25 March 2016, PLATINUM WEEKLY, 50 Marais Street, Tel: 014 ... · Die Highlanders speel volgende...

1
p 15 25 March 2016, PLATINUM WEEKLY, 50 Marais Street, Tel: 014 592 9686, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected] Rustenburg – Die nuwe leiers vir 2016 is aangewys vir Magalieskruin Voortrekkers. Dit is ‘n besonderse jaar om te dien aangesien Die Voortrekkers hul 85ste bestaansjaar vier. Op die foto is die leiers as volg: Heel agter Carien van Niekerk (Offisier), heel voor is die Kommando jeugleiers Martionette Booyse en Ghijon de Kock, die tweede ry is die Hoofspanleiers Bianca Roberts en Wian van der Merwe en die derde ry is die Onderspanleiers Angelique Roberts en Eugene Huyser. Voorspoed vir hul diensjaar en onthou om die verskil te wees! Vir meer inligting, kontak Carien van Niekerk graag by 073-192 8850. Rustenburg – Congratulations to (from left) Adivaho Tshivihavio, Nyico Marrengue and Adi Tshivhiahuvhi of Grenville High School who participated in the SA Schools Athletics National High Schools Track & Field Championships in Bloemfontein from 16-19 March 2016. Hurricanes vs Force In Palmerston North draai die Canes die krane oop in die tweede helfte en ransel die Force behoorlik af ou grote. Hulle wen 41-6. Die voorspelers van die Canes het nie hul gelyke wat balhantering en verspreiding aanbetref nie. Die Force was op die ou einde van die dag net eenvoudig oorweldig deur puik Kiwi ruggas. Die Force reis volgende Hamilton toe om teen die Chiefs te loop speel en die Canes speel teen die Kings in Wellington. Waratahs vs Highlanders Die Highlanders behaal ‘n welverdiende oorwinning oor die Tahs in Sydney en wen 30- 26. Die rustyd telling was 22-0 in die kampioene se guns, maar die Tahs het egter verbete terug geveg, maar kon nie die doodskoot plaas nie. Die Highlanders speel volgende teen die Rebels in Melbourne met die Waratahs wat in ‘n Aussie derby kragte gaan meet met die Reds in Brisbane. Bulle vs Haaie Op Fort Loftus speel die twee aartsvyande toe gelykop ou grote, 16 elk. Hierdie is ‘n game wat die Haaie se losskakel, Joe Pietersen, nog baie jare sal onthou. Marcell Coetzee was weereens briljant en dwing ‘n strafskop af – reg onder die Bulle se pale, en raai wat… Joe mis toe die skop! Die Haaie speel volgende teen die Crusaders in die Haaitenk met die Bulle wat ‘n welverdiende loslootjie het. Sunwolves vs Rebels In Singapoer veroorsaak die Aussies ‘n rebellie en klop die Japannese Wolwe verspotmaklik 35-9. Japan se nuweling stel baie teleur tot op hede ou grote. Die Wolves speel volgende teen die Bulle in Singapoer met die Rebels wat ‘n taai game teen die Highlanders in Melbourne gaan hê. Crusaders vs Kings Die Kiwi’s speel behoorlik kat en muis met die konings en wen verspotmaklik 57-24 en die telling vlei eintlik die Kings ou grote. Die Kings is nou behoorlik ‘n verleentheid vir SA Ruggas. Hulle speel volgende teen die Hurricanes in Wellington met die Crusaders wat SA toe moet reis om teen die Haaie in Durban te speel. Reds vs Blues Beide hierdie spanne se coaches het seer sekerlik vuur gespoeg oor die twee spanne se verbroude kanse om die game te kon wen. Albei spanne het beter ruggas opgedis, maar is nie reg om saam met die groot honde te blaf nie. Die Blues het volgende ‘n loslootjie met die Reds wat tuis teen die Waratahs gaan koppe stamp. Leeus vs Cheetahs “Who let the dogs out? Whoof-Whoof!” het die Brakpan kopdokter seker vir Akker en kie gevra... Die hel was behoorlik los op Ellispark ou grote. Die Jo’burgers was behoorlik warm en hardloop die Blikore heeltemal deurmekaar en wen 39-22. Slegte nuus vir die Leeus is dat Elton Jantjies vir twee of meer maande nie beskikbaar gaan wees nie – weens ‘n gebreekte gewrig. Dit is ‘n geweldige groot terugslag vir die Jo’burgers, want die mannetjie was pure Leeu en die spil waarom hul bewegings tot dusver gedraai het. Die Vrystaters het probleme, en dit is nie Naka en trawante nie... Die Leeus het volgende ‘n loslootjie met die Cheetahs wat die omgekrapte Brumbies in Bloem in die oë moet gaan kyk. Stormers vs Brumbies Op Nuweland moes die Kapenaars letterlik en figuurlik hard baklei om die onoorwonne Aussies met 31-11 te klop. Dit was woes en die vuiste het soms die praatwerk gedoen. Maar die harde baarde van die Kaap het hulle nie laat rondruk deur die rammetjie nekke van doer onder nie. Die Stormers reis Buenos Aires toe om teen die Jaguares te gaan speel met die Brumbies wat Bloem toe reis om teen die tjankende Cheetahs te gaan speel. Jaguares vs Chiefs Die Kiwi’s wen op dramatiese wyse in Buenos Aires 30-26. Alle krediet egter aan die Chiefs wat tot op die einde bly veg het. Die Jaguares speel volgende tuis teen die Stormers met die Chiefs wat in Hamilton teen die Force moet speel. Nag ou grote… Rustenburg Bakgatla-Ba-Kgafela Development and Welfare npc (BBKDW npc) in partnership with Nedbank supported the 60-year old Dinkwe Primary School in Sandfontein with a much needed facelift on Thursday, 10 March 2016. As part of their initiative to support the creation of better lives and stronger communities within the Bakgatla-Ba-Kgafela re- gions, BBKDW npc and Nedbank donated painting materials that were used to revamp the school. Teachers, members of the School Governing Body, parents, Nedbank employees and some of BBKDW npc’s senior manag- ers devoted their time to re-paint the school. “We at BBKDW npc deeply care about the communities we serve, and are delighted to help the youngsters at this school,” Managing Director of BBKDW npc, Mr Lehlohonolo Chabeli said. NW – The North West Junior Open held at Sun City on 6 March 2016 was a great success with Andre van Dyk crowned as the champion. The following results were achieved: U/19 Gross: • 1st - Herman Anderson (Klerksdorp), • 2nd - Sheldon Lee van der Berg (Rustenburg). U/19 Nett: • 1st - Ren van Zyl (Rustenburg), • 2nd - Hansie Nortje (Zeerust). U/17 Gross: • 1st - Ray Janse van Rensburg (Mooi- nooi), • 2nd - Christoff Enslin (Rustenburg). U/17 Nett: • 1st - Heinrich van Heerden (Klerksdorp), • 2nd - Henko Naude (Rustenburg). U/15 Gross: • 1st - Andre van Dyk (Klerksdorp), •2nd - Jaco Anderson (Klerksdorp). U/15 Nett: • 1st - Tiaan Diedericks (Leopard Park), • 2nd - Thapelo Maichotlo (Klerksdorp). U/13 Gross: • 1st - Leonard Bevan (Leopard Park), • 2nd - Rorisang NKosi (Pecanwood). U/13 Nett: • 1st - Nehann Robbetze (Brits), • 2nd - Charl Naude (Rustenburg). U/11 Gross: • 1st - Janko van der Merwe (Brits), • 2nd - Jor- dan Goosen (Mooinooi). U/11 Nett: • 1St - Anica Swart (Potchefstroom), 2nd - Lehané Pretorius (Potchef- stroom), • 2nd - Duan Pieters (Orkney). An after picture after the re-vamp. Ren van Zyl van Rustenburg. Magalieskruin se jeug lei Super Rugby – Week 4 Dinkwe Primary School’s facelift NW GOLF NEWS

Transcript of 25 March 2016, PLATINUM WEEKLY, 50 Marais Street, Tel: 014 ... · Die Highlanders speel volgende...

Page 1: 25 March 2016, PLATINUM WEEKLY, 50 Marais Street, Tel: 014 ... · Die Highlanders speel volgende teen die Rebels in Melbourne met die Waratahs wat in ‘n Aussie derby kragte gaan

p 1525 March 2016, PLATINUM WEEKLY, 50 Marais Street, Tel: 014 592 9686, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected]

Rustenburg – Die nuwe leiers vir 2016 is aangewys vir Magalieskruin Voortrekkers. Dit is ‘n besonderse jaar om te dien aangesien Die Voortrekkers hul 85ste bestaansjaar vier. Op die foto is die leiers as volg: Heel agter Carien van Niekerk (Offisier), heel voor is die Kommando jeugleiers Martionette Booyse en Ghijon de Kock, die tweede ry is die Hoofspanleiers Bianca Roberts en Wian van der Merwe en die derde ry is die Onderspanleiers Angelique Roberts en Eugene Huyser. Voorspoed vir hul diensjaar en onthou om die verskil te wees!Vir meer inligting, kontak Carien van Niekerk graag by 073-192 8850.

Rustenburg – Congratulations to (from left) Adivaho Tshivihavio, Nyico Marrengue and Adi Tshivhiahuvhi of Grenville High School who participated in the SA Schools Athletics National High Schools Track & Field Championships in Bloemfontein from 16-19 March 2016.

Hurricanes vs ForceIn Palmerston North draai die Canes die krane oop in die tweede helfte en ransel die Force behoorlik af ou grote. Hulle wen 41-6. Die voorspelers van die Canes het nie hul gelyke wat balhantering en verspreiding aanbetref nie. Die Force was op die ou einde van die dag net eenvoudig oorweldig deur puik Kiwi ruggas. Die Force reis volgende Hamilton toe om teen die Chiefs te loop speel en die Canes speel teen die Kings in Wellington.Waratahs vs HighlandersDie Highlanders behaal ‘n welverdiende oorwinning oor die Tahs in Sydney en wen 30-26. Die rustyd telling was 22-0 in die kampioene se guns, maar die Tahs het egter verbete terug geveg, maar kon nie die doodskoot plaas nie. Die Highlanders speel volgende teen die Rebels in Melbourne met die Waratahs wat in ‘n Aussie derby kragte gaan meet met die Reds in Brisbane.Bulle vs HaaieOp Fort Loftus speel die twee aartsvyande toe gelykop ou grote, 16 elk. Hierdie is ‘n game wat die Haaie se losskakel, Joe Pietersen, nog baie jare sal onthou. Marcell Coetzee was weereens briljant en dwing ‘n strafskop af – reg onder die Bulle se pale, en raai wat… Joe mis toe die skop! Die Haaie speel volgende teen die Crusaders in die Haaitenk met die Bulle wat ‘n welverdiende loslootjie het.Sunwolves vs RebelsIn Singapoer veroorsaak die Aussies ‘n rebellie en klop die Japannese Wolwe verspotmaklik 35-9. Japan se nuweling stel baie teleur tot op hede ou grote. Die Wolves speel volgende teen die Bulle in Singapoer met die Rebels wat ‘n taai game teen die Highlanders in Melbourne gaan hê.Crusaders vs KingsDie Kiwi’s speel behoorlik kat en muis met die konings en wen verspotmaklik 57-24 en die telling vlei eintlik die Kings ou grote. Die Kings is nou behoorlik ‘n verleentheid vir SA Ruggas. Hulle speel volgende teen die Hurricanes in Wellington met die Crusaders wat SA toe moet reis om teen die Haaie in Durban te speel.Reds vs BluesBeide hierdie spanne se coaches het seer sekerlik vuur gespoeg oor die twee spanne se verbroude kanse om die game te kon wen. Albei spanne het beter ruggas opgedis, maar is nie reg om saam met die groot honde te blaf nie. Die Blues het volgende ‘n loslootjie met die Reds wat tuis teen die Waratahs gaan koppe stamp.Leeus vs Cheetahs“Who let the dogs out? Whoof-Whoof!” het die Brakpan kopdokter seker vir Akker en kie gevra... Die hel was behoorlik los op Ellispark ou grote. Die Jo’burgers was behoorlik warm en hardloop die Blikore heeltemal deurmekaar en wen 39-22. Slegte nuus vir die Leeus is dat Elton Jantjies vir twee of meer maande nie beskikbaar gaan wees nie – weens ‘n gebreekte gewrig. Dit is ‘n geweldige groot terugslag vir die Jo’burgers, want die mannetjie was pure Leeu en die spil waarom hul bewegings tot dusver gedraai het. Die Vrystaters het probleme, en dit is nie Naka en trawante nie... Die Leeus het volgende ‘n loslootjie met die Cheetahs wat die omgekrapte Brumbies in Bloem in die oë moet gaan kyk.Stormers vs BrumbiesOp Nuweland moes die Kapenaars letterlik en figuurlik hard baklei om die onoorwonne Aussies met 31-11 te klop. Dit was woes en die vuiste het soms die praatwerk gedoen. Maar die harde baarde van die Kaap het hulle nie laat rondruk deur die rammetjie nekke van doer onder nie. Die Stormers reis Buenos Aires toe om teen die Jaguares te gaan speel met die Brumbies wat Bloem toe reis om teen die tjankende Cheetahs te gaan speel.Jaguares vs ChiefsDie Kiwi’s wen op dramatiese wyse in Buenos Aires 30-26. Alle krediet egter aan die Chiefs wat tot op die einde bly veg het. Die Jaguares speel volgende tuis teen die Stormers met die Chiefs wat in Hamilton teen die Force moet speel.Nag ou grote…

Rustenburg – Bakgatla-Ba-Kgafela Development and Welfare npc (BBKDW npc) in partnership with Nedbank supported the 60-year old Dinkwe Primary School in Sandfontein with a much needed facelift on Thursday, 10 March 2016. As part of their initiative to support the creation of better lives and stronger communities within the Bakgatla-Ba-Kgafela re-gions, BBKDW npc and Nedbank donated painting materials that were used to revamp the school. Teachers, members of the School Governing Body, parents, Nedbank employees and some of BBKDW npc’s senior manag-ers devoted their time to re-paint the school. “We at BBKDW npc deeply care about the communities we serve, and are delighted to help the youngsters at this school,” Managing Director of BBKDW npc, Mr Lehlohonolo Chabeli said.

NW – The North West Junior Open held at Sun City on 6 March 2016 was a great success with Andre van Dyk crowned as the champion. The following results were achieved:U/19 Gross: • 1st - Herman Anderson (Klerksdorp), • 2nd - Sheldon Lee van der Berg (Rustenburg).U/19 Nett: • 1st - Ren van Zyl (Rustenburg), • 2nd - Hansie Nortje (Zeerust).U/17 Gross: • 1st - Ray Janse van Rensburg (Mooi-nooi), • 2nd - Christoff Enslin (Rustenburg).U/17 Nett: • 1st - Heinrich van Heerden (Klerksdorp), • 2nd - Henko Naude (Rustenburg).U/15 Gross: • 1st - Andre van Dyk (Klerksdorp), •2nd - Jaco Anderson (Klerksdorp).U/15 Nett: • 1st - Tiaan Diedericks (Leopard Park), • 2nd - Thapelo Maichotlo (Klerksdorp).U/13 Gross: • 1st - Leonard Bevan (Leopard Park), • 2nd - Rorisang NKosi (Pecanwood).U/13 Nett: • 1st - Nehann Robbetze (Brits), • 2nd - Charl Naude (Rustenburg).U/11 Gross: • 1st - Janko van der Merwe (Brits), • 2nd - Jor-dan Goosen (Mooinooi).U/11 Nett: • 1St - Anica Swart (Potchefstroom), 2nd - Lehané Pretorius (Potchef-stroom), • 2nd - Duan Pieters (Orkney).

An after picture after the re-vamp.

Ren van Zyl van Rustenburg.

Magalieskruin se jeug lei

Super Rugby – Week 4

Dinkwe Primary School’s facelift

NW GOLF NEWS