28 Augustus 2015 1. SINODE VRYSTAAT NUUS: 2. NASIONALE ...

9
1 28 Augustus 2015 Kan julle al die lente ruik…? 1. SINODE VRYSTAAT NUUS: VORDERING MET DIE BOU VAN DIE NUWE SINODALE ARGIEF: Nadat ons ongeveer ‘n maand gelede vir julle oor die bou van die nuwe Argief ingelig het, het die bouers heelwat gevorder en wys ons graag weer die volgende gedeelte - klik hier om na nog ‘n paar foto’s te kyk. VROUELIDMATE VAN DIE NG KERK VRYSTAAT BIED AAN: ‘n Spesiale naweek (2 – 4 Oktober 2015) vir alle vroue- predikante en predikantsvroue in die Vrystaat, om te kom asemskep! Dié naweek vind by twee venues plaas sodat almal ‘n geleentheid kry om dit by te woon – kies die een naaste aan jou!: Bloemfontein – vir vroue Suid, Oos en Wes van Bloemfontein Plek: Menuha Spreker: Dr Johan Nel Tema: “Word stil en bons” Koste: R250 Sasolburg – vroue Noord van Bloemfontein Plek: 52 Oaks Gastehuis, Sasolburg Spreker: Ronell Burger Tema: “Die tyd is NOU!” Koste: R250 Oornag (R150 vir dagbesoekers) Besprekings vir hierdie bederfnaweek kan vanaf 27 Augustus 2015 by Joanie @ 051 406 6732 (k) gedoen word. 2. NASIONALE KONFERENSIE VIR ALLE VROUELIDMATE: Hierdie konferensie vir vrouelidmate in Suid- Afrika vind binnekort in Bloemfontein by die Afrikaanse Baptiste Kerk in Langenhovenpark, Bloemfontein plaas – registreer nou voor dit te laat is! Jaar 13 - Uitgawe 26 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za

Transcript of 28 Augustus 2015 1. SINODE VRYSTAAT NUUS: 2. NASIONALE ...

Page 1: 28 Augustus 2015 1. SINODE VRYSTAAT NUUS: 2. NASIONALE ...

1

28 Augustus 2015

Kan julle al die lente ruik…?

1. SINODE VRYSTAAT NUUS:

VORDERING MET DIE BOU VAN DIE NUWE SINODALE ARGIEF: Nadat ons ongeveer ‘n maand gelede vir julle oor

die bou van die nuwe Argief ingelig het, het die bouers heelwat gevorder en wys ons graag weer die volgende gedeelte - klik hier om na nog ‘n paar foto’s te kyk.

VROUELIDMATE VAN DIE NG KERK VRYSTAAT BIED AAN: ‘n Spesiale naweek (2 – 4 Oktober 2015) vir alle vroue-

predikante en predikantsvroue in die Vrystaat, om te kom asemskep! Dié naweek vind by twee venues plaas sodat almal ‘n geleentheid kry om dit by te woon – kies die een naaste aan jou!:

Bloemfontein – vir vroue Suid, Oos en Wes van Bloemfontein Plek: Menuha Spreker: Dr Johan Nel Tema: “Word stil en bons” Koste: R250

Sasolburg – vroue Noord van Bloemfontein Plek: 52 Oaks Gastehuis, Sasolburg Spreker: Ronell Burger Tema: “Die tyd is NOU!” Koste: R250 Oornag (R150 vir dagbesoekers)

Besprekings vir hierdie bederfnaweek kan vanaf 27 Augustus 2015 by Joanie @ 051 406 6732 (k) gedoen word.

2. NASIONALE KONFERENSIE VIR ALLE VROUELIDMATE: Hierdie konferensie vir vrouelidmate in Suid-

Afrika vind binnekort in Bloemfontein by die Afrikaanse Baptiste Kerk in Langenhovenpark, Bloemfontein plaas – registreer nou voor dit te laat is!

Jaar 13 - Uitgawe 26 Kontak ons:

[email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Page 2: 28 Augustus 2015 1. SINODE VRYSTAAT NUUS: 2. NASIONALE ...

2

3. GEMEENTES BIED AAN:

NG GEMEENTE SENEKAL-NOORD BIED AAN: Die bekende en gewilde sangeres, Juanita du

Plessis tree Vrydag 18 September 2015 om 19:00 ten bate van hierdie gemeente op by die Hoërskool Witteberg. Die koste beloop R100pp en daar sal ook verversings te koop wees. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar, kontak asseblief vir Ina Atkinson @ 083 379 9097.

Kyk ook by Herhalings, pt 11 vir gebeure wat by ander gemeentes plaasvind en reeds hier verskyn het: NG Bloemvallei: Basaar op 28/8 NG Odendaalsrus-Oos: Lentefees op 28/8 NG Hospitaalpark: Reënboogkermis op 29/8 NG Wesselsbron: Basaar op 29/8 NG Dealesville: Damestee met Sonja Herholdt op 5/9 NG Wilgehof: Lentetee met Hennie Smit op 5/9 - HIERDIE GELEENTHEID IS GEKANSELLEER! NG Virginia: 10-Jaar Feesvierings met Isak Davel op 5/9 en Deon & Alex op 6/9 Friends of ANDREW MURRAY Erediens: op 6/9 NG Hugenoot se Seniorbediening: Lentetee met Du Preez Stoltz op 12/9 NG Brandfort: Vleis Gholfdag op 12/9 NG Andrew Murray: Kunsuitstalling vanaf 14-18 Sep te Langenhovenpark NG Oranjeville: Lentefees op 26/9

4. SINODALE MOOIGENOEG KAMP 2015: Hierdie jaarlikse gewilde kamp vir graad 8 – 12 leerlinge, onder

leiding van dr Wollie Grobler, vind weer gedurende die komende skoolvakansie vanaf Saterdag 3 Oktober tot Vrydag 9 Oktober 2015 om 11:00, by die Mooigenoeg Kampterrein in Bloemfontein plaas. Klik hier vir meer besonderhede, sowel as die registrasievorm.

5. LIDMAATBEMAGTIGING: Soos verlede week beloof is, is inligting nou beskikbaar waar DVD’s en materiaal

van Nataniël, dr Brand Pretorius, dr Kobus Neethling en Leandie du Randt bestel kan word!

Bestel betyds vir die TOERUSTINGNAWEEK met hoë IMPAK (11 tot 13 September 2015), by http://dissipelvorming.bybelmedia.org.za, of skakel 0860 26 33 42.

Wat kry jy? ‘n DVD met sprekers - op die DVD is ‘n gids met ‘n joernaal en gespreksvrae en jy kan van die joernaal soveel kopieë maak soos benodig. Moet dit net oor dié naweek wees? Nee, maar wys ten minste die kort videosnit van die lidmaatbemagtigingspan tydens die naweek se erediens en vertel watter geleenthede julle gaan skep om die sprekers te sien en deel te neem. Vir meer navrae kontak dr Jannie le Roux by [email protected] of 072 127 5043.

6. KOM WOON ‘N “VERITAS”-GELEENTHEID BY: Veritas Vrystaat is bevoorreg om binnekort vir ds Ivan

Skinner van Veritas se hoofkantoor in Stellenbosch, te midde van sy "sendingreise" na Afrika, in Bloemfontein en Bethlehem te ontvang. Ivan is verantwoordelik vir Veritas se operasionele aktiwiteite in die sub-Saharalande. Die doel van sy besoek is om toeligting te kom gee rakende Veritas se bedrywighede en uit brei oor Veritas se visie vir Afrika en ander vastelande. Sy program is as volg en alle byeenkomste sal nie langer as ‘n uur duur nie – die aanbieding is in Afrikaans, behalwe in Qwa-Qwa:

Bloemfontein - Donderdag 17 September 2015 om 18:00 by die NG Gemeente Universitas

Qwa-Qwa - Vrydag 18 September 2015 om 14:00 by die VGK, Phuthaditjaba

Bethlehem - Vrydag 18 September 2015 om 18:00 – die plek sal aan Bethlehem Veritas-lede deurgegee word.

Fasiliteerders en hulle groepe word aangemoedig om dit by te woon, maar enige ander belangstellendes is ook welkom. Kom ervaar eerstehands hoe breed en diep die liggaam van Christus in Afrika werksaam is! Kontak gerus vir Herman Steyn @ 083 925 4133, of vir ds André Oosthuizen @ 082 3783 081) vir verdere navrae.

Page 3: 28 Augustus 2015 1. SINODE VRYSTAAT NUUS: 2. NASIONALE ...

3

7. RETREAT / OPLEIDING / WERKSWINKEL: Loer gerus na die volgende geleenthede wat in ons streek

aangebied word:

LEEF BEWUS, GENEES BEWUS – ‘N ASEMSKEP RETREAT:

Klik hier vir die program en hier vir die registrasievorm

WORD ‘N SENDELING VANUIT JOU HUIS DEUR DIE INTERNET TE GEBRUIK: Die NG Gemeente Hugenoot bied op

Saterdag 19 September 2015 vanaf 09:00 tot 12:00 ‘n opleidingsgeleentheid in die verband aan. Vir meer inligting, kontak die kerkkantoor by 051 436 2659.

SHEPHERD VBO-WERKSWINKEL - GEBOU OM TE HOU: BLOK 2 EMOSIONELE INTELLIGENSIE (EI) VIR EFFEKTIEWE BEDIENINGSGROEI/ONTWIKKELING: Die werkswinkels is oop vir alle leraars, eggenotes,

gemeenteleiers, sielkundiges, maatskaplike werkers en belangstellendes!

Aanbieders: Drs Annette Prins & Annette Weyers Datum: 2 - 4 November 2015 Tye: Dag 1: 13:00 - 16:00, Dag 2: 08:30 - 16:00, Dag 3: 08:30 - 13:00 Plek: Teologiese Fakulteit, Kamer 120, UV - Bloemfontein VBO-Punte: 20 per blok Koste: R1 400.00

Registrasieproses: SMS D25150 , naam en eposadres na 31029. Vroeë registrasies ontvang 10% afslag indien u 'n maand vooruit betaal. LW: Aanbieding onderhewig aan getalle.

8.

SE NASIONALE NAWEEK VAN GEBED TEEN PADSTERFTES - 10 & 11 OKTOBER 2015: Op versoek van die

Algemene Sinode se kantoor, gee ons graag hierdie inligting aan alle gemeentes/belangstellendes deur:

Highway Ministry bied hierdie gebedsnaweek aan met die tema, Padveiligheid begin by my. Daar word ʼn beroep gedoen op leiers van alle Christelike denominasies om tydens hierdie naweek te fokus op padveiligheid vanuit ʼn Bybelse perspektief. Gemeentes en organisasies kan die dag inklee deur onder andere Verkeersbeamptes en die Polisie te nooi om te praat oor wat hulle ervaar en beleef rakende padgebruikers se gedrag en ingesteldheid, asook oor wetsgehoorsaamheid. Klik hier vir meer besonderhede oor Highway Ministry, sowel as die beoogde naweek.

Page 4: 28 Augustus 2015 1. SINODE VRYSTAAT NUUS: 2. NASIONALE ...

4

9. BEROEPENUUS:

Ds SF (Fanus) Coetzee van die NG Gemeente Bethlehem-Noord, het op 23 Augustus 2015 demissie ontvang – hy is met vervroegde pensioen en gaan nou voltyds boer. Ons bid vir hom die seën van die Here toe op hierdie nuwe fase in sy lewe.

Proponent CF (Chris) van der Linde (ex UV 2014), het ‘n beroep na die NG Gemeente Petrusburg aangeneem en word binnekort as leraar bevestig. Seënwense word vir hom toegebid…

10. VAKATURES:

BYBEL-MEDIA - REGISTRATEUR NEHEMIA BYBELINSTITUUT (NBI): Die huidige Registrateur van Nehemia

Bybelinstituut (NBI) tree eersdaags af. NBI lei kerkleiers op en die persoon benodig, lewer ‘n diens aan studente van alle kerke dwarsoor Suid-Afrika. Klik hier vir volledige besonderhede oor dié pos – sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 11 September 2015.

Kyk ook by Herhalings, pt 11 vir ander vakante poste.

Vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante deur Kerkbode, gaan na www.kerkbode.co.za – klik dan op Meer - Vakatures.

11. NB! HERHALINGS VAN BERIGTE: Kennisgewings en inligting wat in ‘n vorige uitgawe van Vrypos verskyn

het, word hier vir jou gerief herhaal.

12. VERJAARSDAE: Baie geluk aan die leraars wat gedurende die komende week, hul verjaarsdae vier –

mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees:

30 Augustus: Ds André Oosthuizen - UNIVERSITAS - 082 378 3081, [email protected] Ds Hein Kotzé - UITSIG - 051 522 5588, 082 465 1402, [email protected]

1 September: Ds Stoffel Hellmuth - ONZE RUST - 051 522 5107, 082 417 3746, [email protected]

3 September: Ds Amos Kotze – KROONSTAD - 056 212 3328, 082 224 2222, [email protected]

13. TEN SLOTTE:

Groetnis tot volgende week.

THEA BOSMAN

Page 5: 28 Augustus 2015 1. SINODE VRYSTAAT NUUS: 2. NASIONALE ...

5

Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821

INDIEN U OP WIL , KLIK hier (meld asseblief ook u gemeente/dorp) VRYPOS INTEKEN

AS U WIL , KLIK hier (dit sal ‘n fout wees!) VRYPOS KANSELLEERGee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by [email protected] – stuur ook enige nuusgebeure, ensovoorts na

hierdie adres.

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

VAKATURE BYBEL-MEDIA – REGISTRATEUR VIR NEHEMIA BYBELINSTITUUT:

The Nehemiah Bible Institute (NBI) invites applications for the post of Registrar. A prescribed application form is available from [email protected] or 021 864 8258. CV must accompany the application (but not longer than one page), two letters of recommendation required, with references.

Main responsibilities: 1. Registration of students 2. Arrangements concerning assessment 3. Administration of certificates 4. Execution of sales orders 5. Management of stock 6. Assistance to facilitators and learning centres 7. Daily administration 8. Financial management 9. Arrangements concerning Board meetings 10. Participation in executive meetings

Professional and character requirements: 1. Computer literacy (competent in MS Word, Excel, etc); 2. Financial skills (ability to use Pastel will be an advantage) 3. Public relations and communication skills (ability to deal with public, students, facilitators) 4. Fluency in English, Afrikaans (and another SA language?) 5. Minimum academic qualification: Relevant post-matric training 6. Training in administrative and office management skills 7. Minimum of five years work experience (with references from previous employer/s) 8. Ability to work in a team 9. Willingness to subscribe to BM values

Employment: 1. To start working on 1st November, 2015 2. Salary will depend on qualifications and work experience (cost to company) 3. The office of the registrar is in Wellington

Closing date: 11 September 2015 E-mail application form, CV and two recommendation letters to [email protected]

TERUG NA INHOUD

HERHALINGS:

INHOUD:

1. ALGEMEEN:

KERKKALENDER – VAKANSIE, KERKLIKE FEES- EN BIDDAE & SKOOLKALENDER 2016: Vir diegene wat reeds begin beplan aan 2016, klik

Page 6: 28 Augustus 2015 1. SINODE VRYSTAAT NUUS: 2. NASIONALE ...

6

hier vir dié kalenders.

ONTHOU DIE DATUM! - #imagine ignite: Ds Rikus Hattingh van JONK Vrystaat, verwittig dat

indien daar enige jeugpredikante, jeugwerkers, ensovoorts is wat dit graag wil bywoon, hulle hom gerus by 084 620 6000 kan kontak. JONK Vrystaat wil graag diegene wat die geleentheid wil bywoon, subsidieer – klik hier vir die inligtingsbiljet.

GEMEENTES EN VROUELIDMATE - ONTHOU DIE DATUM 6 MAART 2016!: Gemeentes plaas

die volgende inligting asseblief op julle kalender vir 2016! Die Wêreldbiddag vir vroue is so ‘n unieke geleentheid en vroue regoor die wêreld moet dit saam vier! ‘n Gesamentlike Wêreldbiddag vir Vrouebyeenkoms van die NG Kerk, NGKA en VGK word beplan vir DV Sondag 6 Maart 2016 om 10:00 by die Tweetoringkerk (NG Bloemfontein in die middestad) – die gasspreker by hierdie geleentheid is die bekende skrywer, Maretha Maartens en alle vroue in die Bloemfontein-omgewing is welkom om dit by te woon. Vir meer inligting, kontak vir mev Cecile Strauss @ 083 395 2240, of vir Anso Steyn @ 082 773 2612.

2. GEMEENTES BIED AAN:

NG BLOEMVALLEI: Dié gemeente se basaar begin op Vrydag 28 Augustus 2015 vanaf 16:00 tot

laat! Hulle nooi almal uit om hul familie, vriende en bure saam te bring en ‘n heerlike plattelandse basaar te kom geniet – klik hier vir al die besonderhede.

NG ODENDAALSRUS-OOS: Hulle Lentefees vind ook op Vrydag 28 Augustus 2015 vanaf 12:00 op

die Odensia Primêre Skool se rugbyveld plaas. Dié skool se trompoppies gaan optree, daar gaan ‘n vlooimark wees (indien jy ‘n stalletjie wil bespreek, kontak vir Anita by die kerkkantoor, 057 354 1796). Die gemeente sal al die kosverkope by die basaar hanteer. Kom geniet ‘n lekker boeresport, ‘n duiweskou, die aand vind daar ‘n dans en ‘n steakbraai plaas – ‘n boereorkes en sangers sal hier optree, koste R120pp (kaartjies ook by kerkkantoor beskikbaar – indien iemand as gasvrou vir die aand wil optree, kontak vir Susan by 083 442 3038 / 083 460 7830.

NG HOSPITAALPARK: Hul Reënboogkermis vind op Saterdag 29 Augustus 2015 vanaf 09:00 tot

laat by hul kerkgebou plaas. Die NG Gemeente Paul Roux sal die vleisverkope hanteer, kom kyk gerus ook hier vir alle vleissnitte om aan te koop. Vir navrae oor hierdie geleentheid, kontak gerus vir Hantie by die kerkkantoor @ 051 522 3059 (k/u weeksdae vanaf 08:00 – 13:00).

NG WESSELSBRON (MOEDERGEMEENTE):

Page 7: 28 Augustus 2015 1. SINODE VRYSTAAT NUUS: 2. NASIONALE ...

7

NG DEALESVILLE MET SONJA HERHOLDT: ‘n Damestee word op Saterdag 5 September 2015 om

10:00 in die kerksaal van die gemeente aangebied, teen R100pp – vir navrae/besprekings, kontak vir Annamarie @ 051 811 0019.

NG VIRGINIA ‘10 JAAR VAN GENADE’- FEESVIERINGE VIR SEPTEMBER:

Saterdag die 5de: ‘n Ma-dogter/vroue-lentetee met akteur/sanger Izak Davel by die Merriespruit Laerskool om 09:30 vir 10:00 @ R100 pp.

Sondag die 6de: ‘n Genade-lofprysingsdiens met Deon en Alex om 09:30 in die kerkgebou.

FRIENDS OF ANDREW MURRAY-EREDIENS: Op Sondag 6 September 2015 om 09:00 vind hierdie

spesiale diens by Andrew Murray Community Church te Alexandralaan 34, Bloemfontein plaas. Almal word uitgenooi om by hulle aan te sluit vir die vreugdevolle gebeurtenis. Die Canto Amici koor onder leiding van Joanita Erasmus-Alt en begeleiding deur Maretha Steyn, sal deel vorm van dié lofprysingsdiens. Toegang is gratis, daar sal wel ‘n kollekte opgeneem word om die koste te dek.

NG HUGENOOT: Hul Seniorbediening, Herfsvreugde, bied op Saterdag 12 September 2015 om

10:00 by die Bloukerk in Bayswater, ‘n spesiale lentetee met die sanger Du Preez Stoltz aan. Kaartjies kos R40pp en besprekings moet vóór 4 September, gedurende kantoorure by Elna Venter @ 051 436 2659 gedoen word.

NG BRANDFORT: Klik hier vir meer besonderhede

KUNSUITSTALLING – NG ANDREW MURRAY: Hiermee word alle kunsliefhebbers uitgenooi na ‘n

uitstalling van oorpronklike olie-, water- en pastelverf skilderye deur Johan van Rensburg, ten bate van die Andrew Murray gemeente in Bloemfontein. Fondse wat by hierdie geleentheid ingesamel word, gaan aangewend word om ‘n Clavinova instrument aan te koop vir gebruik tydens lofprysingsgeleenthede in die eredienste. Die uitstalling vind vanaf 14 - 18 September 2015, vanaf 09:00 - 12:00 en weer vanaf 14:00 - 19:00 by die Prestige Gallery te CM van den Heeverstraat 13 in Langenhovenpark, plaas. Vir meer inligting, kontak vir Johan by 051 446 2547, of die kerkkantoor by 051 430 4670.

NG ORANJEVILLE SE LENTEFEES: Hierdie geleentheid vind op Saterdag 26 September 2015 vanaf

08:00 by die kerksaal te Malanstraat 42, plaas. Die volgende lekkernye en aktiwiteite sal beskikbaar wees: Pannekoek, sosaties, boereworsrolle, kerrie en rys ‘n Lekkergoed- en poedingtafel ‘n Vleistafel (billike pryse) – vleis kan vooraf bestel word by kontaknommer hieronder ‘n Teetuin met heerlike gebak ‘n Pretstap en muntlegging ‘n Veiling Tentoonstelling van antieke motors Treintjieritte vir die kinders Vir navrae, kontak vir Nunette @ 072 246 8100

Page 8: 28 Augustus 2015 1. SINODE VRYSTAAT NUUS: 2. NASIONALE ...

8

3. KONFERENSIE:

DIE BEVORDERING VAN MISSIONALE DIAKONAAT IN AFRIKA:

Klik hier vir die registrasievorm

4. VAKATURES:

MEDELERAAR – NG GEMEENTE PELLISSIER: Hierdie vakature is onlangs bekend gestel – klik hier

vir meer besonderhede – sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 4 September 2015.

MAATSKAPLIKE WERKERS – ENGO GESINSORG: Vakatures vir maatskaplike werkers (voldag

poste) in Virginia, Viljoenskroon en Bloemfontein is tans beskikbaar, klik hier vir meer inligting – sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 7 September 2015.

TERUG NA INHOUD

#imagine ignite:

TERUG NA INHOUD

Page 9: 28 Augustus 2015 1. SINODE VRYSTAAT NUUS: 2. NASIONALE ...

9

VAKATURE MEDELERAAR - NG GEMEENTE PELLISSIER, BLOEMFONTEIN:

Pellissier is ’n vernuwende, dinamiese, makrogemeente in die suid-weste van Bloemfontein wat ongeveer 5 400 lidmate bedien. Alle belangstellende leraars, wat hulle tuis sal voel in ’n gemeente wat daarin poog om relevant kerk te wees in ’n snel veranderende omgewing, word hiermee uitgenooi om aansoek te doen vir dié pos.

LERAARSPROFIEL: Die geskikte kanditaat is ’n dinamiese gelegitimeerde met bedieningservaring (verkieslik nie ouer as 45 nie), iemand wat hou van kreatiewe eredienste en wat oor goeie kommunikasievaardighede beskik, maklik in spanverband kan saamwerk, goeie pastorale vaardighede het en oor sterk leierseienskappe beskik.

FOKUSAREAS VAN DIE POS:

Alle fasette van gemeentewerk Spesifiek verantwoordelik wees vir die gemeente se omgeegroepbediening

VERGOEDING: Onderhandelbaar volgens die riglyne van die Vrystaat Sinode.

AANSOEKE: E-pos jou CV na [email protected] (indien jy jou MBTI-profiel of enige ander gedragstyl-analise laat doen het, heg asseblief die profiel aan). Indien jy deel vorm van die kortlys, sal jy gekontak word vir ‘n gestruktureerde keuringsproses, wat ‘n onderhoud op ‘n datum, tyd en plek soos deur die keuringspaneel bepaal, insluit.

SLUITINGSDATUM: Vrydag 4 September 2015.

NAVRAE KAN GERIG WORD AAN: Charles James (Spanleier), 082 322 5484, of [email protected]

TERUG NA INHOUD

VAKATURE – MAATSKAPLIKE WERKERS:

By Virginia, Viljoenskroon en Bloemfontein

Posvereistes: 1. Geregistreer by SA Raad van Maatskaplike diens professie (SACSSP) 2. Geldige rybewys 3. Afrikaans & Engels magtig

Voordele: 1. Salaris onderhandelbaar 2. Diensbonus 3. Pensioenfonds 4. Verlof

Sluitingsdatum: Maandag 7 September 2015

Faks CV’s aan: 051 522 2508

E-pos: [email protected] / [email protected]

Navrae: Madelein / Gerda 051 407 7232

Adres: Van Heerdenweg 22 Wilgehof, Bloemfontein 9301

Die werkgewer behou die reg om nie die vakatures te vul nie. Suksesvolle kandidate sal binne vier weke in kennis gestel word of die aansoek suksesvol was al dan nie. Indien geen terugvoer ontvang is in die vier weke tydperk nie, moet

aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

TERUG NA INHOUD

150 Jaar – Onblusbaar