTOER NA ISRAELDs. André Agenbag neem 'n pelgrimstoer na

Israel vanaf 28 Okt– 5 Nov.

Kom saam en volg in die voetspore van

Jesus wanneer ons o.a. Bethlehem, Nasaret,

Kapernaum, die Galilea-omgewing en

Jerusalem besoek. Ander

besienswaardighede soos Karmel, Megiddo,

Jerigo, Masada, die Qumran- grotte en die

Dooie See sal ook besoek word.

Kom saam en ervaar die wêreld waarbinne

die groot Bybelse verhale afgespeel het en

beleef die geleentheid tot geestelike

verryking en verdieping. Kontak ds. André

Agenbag vir inligting by 082 828 6704/

[email protected]

Page 3: 3 Februarie BlitSig - Durbanville Gemeente - Wie is ons Feb BlitSig.pdf · Dr. Tinus van Zyl (Doop) 09:00 Familiediens Ds. André Agenbag 18:00 DG Leef diens Ds. André Agenbag ADVERTEER

SINODALE OFFERSby die deur

INSTITUUT VIR BLINDESWord jy maklik oorweldig of platgeslaan deur struikelblokke of uitdagings, of staan jy

dapper op soos so baie persone in ons sorg? Indien wel, kom ondersteun ons as vennoot

in die realisering van ons uitsonderlike nuwe visie, help skryf aan 'n opwindende storie –

een wat ander sal inspireer.

Ons weet dat blindes dikwels geïgnoreer word … onsigbaar is vir die siende samelewing.

Ons doel is om daardie persepsie te verander deur blindes te bemagtig en hul volle

potensiaal te ontgin deur die ondersteuning van 'n reeks aktiwiteite – kommersiële

inisiatiewe, beroepsgerigte- en vaardigheidsopleiding, persoonlike ontwikkeling en

versorging.

As 'n hoë funksionerende, deursigtige en verantwoordbare Nie-Winsgewende Organisasie,

is ons afhanklik van vennootskappe met donateurs – veral diegene wat ons nie net as

bloot welsyn beskou nie, maar as 'n belegging in die bemagtiging van blindes as 'n

bydraende gemeenskap tot die SA

ekonomie.

So, kom sluit by ons aan in hierdie opwindende reis en raak betrokke by een of meer van

ons strategiese fokusareas: individuele sorg, tehuise, gesamentlike ondernemings (“joint

ventures”), unieke nuwe aanlyn moontlikhede of beroepsgerigte- en

vaardigheidsopleiding.

Ons is braaf genoeg om hierdie pad te stap! En jy?

Enigiemand wat belangstel kan eerskomende

Woensdagaand 18h00 op die orrelgallery

aanmeld.

Of hulle kan my eers kontak by 0844 500 100 of

[email protected]

BELYDENISKLAS 2019Ons 1ste Belydeniskamp vir die jaar, o.l.v

ds. Wynand Breytenbach en dr. Tinus van Zyl

vind eerskomende naweek plaas.

Tieners julle moet dit geniet en veilig

terugreis.

Die eerste uitgawe

van die SIG

is vandag in die

voorportale

beskikbaar.

Page 4: 3 Februarie BlitSig - Durbanville Gemeente - Wie is ons Feb BlitSig.pdf · Dr. Tinus van Zyl (Doop) 09:00 Familiediens Ds. André Agenbag 18:00 DG Leef diens Ds. André Agenbag ADVERTEER

Offergawes en spesiale

bydraes kan ook d.m.v.

SNAPSCAN gegee word. As u

ʼn slimfoon het, is dit baie

maklik. Laai net die

SNAPSCAN App af en volg

die instruksies.

BESONDERHEDETel: 021 975 6370

E-pos:

[email protected]

Webblad:

www.durbanvillegemeente.co.za

Facebook:

Durbanville Gemeente

Instagram:

@durbanvillegemeente

@DG_Leef

Twitter:

@Dgemeente

DURBANVILLE GEMEENTE

BANKBESONDERHEDEABSA, Durbanville-tak,

Rekeningnommer: 141 058 0019

Naam: NG Gemeente Durbanville

Verwysing bv. Pienaar/MDO

KERKKANTOORKERKKANTOOR

NOMINASIES VIR DIE KERKRAAD 2019

WORD INGEWAGWat word vereis?

Mense wat geestelike leiding kan neem, diensbaar is,

visie draers kan wees, strategies kan dink en goeie

bestuurspraktyke kan bedink. Die oogmerk is ook

diversiteit t.o.v. geslag en ouderdomme.

As jy aan iemand dink wat hierdie gawes het, of weet dat

dit jou passie is, moet jy asb. na vore kom. Die nomi-

nasies sluit Maandag, 4 Februarie 2019. Nominasie-

vorms te kry by die kerkkantoor of in die portale.

Die Dagbestuur/Kerkraad sal die proses hanteer. Indien

jy weet van iemand wat toegerus is vir hierdie taak, dien

asb 'n nominasie in by die kerkkantoor OF per e-pos na

[email protected] in.

Die kerkraad sorg in afhanklikheid van ons Hemelse

Vader vir die geestelike pad en bestuur van die

gemeente.

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE

Die Katolieke Kerk bied vanjaar

Durbanville se gesamentlike

Wêreldbiddag vir Vroue-

byeenkoms aan.

Dit is Vrydag 1 Maart

om 10 uur.

Wanneer: Saterdag, 2 Maart 2019 om 10h00Waar: Durbanville GemeentesentrumToegang: R30

Mans ook welkom, want die tema is nie slegs vir vroue bedoel nie. Sy stel haar nuwe boek: “Toe-val-lig” ook bekend en sal te koop wees. Tee en verversings word bedien. Koop asb spoedig kaartjies, wél teen 25 Februarie ‘19.

AMORÉ BEKKER: “VROUE, GOD EN KOS”