23 Bulletin Mei - Gene LouO/11 netbaltoernooi: Laerskool Welgemoed op Saterdag, 19 Mei 2018 Ons...

6
Uit die kantoor MNR. A.C. VAN DER WESTHUIZEN Mnr. Van der Westhuizen sterk aan in die hospitaal na sy operasie op 23 April. Ons dink aan hom in ons gebede gedurende sy herstelproses. PERSONEELSAKE Mej. Anuschka Greeff, die LO-instrukteur, het bedank. Sy het ’n pos in Somerset -Wes waar sy woonagtig is, aanvaar. Mej. Greeff is tot die einde van Mei werksaam by ons. Alle sukses word haar toegewens in haar nuwe werksomgewing. TYGERBERG EISTEDDFOD Baie geluk aan ons Junior- en Seniorkoor met hul puik prestasies tydens die Tygerberg Eisteddfod wat by Hoërskool Parow aangebied is. Die Juniorkoor het 91,33% behaal en die Seniorkoor 93%. Baie dankie aan elke koorlid vir die ywer, selfdissipline en entoesiasme wat ten toon gestel is. Baie dankie ook aan mej. M. Martinson en mev. E. Germishuys vir die geweldige bydrae wat hulle lewer tot die uiters hoë gehalte koorsangoptredes. Alle sterkte word die Seniorkoor met die voorbereiding van die Applous Koor-streekfees en Wêreld Koorspele toegewens. KANSELLASIE VAN SPORTOEFENINGE EN WEDSTRYDE Maak asseblief seker dat u kind weet waar om u te ontmoet as u hom/haar by die skool kom haal, indien sportaktiwiteite gekanselleer word. RAPPORTEER BY ONTVANGS Daar is ouers wat by die voordeur inkom en dan direk na hul kind se klas gaan. Daar is verskeie redes hoekom ons nie ouers in die gange wil hê nie. Ongelukkig steur party ouers hul glad nie aan sulke versoeke nie. As u laat is, moet u die rede in ‘n boek skryf. Die leerder moet nie na die klas vergesel word nie. Indien die leerder nie weet waar die klas is nie, sal daar gereël word dat die leerder in die voorportaal gehaal word. Vir die veiligheid van ons kinders, het ons almal se samewerking in die verband nodig. OUERS OP DIE TERREIN SOGGENS Daar is nog steeds ouers wat hul kinders se tas dra en hul tot by die klas vergesel. Teen die tyd behoort leerders selfstandig te wees om alleen vanaf die hekkie tot by die klas te stap. Onthou net u is vir die meerderheid van die leerders ‘n vreemde persoon op die perseel. 23 Mei 2018 Bulletin 15 www.genelouw.co.za postmaster @genelouw.co.za

Transcript of 23 Bulletin Mei - Gene LouO/11 netbaltoernooi: Laerskool Welgemoed op Saterdag, 19 Mei 2018 Ons...

Page 1: 23 Bulletin Mei - Gene LouO/11 netbaltoernooi: Laerskool Welgemoed op Saterdag, 19 Mei 2018 Ons O/11A- en B-netbalspanne het albei aan Laerskool Welgemoed se netbaltoernooi deelgeneem.

Uit die kantoor

MNR. A.C. VAN DER WESTHUIZEN Mnr. Van der Westhuizen sterk aan in die hospitaal na sy operasie op 23 April. Ons dink aan hom in ons gebede gedurende sy herstelproses. PERSONEELSAKE Mej. Anuschka Greeff, die LO-instrukteur, het bedank. Sy het ’n pos in Somerset-Wes waar sy woonagtig is, aanvaar. Mej. Greeff is tot die einde van Mei werksaam by ons. Alle sukses word haar toegewens in haar nuwe werksomgewing. TYGERBERG EISTEDDFOD Baie geluk aan ons Junior- en Seniorkoor met hul puik prestasies tydens die Tygerberg Eisteddfod wat by Hoërskool Parow aangebied is. Die Juniorkoor het 91,33% behaal en die Seniorkoor 93%. Baie dankie aan elke koorlid vir die ywer, selfdissipline en entoesiasme wat ten toon gestel is. Baie dankie ook aan mej. M. Martinson en mev. E. Germishuys vir die geweldige bydrae wat hulle lewer tot die uiters hoë gehalte koorsangoptredes. Alle sterkte word die Seniorkoor met die voorbereiding van die Applous Koor-streekfees en Wêreld Koorspele toegewens. KANSELLASIE VAN SPORTOEFENINGE EN –WEDSTRYDE Maak asseblief seker dat u kind weet waar om u te ontmoet as u hom/haar by die skool kom haal, indien sportaktiwiteite gekanselleer word. RAPPORTEER BY ONTVANGS Daar is ouers wat by die voordeur inkom en dan direk na hul kind se klas gaan. Daar is verskeie redes hoekom ons nie ouers in die gange wil hê nie. Ongelukkig steur party ouers hul glad nie aan sulke versoeke nie. As u laat is, moet u die rede in ‘n boek skryf. Die leerder moet nie na die klas vergesel word nie. Indien die leerder nie weet waar die klas is nie, sal daar gereël word dat die leerder in die voorportaal gehaal word. Vir die veiligheid van ons kinders, het ons almal se samewerking in die verband nodig. OUERS OP DIE TERREIN SOGGENS Daar is nog steeds ouers wat hul kinders se tas dra en hul tot by die klas vergesel. Teen die tyd behoort leerders selfstandig te wees om alleen vanaf die hekkie tot by die klas te stap. Onthou net u is vir die meerderheid van die leerders ‘n vreemde persoon op die perseel.

23 Mei

2018

Bulletin 15

www.genelouw.co.za postmaster @genelouw.co.za

Page 2: 23 Bulletin Mei - Gene LouO/11 netbaltoernooi: Laerskool Welgemoed op Saterdag, 19 Mei 2018 Ons O/11A- en B-netbalspanne het albei aan Laerskool Welgemoed se netbaltoernooi deelgeneem.

2

AFSLUITING VAN PINKSTER: OPE-SAAL GRAAD 1 Die Graad 1’s het die Pinkster afgesluit met ‘n Ope-saal waar ouers genooi is om die geleentheid by te woon. Die Graad 1’s het hul baie goed van hul taak gekwyt en hul optrede en die boodskap sal nog lank by hul en by ons bly. Baie dankie aan die Graad 1-opvoeders vir die beplanning en inoefening om van hierdie geleentheid ‘n sukses te kon maak.

BELANGRIKE DATUMS

MEI

Do. 24 APPLOUS KOORSTREEKFEES: GENE LOUW SENIORKOOR OPTREDE

O/10A-netbal: Eversdal

Sa. 26 O/13AB-hokkie: Hermanus

Stellenbosch Eisteddfod: JNR & SNR Kore (Endlersaal)

Wo. 30 GR. 6 & 7 SPORT- & KULTUUR-MERIETETOEKENNINGS

Do. 31 SPORT EINDIG

LEERONDERSTEUNINGSKLASSE EINDIG

O/13A-rugby 10’s: Eversdal

JUNE

Vr. 1 GSF SPORT- & KULTUUR-MERIETETOEKENNINGS

BIBLIOTEEK SLUIT! Alle boeke moet asb. ingehandig wees.

Seniorkoor-werkswinkel (13:45-16:00)

Sa. 2 O/7 – O/9CDEF Mini-Netbal Sportdag

PERSONEEL VERJAARDAE

Junie 05 : Mev. M. Strydom 15 : Mev. C. van Wyk 15 : Mev. M. Venter 17 : Mej. M. van der Westhuizen 19 : Mev. Sarie Afrika

Page 3: 23 Bulletin Mei - Gene LouO/11 netbaltoernooi: Laerskool Welgemoed op Saterdag, 19 Mei 2018 Ons O/11A- en B-netbalspanne het albei aan Laerskool Welgemoed se netbaltoernooi deelgeneem.

3

Page 4: 23 Bulletin Mei - Gene LouO/11 netbaltoernooi: Laerskool Welgemoed op Saterdag, 19 Mei 2018 Ons O/11A- en B-netbalspanne het albei aan Laerskool Welgemoed se netbaltoernooi deelgeneem.

4

Netbaluitslae

Die O/11E-span wen 6 – 0 teen Bastion.

O/11F-span verloor 1 – 3 teen Bastion.

O/11 netbaltoernooi: Laerskool Welgemoed op Saterdag, 19 Mei 2018 Ons O/11A- en B-netbalspanne het albei aan Laerskool Welgemoed se netbaltoernooi deelgeneem. Die O/11A-span het teen Mikro, Van Riebeeckstrand, Kenridge, Bastion en Welgemoed gespeel en al hulle wedstryde gewen. Hulle is dus as baanwenners aangewys en het medaljes verower. Die O/11B-span het teen Eversdal, Welgemoed, Vredelust, Bellpark en Bastion gespeel en ongelukkig een wedstryd verloor.

GENE LOUW

OPPONENT

O/11C wen 4 0

O/11D wen 2 0

O/12A verloor 9 11

O/12B wen 14 1

O/12C verloor 5 6

O/12D gelykop 6 6

O/12 E wen 3 0

O/13A wen 27 14

O/13B wen 12 9

O/13C wen 9 3

O/13D wen 18 4

O/13E wen 9 4

GENE LOUW

OPPONENT

O/9A gelykop 6 6

O/9B verloor 0 7

O/9C verloor 0 5

O/9D wen 4 3

O/9 E verloor 2 4

O/10A wen 7 6

O/10B verloor 4 7

O/10C verloor 0 14

O/10D verloor 1 3

O/10E verloor 2 12

O/11A verloor 8 11

O/11B verloor 5 6

Vir die herstel of vervang van ritssluiters op reën- en

sweetpakbaadjies, asook herstel van knieë van sweetpakbroeke, skakel Trozelle-klere by 021 976 2678.

Netbalwedstryde teen Eversdal: 16 Mei 2018

Page 5: 23 Bulletin Mei - Gene LouO/11 netbaltoernooi: Laerskool Welgemoed op Saterdag, 19 Mei 2018 Ons O/11A- en B-netbalspanne het albei aan Laerskool Welgemoed se netbaltoernooi deelgeneem.

5

Hokkieuitslae Ons spanne het teen Laerskool Curro gespeel. Die eindtellings is soos volg:

Meisies

O/7A O/8A O/8B O/8C O/9A O/9B

gelykop wen 5 – 1 wen 5 – 0 wen 2 – 0 wen 3 – 1 gelykop 3 – 3

O/10A O/10B O/11A O/11B O/13A O/13B

wen 3 – 2 wen 3 – 0 3wen 2 – 0 wen 1 – 0 verloor 0 – 1 wen 5 – 1

Seuns

O/7A O/7B O/8A O/8B O/8C O/9A O/9B

wen 3 – 1 verloor 1 – 0 wen 2 – 0 wen 8 – 0 wen 5 – 0 gelykop 4 – 4 wen 5 – 3

O/10A O/11A O/13B O/13C

verloor 2 – 3 wen 4 – 0 verloor 4 – 0 gelykop 0 – 0

HERWINNING : DONDERDAGOGGENDE

07:00 – 08:30

Ons ontvang papier, karton en leë inkhouers vir ons herwinningsprojek. Ongelukkig aanvaar ons nie meer plastiek en glas nie. Daar sal houers op die sypaadjie wees waarin die items geplaas kan word. Die Herwinningsspan sal aan diens wees om u te help.

KLEREBANK

Die klerebank sluit op Donderdag 31 Mei en sal weer op Donderdag 19 Julie heropen.

Page 6: 23 Bulletin Mei - Gene LouO/11 netbaltoernooi: Laerskool Welgemoed op Saterdag, 19 Mei 2018 Ons O/11A- en B-netbalspanne het albei aan Laerskool Welgemoed se netbaltoernooi deelgeneem.

6

0861 227388

Preferred Security Service Provider,

protecting Gene Louw Primary School

TOP CARPETS

THE PROFESSIONAL FLOORING GROUP

DIE PROFESSIONELE VLOERGROEP

The Professional Flooring Group

Tel: 021 981 7040/1

Thank you to our sponsors who support

us financially.

Baie dankie aan die borge wat ons finansieel

ondersteun.