2013 PRODUKKATALOGUS - Pannar Seed tipe plante wat verbou kan word, asook hulle uiteindelike...

48
Prestasie beproefde saad

Transcript of 2013 PRODUKKATALOGUS - Pannar Seed tipe plante wat verbou kan word, asook hulle uiteindelike...

2013 PRODUKKATALOGUS

GLOBALE TEGNOLOGIE PLAASLIKE PRESTASIE

Prestasie beproefde saad

Mielies6 Droëland Oostelike Produksiegebied8 Droëland Westelike Produksiegebied10 Besproeiingsbasters12 Kuilvoerbasters 14 Omvattende Gewas- en Saadbeskerming16 Bestuur van Genetiesgemodifiseerde

Mieliebasters18 Witbasters Agronomiese Eienskappe19 Geelbasters Agronomiese Eienskappe 20 Plantestand Aanbevelings21 Mielie- en Sonneblom Saadspasiëringsgids

Ander Kontantgewasse24 Sonneblom26 Sojabone28 Droëbone30 Graansorghum32 Koring

Voergewasse38 Raaigras, Langswenkgras, Kropaargras

en Japannese Radys40 Klawer en Groenvoergewasse42 Lusern, Voersorghum en Basterbabala 45 Kikoejoe en Tef46 Oulandsgras, Smutsvingergras, Rhodesgras

en WitbuffelsgrasBemarkingspan47 Verteenwoordigers se Kontakbesonderhede

INDEKS

Om te dink dat iets so klein, so ‘n groot impak kan maak.

Indien landbou aan die voedsel-, voer- en veselbehoeftes van ’n snel groeiende globale populasie wil voldoen, is langtermynbelegging in die landbousektor van kardinale belang.

Die wêreldpopulasie sal teen 2050 vanaf tans ongeveer 7 tot meer as 9 miljard groei. Om hierdie bevolkingsontploffing te kan akkommodeer sal voedselproduksie gedurende dieselfde periode met 50% moet toeneem.

Om hierdie doelwit te kan bereik sal meer grond vir verbouing ingespan moet word en sal gewasproduktiwiteit per eenheid grond verhoog moet word sonder om die natuurlike hulpbronne uit te put of te vernietig. Die landbousektor dra by tot die volhoubare ontwikkeling van landbou, voedselsekuriteit en landelike welvaart. Boere is daarom ’n hoeksteen van hierdie land se toekoms.

Dit beteken ook dat boere nuwe landboutegnologie en verbeterde praktyke teen ’n versnellende tempo sal moet aanvaar. Daar kan maar net gekyk word na die revolusionêre impak van die Bt-geen, wat opbrengste in Suid-Afrika met soveel as 11% vermeerder het, om die waarde van tegnologiese vooruitgang te begryp.

Daar het geweldige groot ontwikkelings oor die afgelope paar dekades in die industrie plaasgevind:

- Die koms van enkelkruisbasters.

- Die uitbreiding van biotegnologie om onder andere genetiese manipulasie, DNA-identifisering, merkerondersteunde teling, dubbele-haploïde, genomika en weefselkultuur in te sluit.

- Die uitgebreide aanwending van saadbehandelings – die omgewingvriendelikste vorm van plantbeskerming.

- Vooruitgang in plantgesondheidbestuur om onkruid, plae en siektes te voorkom en plante te beskerm.

Namate hulpbronne al hoe skaarser en al duurder word, sal planttelingstegnologieë en gesonde landboupraktyke al hoe belangriker in die bevrediging van die globale behoefte na voedsel, voer en vesel word. Nuwe plantvariëteite en hoëgehalte saad is belangrike aandrywers vir die verbetering van produktiwiteit. Behalwe vir genetiese verbetering dra ander tegnologieë soos byvoorbeeld streng kwaliteitbeheerstandaarde, saadbehandeling, gewasbeskerming, plantgesondheid en hulpbronbestuur alles betekenisvol by om aan die groeiende vraag na voedsel te voldoen.

SAAM BOER ONS VIR DIE TOEKOMS

2

Om te dink dat iets so klein, so ‘n groot impak kan maak.

Genetika en GM Eienskappe

Fisiese Saad Eienskappe

Beskermende Saadbehandeling

Agronomiese Navorsing

Tegniese Ondersteuning

DIE WONDER VAN DIE SAAD:

3

Ons saadwaardeketting begin met navorsing en die ontwikkeling van potensiële kultivars. Aangesien dit ’n stadige, moeisame en duur proses is, is dit belangrik om goeie insig in marktendense en verbruikersbehoeftes te hê. Die teling van mieliebasters is op ’n proses van gekontroleerde bestuiwing gebaseer, om in die eerste plek ingeteelde lyne te produseer en in die tweede plek onverwante ingeteelde lyne met mekaar te kruis om sodoende potensiële basters te teel.

Kwaliteit saadproduksie is een van die sleutels tot PANNAR se sukses. Alles word gedoen om te verseker dat slegs saad van die heel beste genetiese en fisiese gehalte geproduseer word. Die feit dat die produksie van saad ’n biologiese proses is, vereis dit versigtige produksievoorspellings en beplanning. Produksie behels twee aktiwiteite: die vermeerdering van basissaad en die produksie van die kommersiële saad wat aan die boere verskaf word. Genetiese suiwerheid is die heel belangrikste eienskap van topgehalte saad. Kommersiële saad word deur geselekteerde kwekers geproduseer en alle produksielande word fyn deur PANNAR se span veldproduksiebeamptes gemonitor.

Gedurende prosessering word alle PAN basters deeglik skoongemaak, gegradeer en chemies behandel om te verseker dat boere die saad akkuraat en effektief kan plant. Kwaliteit word voor en na prosessering en verpakking deur PANNAR se kwaliteitbeheerlaboratoriums gekontroleer. Die grootste sorg word geneem om te verseker dat kwaliteitstandaarde aan die verwagtings van ons kliënte voldoen.

PANNAR is daartoe verbind om boere verder as bloot die verskaffing van eersteklasprodukte en gewasprestasie te ondersteun. Ons streef daarna om persoonlike raad en diens deur ons span ervare verkoopsverteenwoordigers en landboukundiges te bied. Ons is toegewyd tot jou sukses.

SAADWAARDEKETTING

NAVORSING EN

ONTWIKKELING

VERPAKKING EN

PROSESSERING

SAA

DPRO

DU

KSIE

BEMA

RKING

PANNAR se missie is om uitstaande kultivars te ontwikkel en dit met uitsonderlike diens te ondersteun. Die saadwaardeketting verskaf ’n oorsig van die produksie van die saad vanaf teling tot en met lewering op die boer se plaas.

4

Plantpopulasie Bestuursfaktore wat die opbrengs beïnvloed, sluit ryspasiëring, plantdatum, plantdiepte en plantdigtheid in. Die optimale plantpopulasie hang af van faktore soos basterkeuse, voghuishouding, grondvrugbaarheid en opbrengsmikpunt. Die gemiddelde plantpopulasie het oor die afgelope dekade geleidelik toegeneem.

Bewerking Daar is ’n neiging na verminderde bewerking aangesien dit grondkwaliteit en voghuishouding bevorder. Ekonomiese voordele sluit goeie opbrengste, opbrengsstabiliteit, tydsbesparing, verminderde brandstofverbruik en verminderde masjinerie slytasie in. Dit verminder die oorhoofse produksiekoste.

Landbouchemikalieë Saadbehandeling, onkruiddoders en swamdoders beskerm en verbeter die plantfabriek se produksiedoeltreffendheid en bied ’n volledige risikobestuurspakket. Hierdie nuwe omgewingsvriendelike produkte komplementeer moderne kultivars om hulle volle potensiaal te lewer.

PANNAR is verbind om boere met meer as gewasprestasie te ondersteun. Ons streef daarna om bo en behalwe ons topgehalte produkte ook ’n uitgebreide raadgewende diens te lewer. Deur ons praktiese plaasnavorsing bied ons toepaslike boerderyoplossings in die volgende dissiplines wat almal onderling verbind is en ’n sleutelrol in progressiewe gewasproduksie speel:

Klimaat en grond Die keuse van gewasse berus op die aard van die grond, die klimaat en gemiddelde reënval. Hierdie faktore bepaal saam die tipe plante wat verbou kan word, asook hulle uiteindelike opbrengspotensiaal.

Bemesting Grondvrugbaarheid en bemesting vorm ’n integrale deel van gewasproduksie. Bemesting word deur die grond se voedingstofstatus bepaal en bestaan uit die nie-mineraal-aanvullings wat deur die lug en water voorsien word, primêre voedingstowwe (N, P en K), sekondêre voedingstowwe (Ca, Mg en S) en mikrovoedingstowwe. Die primêre en sekondêre voedingstowwe staan bekend as makro voedingstowwe. Van al die voedingstowwe wat as bemesting toegedien kan word, speel stikstofbemesting die belangrikste rol in die verwesenliking van ’n gewas se potensiële opbrengs.

Kultivarseleksie Om die regte kultivar te kies is een van die belangrikste besluite wat ’n boer elke jaar neem. Opbrengspotensiaal, stabiliteit en agronomiese eienskappe bepaal die keuse van ’n kultivar. ’n Kultivarpakket word vir goeie risikoverpreiding aanbeveel.

Wisselbou Wisselbou help om hoër en meer volhoubare opbrengste te verseker. Monokultuur met ’n enkele gewas daarteenoor verhoog die risiko’s verbonde aan gewasproduksie. Wisselbou is bevorderlik vir groeikragtigheid en hoër opbrengste. Dit help om die opbou van spesifieke onkruide, peste en plae in die grond te verminder en dit bevorder die fisiese toestand van die grond en vrugbaarheid.

DIE SEWE SLEUTELS TOT GRAANPRODUKSIE

TM

PRAKTIESE BOERDERY OPLOSSINGS

5

WITBASTERPAKKET – DROËLANDDie uitstaande prestasie van PANNAR se mieliebasters in die LNR nasionale proewe oor die afgelope vier jaar, is ’n bewys van PANNAR se uitstekende kiemplasma en uitstaande toetsprogram.

Die volledige agronomiese inligting van die basters word op bladsy 18 verskaf.

PANNAR se mieliepakket is uit verskillende groeiklasse met konvensionele, stronkboorder-weerstandbiedende, glifosaat-toleransie en stapelgeen basters saamgestel. Hierdie basters word vir graan- en kuilvoerproduksie asook vir weimielies aanbeveel.

Die hoë potensiaal oostelike produksiestreek word kortliks bespreek. Dié streek sluit die Wes-Rand, oostelike Hoëveld, KwaZulu-Natal en koel dele van die Oos-Kaap in. As gevolg van die hoër humiditeit kom siektes meer hier voor.

Dit is raadsaam om aanplantings in hierdie produksiegebiede gereeld vir plantsiektes te verken en dit te beheer, indien nodig. PANNAR se YieldBoost™ swamdoderspuitprogram is ’n koste-effektiewe bestuursinset wat oordeelkundig die opbrengspotensiaal van sekere basters in hierdie produksiegebiede kan verhoog.

’n Pakket van basters saamgestel uit die verskillende groeiklasse word vir goeie risikoverspreiding aanbeveel.

DROËLAND OOSTELIKE PRODUKSIESTREEK

Vinnige pakket: BG 4201 en BG 4401B (ALBEI NUUT): Hierdie BioGene™-basters lewer goeie prestasie in die gematigde en misbelt gedeeltes. Dié basters beskik oor goeie staanvermoë en meerkoppigheid. Albei die basters het goeie toleransie teen Roes en Diplodia Kopvrot.

Medium-vinnige pakket: BG 5285, BG 5485B, BG 5685R en BG 5785BR (ALMAL NUUT): Die groep BioGene™-basters beskik oor goeie stabiliteit, sterk meerkoppigheid en word vir al die produksiestreke aanbeveel. Die basters beskik oor ’n aantreklike planttipe met goeie agronomiese balans en toon goeie toleransie teen Kop en Pluimbrand, Noordelike Blaarskroei en Diplodia Kopvrot.

PAN 5Q-751BR: Hierdie stapelgeenbaster het die afgelope seisoen goeie prestasie in die oostelike produksiestreek gelewer. Dit beskik oor goeie staanvermoë, is sterk meerkoppig met baie goeie stabiliteit en kompensasievermoë onder uiteenlopende produksietoestande. Dit het goeie algemene agronomiese eienskappe met goeie toleransie teen Noordelike Blaarskroei, Roes en Diplodia Kopvrot.

Medium pakket: PAN 6Q-245, PAN 6Q-345CB (ALBEI NUUT) en PAN 6Q-745BR: Die basters is soortgelyk aan die toppresteerder PAN 6Q-445B. Hulle beskik oor ’n baie goeie stabiliteit en kompensasievermoë onder verskillende produksietoestande. Die basters met goeie staanvermoë en sterk meerkoppigheid word as deel van die hoofaanplanting aanbeveel. Die basters beskik oor goeie Diplodia Kopvrot en Grysblaarvlek-toleransie.

Groeiklas BasterPlantestand per ha (‘000s)

Koel Matig Misbelt

VinnigBG 4201

35 - 50 30 - 50 40 - 50BG 4401B

Medium-vinnig

BG 5285

30 - 50 30 - 45 40 - 50BG 5485B

BG 5685RBG 5785BR

PAN 5Q-751BR 30 - 50 30 - 45 -

MediumPAN 6Q-245

- 30 - 45 30 - 45PAN 6Q-345CBPAN 6Q-745BR

Medium-laat PAN 6777 30 - 45 30 - 45 30 - 45

6

GEELBASTERPAKKET – DROËLANDDie geelmieliepakket van ultravinnige, vinnige en medium basters vorm ’n gedugte pakket vir goeie langtermyn-risikoverspreiding. Die YieldBoost™ swamdoderspuitprogram word vir ’n reeks uitgesoekte basters aanbeveel. Meer inligting word op Bladsy 12 verskaf.

Die volledige agronomiese inligting van die basters word op Bladsy 19 verskaf.

swamdoderspuitprogram word aanbeveel vir optimale produksie. Die basters spruit gewoonlik baie min en beskik oor goeie staanvermoë. Die basters word teen ’n hoër plantestand as vir die medium basters aanbeveel.

Medium pakket:Dit is belangrik om hierdie reeks mediumbasters teen die aanbevole plantestand aan te plant.

PAN 6P-110: Hierdie baster lewer baie goeie resultate met goeie stabiliteit in die oostelike produksiestreek. Dit beskik oor ’n goeie staanvermoë en algemene siekteverdraagsaamheid. Meerkoppigheid is uitstekend. Dit word as toevlugsarea vir die Bt-basters aanbeveel. Die medium reeks basters presteer ook besonder goed vir kuilvoerproduksie of as weimielies.

PAN 6Q-408CB (NUUT): Hierdie baster het ’n uitstekende rekord van prestasie in die oostelike produksiestreek. Dit beskik oor stronkboordertoleransie en is besonder wyd aangepas met baie goeie stabiliteit. Die baster beskik oor goeie staanvermoë en is sterk meerkoppig. Die baster word as hoofaanplanting aanbeveel.

PAN 6Q-508R en PAN 6Q-608GT (NUUT): Hierdie basters met glifosaat-onkruiddodertoleransie lewer uitstekende, stabiele prestasie oor die hele oostelike produksiestreek. ’n Goeie keuse waar hoë onkruiddruk ondervind word, asook as toevlugsoord vir PAN 6Q-708BR.

PAN 6Q-708BR: Hierdie stapelgeenbaster bied die voordeel van stronkboorderbeskerming en toleransie teen Roundup onkruiddoder. Dit is soortgelyk aan die vorige basters en is goed aangepas vir die oostelike produksiestreek.

NB! Die bestuur van moontlike insekweerstand teen die Bt-geen is wetlik verpligtend. Dit is ’n vereiste om ’n toevlugsoord volgens vereistes aan te plant waar daar van enige Bt-basters (B, CB, BR of CBGT) gebruik gemaak word.

Ultravinnige pakket: PAN 3Q-240, BG 3292, BG 3492B, BG 3592R, BG 3792BR (ALMAL NUUT), PAN 3P-502R en PAN 3Q-740BR: Hierdie groep basters is goed aangepas vir die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal. Die basters spruit gewoonlik baie min en beskik oor baie goeie staanvermoë en graankwaliteit. Plant teen ten minste 20% hoër plantestand as die tipiese mediumgroeiers. Die YieldBoost™ swamdoderspuitprogram word aanbeveel vir optimale produksie.

Vinnige pakket: BG 4296, PAN 3Q-222 en PAN 4P-228 (ALMAL NUUT): Hierdie vinnige pakket presteer goed in die oostelike Hoëveld, KwaZulu-Natal en veral die koel produksiestreke soos die Oos-Vrystaat. Die reeks basters komplementeer die medium pakket vir goeie risiko verspreiding. Die YieldBoost™

Groeiklas BasterPlantestand per ha (‘000s)

Koel Matig Misbelt

Ultravinnig

PAN 3Q-240

45 - 60 45 - 55 60 - 70

BG 3292

BG 3492B

BG 3592R

BG 3792BR

PAN 3P-502RPAN 3Q-740BR

VinnigBG 4296

45 - 60 45 - 55 60 - 70PAN 3Q-222

PAN 4P-228 40 - 55 30 - 50 30 - 50

Medium

PAN 6616

30 - 50 30 - 45 35 - 50

PAN 6P-110

PAN 6Q-408CB

PAN 6Q-508R

PAN 6Q-608GTPAN 6Q-708BR

PAN 6Q-345CB, PAN 6Q-408CB en PAN 6Q-608GT inkorporeer onderskeidelik die Bt- (stronkboorder) en GT-gene (Glifosaat-toleransie) uit die Agrisure® Corn Traits stal. Agrisure® Corn Traits is die geregistreerde handelsmerk van die Syngenta Groep Maatskappye.

BioGene™ en ontwerp is handelsmerke van Pioneer Hi-Bred. Die produkte onder die BioGene™ handelsmerk word eksklusief deur PANNAR SAAD (Edms.) Bpk. versprei.

YieldGard® en Roundup Ready® is handelsmerke en word onder lisensie van Monsanto gebruik.

7

WITBASTERPAKKET – DROËLANDDie witpakket word uitgesonder vir hulle uitmuntende prestasie en stabiliteit. Die reeks witbasters verskil ten opsigte van hulle groeiseisoen en planttipes, en komplementeer mekaar uitstekend as deel van die hoof-mielie-aanplanting.

Die agronomiese inligting word op Bladsy 18 verskaf.

Die PANNAR witmieliepakket bestaan uit ’n uitstekende medium-vinnige en medium reeks basters, terwyl die mediumpakket geelbasters ’n gedugte pakket vorm. Die basters lewer uitstaande prestasie en stabiliteit in al die droëlandproduksiestreke.

Die westelike produksiestreek sluit die Noordwesgebied, die Wes-Vrystaat en Limpopo in.

Goeie risikoverspreiding in die weste word verkry deur middel van bestuur van die plantdatum en goeie vogbewaringspraktyke. ’n Belangrike vereiste vir basters in hierdie produksiestreek is sterk meerkoppigheid om vir maksimum opbrengs te kompenseer indien optimale toestande voorkom en onder minder gunstige omstandighede die risiko tot die minimum te beperk.

DROËLAND WESTELIKE PRODUKSIESTREEK

Groeiklas Baster

Plantestand per ha (‘000s)

Noordwes- en Noordoos-

Vrystaat

Sentraal Noordwes Lae Reënval*

VinnigBG 4201

20 - 36 16 - 22 -BG 4401B

Medium-vinnig

BG 5285

20 - 36 16 - 22 10 - 16

BG 5485B

BG 5685R

BG 5785BR

PAN 5Q-649R

PAN 5Q-749BR

PAN 5Q-751BR

Medium

PAN 6Q-245

18 - 28 16 - 20 10 - 16PAN 6Q-345CB

PAN 6Q-745BR

PAN 6479

*Suidwes-Vrystaat, westelike dele van Noordwes en Limpopo

Vinnige pakket: BG 4201 en BG 4401B (ALBEI NUUT): Die BioGene™-basters beskik oor goeie staanvermoë en meerkoppigheid. Albei die basters het goeie toleransie teen Roes en Diplodia-kopvrot.

Medium-vinnig pakket: BG 5285, BG 5485B, BG 5685R en BG 5785BR (ALMAL NUUT): Hierdie BioGene™-basters lewer goeie en stabiele prestasie in PANNAR se nasionale proewe. Hulle beskik oor sterk meerkoppigheid en word vir al die westelike produksiestreke (Noordwes-, Noordoos-Vrystaat en Noordwes) as deel van die hoof aanplanting aanbeveel. Die basters presteer uitstekend op die sandgronde van die Noordwes-Vrystaat. Die basters beskik oor ’n aantreklike planttipe met goeie agronomiese balans en toon goeie toleransie teen Kop- en Pluimbrand, Noordelike Blaarskroei en Diplodia-kopvrot.

PAN 5Q-649R en PAN 5Q-749BR (NUUT): Die basters word gekenmerk deur hulle topprestasie en stabiliteit in die Noordwes-Vrystaat en Noordwes-gebied. Hulle beskik oor baie goeie staanvermoë, sterk meerkoppigheid en spruit min. PAN 5Q-649R is geskik as toevlugsoord by die BR-basters.

PAN 5Q-751BR: Hierdie baster word gekenmerk deur sy topprestasie, sterk meerkoppigheid en goeie agronomiese eienskappe. Die stapelgeenbaster presteer uitstekend in die Noordwes-, Noordoos-Vrystaat en Noordwes-produksiestreke. Dit beskik oor goeie stabiliteit, spruit min en presteer uitstekend op sandgrond.

Medium pakket: PAN 6Q-245, PAN 6Q-345CB (ALBEI NUUT) en PAN 6Q-745BR: Hierdie basters is soortgelyk aan PAN 6Q-445B wat die afgelope vier seisoene die nasionale toppresteerder in die RSA was. Hulle word as deel van die hoof aanplanting in die Noordoos-, Noordwes-Vrystaat en Noordwes-produksiestreke aanbeveel. Die basters is almal sterk meerkoppig en beskik oor uitstekende prestasie en stabiliteit.

8

GEELBASTERPAKKET – DROËLANDDie mediumgroep basters is ’n gedugte pakket en is ook besonder geskik as weimielies en vir kuilvoerproduksie.

Die volledige agronomiese inligting van die basters word op Bladsy 19 verskaf.

Ultravinnige pakket:PAN 3Q-240, BG 3292, BG 3492B, BG 3592R, BG 3792BR (ALMAL NUUT), PAN 3P-502R en PAN 3Q-740BR: Hierdie groep basters is goed aangepas vir die Noordwes- en Noordoos-Vrystaat. Die basters spruit min en beskik oor baie goeie staanvermoë en graankwaliteit. Plant hulle teen ten minste 20% hoër plantestand as die tipiese mediumgroeiers. Die YieldBoost™ swamdoderspuitprogram word aanbeveel vir optimale produksie.

*Suidwes-Vrystaat, westelike dele van Noordwes en Limpopo

Groeiklas Baster

Plantestand per ha (‘000s)

Noordwes- en Noordoos-

Vrystaat

Sentraal Noordwes

Lae Reënval*

Ultravinnig

PAN 3Q-240

25 - 40 - -

BG 3292

BG 3492B

BG 3592R

BG 3792BR

PAN 3P-502R

PAN 3Q-740BR

Vinnig

BG 4296

25 - 40 - -PAN 3Q-222

PAN 4P-228

Medium

PAN 6616

18 - 36 16 - 20 10 - 16

PAN 6P-110

PAN 6Q-408CB

PAN 6Q-508R

PAN 6Q-608GT

PAN 6Q-708BR

Vinnige pakket: BG 4296, PAN 3Q-222 en PAN 4P-228 (ALMAL NUUT): Hierdie groep basters is goed aangepas vir die Noordwes- en Noordoos-Vrystaat. Die reeks basters komplementeer die mediumpakket vir goeie risiko verspreiding. Die YieldBoost™ swamdoderspuitprogram word vir optimale produksie aanbeveel. Die basters spruit gewoonlik baie min en beskik oor goeie staanvermoë. Die basters word teen ’n hoër plantestand aanbeveel.

Medium pakket: PAN 6P-110: Hierdie baster lewer goeie resultate oor die hele westelike produksiestreek. Dit beskik oor ’n goeie staanvermoë en algemene siekteverdraagsaamheid. Meerkoppigheid is uitstekend. Dit word as toevlugsarea vir PAN 6Q-408CB aanbeveel. Die medium reeks basters presteer ook besonder goed vir kuilvoerproduksie of as weimielies.

PAN 6Q-408CB (NUUT): Hierdie baster het ’n uitstekende rekord van prestasie en beskik oor stronkboordertoleransie. Dit is wyd aangepas met baie goeie stabiliteit, sterk meerkoppigheid en ’n goeie staanvermoë. Die baster word as hoofaanplanting aanbeveel.

PAN 6Q-508R en PAN 6Q-608GT (NUUT): Hierdie basters met glifosaat-onkruiddodertoleransie lewer uitstekende, stabiele prestasie oor al die produksiestreke. ’n Goeie keuse waar hoë onkruiddruk ondervind word, asook as toevlugsoord vir PAN 6Q-708BR.

PAN 6Q-708BR: Hierdie stapelgeenbaster bied die voordeel van stronkboorderbeskerming en toleransie teen glifosaat onkruiddoder. Dit is soortgelyk aan die vorige basters.

NB! Die bestuur van moontlike insekweerstand teen die Bt-geen is wetlik verpligtend. Dit is ’n vereiste om ’n toevlugsoord volgens vereistes aan te plant waar daar van enige Bt-basters (B, CB, BR of CBGT) gebruik gemaak word.

PAN 6Q-345CB, PAN 6Q-408CB en PAN 6Q-608GT inkorporeer onderskeidelik die Bt- (stronkboorder) en GT-gene (Glifosaat-toleransie) uit die Agrisure® Corn Traits stal. Agrisure® Corn Traits is die geregistreerde handelsmerk van die Syngenta Groep Maatskappye.

BioGene™ en ontwerp is handelsmerke van Pioneer Hi-Bred. Die produkte onder die BioGene™ handelsmerk word eksklusief deur PANNAR SAAD (Edms.) Bpk. versprei.

YieldGard® en Roundup Ready® is handelsmerke en word onder lisensie van Monsanto gebruik.

9

GEELBASTERPAKKET – BESPROEIINGDie ultravinnige basters gee die beste opbrengsresultate onder verbouingstoestande waar ’n volledige besproeiingskeduleringsprogram gevolg word. Onder hierdie hoë bestuurspraktyke kan die ultravinnige basters baie hoë opbrengste van selfs hoër as twintig ton per hektaar lewer.

Die ultravinnige basters beskik kenmerkend oor ’n enkelstammige regop groeiwyse, neig om enkelkoppig te wees, met ’n uitstekende staanvermoë. Die fondasie vir ’n hoëpotensiaalgraanoes word gelê deur die saad akkuraat te plant deur plante eenvormig in die ry te spasieer en ewe diep te plant. Dit bevorderlik gelyke opkom en optimale produsie van elke plant. Die ultravinnige basters word teen ’n hoë plantestand aanbeveel en daarom is dit raadsaam om veral hierdie basters teen ’n stadige snelheid aan te plant om die beste moontlike binneryspasiëring te verseker.

Indien verbouing onder minder intensiewe bestuurstoestande plaasvind kan basters uit die medium groeiklas vir aanplanting onder besproeiing oorweeg word. Goeie opbrengste van meer as 12 ton per hektaar is vir hierdie tipe basters realisties.

Die volledige agronomiese inligting van die basters word op Bladsy 19 verskaf.

PANNAR se ultravinnige geelbasterpakket is ’n leier in die bedryf.

Die besproeiingspakket van PANNAR is saamgestel uit konvensionele, stronkboorderweerstandbiedende, glifosaat-onkruiddodertoleransie en stapelgeenbasters. Kultivarkeuse is baie belangrik, veral wat stabiliteit betref. Die pakket kan in ’n enkelgewas- of ’n dubbeldoesstelsel aangewend word, waar mielies byvoorbeeld na koring verbou word. Die ultravinnige groeiseisoenbasters is die aangewese keuse in ’n koring-mielie-wisselboustelsel.

In die oostelike produksiedele is dit veral belangrik om blaarsiektes te bestuur.

Die YieldBoost™ swamdoderspuitprogram word vir verhoogde produksiedoeltreffendheid op uitgesoekte mieliebasters aanbeveel. Beheer van siektes verseker optimale produksie met die bykomende voordele van goeie staanvermoë en graankwaliteit. Meer inligting in verband met die basters wat kan baat met die swamdoderspuitprogram is by PANNAR se verteenwoordigers beskikbaar.

DIE BESTE ONDER BESPROEIING

Groeiklas Baster

Plantestand per ha (‘000s)

Oostelike Hoëveld en KwaZulu-

Natal

Warm Westelike Hoëveld,

Limpopo en Oos-Kaap

Noord-Kaap

Ultravinnig

PAN 6126

80 - 100 80 - 100 80 - 100

PAN 3Q-240

BG 3292

BG 3492B

BG 3592R

BG 3792BR

PAN 3P-502R

PAN 3D-736BR

PAN 3Q-740BR

Vinnig

BG 429680 - 100 80 - 100 80 - 100

PAN 3Q-222

PAN 4P-228 65 65 -

Medium

PAN 6P-110

55 55 -

PAN 6Q-408CB

PAN 6Q-508R

PAN 6Q-608GT

PAN 6Q-708BR

Ultravinnige pakket: PAN 6126: Die baster lewer topprestasies, veral in die warm besproeiingstreke. Hierdie staatmaker is bekend vir goeie opbrengsprestasie en stabiliteit. PAN 6126 presteer net so goed soos die Bt- en BR-basters met effektiewe stronkboorder beheer. Produsente word aangeraai om aanplantings gereeld vir stronkboorder infestasie te verken vir tydige effektiewe beheer.

PAN 3Q-240 (NUUT): Die konvensionele baster lewer baie goeie prestasie en is goed aangepas vir al die produksiestreke. Met effektiewe chemiese beheer van stronkboorders kompeteer dit goed met die Bt- en BR-basters. Dit is noodsaaklik om aanplantings gereeld vir infestasie te verken.

BG 3292, BG 3492B, BG 3592R en BG 3792BR (ALMAL NUUT): Die volledige reeks basters lewer goeie prestasie in PANNAR se meerjarige resultate vir die afgelope drie jaar onder besproeiing. Hulle beskik oor baie goeie stabiliteit en goeie staanvermoë. Die basters is agronomies goed gebalanseerd en vertoon goeie toleransie teen Roes en Diplodia Kopvrot.

PAN 3P-502R: Die baster met Roundup onkruiddodertoleransie lewer goeie prestasie in die meerjarige LNR-besproeiingsproewe. Dit is goed aangepas vir al die produksiestreke. ’n Goeie keuse waar hoë onkruiddruk ondervind word, asook as toevlugsoord vir PAN 3D-736BR en PAN 3Q-740BR. Dit lewer hoëgehalte graan. Waar die ultravinnige basters in veral die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal verbou word, word die YieldBoost™ swamdoderspuitprogram ter verbetering van die produksiepotensiaal aanbeveel.

PAN 3D-736BR: Die baster het die afgelope seisoen weer uitstekende resultate in die LNR nasionale proewe gelewer. Dit is ’n veelsydige stapelgeenbaster soortgelyk aan die bekende PAN 6236B en ’n goeie keuse waar die voordele van stronkboorderweerstand en Roundup onkruiddodertoleransie saam ingespan word. Soos PAN 6236B is dit ’n uitstekende baster onder besproeiing.

PAN 3Q-740BR: Die stapelgeenbaster lewer reeds vir drie jaar topprestasie onder besproeiing in al die produksiestreke. Handhaaf uitstekende prestasie in die LNR-besproeiingsproewe. Dit beskik oor goeie graankwaliteit.

Vinnige pakket: BG 4296 (NUUT): Die konvensionele baster lewer baie goeie prestasie en is goed aangepas vir die oostelike produksiestreke. Hierdie pakket presteer net so goed soos die Bt- en BR-basters met effektiewe stronkboorder beheer. Hulle is ook ’n goeie keuse om in die toevlugsoord vir die Bt-basters aan te plant.

PAN 3Q-222: Die konvensionele baster lewer baie goeie prestasie en is goed aangepas vir al die produksiestreke. Dit lewer hoëgehalte graan met ’n rooi kleur.

PAN 4P-228 (NUUT): Die konvensionele baster lewer baie goeie prestasie en is goed aangepas vir die oostelike produksiestreke.

Medium pakket: PAN 6P-110, PAN 6Q-408CB, PAN 6Q-508R, PAN 6Q-608GT en PAN 6Q-708BR: Die basters pas goed in waar slegs ’n enkele oes van mielies onder besproeiing verbou word. Hulle beskik oor goeie staanvermoë en algemene siekteweerstand. Die stabiele basters is geskik vir graan- of kuilvoerproduksie.

NB! Die bestuur van moontlike insekweerstand teen die Bt-geen is wetlik verpligtend. Dit is ’n vereiste om ’n toevlugsoord volgens vereistes aan te plant waar daar van enige Bt-basters (B, CB, BR of CBGT) gebruik gemaak word.

10

WITBASTERPAKKET – BESPROEIINGWaar langer groeiseisoenbasters vir besproeiing gebruik word, pas die volgende basters uitstekend in.

Die witreeks sluit Suid-Afrika se gewildste groenmielie SC 701 in. PANNAR bemark dit eksklusief in Suid-Afrika en Namibië.

Vinnige pakket: BG 4201 en BG 4401B (ALBEI NUUT): Lewer goeie prestasie in die gematigde en misbelt gedeeltes. Dié basters beskik oor goeie staanvermoë en meerkoppigheid. Albei die basters het goeie toleransie teen Roes en Diplodia Kopvrot. ’n Swamdoderspuitprogram kan voordelig wees.

Medium-laat pakket: PAN 6777: Dit beskik oor goeie staanvermoë en blaarsiektetoleransie. Dit bied baie goeie Grysblaarvlekweerstand. PAN 6777 doen veral goed in die oostelike streek. Dit is ook ’n uitstekende keuse vir die maak van kuilvoer. Goeie aluminium-verdraagsaamheid.

Groenmielie: SC 701: Met sy smaaklike groot pitte aan ’n lang kop en ook ’n uitstekende raklewe, is dit ongetwyfeld tans die gewildste spesialis groen- en braaimielie in Suid-Afrika. Dit is ook geskik vir die produksie van babamielies (baby corn). As ’n kultivar in die medium-laat groeiklas droog SC 701 stadig af. Dit is ook uitstekend as kuilvoermielie.

Die aanbeveling is dat SC 701, teen ’n stand van 25 000 tot 35 000 plante per hektaar gevestig moet word. In die hoog seisoen tydperk wanneer groenmielies vrylik beskikbaar is sal ’n stand van 25 000 plante per hektaar voordelig wees vir die produksie van groter bemarkbare koppe wat deur die kopers verkies word. Pas voorkomende beheer teen Grysblaarvlek toe.

PAN 6Q-408CB EN PAN 6Q-608GT Inkorporeer onderskeidelik die Bt- (stronkboorder en Gt-gene (Glifosaat-toleransie) uit die Agrisure® Corn Traits stal. Agrisure® Corn Traits is die geregistreerde hendelsmerk van die Syngenta Groep Maatskappye.

BioGene™ en ontwerp is handelsmerke van Pioneer Hi-Bred. Die produkte onder die BioGene™ handelsmerk word eksklusief deur PANNAR SAAD (Edms.) Bpk. versprei.

SC701 Ontwikkel deur Seed Co. Word eksklusief onder lisensie deur PANNAR SAAD (Edms.) Bpk. in Suid-Afrika en Namibië verkoop.

Groeiklas Baster

Plantestand per ha (‘000s)

Oostelike Hoëveld en

KwaZulu-Natal

Warm westelike Hoëveld,

Limpopo en Oos-Kaap

VinnigBG 4201

65 65BG 4401B

Medium-laat PAN 6777 55 55

Groenmielie SC 701 25 25

11

Goeie mieliekuilvoer is ’n integrale komponent in voerkrale, melkerye en ander tipes intensiewe veeproduksiestelsels in Suid-Afrika. PANNAR verskaf ’n volledige pakket van mieliekuilvoerbasters om aan die intensiewe voerstelsels se behoeftes te voldoen.

MIELIEBASTERS VIR KUILVOER

Kultivar-keuse

Kuilvoer se energiewaarde is afhanklik van die hoeveelheid graan wat in die kuilvoer teenwoordig is. Die basters wat die beste graanopbrengste in ’n spesifieke omgewing lewer, is gewoonlik ook die beste aangepas vir die spesifieke omgewing en lewer daarom ook die beste kuilvoer.

Die volgende aspekte is belangrik vir basterkeuse: aanpasbaarheid; siektedruk; verwagte snydatum; word die kuilvoer self of deur ’n kontrakteur gesny; asook opbrengs en verlangde gehalte. Elkeen van hierdie faktore speel ’n rol op die uiteindelike opbrengs en die gehalte van die kuilvoer.

PANNAR bemark ’n verskeidenheid uitstekende mieliebasters vir die maak van kuilvoer. Mediumseisoenbasters maak die grootste deel van kuilvoeraanplantings uit as gevolg van hulle konstante en betroubare opbrengsprestasie. Afhangende van hitte-eenhede, neem mediumseisoenbasters ongeveer 105 tot 150 dae voordat dit gereed is vir sny. Hierdie groeiklas beskik oor goeie siekteverdraagsaamheid en bied ’n snyvensterperiode van 10 tot 20 dae. Vir kuilvoerproduksie word hierdie basters teen ’n 10% tot 20% hoër plantestand as normaal aangeplant. Die PANNAR mediumpakket geelbasters word deur produsente op die Hoëveld as die beste kuilvoerbasters beskryf.

Die ultravinnige, vinnige en medium-vinnige basters kan die mediumpakket komplementeer. Die belangrikste voordeel van die vinniger basters is die vinnige rypwording wat wissel van 90 tot 120 dae vanaf aanplanting tot sny. Dit laat vroeër vestiging van opeenvolgende gewasse soos raaigras en koring toe. In gebiede met genoeg hitte-eenhede kan selfs twee kuilvoeroeste in ’n seisoen onder besproeiing verbou word. Hierdie klas basters het ook uitstekende voedingswaarde as gevolg van die hoë graan tot blaar- en stamverhouding. Die ultravinnige basters het egter as gevolg van hulle vinnige groeiseisoen ’n kort, beperkte snyvensterperiode. Hierdie is ’n risikofaktor wat veral met die oes insameling ’n baie belangrike rol speel. Die ultravinnige en medium-vinnige basters is oor die algemeen meer vatbaar vir siektes. ’n Voorkomende swamdoderbespuitingsprogram word as standaardpraktyk in veral die oostelike produksiestreke aanbeveel. Die basters word teen ’n baie hoër plantestand (+40%) as mielies in die ander groeiklasse aanbeveel. Die rede hiervoor is dat die ultravinnige basters oor minder blare en ’n korter planttipe beskik.

Selekteer asseblief die basters uit die reeks soos behandel per produksiestreek of raadpleeg u PANNAR verteenwoordiger.

12

X 1,09 = Nat kuilvoeropbrengs in t/ha( )

Algemene vrae:

Hoeveel kuilvoer kan geproduseer word? Om die tonnemaat kuilvoer te bereken wat per land gesny kan word, kan van die volgende twee formules gebruik gemaak word. Dit gee ’n redelike goeie aanduiding van die hoeveelheid (Crafford & Nott).

a. Reënval (mm) x Gronddiepte (cm)

88,90 x 15,24

b. Droëmateriaal (DM) kuilvoeropbrengs = (Graanopbrengs x 1,14) + 1,97 t/ha

c. (DM ÷ 0,3 = Nat kuilvoer)

Koste van kuilvoer Kuilvoer is nie goedkoop nie. Presies dieselfde koste wat aangegaan sou word om mielies vir graan aan te plant word gevolg vir die maak van kuilvoer. Die aanbevole plantestand van mielies vir kuilvoerproduksie is heelwat hoër as vir graanproduksie.

Die doel met die maak van kuilvoer is om dit so koste effektief as moontlik te doen. Soos vir enige intensiewe weiding word dit slegs vir voer van hoëproduserende diere aanbeveel. Vir die beste resultate word die heel beste grond vir die maak van kuilvoer aanbeveel. Daardeur word die aantal hektaar tot die minimum beperk om aan die kuilvoerbehoeftes te voldoen.

Wat benodig diere? Die onderstaande syfers is benaderde hoeveelhede en dien slegs as riglyne vir die voer benodig deur vee. Hou egter ook in gedagte dat vermorsing plaasvind tydens die uithaalproses, asook in die krippe wanneer diere dit benut. Verliese kan tot 15% beloop en moet by die ruvoerbehoefte in berekening gebring word. Ruvoer is egter ook nie alleen voldoende om aan die volle voedingsbehoefte van diere te voldoen nie en addisionele aanvullings is nodig. Aanvullings word deur middel van proteïen/energielekke of byvoeding gedoen.

’n Eenvoudige manier is om die voerbehoeftes in terme van vee eenhede per maand te bereken. Benaderde voerbehoeftes vir vee eenhede per maand (GVE/M):

Ton / Maand (nat)

Droëkoei (450 kg) 1,0

Koei met kalf (450 kg) 1,0

Vers (320 kg) 0,7

Vers in kalf 1,0

Tollie (320 kg) 0,7

Tollie (400 kg) 0,9

Speenkalf (270 kg) 0,6

Ooi met of sonder lam 0,2

Vee eenhede per ton voer:

GVE/Maand per ton

Kuilvoer (nat basis) 1,0 - 1,5 (30 kg nat kuilvoer/GVE/dag X 30 dae

in maand = Ongeveer 1 ton nat kuilvoer)

Lusern of grashooi (droë basis) 2,0 - 3,0

Bogenoemde riglyne kan ook soos volg uitgedruk word: • Skape: ’n Volgroeide skaap benodig 4,5 kg nat kuilvoer (1,5 kg droë materiaal) per dag. ’n Groot skaap

benodig 1,7 kg kuilvoer op ’n droë basis per dag, wat 0,62 ton kuilvoer op ’n droë basis per jaar beteken.

• Beeste: ’n Volgroeide bees benodig 30 kg nat kuilvoer (10 kg droë materiaal) per dag. ’n Volgroeide bees benodig 3,65 tot 4,7 ton kuilvoer op ’n droë basis per jaar, afhangende van die bees se raamgrootte.

• Hoëgehalte kuilvoer mag diere oorvet maak indien dit na willekeur gevoer word.

Wat is die optimum snyperiode? Die optimum snyperiode is een van die belangrikste aspekte by die maak van goeie kuilvoer. Dit is belangrik om die voginhoud of volwassenheid van die mielies deurentyd te monitor. Dit is ’n goeie idee om die volwassenheid van die mielies so vier weke na bestuiwing te begin monitor. Die ideale vogpersentasie vir die insameling van die oes is tussen 65% en 70%. Alhoewel gesofistikeerde prosedures beskikbaar is om die voginhoud van die mielies te bepaal, gee die melklyn op die mieliepit ’n goeie aanduiding van die volwassenheid van die mielieplante. Die melklyn is die grens waar die vloeibare en soliede gedeelte in die pit ontmoet. Om die vordering van die ontwikkeling van die melklyn te monitor word ’n kop in die helfte gebreek. Wanneer die melklyn halfpad tot twee derdes weg van die kroon van die pit af beweeg het, is die mielies gewoonlik gereed vir sny en inkuiling. Vir goeie kwaliteit kuilvoer is dit raadsaam om die insameling van die oes af te handel voor die mielies se voginhoud laer as 63% sak.

Die snyperiode kan verleng word deur aanplantings vyf tot sewe dae uit mekaar te spasieer of deur ’n pakket bestaande uit verskillende groeiklasse aan te plant.

Melklyn• Die voginhoud is ongeveer 65% by 50% melklyn – die ideale

ontwikkelingstadium vir sny.• Die voginhoud van die graan is ongeveer 37%.• Sny van kuilvoer kan in aanvang neem by ongeveer 40% melklyn

sodat die oes ingesamel is voor die melklyn 60% bereik.• Dit beteken dat die grootste gedeelte van die oes teen ongeveer

50% melklyn ingesamel word.• Die voginhoud word die akkuraatste bepaal deur ’n monster

vooraf te weeg en in ‘n oond te droog vir 24 uur teen 105°C. 13

YIELDBOOST™

Die YieldBoost™ swamdoderspuitprogram en YieldBoost™ insekdoderspuitprogram is ’n PANACEA™ inisiatief wat die produsent in staat stel om die waarde van PANNAR SAAD se navorsing op hierdie gebied, kommersieel op uitgesoekte mieliebasters, eerstehands te kan benut.

Die handelsmerk Panacea™ verteenwoordig PANNAR se omvattende plantgesondheidsinisiatiewe. Dit sluit die advies en saadbehandelingsprodukte wat waarde tot ons saad toevoeg, in.

Die inisiatiewe behels die volgende volledige risikobestuurspakket vir gewasprodusente asook vir ons saadprodusentvennote:

• Eersteklasadvies oor siektes, peste en plae wat soms by die produsent se gewasse voorkom.

• Advies oor moontlike beheermaatreëls teen sodanige bedreigings.

• PANNAR identifiseer die beste saadbehandelingsmiddels wat die saad van verskillende gewasse komplementeer.

• Gerieflikheidshalwe word sommige saadbehandelings as standaard in PANNAR se verpakkingsaanlegte gedoen. Sodoende ontvang die produsent saad wat gereed is om te plant.

• By sekere gewasse soos byvoorbeeld sonneblom en sorghum, is daar ook saadbehandelingsopsies beskikbaar waaruit die produsent kan kies. In hierdie geval dra die produsent net die koste van die produk, terwyl PANNAR die saad gratis behandel.

• PANNAR onderneem om voortdurend nuwe produkte namens produsente te identifiseer en dit wetenskaplik te evalueer om te bepaal of dit waarde tot die maatskappy se saadprodukte toevoeg.

• PANNAR evalueer jaarliks nuwe swam-en insekdoderprodukte van verskillende gerespekteerde landbouchemiese maatskappye sodat advies aan sy saadproduksievennote en kommersiële produsente gegee kan word.

• Die ontwikkeling en daarstelling van sulke bespuitingsprogramme word gedoen sodat PANNAR die ekonomies beste kombinasies kan identifiseer en die produsent in sy besluitnemingsproses kan adviseer.

OMVATTENDE GEWAS- EN SAADBESKERMING

YieldBoost™ swamdoderspuitprogram In PANNAR se uitgebreide navorsingsprogram is waargeneem dat sekere hoëpotensiaal mieliebasters tot ’n groter mate aan siekte risiko’s onderhewig is. Al PANNAR se basters word jaarliks onder verskillende omgewingstoestande vir hul reaksie op swamdoderbespuitings getoets. Uit die waarnemings is ’n reeks unieke swamdoderspuitprogramme ontwikkel.

Alhoewel die primêre doel van ’n swamdoderspuitprogram die beheer van siektes is om hoër opbrengste te verseker bly sulke behandelde plante gewoonlik vir ’n langer tydperk groen en gesond. Dit is voordelig vir die staanvermoë en graangehalte van die oes. Resultate dui aan dat daar groot verskille tussen basters voorkom op hoe hulle op verskillende spuitprogramme reageer. Die siekte risikoprofiel van sekere basters dikteer dat hulle, afhangend van seisoenale toestande, twee of selfs drie bespuitings benodig. Daarteenoor benodig ander basters geen of slegs een bespuiting.

Die YieldBoost™ swamdoderspuitprogram beklemtoon ook die feit dat swamdodertoedienings in mielieverbouing ’n kostedoeltreffende bestuursinstrument is wat op ’n verantwoordelike en nie lukrake wyse nie, gebruik moet word. Die grootste verbetering in produksiedoeltreffendheid word gewoonlik op die ultravinnige en medium-vinnige mieliebasters waargeneem. Die doeltreffendste swamdoderspuitprogram bestaan uit ’n kombinasie van die voorgeskrewe swamdoders.

Meer inligting oor die reaksie van basters op die swamdoderspuitprogram is beskikbaar van PANNAR se verteenwoordigers.

Swamdoderspuitprogramme: Die mees effektiewe swamdoderspuitprogram bestaan uit twee swamdoderbespuitings deur die groeiperiode. Vir elk van die bespuitings kan die produsent enige een van die aanbevole opsies na gelang van sy eie voorkeur kies.

Tyd van Bespuiting (tydsberekening is

belangrik)

Opsie* Swamdoder Dosis/ha

Eerste Bespuiting 5 – 8 Blaarstadium (Verkieslik met ’n selfaangedrewe- of trekkerspuit. Indien nie prakties nie, doen ’n lugtoediening)

1 AmistarTop 500 ml/ha2 Abacus 1,6 liter/ha3 Nativo 1 liter/ha

Tweede Bespuiting 28 – 30 dae later (Grond of lugtoediening)

1 Artea 500 ml/ha2 PunchXtra + 500

ml BP Crop Oil (Opsioneel)

800-1 000 ml/ha

3 Punch C + 500 ml BP Crop Oil (Opsioneel)

500 ml/ha

4 Duett 1-1,2 liter/ha

Abacus: L8048; 62,5 g/l piraklostrobien (strobilurien), 62,5 g/l epoksikonasool (triasool) (BASF)Amistar Top: L7897; 200 g/l asoksistrobien (strobilurien), 125 g/l difenkonasool (triasool) (Syngenta)Nativo: L8942: 100 g/l trifloksistrobin (strobilurien), 200 g/l tebukonasool (triasool) (Bayer) Artea: L6820; 80 g/l siprokonasool (triasool), 250 g/l propikonasool (triasool) (Syngenta)Duett:L5791; 125 g /l epoksikonasool (triasool), 125 g /l karbendasiem (bensimidasool) (BASF)PunchC: L3626; 250 g/l flusilasool (silikoon triasool), 125 g/l karbendasiem (bensimidasool) (DuPont)PunchXtra: L4243; 125 g/l flusilasool (silikoon triasool), 250 g/l karbendasiem (bensimidasool) (DuPont)

*Kies een van die voorgestelde opsies vir elk van die bespuitings

TM

14

MINI-SIEKTE-VELDGIDSE (“BAKKIE BUDDY”) PANNAR se voortreflike mieliesiekte veldgids in ’n handige sakgrootte word nou gekomplementeer met twee nuwe vrystellings naamlik ’n sonneblom en koring “bakkie-buddies” en sal ook spoedig uitgebrei word na sorghum, droëbone en sojabone .

SAADBEHANDELINGDie produkte wat tans as saadbehandelings in die PANNAR verpakkingsaanlegte gebruik word bestaan hoofsaaklik uit swamdoders en insekdoders of beide wat op die saad geplaas word.

Hierdie produkte hou die volgende voordele in:

• Beskerm die saad en saailing op die stadium en plek wat dit die meeste blootgestel is en dra ook by tot ’n groeikragtige plant.

• Topgehalte chemiese produkte in kombinasie met die korrekte polimere en kleurstowwe is die mees omgewingsvriendelike wyse om die saad teen vroeëseisoen-insekte en saad- of grondgedraagte siektes te beskerm.

• Saadbehandeling is veral baie belangrik waar saad in koue, nat toestande geplant word, wat aanleiding tot vertraging in opkoms kan gee.

Mieliesaad word standaard in PANNAR se aanlegte met ’n swamdoder, en in meeste gevalle met ’n insekdoder, behandel. Waar ander saadbehandelingsopsies beskikbaar is, dra die produsent net die koste van die produk, terwyl PANNAR die saad gratis sal behandel.

Swamdoder:Breëspektrum swamdoders word gebruik om saad en saailinge in die vroeë fase van die plant se lewe teen siektes te beskerm. Saad en saailinge is op hierdie vroeë stadium baie kwesbaar in die grond en verlang ekstra aandag en beskerming. Daarom is dit noodsaaklik om dit op die saad te plaas.

Swamdoders se werking is drieledig:

• Dit skakel swamme en siektes op die saad uit.

• Dit beheer grondswamme en swamme wat binne in die saad is.

• Gee aan die saailing ’n goeie wegspring.

Celest® XL: L6353; fludioksonil en mefenoksam (Syngenta). Kombineer goed met ander saadbehandelings.

Insekdoder:Insekdoders word gebruik om insekte te beheer wat normaalweg aan die saad of aan die saailing vreet. Poncho® bied effektiewe sistemiese beskerming aan die mielieplant teen die belangrikste grondinsekte wat standverliese tot gevolg het. Dit bied ook teen 1,4 ml/1000 sade effektiewe beheer teen bladspringers wat die Mieliestreepsiektevirus versprei. Die saadbehandeling deur PANNAR se aanlegte verseker eweredige en betroubare toediening.

Poncho®: L8581; clothianidin (Bayer CropScience)

Die mini-sakgidse is ideaal vir die identifikasie van die belangrikste siektes by die gewasse. ’n Siektehandleiding met volledige beskrywings en riglyne vir bekamping is op PANNAR se webtuiste beskikbaar.

Die veldgidse, soos hierdie handleidings, behels al die belangrike en bekende siektes, sommige peste en afwykings by ons reeks van agronomiese gewasse in Suid-Afrika. Dit bevat kleurfoto’s wat probleme duidelik illustreer en verskaf ook inligting oor siektes se veroorsakende organisme (of die oorsaak van afwykings), beskryf kortliks simptome van die probleem en verskaf algemene notas oor elke onderwerp. Die meeste daarvan is gekies op grond van hul ekonomiese belangrikheid vir die bedryf.

Die handleidings is saamgestel deur dr. Rikus Kloppers, plantpatoloog en bestuurder tegniese dienste van PANNAR, en me. Vicky Knight, ook ’n plantpatoloog van PANNAR op Greytown.

Die volledige siekte feiteblaaie soos op PANNAR se webwerf beskikbaar, konsentreer sterk op Suider-Afrika en verwys dikwels na plaaslike gevallestudies van siektes wat oor die afgelope dekade voorgekom het, maar wys ook van die siektes en plae wat nog nie hier voorkom nie, maar waarvoor produsente op die uitkyk moet wees. Dit sluit aspekte soos nuwe bekampingsmaatreëls, weerstandbiedendheid teen siektes (sien agronomiese tabelle) en landbouchemiese aanbevelings in. Die PANNAR Graangewassiekte-veldgids ‘App’ is gratis van die ‘Apple App Store’, ‘Google Play Store’ (vir Android toestelle) of ‘BlackBerry App World’. Soek vir PANNAR of volg die skakel vanaf ons mobisite www.pannar.mobi.

PANNAR moedig produsente aan om hul ondervinding met plantsiektes (gewone sowel as uitsonderlike gevalle) aan die samestellers oor te dra sodat dit in die bygewerkte weergawes gebruik kan word.

Abacus: L8048; 62,5 g/l piraklostrobien (strobilurien), 62,5 g/l epoksikonasool (triasool) (BASF)Amistar Top: L7897; 200 g/l asoksistrobien (strobilurien), 125 g/l difenkonasool (triasool) (Syngenta)Nativo: L8942: 100 g/l trifloksistrobin (strobilurien), 200 g/l tebukonasool (triasool) (Bayer) Artea: L6820; 80 g/l siprokonasool (triasool), 250 g/l propikonasool (triasool) (Syngenta)Duett:L5791; 125 g /l epoksikonasool (triasool), 125 g /l karbendasiem (bensimidasool) (BASF)PunchC: L3626; 250 g/l flusilasool (silikoon triasool), 125 g/l karbendasiem (bensimidasool) (DuPont)PunchXtra: L4243; 125 g/l flusilasool (silikoon triasool), 250 g/l karbendasiem (bensimidasool) (DuPont)

Polimere en Kleurstowwe:Polimere en kleurstowwe se funksies strek veel verder as net ’n kleur op die saad. By PANNAR is veiligheid hoog op die prioriteitslys, nie net vir ons werknemers nie maar ook ons verbruikers en veral die omgewing.

Polimere en kleurstowwe hou die volgende eienskappe en voordele in:

• Die kleurstof gee aan die saad ’n mooi voorkoms.

• Dit dui aan dat die saad chemies behandel is en dus nie vir menslike gebruik of dierevoeding aangewend kan word nie.

• Dit dien as kleefmiddel vir die ander belangrike saadbehandelingsprodukte wat saam op die saad geplaas word.

• Dit beperk die hoeveelheid “chemiese stof” wat tydens hantering van die saad afkom.

Die Peridium polimeer van Bayer CropScience word deur PANNAR as ’n saadbehandelingsbeskermingslaag saam met saadbehandelingsmiddels op mieliesaad gebruik. Dit hou die volgende voordele in:

• Die saad is veiligger vir die hanteerder en beperk besoedeling deur die “chemiese stof” wat nadelig vir die omgewing kan wees.

• Dit verseker ‘n gladde afwerking van die saad, wat die vloeibaarheid en plantbaarheid daarvan verhoog.

• Dit verbeter die vloei van saad deur die planter vir ’n akkurater plantestand. ’n Optimale plantestand vorm die fondasie en is sinoniem met goeie produksie.

Peridium® EV26001: L 8669 (Bayer CropScience)

15

GLIFOSAAT-TOLERANTE-BASTERSBasters met glifosaat-toleransie bied effektiewe gewasbestuur met onoortreflike breëspektrum onkruidbeheer en uitstekende gewasveiligheid. Dit vergemaklik bestuur, het geen nawerking in die grond nie en is omgewingsvriendelik. Die glifosaat-tolerante basters word as toevlugsoord vir die stapelgeenbasters aanbeveel.

Die gebruik van genetiesgemodifiseerde basters het ’n betekenisvolle impak op die bestuursvereistes en opbrengs van mielies. Glifosaat-toleransie vergemaklik onkruidbeheer en die Bt-stronkboorderweerstand bied beskerming teen stronkboorderskade. Albei hierdie faktore help om potensiële opbrengsverlies van die oes te beperk.

PANNAR se voortreflike genetika is beskikbaar met stronkboorderweerstand, glifosaat-toleransie of met die stapelgene waar beide die eienskappe in een baster gekombineer is. Graanprodusente mag slegs kultivars wat enige van die geneties gemanipuleerde gene bevat, verbou indien die produsent ‘n geldige Tegnologie- en Produkrentmeesterskapooreenkoms onderteken het. Dit beteken dat produsente die streng voorwaardes en verantwoordelikheid waarvolgens die saad verbou en geplant moet word, aanvaar. Produsente moet hulself asseblief met die GMO-gebruikersgidse vertroud maak en let op die vereistes met betrekking tot die aanplant van geskikte toevlugsareas in die geval van Bt-basters en die voorgeskrewe onkruiddoderdosisse en tyd van toediening op glifosaat-tolerante basters. Indien daar ’n risiko van ongewenste kruisbestuiwing van GMO-mielies na nie-GMO-mielies vir watter rede ook al bestaan (soos vir produksie vir nie-GMO-kontrakte) is dit raadsaam om die nodige isolasiepraktyke toe te pas om dit te minimaliseer.

BESTUUR VAN GENETIES- GEMODIFISEERDE MIELIEBASTERS

PANNAR bemark mieliebasters met die glifosaat-toleransie gene onder lisensie van Monsanto (Roundup Ready®-mielies) en van Syngenta (Agrisure® GT (GA21)). Vir Monsanto Roundup Ready®-mielies word slegs Roundup PowerMAX® (L7769)-onkruiddoder vir gebruik na opkoms deur die registrasiehouer aanbeveel. Vir mieliebasters met die Syngenta Agrisure® GT geen word slegs TOUCHDOWN Forte HITECH® (L7305) of HALEX® (L8415) vir gebruik na opkoms deur die registrasiehouer aanbeveel.

Glifosaat-onkruiddoder kan in kombinasie met sekere residuele voor- en na-opkoms-onkruiddoders onafhanklik of as tenkmengsels toegedien word. Dit verleen addisionele buigsaamheid en beter beheer van onkruide. Raadpleeg asseblief u PANNAR of chemiese verteenwoordiger vir riglyne vir veilige en optimale benutting van die glifosaat-tolerante kultivars.

Bestuursriglyne: • Algehele glifosaat-onkruiddodertoediening kan slegs vanaf die

GRONDKRAAKSTADIUM TOT EN MET DIE V8-STADIUM van die mielie gedoen word. DIE V8-STADIUM WORD BEREIK WANNEER DIE EERSTE PLANTE AGT BLARE HET, WAARVAN DIE BLAARSKEDE DIE HOOFSTAM VOLLEDIG OMVOU. Die getal sigbare blare kan egter verskil. Vermy algehele toedienings indien die plante meganies deur die toedieningstoerusting beskadig kan word.

• ALGEHELE TOEDIENINGS NA DIE V8-STADIUM KAN LEI TOT OESVERLIESE OF VERTRAAGDE RYPWORDING. Vir die beste resultate gebruik platwaaier- of “Twin Jet”- spuitpunte, wat geskik is vir laer watervolumes.

• Waar opvolgbespuitings gedoen word om spesifieke onkruide (bv. Cyperus esculentus) te beheer, moet die tweede toediening nie binne 10 dae na die eerste toediening volg nie. Indien die mielies teen hierdie stadium reeds die V8-stadium bereik het, moet die opvolgbespuiting gerig gedoen word (sien hieronder).

• Gerigte glifosaat-bespuitings met valarms kan na die V8-stadium gedoen word waar rywydtes die beweging van spuittoerusting toelaat sonder om enige meganiese gewasskade te veroorsaak.

Roundup Ready® is die handelsmerk en word onder lisensie van Monsanto gebruik.

Agrisure® GT (GA21) en die Syngenta-handelsmerk behoort aan die Syngenta Groep Maatskappye en word onder lisensie gebruik.

16

STRONKBOORDERWEERSTANDBIEDENDE BASTERSDie stronkboorderweerstandsgene in die PANNAR stronkboorderweerstandbiedende basters bied beskerming teen stronkboorders tot die tweede instar en bied aan die oes die geleentheid om tot die volle potensiaal daarvan te ontwikkel. Daarom sal die Bt-geen slegs klein, onvolwasse larwes en nie die volwasse larwes beheer nie.

Insekweerstand-bestuurstrategie:Die doel van die strategie is die beskerming van die tegnologie sodat dit ’n lang raklewe mag hê en oor ’n lang termyn gebruik kan word. Die insekweerstand-bestuurstrategie bevat die volgende elemente en is wetlik verpligtend:

• Kennis van plaagbiologie en ekologie

• Toevlugsoorde om die ontwikkeling van Bt-vatbare insekte te ondersteun

• Die monitering en verslagdoening van gevalle waar insekweerstand ontwikkel het

• Aanwending van geïntegreerde plaagbestuurspraktyke

• Kommunikasie en opvoeding

Die toevlugsoord is ’n wetlike vereiste en ’n integrale komponent van die mielie aanplanting en moet streng volgens voorskrifte met nie-Bt-mielies aangeplant word. Pas asseblief die nodige maatreëls toe om sodoende die Bt-tegnologie te beskerm. Die toevlugsoord is ook belangrik indien produsente probleme van enige aard met Bt-aanplantings sou ondervind. ’n Belangrike aspek is die volgehoue monitering van mielieaanplantings en stronkboorder populasies. Gereelde verkenning sal produsente in staat stel om in te gryp en insekdoders toe te dien sodra dit lyk of die stronkboorderpopulasie nie deur die Bt-tegnologie beheer word nie. Raadpleeg asseblief u PANNAR verteenwoordiger vir riglyne vir veilige en optimale benutting van die Bt-tegnologie. Die produsent kan die toevlugsoord aanplant deur een van die volgende opsies te kies:

Opsie A: 5% nie-Bt-mielies-toevlugsoord wat nie met ’n insekdoder behandel mag word nie.

In die praktyk beteken dit dat vir elke 95 hektaar wat met stronkboorderweerstandbiedende mielies aangeplant is, moet die produsent vyf hektaar nie-Bt-mielies plant (dus mielies sonder enige Bt-gene). Hierdie nie-Bt-mielies mag nie met enige insekdoder wat vir beheer van mieliestronkboorders geregistreer is, behandel word nie.

Opsie B: 20% nie-Bt-mielies-toevlugsoord wat met ’n nie-Bt-bevattende insekdoder/bioplaagdoder bespuit kan word.

In die praktyk beteken dit dat vir elke 80 hektaar wat met stronkboorderweerstandbiedende mielies aangeplant is, moet die produsent 20 hektaar nie-Bt-mielies aanplant (dus mielies sonder enige Bt-gene). Hierdie nie-Bt-mielies kan met geregistreerde insekdoders behandel word, maar nie met insekdoders wat Bt-proteïene bevat nie.

Toevlug:• Die nie-Bt-mielies (d.w.s. toevlug) moet –

- ’n soortgelyke groeiseisoen as die Bt-mielies hê;

- binne sewe dae nadat die Bt-mielies geplant is, aangeplant word;

- op dieselfde plaas as die Bt-mielies geplant word; en

- onder dieselfde groeitoestande geskik vir die Bt-mielies geplant word. Dus, indien die Bt mielies onder besproeiing geplant word, moet die mielies in die toevlugsoord ook onder besproeiing geplant word. Met die oog hierop is die uitvalhoeke en oorhanggrens nie soortgelyk aan die middelpunt nie.

• Elke produsent moet sy/haar eie toevlugsoordmielies plant. Dus, nie-Bt-mielielande van aangrensende produsente kan nie as toevlugsoord dien nie.

• Toevlug-“strook-” areas moet ten minste ses rye wyd wees; geen kruising van Bt- en nie-Bt-rye word toegelaat nie. Toevlugsoorde moet so geplaas word dat daar toevlugsoorde aan die buitegrense van die Bt-mielies geplant word.

• Die vermenging van Bt-mieliesaad en nie-Bt-mieliesaad (toevlug) word nie toegelaat nie.

• Toevlugsoordmielies moet op só ’n manier geplant word dat geen Bt-plant meer as 400 m weg van ’n mielieplant in die toevlugsoord is nie.

• Produsente moet hul landerye gereeld monitor en verken (weekliks) en dadelik hul saadverteenwoordiger/-agent kontak indien stronkboorderinfestasie in die Bt-mielies die drumpel waardes oorskry. In die geval van Monsanto is die onderste drumpelwaarde 10% plante met simptome, en in die geval van Syngenta is die onderste grens 5% plante met simptome.

Die nakoming van die Insekweerstand-bestuurstrategie, en veral die nakoming van die vereistes rondom die toevlugsoord, sal soos volg gemonitor word:• Op die plaas deur ’n onafhanklike derdeparty.

• Vir algemene nakoming tydens produsentbesoeke op individuele saadmaatskappyvlak.

Dit is ’n vereiste dat die verteenwoordiger die produsente sal adviseur sodat voldoen word aan die vereistes vir die aanplant van ’n toevlugsoord op die plaas. Dit is baie belangrik dat die geldige Tegnologie- en vereistes in verband met Rentmeesterskap nagekom word. In gevalle waar produsente nie aan die vereistes voldoen nie, sal dit as baie ernstig beskou word.

Volledige riglyne vir Bt-mielies is beskikbaar by die PANNAR verteenwoordiger.

YieldGard® is die handelsmerk en word onder lisensie van Monsanto gebruik.

Agrisure® CB (Bt11) en die Syngenta-handelsmerk behoort aan die Syngenta Groep Maatskappye en word onder lisensie gebruik.

17

Opbrengspotensiaal

Goed

Gemiddeld

Laag

Staanvermoë en Meerkoppigheid

Goed Gemiddeld Swak

Spruite en Siekterisiko

Laag Gemiddeld Hoog

Onkruiddodersensitiwiteit

Laag Hoog

WITBASTERS AGRONOMIESE EIENSKAPPE

PAN 6227BG 4201

BG 4401B

BG 5285 BG 5485B BG 5685R

BG 5785BR

PAN 5Q-649R PAN 5Q-749BR

PAN 5Q-751BR PAN 6479PAN 6Q-245

PAN 6Q-345CB PAN 6Q-745BR

PAN 6777

Groeiseisoenklas Vinnig Medium-vinnig Medium Medium-laat

*Relatiewe aantal dae tot 50% blomWarmer Gebiede 61 60 61 61 62 63 63 67

Koeler Gebiede 78 77 78 78 81 82 82 85

Relatiewe aantal H-E tot 50% blom 710 710 715 715 720 730 730 755

Relatiewe aantal dae tot fisiologiese rypwording

Warmer Gebiede 109 105 109 109 109 115 112 120

Koeler Gebiede 159 145 156 159 159 162 165 167Benarderde dae tot stroop (<15% vog) (Beïnvloed deur heersende humiditeitstoestande)

Warmer Gebiede 168 160 165 168 168 175 175 190

Koeler Gebiede 223 215 220 223 223 235 235 250

Opbrengs Besproeiing

Oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal

Westelike Hoëveld

Warmer Besproeiingsgebiede (Oranjerivier, Laeveld en Limpopo)

Opbrengs Droëland

(1) Koel Oostelike Produksiestreke

(2) Matige Oostelike Produksiestreke

(3) KwaZulu-Natal Misbelt

(4) Noordwes-Vrystaat

(5) Sentraal Noordwes

(6) Noordoos-Vrystaat

(7) Verre Noordwes, Suidwes-Vrystaat en Limpopo

Algemene Eienskappe

Afdroging

Spruitvorming

Meerkoppigheid

Staanvermoë

Oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal

Westelike Hoëveld

Warmer Besproeiingsgebiede

**Siekterisiko

Noordelike Blaarskroei (Witroes)

Grysblaarvlek

Bruinroes

***Phaeosphaeria Blaarvlek

Diplodia Kopvrot

Kop en Pluimbrand

Onkruiddodersensitiwiteit

Sulfonielureum

Streeksaanbevelings

Ons streeksaanbevelings is gebaseer op die klimaatstoestande in elke afsonderlike gebied as ’n geheel, en die vermoë van die verskillende basters om by dié toestande aan te pas. Aangesien toestande van plaas tot plaas en selfs van land tot land binne elke gebied mag wissel, kan aanpassings gebaseer op plaaslike toestande of vir enige spesifieke voorkeure, nodig wees.

Ten einde die boerderyrisiko te beperk, word aanbeveel dat ’n pakket bestaande uit ’n aantal basters geplant word, nie net een of twee nie en dat die plantdatum sodanig gewissel word dat nie al die basters gelyk blom nie.

ProduksiestrekeKoel Streke (1)

Matige Streke (2) Misbelt (3)

Noordwes-Vrystaat (4) Sentraal Noordwes (5) Noordoos-Vrystaat (6)

Verre Noordwes, Suidwes-Vrystaat en Noordelike Streke (7) Subtropies (8)

Map exclusive copyright of PANNAR SEED (Pty) Ltd

18

■ H-E = Hitte Eenhede

GEELBASTERS AGRONOMIESE EIENSKAPPE

PAN 6126 PAN 3Q-240

BG 3292 BG 3492B BG 3592R

BG 3792BR

PAN 3P-502RBG 3568R

BG 3768BRPAN 3D-736BR PAN 3Q-740BR BG 4296 PAN 3Q-222 PAN 4P-228 PAN 6616 PAN 6P-110

PAN 6Q-408CB PAN 6Q-608GT

PAN 6Q-508R PAN 6Q-708BR

Groeiseisoenklas Ultravinnig Vinnig Medium

*Relatiewe aantal dae tot 50% blomWarmer Gebiede 55 56 56 56 56 55 56 60 60 59 64 64 64 64

Koeler Gebiede 76 78 78 78 78 76 78 78 79 78 82 82 82 82

Relatiewe aantal H-E■ tot 50% blom 680 690 690 690 690 685 690 710 710 710 735 735 735 735

Relatiewe aantal dae tot fisiologiese rypwordingWarmer Gebiede 103 105 105 105 105 103 105 105 107 105 115 115 115 115

Koeler Gebiede 140 145 145 145 145 140 145 145 145 145 162 162 162 162

Benarderde dae tot stroop (<15% vog) (Beïnvloed deur heersende humiditeitstoestande)

Warmer Gebiede 150 155 155 155 155 150 155 155 155 155 180 180 180 180

Koeler Gebiede 175 180 180 180 180 175 180 180 180 180 240 240 240 240

Opbrengs Besproeiing

Oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal

Westelike Hoëveld

Warmer Besproeiingsgebiede (Oranjerivier, Laeveld en Limpopo)

Opbrengs Droëland

(1) Koel Oostelike Produksiestreke

(2) Matige Oostelike Produksiestreke

(3) KwaZulu-Natal Misbelt

(4) Noordwes-Vrystaat

(5) Sentraal Noordwes

(6) Noordoos-Vrystaat

(7) Verre Noordwes, Suidwes-Vrystaat en Limpopo

Algemene Eienskappe

Afdroging

Spruitvorming

Meerkoppigheid

Staanvermoë

Oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal

Westelike Hoëveld

Warmer Besproeiingsgebiede

**Siekterisiko

Noordelike Blaarskroei (Witroes)

Grysblaarvlek

Bruinroes

***Phaeosphaeria Blaarvlek

Diplodia Kopvrot

Kop en Pluimbrand

Onkruiddodersensitiwiteit

Sulfonielureum

*LW: Word beïnvloed deur plantdatum en die daaglikse H-E gedurende die groeiseisoen. *Hitte-eenhede bereken vanaf opkoms tot blom. **Toegekende risikowaardes is nie absoluut nie, slegs riglyne, omgewing speel die grootste rol. *** Hierdie siektes affekteer nie noodwendig die opbrengs betekenisvol nie.

Nota: Waar ‘n geskiedenis van graanuitloopsimptome voorkom, word ’n molibdeenblaarbespuiting aanbeveel.

Maks. Temp (ºC) + Min. Temp (ºC)

2 - 10Daaglikse H-E =

Bogenoemde inligting is op meerjarige resultate van PANNAR kultivars gebaseer. Dit word in goedertrou gegee.

( )

19

BASTERS GROEIKLAS Oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal Droëland Westelike Hoëveld Droëland Besproeiing

Koel Matig Misbelt Noordwes-Vrystaat Sentraal Noordwes

Noordoos-Vrystaat Lae Reënval** Oostelike Hoëveld

en KwaZulu-NatalNoord-Kaap en Warm Gebiede

Produksiestreek 1 2 3 4 5 6 7

PAN 6227 Vinnig 35 000 - 50 000 30 000 - 45 000 40 000 - 50 000 16 000 - 28 000 - - - - -

BG 4201 Vinnig 35 000 - 50 000 30 000 - 45 000 40 000 - 50 000 20 000 - 28 000 16 000 - 22 000 20 000 - 36 000 - 65 000 65 000

BG 4401B Vinnig 35 000 -50 000 30 000 - 45 000 40 000 - 50 000 20 000 - 28 000 16 000 - 22 000 20 000 - 36 000 - 65 000 65 000

BG 5285 Medium-vinnig 30 000 - 45 000 30 000 - 45 000 40 000 - 50 000 20 000 - 28 000 16 000 - 22 000 20 000 - 36 000 10 000 - 16 000 55 000 - 65 000 55 000 - 65 000

BG 5485B Medium-vinnig 30 000 - 45 000 30 000 - 45 000 40 000 - 50 000 20 000 - 28 000 16 000 - 22 000 20 000 - 36 000 10 000 - 16 000 55 000 - 65 000 55 000 - 65 000

PAN 5Q-649R Medium-vinnig 30 000 - 45 000 30 000 - 45 000 - 20 000 - 28 000 16 000 - 22 000 20 000 - 36 000 10 000 - 16 000 - -

BG 5685R Medium-vinnig 30 000 - 45 000 30 000 - 45 000 40 000 - 50 000 20 000 - 28 000 16 000 - 22 000 20 000 - 36 000 10 000 - 16 000 55 000 - 65 000 55 000 - 65 000

BG 5785BR Medium-vinnig 30 000 - 45 000 30 000 - 45 000 40 000 - 50 000 20 000 - 28 000 16 000 - 22 000 20 000 - 36 000 10 000 - 16 000 55 000 - 65 000 55 000 - 65 000

PAN 5Q-749BR Medium-vinnig 30 000 - 45 000 30 000 - 45 000 40 000 - 50 000 20 000 - 28 000 16 000 - 22 000 20 000 - 36 000 10 000 - 16 000 - -

PAN 5Q-751BR Medium-vinnig 30 000 - 50 000 30 000 - 45 000 - 20 000 - 28 000 16 000 - 22 000 20 000 - 36 000 10 000 - 16 000 45 000 - 55 000 45 000 - 55 000

PAN 6479 Medium 30 000 - 50 000 30 000 - 45 000 - 18 000 - 28 000 16 000 - 20 000 18 000 - 30 000 10 000 - 16 000 - -

PAN 6Q-245 Medium - 30 000 - 45 000 40 000 - 50 000 18 000 - 28 000 16 000 - 20 000 18 000 - 30 000 10 000 - 16 000 - -

PAN 6Q-345CB Medium - 30 000 - 45 000 40 000 - 50 000 18 000 - 28 000 16 000 - 20 000 18 000 - 30 000 10 000 - 16 000 - -

PAN 6Q-745BR Medium - 30 000 - 45 000 40 000 - 50 000 18 000 - 28 000 16 000 - 20 000 18 000 - 30 000 10 000 - 16 000 - -

PAN 6777 Medium-laat 30 000 - 45 000 30 000 - 45 000 30 000 - 45 000 - 12 000 - 18 000 14 000 - 26 000 - 55 000 55 000

SC 701 Groenmielie - - - - - - - 25 000 - 35 000 25 000 - 35 000

PAN 6126 Ultravinnig 45 000 - 60 000 45 000 - 55 000 - *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 80 000 - 100 000 80 000 - 100 000

PAN 3Q-240 Ultravinnig 45 000 - 60 000 45 000 - 55 000 60 000 - 70 000 *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 80 000 - 100 000 80 000 - 100 000

BG 3292 Ultravinnig 45 000 - 60 000 45 000 - 55 000 60 000 - 70 000 *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 80 000 - 100 000 80 000 - 100 000

BG 3492B Ultravinnig 45 000 - 60 000 45 000 - 55 000 60 000 - 70 000 *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 80 000 - 100 000 80 000 - 100 000

PAN 3P-502R Ultravinnig 45 000 - 60 000 45 000 - 55 000 60 000 - 70 000 *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 80 000 - 100 000 80 000 - 100 000

BG 3592R Ultravinnig 45 000 - 60 000 45 000 - 55 000 60 000 - 70 000 *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 80 000 - 100 000 80 000 - 100 000

BG 3568R Ultravinnig 45 000 - 60 000 45 000 - 55 000 60 000 - 70 000 *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 80 000 - 100 000 80 000 - 100 000

PAN 3D-736BR Ultravinnig 45 000 - 60 000 45 000 - 55 000 - *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 80 000 - 100 000 80 000 - 100 000

PAN 3Q-740BR Ultravinnig 45 000 - 60 000 45 000 - 55 000 60 000 - 70 000 *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 80 000 - 100 000 80 000 - 100 000

BG 3792BR Ultravinnig 45 000 - 60 000 45 000 - 55 000 60 000 - 70 000 *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 80 000 - 100 000 80 000 - 100 000

BG 4296 Vinnig 45 000 - 60 000 45 000 - 55 000 60 000 - 70 000 *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 80 000 - 100 000 80 000 - 100 000

PAN 3Q-222 Vinnig 45 000 - 60 000 45 000 - 55 000 60 000 - 70 000 *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 80 000 - 100 000 80 000 - 100 000

PAN 4P-228 Vinnig 40 000 - 55 000 30 000 - 50 000 40 000 - 50 000 *25 000 - 35 000 - *25 000 - 40 000 - 65 000 -

PAN 6616 Medium 30 000 - 50 000 30 000 - 45 000 35 000 - 50 000 18 000 - 28 000 16 000 - 20 000 18 000 - 36 000 10 000 - 16 000 55 000 -

PAN 6P-110 Medium 30 000 - 50 000 30 000 - 45 000 35 000 - 50 000 18 000 - 28 000 16 000 - 20 000 18 000 - 36 000 10 000 - 16 000 55 000 -

PAN 6Q-408CB Medium 30 000 - 50 000 30 000 - 45 000 35 000 - 50 000 18 000 - 28 000 16 000 - 20 000 18 000 - 36 000 10 000 - 16 000 55 000 -

PAN 6Q-608GT Medium 30 000 - 50 000 30 000 - 45 000 35 000 - 50 000 18 000 - 28 000 16 000 - 20 000 18 000 - 36 000 10 000 - 16 000 55 000 -

PAN 6Q-508R Medium 30 000 - 50 000 30 000 - 45 000 35 000 - 50 000 18 000 - 28 000 16 000 - 20 000 18 000 - 36 000 10 000 - 16 000 55 000 -

PAN 6Q-708BR Medium 30 000 - 50 000 30 000 - 45 000 35 000 - 50 000 18 000 - 28 000 16 000 - 20 000 18 000 - 36 000 10 000 - 16 000 55 000 -

MIELIEBASTERS - PRODUKSIESTREEKSAANBEVELINGS WITBASTERS

GEELBASTERS

* Slegs hoë potensiaal gronde, ** Suidwes-Vrystaat, Verre Noordwes en Limpopo 20

MIELIE EN SONNEBLOM SAADSPASIËRINGSGIDS

Rywydte (cm) 45 cm 75 cm 90 cm 120 cm 150 cm 180 cm 210 cm 230 cm

Plantestand per ha

Sade per meter

Afstand tussen Sade (cm)

Sade per meter

Afstand tussen Sade (cm)

Sade per meter

Afstand tussen Sade (cm)

Sade per meter

Afstand tussen Sade (cm)

Sade per meter

Afstand tussen Sade (cm)

Sade per meter

Afstand tussen Sade (cm)

Sade per meter

Afstand tussen Sade (cm)

Sade per meter

Afstand tussen Sade (cm)

90 000 4,1 24,4 6,8 14,7 8,1 12,3 10,8 9,3 13,5 7,4 16,2 6,2 18,9 5,3 20,7 4,8

80 000 3,6 27,8 6,0 16,7 7,2 13,9 9,6 10,4 12,0 8,3 14,4 6,9 16,8 6,0 18,4 5,4

70 000 3,2 31,3 5,3 18,9 6,3 15,9 8,4 11,9 10,5 9,5 12,6 7,9 14,7 6,8 16,1 6,2

60 000 2,7 37,0 4,5 22,2 5,4 18,5 7,2 13,9 9,0 11,1 10,8 9,3 12,6 7,9 13,8 7,2

50 000 2,3 43,5 3,8 26,3 4,5 22,2 6,0 16,7 7,5 13,3 9,0 11,1 10,5 9,5 11,5 8,7

45 000 2,0 50,0 3,4 29,4 4,1 24,4 5,4 18,5 6,8 14,7 8,1 12,3 9,5 10,5 10,4 9,6

40 000 3,0 33,3 3,6 27,8 4,8 20,8 6,0 16,7 7,2 13,9 8,4 11,9 9,2 10,9

35 000 2,6 38,5 3,2 31,3 4,2 23,8 5,3 18,9 6,3 15,9 7,4 13,5 8,1 12,3

30 000 2,3 43,5 2,7 37,0 3,6 27,8 4,5 22,2 5,4 18,5 6,3 15,9 6,9 14,5

27 500 2,1 47,6 2,5 40,0 3,3 30,3 4,1 24,4 5,0 20,0 5,8 17,2 6,3 15,9

25 000 1,9 52,6 2,3 43,5 3,0 33,3 3,8 26,3 4,5 22,2 5,3 18,9 5,8 17,2

22 500 2,0 50,0 2,7 37,0 3,4 29,4 4,1 24,4 4,7 21,3 5,2 19,2

20 000 2,4 41,7 3,0 33,3 3,6 27,8 4,2 23,8 4,6 21,7

18 000 2,2 45,5 2,7 37,0 3,2 31,3 3,8 26,3 4,1 24,4

15 000 2,3 43,5 2,7 37,0 3,2 31,3 3,5 28,6

12 000 2,2 45,5 2,5 40,0 2,8 35,7

10 000 1,8 55,6 2,1 47,6 2,3 43,5

21

Die uitdaging om miljarde meer mense in die komende dekades in Afrika en elders in die wêreld te voed gaan ’n geweldige hoeveelheid kundigheid en ondersteuning vereis.

PANNAR is daartoe verbind om boere met meer as net eersteklas produkte en gewasprestasie by te staan. Deur ons praktiese plaasnavorsing bied ons toepaslike boerdery oplossings vir progressiewe gewasproduksie.

Saam boer ons vir die toekoms.

KUNDIGHEID EN ONDERSTEUNING BO EN ONDER DIE GROND

Prestasie beproefde saad

22

23

PANNAR SAAD beskik oor ’n puik reeks sonneblombasters wat uitsonderlik presteer. Die maatskappy handhaaf ’n uitstekende prestasierekord in die LNR nasionale proewe landswyd.

PANNAR is vir die afgelope 38 jaar betrokke by sonneblomnavorsing en het ook vooraanstaande teelprogramme in Argentinië. Die Suid-Afrikaanse navorsingsprogram word deur vier sonneblomtelers bedryf, waarvan een ’n molekulêre teler is. PANNAR basters word in Afrika, Suid-Amerika en Europa bemark. Die Suid-Afrikaanse produsent kan met groot gemoedsrus en vertroue PANNAR se sonneblomreeks aanplant met die wete dat die beste tegnologie in hierdie basters opgesluit is.

PANNAR bemark vier konvensionele staatmakers, PAN 7033, PAN 7049, PAN 7057 en PAN 7080. Hierdie basters presteer merkwaardig en beskik almal oor uitstekende Bruinroesweerstand. Bykomstig tot hierdie basters bemark PANNAR ook ’n hoë-oleïensuur-baster, PAN 7086HO en twee Clearfield® basters PAN 7063CL en PAN 7095CL vir doeltreffende na-opkoms onkruidbeheer.

ONS SONSKYN IN JOU BEURSIE

PAN 7033

Die staatmaker met Bruinroesweerstand

• Dit is die afgelope 10 jaar as ’n staatmakerbaster bewys.

• Word as deel van die hoofaanplanting vir al die produksiestreke aanbeveel.

• Stadiger afdroging. Word aanbeveel waar hoë druk van Bruinroes ondervind word.

PAN 7049

’n Toppresteerder

• ’n Baie egalige volseisoenbaster met Bruinroesweerstand.

• Een van die toppresteerders die afgelope drie jaar in PANNAR en LNR-kultivarproewe.

• Aanbeveel as die hoofaanplanting vir alle sonneblomproduserende streke.

• Bestand teen alle huidige rasse van Bruinroes.

PAN 7057

Toppresteerder in die LNR en PANNAR nasionale proewe

• Die topverkoper in die PANNAR sonneblomreeks.

• Wye aanpasbaarheid oor al die produksiestreke met uitstekende olie-inhoud.

• Saam met PAN 7033 en PAN 7049 vorm dit ’n gedugte pakket en word vir die hoofaanplanting aanbeveel.

• Bestand teen alle huidige rasse van Bruinroes.

PAN 7080 NUUT

’n Nuwe wenner

• Die nuwe generasie baster is die afgelope vier jaar die toppresteerder in PANNAR se nasionale proewe, asook toppresteerder die afgelope seisoen in LNR-kultivarproewe.

• Die baster kombineer uitstekende opbrengspotensiaal met ’n wye gebiedsaanpasbaarheid.

• Bestand teen alle huidige rasse van Bruinroes.

• Aanbeveel vir alle sonneblomproduksiestreke.

MEDIUM-LAAT GROEISEISOENKLAS

24

MEDIUM GROEISEISOENKLAS

PAN 7095CL NUUT

Onkruidbeheer met die Clearfield® Produksiesisteem

• ’n Volseisoenbaster met uitstekende opbrengspotensiaal wat ’n alternatiewe onkruidbeheerstelsel in die produksie van sonneblom bied.

• Doeltreffende onkruidbeheer met Euro-Lightning® (L8436, aktiewe bestanddeel: Imasapir en Imasamoks) onkruiddoder.

• Na opkoms-beheer van ’n breëspektrum-, gras- en breëblaaronkruide.

• Die onkruidweerstand is ’n natuurlike mutasie; die baster is nie geneties gemodifiseer nie.

PAN 7063CL

Onkruidbeheer met die Clearfield® Produksiesisteem

• ’n Mediumseisoenbaster wat ’n alternatiewe onkruidbeheerstelsel in die produksie van sonneblom bied.

• Doeltreffende onkruidbeheer met Euro-Lightning® (L8436, aktiewe bestanddeel: Imasapir en Imasamoks) onkruiddoder.

• Na opkoms-beheer van ’n breëspektrum-, gras- en breëblaaronkruide.

• Die onkruidweerstand is ’n natuurlike mutasie; die baster is nie geneties gemodifiseer nie.

• Hoë olie-inhoud-kultivar met goeie stroopbaarheid.

PAN 7086HO NUUT

Hoë-oleïensuur-baster

• ’n Mediumseisoenbaster, goed aangepas vir al die sonneblomproduksiestreke.

• Baie egalige planttipe.

• Oleïeninhoud van 80% en hoër.

• Saadkleur is ’n wit/liggrys kleur, wat saad identifikasie by die silo vergemaklik as gevolg van sy unieke pitkleur.

Clearfield is die geregistreerde handelsmerk van BASF.

SONNEBLOMBASTERS – AGRONOMIESE EIENSKAPPEAlgemene Eienskappe PAN 7063CL PAN 7086HO PAN 7095CL PAN 7033 PAN 7049 PAN 7057 PAN 7080

Groeiseisoen Medium Medium-laat

± Dae tot 50% blom 70 70 75 75 75 77 77

± Dae tot fisiologiese rypheid 124 125 130 130 130 130 130

± Dae tot stroop 140 - 148 135 - 140 150 - 155 150 - 155 150 - 155 150 - 155 150 - 155

Egaligheid (1 = Uitstekend; 9 = Swak) 2 1 1 2 1 2 1

Staanvermoë (1 = Uitstekend; 9 = Swak) 1 2 1 1 1 1 1

Planthoogte (cm) 150 165 170 170 170 170 170

Gemiddelde olie-inhoud 42% 40% 40% 41% 41% 43% 40%

25

PANNAR SAAD se sojaboonteelprogram bestaan sedert 1977 en is tans die markleier in Suid-Afrika. PANNAR het toegang tot die beste kommersiële sojaboonkultivars en pre-kommersiële lyne van regoor die wêreld. Hierdie bronne van kiemplasma word deurlopend teen die plaaslik geteelde kultivars vir prestasie en aanpasbaarheid onder uiteenlopende toestande getoets. PANNAR se beleid is om die beste kultivars moontlik in die Suid-Afrikaanse mark vry te stel, ongeag vanwaar hulle afkomstig is.

Vir die afgelope drie jaar het PANNAR se kultivars die top prestasieposisie in al die streke en oor al die streke heen behaal. PANNAR se veelsydige pakket van verskillende groeiseisoenklasse bied die optimale kultivar vir elke plantdatum in al die produksiegebiede. Die pakket sluit ook spesialiskultivars met ‘n regop groeiwyse, geskik vir nou-rywydtes onder besproeiing in. Sojabone is ‘n ideale wisselbougewas met mielies en koring.

Baie faktore dryf die toename in sojaboonproduksie waarvan ‘n kombinasie van goeie opbrengste en hoë graanpryse die sterkste drywers is. ’n Toename in die gebruik van geenbewerkingspraktyke (met wisselbou as die hoeksteen) en algemene risiko-diversifikasie beïnvloed ook die uitbreiding van sojaboon aanplantings. Die drie belangrikste aspekte vir suksesvolle sojaboonproduksie is plantpopulasie, plantdatum en die groeiklas van geskikte kultivars vir elke produksiestreek. Sojaboonkultivars word in twaalf groeiklasse geklassifiseer (groeiklas 00, baie vinnig, groeiklas 9, laat). Kultivars in groeiklasse 5 en 6 is oor die algemeen die beste geskik vir produksie in Suid-Afrika, alhoewel kultivars in die groeiklasse 4 en 7 vir sekere nismarkte geskik is.

Die WB74 knoppiesbakterie-entstof is getoets en goedgekeur vir gebruik op al die PANNAR kultivars.

SOJABONE, DIE BESTE ALTERNATIEF

A 5409RG’n Uiters stabiele staatmaker

• Die eerste Roundup Ready® sojaboonkultivar in die RSA wat steeds met goeie rede wyd aangeplant word.

PAN 1583R

Wyd aangepas vir koel en gematigde streke

• ’n Goeie spanmaat vir PAN 1664R in koel en gematigde streke.

• Baie goeie en stabiele prestasie oor al die produksiestreke. Baie gewild.

• Kort planttipe; spesialis-sojaboon aangepas vir hoë plantpopulasie en nou rye.

• Baie goeie staanvermoë.

PAN 1664R

Toppresteerder in LNR nasionale proewe!

• Die beste algehele prestasie in koel, matige en warm produksiestreke. Uitstaande opbrengsstabiliteit. PANNAR se gewildste kultivar.

• Afgesien van die aantreklike planttipe ook wye gebiedsaanpasbaarheid.

• ’n Veelsydige kultivar met ’n goeie agronomiese balans.

PAN 1666R

Ongeëwenaard!

• Hierdie sojaboon se baie aantreklike planttipe is besonder opvallend. ’n Gewilde kultivar.

• ’n Uitstekende keuse vir koel en gematigde produksiestreke. Word nie vir warm produksiestreke aanbeveel nie.

• Uitstekende staanvermoë, goeie peulhoogte en weerstand teen oopspring.

VINNIGE GROEISEISOENKLAS: Koel streke en later aanplanting in gematigde streke

MEDIUM GROEISEISOENKLAS: Gematigde streke en later aanplanting in warm streke (Besproeiing)

PAN 1454R

Eerste oor die wenstreep

• ’n Vinnige kultivar vir streke met ’n beperkte groeiseisoen.

• ’n Geharde kultivar ideaal geskik vir die koeler oostelike Hoëveld.

• Eerste keuse vir koring-sojaboon-wisselbou.

• Hoë olie-inhoud.

• Nie aanbeveel vir die warm produksiestreke nie.

• Die WB74 knoppiesbakterie-entstof is getoets en goedgekeur vir gebruik op al die kultivars.

ROUNDUP READY®* KULTIVARS

*Roundup Ready® is ’n geregistreerde handelsmerk en word onder lisensie van Monsanto Technology LLC gebruik.

26

SOJABOONKULTIVARS – AGRONOMIESE EIENSKAPPE

Algemene Eienskappe PAN 1454R PAN 1583R A 5409RG PAN 1664R PAN 1666R

Groeiklas (MG) 4,4 5,0 5,5 5,9 6,0

Groeiwyse* Onb Bep Onb Bep Onb

± Dae tot blom** 50 59 62 60 62

± Dae tot rypwording** 124 131 134 135 138

Planthoogte** (cm) 84 68 85 80 99

Peulhoogte (1 = Hoog, 9 = Laag) 4 4 3 2 2

Staanvermoë (1 = Uitstekend, 9 = Swak) 2 1 1 1 1

Oopspring (1 = Uitstekend, 9 = Swak) 3 1 2 2 1

Gemiddelde pittelling*** (sade/kg) 5 458 5 500 5 600 6 050 6 100

Aanbevole plantpopulasie:

Vroeë plantdatum 300 000 350 000 300 000 300 000 300 000

Laat plantdatum of nou rye aanplantings 450 000 550 000 500 000 450 000 450 000

* Onbepaald (Onb) of Bepaald (Bep)** Varieer volgens planttyd en temperatuur gedurende die groeiseisoen*** Saadmassa kan varieer vir verskillende seisoeneGroeiklas (MG)

Sojaboon Produksiegebiede

Koel Produksiegebiede (1) Matige Produksiegebiede (2) Warm Produksiegebiede (3)

27

PANNAR SAAD bemark droëboonvariëteite sedert die vroeë ’90’s in Suid-Afrika. PAN 148 is al vir meer as 15 jaar ’n steunpilaar van die Suid-Afrikaanse droëboonproduksiemark met totale verkope wat al die halfmiljoen eenhede oorskry. Dit is ’n merkwaardige prestasie met ’n baie groot impak.

Rooi gespikkelde boontjie kultivars word uitsluitlik plaaslik in Suid-Afrika geteel en ontwikkel aangesien die geleentheid om kultivars van elders in die wêreld in te voer, beperk is. PANNAR beklee ’n unieke posisie om kultivars te ontwikkel en saad te produseer van ’n gewas wat tradisioneel nie veel aandag van die groot private instellings kry nie.

PANNAR bemark hoë-opbrengs droëboonkultivars, spesifiek gekies vir goeie stabiliteit oor ’n wye verskeidenheid van omgewingstoestande. Hierdie volledige pakket verminder die risiko tradisioneel met droëboonproduksie geassosieer as ’n ‘hoë risiko, hoë inkomste’ gewas.

PANNAR se nuwe kultivars beskik oor goeie weerstand teen siekte soos Roes en Hoekige Blaarvlek. PAN 123, ’n relatiewe nuwe rolspeler in die kommersiële klein wit inmaakmark, gaan ’n groot inpak op die inmaakbedryf maak.

PANNAR is op die voorpunt met die meganisasie van droëboonproduksie en fokus op die oordrag van tegnologie aan produsente om hul oesproses te meganiseer.

DIE BESTE DROËBONE

ROOI GESPIKKELDE BONE’n Toppresterende rooi, gespikkelde boonpakket bied uitsonderlike opbrengsprestasie en stabiliteit. Die pakket bied ’n kultivar vir alle produksie omstandighede, van ’n hoë inset, gemeganiseerde bedryf tot die lae inset, bestaansboerdery.

PAN 116

Regop onbepaalde groeiwyse

• Uitsonderlike goeie prestasie in die nasionale droëboon statistiese meerjarige en strookproewe. ’n Goeie keuse vir die Mpumalanga-, KwaZulu-Natal- en Vrystaat-produksiestreke.

• Die eerste rooi, gespikkelde boontipe wat belofte vir direkte meganiese stroop inhou.

• ’n Unieke kombinasie van ’n regop planttipe met ’n onbepaalde groeiwyse en uitstekende staanvermoë. Grootsadig.

• Uitstekende algemene siekteweerstand, insluitende Roes, Hoekige Blaarvlek en BMV.

PAN 148

’n Bewese presteerder

• Die gewildste kultivar in die PANNAR droëboonpakket. ’n Integrale deel van droëboonproduksie in Suid-Afrika.

• Handhaaf uitstekende prestasie in die meerjarige nasionale strookproewe in Mpumalanga en Oos-Vrystaat.

• Goed aangepas in al die produksiestreke en steeds die kultivar van eerste keuse in Mpumalanga en Oos-Vrystaat.

PAN 9249

Groot is beter

• ’n Grootsadige kultivar. Indien produsente dit een maal aanplant, hou hulle by die kultivar. Dit is baie gewild by die verpakkers.

• Uitstekende opbrengsstabiliteit in streke met hoë siektedruk.

• Goed aangepas vir al die droëboonproduksiestreke. Dit presteer veral goed in die Oos-Vrystaat-, KwaZulu-Natal-, Mpumalanga- en Noordwes-produksiestreke.

• Goeie algemene siekteweerstand insluitende Roes-, Hoekige Blaarvlek- en BMV-weerstand.

PAN 9292 NUUT

Die beste in die weste

• ’n Nuwe boon soortgelyk aan PAN 116 met belangrike verbeterings.

• PAN 9292 is veral goed aangepas vir die Noordwes produksiegebied. Dit beskik oor goeie algemene siekteweerstand met ’n wye gebiedsaanpasbaarheid en verhoogde opbrengstabiliteit.

• Die graankwaliteit is goed. Die kleiner, meer geronde boon verleen beskerming teen meganiese beskadiging.

PAN 9213 NUUT

Die plaasvervanger vir PAN 128

• Lewer konstant beter opbrengsprestasie in al die produksiegebiede teenoor die staatmaker PAN 128.

• Dit is bestem om die gewildste veeldoelige droëboon in die PANNAR pakket te word.

PAN 9281 NUUT

Regop groeiwyse met uitstekende opbrengspotensiaal

• Bestem om PAN 116 te vervang, die geskiktheid vir direkte stroop sal in die komende seisoene getoets word.

• Goed aangepas vir die Noordwes en Mpumalanga produksiegebiede.

28

PAN 123 NUUT

’n Toppresteerder

• Die top inmaakboon in die LNR meerjarige droëboonproewe (2008-2012).

• Goeie opbrengspotensiaal en weerstand teen Roes maak dit ’n wyd aangepaste kultivar.

• Uitstekende prestasie in al die vernaamste inmaakboon-produksiestreke.

KLEIN WIT INMAAKBOON ’n Wenkombinasie met uitstaande opbrengspotensiaal, siekte weerstand en graankwaliteit.

DROËBOON KULTIVARS – AGRONOMIESE EIENSKAPPEAlgemene Eienskappe PAN 116 PAN 148 PAN 9249 PAN 9292 PAN 9213 PAN 9281 PAN 123

Graantipe Rooi gespikkel Rooi gespikkel Rooi gespikkel Rooi gespikkel Rooi gespikkel Rooi gespikkel Kleinwit inmaak

Groeiwyse* Onb Onb Onb Onb Onb Onb Bep

± Dae tot 50% blom 50 - 60 50 - 60 50 - 60 50 - 60 50 - 60 50-60 50 - 60

± Dae tot rypwording 100 - 120 100 - 120 100 - 120 100 - 120 100 - 120 100 - 120 100 - 120

Planttye – Koel gebiede Nov / Des Nov / Des Nov / Des Nov / Des Nov / Des Nov / Des Nov / Des

Planttye – Gematigde gebiede Des / mid-Jan Des / mid-Jan Des / mid-Jan Des / mid-Jan Des / mid-Jan Des / mid-Jan Des/ mid-Jan

Siektes**:

Hoekige blaarvlek B V B B B B B

Roes MB MB MB MB MB MB B

BMV B B B B B B B

Pitgrootte: sade/kg*** 2 110 2 440 1 655 2 500 2 350 2 200 4 850

Aanbevole plantdigtheid (kg/ha):

90 cm rye x 7.5 cm (148 000 sade/ha) 70 61 89 59 63 67 31

90 cm rye x 5 cm (222 000 sade/ha) 105 91 134 89 94 101 46

75 cm rye x 7.5 cm (178 000 sade/ha) 84 73 108 71 76 81 37

* Onbepaald (Onb) / Bepaald (Bep) ** Siektes: V - Vatbaar, MV - Matig vatbaar, MB - Matige weerstand, B - Goeie weerstand *** Saadmassa varieer vir verskillende seisoene

29

PANNAR basters is die ruggraat van graansorghum-produksie in Suid-Afrika. PANNAR SAAD se sorghum-teelprogram word reeds vir meer as 30 jaar bedryf en dit is een van die oudste programme in die wêreld. Plaaslik ontwikkelde basters word ook in Suid-Amerika, Meksiko, Australië en Afrika aangeplant.

Die PANNAR graansorghum-pakket handhaaf ’n uitstekende rekord van prestasie in die LNR-proewe. PAN 8906 en PAN 8816 word as hoofaanplanting vir al die graansorghum-produksiestreke aanbeveel. PAN 8906 is spesifiek geskik vir die maalbedryf. PAN 8816 beskik oor uitstekende opbrengsstabiliteit en gebiedsaanpasbaarheid. Dit is ’n moutbaster wat ook geskik is vir die maalbedryf.

ONGEËWENAARDE GRAANSORGHUM-PAKKET

MEDIUM-LAAT GROEISEISOENKLAS

LAAT GROEISEISOENKLAS

PAN 8816

Die beste baster in die PANNAR pakket

• Dit beskik oor uitstekende opbrengspotensiaal en stabiliteit.

• Baie egalige groeiwyse en goeie staanvermoë.

• Die graan is grootsadig, dors maklik en het ’n goeie skepelmassa.

• Dit gradeer GM en beskik oor goeie moutgehalte.

• Goeie algemene blaarsiektetoleransie.

• Goeie toleransie teen Aarbrand. Plant waar probleme met Aarbrand ondervind word.

PAN 8906 NUUT

Goeie maalkwaliteit met uitstekende opbrengspotensiaal en stabiliteit

• Uitstekende opbrengspotensiaal en stabiliteit – tweede in die PANNAR en LNR nasionale proewe oor twee seisoene.

• Baie egalige groeiwyse.

• Gradeer GL met goeie maaleienskappe.

• Goeie dorsbaarheid.

• Grootsadig met goeie skepelmassa.

• Goeie staanvermoë en algemene blaarsiektetoleransie.

• Goeie toleransie teen Aarbrand.

PAN 8625

Spesialiteit bitter sorghum

• Dit beskik oor ’n uitstekende opbrengsprestasie en agronomiese eienskappe.

• Dit is ’n bitter graantipe en gradeer GH.

• Dit mout goed en is deur die LNR goedgekeur.

• Dit beskik oor ’n medium planthoogte met goeie staanvermoë.

• Goeie toleransie teen Aarbrand.

30

Algemene Eienskappe PAN 8816 PAN 8906 PAN 8625

Groeiseisoen Medium-laat Laat

± Dae tot 50% blom 79 - 81 78 - 81 82 - 85

± Dae tot stroop 135 - 142 135 - 142 140 - 145

Planthoogte (cm) 112 - 117 110 - 115 120 - 130

Egaligheid (1 = Uitstekend, 9 = Swak) 2 1 3

Staanvermoë (1 = Uitstekend, 9 = Swak) 2 2 2

Dorsbaarheid (1 = Uitstekend, 9 = Swak) 2 2 4

Aarbrand (1 = Uitstekend, 9 = Swak) 2 2 3

Plantkleur Pers Pers Pers

Gradering GM GL GH

Saadkleur Rooi Rooi Bruin

Pitgrootte* (pitte/kg):

Klas 1 25 500 25 600 26 500

Klas 2 34 000 33 600 33 600

* Benaderde saadmassa kan varieer vir verskillende seisoene

GRAANSORGHUMBASTERS – AGRONOMIESE EIENSKAPPE

31

PANNAR se koringteelprogram is reeds meer as 20 jaar oud en lewer ’n groot bydrae tot koringverbouing in die Vrystaat. PANNAR kultivars handhaaf ’n uitstekende prestasie rekord in die LNR nasionale proewe.

Hoogtepunte in die teelprogram is byvoorbeeld PAN 3161 met ’n kombinasie van goeie aluminium-toleransie en Russiese Koringluisweerstand, asook die twee nuwe lentetipe kultivars, PAN 3471 en PAN 3478, wat spesifiek vir verbouing onder besproeiing ontwikkel is. Die hoë opbrengspotensiaal kultivars lewer topprestasie en komplementeer mekaar. Vir die besproeiingsboer ’n besliste keuse.

KORING ’N WENKOMBINASIE

PANNAR se koringprogram fokus daarop om die opbrengspotensiaal van koringproduksie in Suid-Afrika te verhoog, asook op die ontwikkeling van kultivars met nuwe bronne van Russiese Koringluis en Roesweerstand om die bedreiging en gepaardgaande hoër risiko tot produksie, wat die verskyning van nuwe biotipes en patotipes teweeg mag bring, die hoof te bied. Tegnologie wat toegepas word, sluit in die gebruik van merkers om teikengene te volg en te kombineer in plaaslik aangepaste kiemplasma vir selfs beter aangepaste koringkultivars met laer produksierisiko.

Koringkultivars word volgens hulle kouebehoefte as egte winter-, winter-, intermediêre of lentetipes geklassifiseer. Egte winter- en wintertipes moet vroeër geplant word om aan hul groter kouebehoefte te voldoen. Egte wintertipes stoel meer en kan daarom teen laer plantdigthede geplant word, teenoor intermediêre tipes wat weer later geplant kan word, maar teen ’n hoër saaidigtheid. Lentetipes vir aanplanting onder besproeiing, daarenteen, het geen kouebehoefte nie en bereik die blomstadium ongeveer 100 tot 113 dae na aanplanting.

Produsente wat PAN 3471 en PAN 3478 bestel, sal die saad fabrieksbehandel met die Galmano® Plus saadbehandeling (L 8524) van Bayer CropScience as standaard ontvang. Dit word onder die vaandel van PANNAR se PANACEA™ Omvattende Saad

en Gewasbeskerming gedoen. Galmano® Plus is ’n saadbehandelingsmiddel met registrasie teen Vrotpootjie en Blaarroes. In PANNAR se evaluasieproewe het Galmano® Plus ’n 6% opbrengsverhoging gegee. In ’n proef op Greytown het Galmano® Plus-saadbehandeling en twee opvolgbespuitings met Prosaro® (L 8510) ’n opbrengsverhoging van ongeveer 22% gegee en ook Geelroes uitstekend beheer. Prosaro® is ook uit die Bayer CropScience-stal en is teen Septoria, Blaarroes en Poeieragtige Meeldou geregistreer.

Koringkultivars wat as weerstandbiedend teen Roessiektes en Russiese Koringluis geklassifiseer is, moet – net soos vatbare kultivars – vir die voorkoms van die plae gemonitor word, aangesien nuwe rasse/biotipes mag ontwikkel wat oor die vermoë beskik om die weerstand te oorkom. Faktore soos siektedruk, voorkoms van simptome in die saailingstadium en heersende klimaatstoestande mag ook die effektiwiteit of uitdrukking van weerstand beïnvloed.

32

Groeiklas Kultivar Gebiedsaanpassing en Eienskappe

Egte wintertipes

PAN 3118Uitsonderlike wye gebiedsaanpasbaarheid met topprestasie in veral die westelike droëlandproduksiestreke van die Vrystaat.

PAN 3120Goed aangepas vir die hoërpotensiaal droëlandstreke van die Vrystaat. ’n Toppresteerder by vroeë plantdatums.

PAN 3161Korter strooilengte met uitstekende staanvermoë en opbrengspotensiaal. Wye gebiedsaanpasbaarheid met Russiese Koringluisweerstand en goeie Al-toleransie.

Intermediêre Tipes

PAN 3368’n Toppresteerder in die Oos-Vrystaat. Weerstand teen albei biotipes van die Russiese Koringluis en geskik vir verbouing in veral die Sentraal- en Oos-Vrystaat.

PAN 3379Korter strooilengte en ’n hoëpotensiaalkultivar wat weerstand teen albei Russiese Koringluisbiotipes bied. Beskik oor ’n sterk saailinggroeikragtigheid, ’n kort groeiperiode en uitstekende hektoliter-massa. Toon matige vatbaarheid vir Streeproes.

Lente Tipes

PAN 3471NUUT

Toppresteerder die afgelope drie seisoene in die LNR-Kleingraaninstituut se besproeiingsproewe. Dit behaal die eerste plekke in die proewe vir die koeler, warmer (eerste aanplanting) en Oostelike Hoëveld besproeiingsgebiede, en die tweede plek naas PAN 3478 in KwaZulu-Natal. Dit beskik oor goeie strooisterkte, staanvermoë, en toon goeie weerstand teen heersende Streep- en Blaarroes patotipes.

PAN 3478 NUUT

Die kultivar beskik oor ’n hoë opbrengspotensiaal onder besproeiing en is wyd aangepas. Dit het uitstekende prestasie oor die afgelope drie seisoene in die LNR-Kleingraaninstituut se proewe gelewer, met algeheel eerste plekke in die warmer besproeiingsgebiede (tweede aanplanting) en KwaZulu-Natal en die tweede plek naas PAN 3471 in die Oostelike Hoëveld-proewe. Die kultivar het ’n goeie staanvermoë, uitstekende hektoliter-massa en goeie verdraagsaamheid teen Uitloop in die Aar.

KORINGKULTIVARS

33

KORING vervolg

KORINGKULTIVARS – OPTIMUM PLANTDATUM EN SAAIDIGTHEID AANBEVELINGS

Streek 12 Oos-Vrystaat

Kultivar Plantdatum Saaidigtheid kg/ha

PAN 3379 20/6 - 7/8 25 - 40

PAN 3368 20/6 - 7/8 25 - 40

PAN 3161 1/6 - 20/7 25 - 30

PAN 3120 1/6 - 30/6 15 - 30

Streek 10b Suidwes-Vrystaat

Kultivar Plantdatum Saaidigtheid kg/ha

PAN 3379 15/5 - 30/6 20 - 25

PAN 3161 7/5 - 31/5 20 - 30

PAN 3118 28/4 - 25/5 15 - 20

PAN 3120 21/4 - 15/5 15 - 20

Kultivar Plantdatum Saaidigtheid kg/ha

PAN 3379 15/5 - 30/6 20 - 30

PAN 3161 7/5 - 10/6 20 - 30

PAN 3118 28/4 - 31/5 15 - 20

PAN 3120 21/4 - 20/5 15 - 20

Streek 10a Noordwes-Vrystaat

BESPROEIING

DROËLAND

Kultivar Plantdatum Saaidigtheid kg/ha Plante/m2

PAN 3471 5/6 - 25/7 100 - 120 250 - 325

PAN 3478 1/6 - 20/7 90 - 110 225 - 300

Koeler Sentrale Besproeiingstreke

Kultivar Plantdatum Saaidigtheid kg/ha Plante/m2

PAN 3471 1/5 - 15/7 100 - 120 250 - 325

PAN 3478 1/5 - 25/6 90 - 120 225 - 300

Warmer Besproeiingstreke

Kultivar Plantdatum Saaidigtheid kg/ha Plante/m2

PAN 3471 25/6 - 31/7 100 - 120 250 - 325

PAN 3478 25/6 - 25/7 90 - 120 225 - 300

Oostelike Hoëveld

Kultivar Plantdatum Saaidigtheid kg/ha Plante/m2

PAN 3471 1/6 - 5/7 100 - 130 275 - 325

PAN 3478 1/6 - 30/6 100 - 120 250 - 300

KwaZulu-Natal

Streek 11 Sentraal-Vrystaat

Kultivar Plantdatum Saaidigtheid kg/ha

PAN 3379 25/5 - 7/7 25 - 30

PAN 3368 25/5 - 30/6 25 - 30

PAN 3161 1/5 - 15/6 25 - 30

PAN 3118 1/5 - 7/6 15 - 20

PAN 3120 24/4 - 31/5 15 - 20

Droëlandverbouingstreke

NOORDWES

OOS-KAAP

VRYSTAAT

GAUTENG

THABAZIMBI

BRITS

FRANKFORT

BETHLEHEM

LIMPOPO

Mpumalanga / Gauteng

Limpopo (Springbokvlakte)

Oos-Kaapse binneland

Sentraal-Vrystaat

Oos-Vrystaat

Noordwes-Vrystaat

Suidwes-Vrystaat

NOORDWES

OOS-KAAP

VRYSTAAT

GAUTENG

THABAZIMBI

BRITS

FRANKFORT

BETHLEHEM

LIMPOPO

Mpumalanga / Gauteng

Limpopo (Springbokvlakte)

Oos-Kaapse binneland

Sentraal-Vrystaat

Oos-Vrystaat

Noordwes-Vrystaat

Suidwes-Vrystaat

10b

5

10a 11

12

14

34

Algemene Eienskappe PAN 3471 PAN 3478 PAN 3379 PAN 3368 PAN 3161 PAN 3118 PAN 3120

± Dae tot 50% blom ■Warmer 99 100 135 140 149 150 155

Koeler 109 111 125 130 137 136 138

± Dae tot fisiologiese rypwording ■Warmer 134 135 174 178 187 186 190

Koeler 157 159 165 169 175 174 176

Benaderde dae tot stroop (<15% vog) ■Warmer 147 148 184 188 195 196 200

Koeler 169 170 175 179 183 184 186

Opbrengspotensiaal en Aanpasbaarheid: Besproeiing Droëland

Oos-Vrystaat 1 1 5 2 2 5 2

Sentraal-Vrystaat 1 1 2 2 2 2 2

Noordwes-Vrystaat 1 1 2 4 2 2 2

Suidwes-Vrystaat 1 1 2 4 2 2 2

Besproeiing 1 1 9 5 † 5 † 9 9

Agronomiese/Kwaliteits Eienskappe:

Hektolitermassa 3 2 2 3 4 3 2

Uitlooptoleransi ⁕ 4 3 4 2 5 4 2

Aluminiumtoleransie ⁕ 8 8 1 8 1 1 1

Koleoptiellengte 8 8 4 2 5 4 2

Russiese koringluisweerstand # 9 9 1 1 1 9 9

Blaarroes � 3 7 5 5 5 5 5

Stamroes � 7 3 5 2 3 2 2

Streeproes � 2 2 6 4 4 8 7

Staanvermoë 3 4 2 3 2 5 4

■ Plantdatum/klimaat mag data beïnvloed † Geskik vir aanvullend besproeiing in winter droëland streek ⁕ Data verkry vanaf LNR-Kleingraaninstituut # Biotipe inligting: PAN 3161, PAN 3368 en PAN 3379 is bestand teen

beide RKLSA1 & 2 � Reaksie bepaal teen heersende patotipes

KORINGKULTIVARS – AGRONOMIESE EIENSKAPPE

1 Uitstekend/Vinnig

9 Swak/Stadig

Lentetipe (Besproeiing)

Intermediêre tipes

Egte Wintertipe

35

Voedsame herfs-, winter- en lenteweiding met hoë drakrag en smaaklikheid vir ’n veelsydige, gebalanseerde voervloeiprogram en volgehoue diereproduksie.

HULPBRONNE WAAROP JY DEUR DIE WINTER KAN STAATMAAK

Prestasie beproefde saad

36

37

GEMATIGDE EN WINTER-VOERGEWASSE

EENJARIGE RAAIGRASSE (Lolium multiflorum)Plant Westerwold-tipes vroeg in die herfs (Februarie/Maart) en benut van April/Mei tot Oktober/Desember. Italiaanse tipes kan vroeg in die herfs of alternatiewelik ook vroeg in die lente na die swaarste ryp (Augustus/September) gevestig word, waarna dit vir ongeveer 15 maande weiding behoort te voorsien. Westerwold-tipes lewer beter produksie in die midwinter, terwyl die Italiaanse tipes later in die lente beter produksie lewer.

Meerjarige Raaigras (Lolium perenne)Veral aanbeveel vir die koel gebiede en alleenlik onder besproeiing. Hierdie raaigrastipes is nie sterk meerjarig nie en moet elke drie tot vier jaar hervestig word. Uitstekende weiding in kombinasie met klawermengsels.

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

1 500 mm/Besproeiing

VOYAGER 12 100% tetraploïede Westerwold-mengsel vir maksimum raaigras-opbrengste tot einde Oktober. Ideaal as wisselgewas saam met mielies onder besproeiing.

Rye: 30 - 35 Breedwerpig: 35

VOYAGER 55

Die 100% tetraploïede mengsel groei hoër, produseer breër blare en is smaakliker. Dit is ’n mengsel van 50% Westerwold en 50% Italiaanse raaigras, is vinniger as DARGLE en lewer tot 30% hoër opbrengste. Indien dit goed bestuur word, behoort dit tot Desember te hou. Onttrek besproeiing twee tot drie dae voor beweiding vir beter droëmateriaal (DM)-inname en diereproduksie.

Rye: 25 - 30 Breedwerpig: 35

DARGLE ’n Italiaanse raaigras met ’n sterk Westerwold-komponent. Dit gee goeie midwinterproduksie. Deur die LNR-Veld- en Weidinginstituut (VWI) ontwikkel.

Rye: 20 - 25 Breedwerpig: 25 - 30

MISPAH Oorwegend ’n tetraploïede Westerwold-tipe, wat ’n beter produksie as MIDMAR en AGRI-HILTON lewer. ’n Stabiele midwinterproduseerder. Deur die LNR-VWI ontwikkel.

Rye: 25 - 30 Breedwerpig: 30 - 35

FEAST IIOorwegend Italiaanse tetraploïede raaigras met uitstekende Roesweerstand, asook goeie hitte- en droogteweerstand. Tetraploïede raaigrasse bevat hoër wateroplosbare koolhidrate, asook ’n hoër selinhoud-tot-selwandverhouding, wat ’n beter voedingswaarde tot gevolg het.

Rye 25 - 30 Breedwerpig: 35

Planttyd: Februarie/Maart, terwyl die Italiaanse tipes ook in die vroeë lente gevestig kan word

Planttyd: Februarie/April asook Julie tot vroeg in Augustus.

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

1 500 mm/Besproeiing

BANQUET II ’n Tetraploïede meerjarige raaigras. Dit is geselekteer vir ’n hoër suikerinhoud en verteerbaarheid, met beter rumen effektiwiteit en veeproduksie. Uitstekende droëmateriaalproduksie.

Rye: 25 - 30Breedwerpig: 30 - 35

Mengsels: 25

FITZROY Geteel vir beter hitteverdraagsaamheid. Vroeër blomdatum dikteer goeie laatwinterproduksie, sowel as uitstaande winter- en herfsproduksie. Mag saad vorm in die koue dele van Suid-Afrika.

Rye: 20 - 25Breedwerpig: 25 - 30

Mengsels: 10 - 20

PASTORALDie tetraploïede meerjarige laatblomraaigras is in die suide van Frankryk geteel. PASTORAL word reeds suksesvol in Frankryk, Duitsland, Colombië, Ecuador, Argentinië en Chili bemark, wat sy puik aanpasbaarheid staaf. PASTORAL is vir verbeterde hitteverdraagsaamheid en Roesbestandheid geteel.

Rye: 20 - 25Breedwerpig: 25 - 30

Mengsels: 10 - 20

RAAIGRAS, LANGSWENKGRAS, KROPAARGRAS EN JAPANNESE RADYS

Dié grasse staan ook bekend as koelseisoengrasse en word uitsluitlik vir intensiewe veeproduksie verbou. Die gewasse bly gewoonlik groen deur die winter, is winteraktief en is rypverdraagsaam. In vergelyking met die subtropiese grasse, is hulle relatief hoog in kwaliteit, verteerbaarheid en smaaklikheid. Boere wat melkerye bedryf, vetlammers produseer of speenkalwers afrond, kan gematigde spesies met vrug insluit in hulle voervloeiprogram vir goeie diereproduksie.

Die sleutel tot sukses met winterweidings is voldoende stikstofbemesting en baie water. Die eerste toediening van stikstof is van kardinale belang vir goeie herfsproduksie. Beheerde beweiding deur middel van ’n elektriese heining is baie belangrik vir optimale benutting en produksie.

38

LANGSWENKGRAS (Festuca arundinacea)Langswenkgras is sterk meerjarig en goed aangepas vir ’n wye reeks grondtipes en klimaatstreke. Verskaf goeie kwaliteitweiding in die herfs, lente en somer. Goed aangepas vir vleierige of swaargronde. In gebiede met minder as 800 mm reën per jaar is aanvullende besproeiing noodsaaklik.

Planttyd: Februarie tot Julie.

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

1 000 mm/Besproeiing

ADVANCE Sagter blare as QUANTUM vir verhoogde smaaklikheid en verteerbaarheid. Bevat geen Endofiete nie.Rye: 20 - 25

Breedwerpig: 25 - 30Mengsels: 20

VAT 5

Die VAT 5-mengsel bestaan uit 36 kg in totaal van vyf gewasse, lankswenkgras, meerjarige raaigras, kropaargras, rooiklawer en witklawer, wat in een sak verpak is en genoeg vir een hektaar weiding is. Die klawers word apart verpak en moet voor aanplanting geënt word. VAT 5 is ’n immergroenweiding wat puik produksie in die herfs en lente lewer. Bestuur net soos lankswenkgras.

36 kg/ha (1 sak)

KROPAARGRAS (Dactylis glomerata)’n Sagte, smaaklike en voedsame gras met uitstaande voedingswaarde. Aangepas vir ’n verskeidenheid grondtipes en verdra suurgrond. Maak goeie staandehooi. Beste resultate word op koel, suidelike hange in die hoë reënvalgebiede verkry. Meer droogteverdraagsaam as meerjarige raaigrasse, alhoewel dit meestal onder besproeiing verbou word.

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

1 000 mm/Besproeiing

WANA’n Meerjarige weidingstipe. Hoogs verteerbare veselinhoud. Geskik as weiding vir skape en lewer goeie melkproduksie.

Rye: 15 - 20Breedwerpig: 20 - 25

Mengsels: 20

Planttyd: Februarie tot April.

JAPANNESE RADYS (Raphanus sativus)Dit is ’n sappige voer bron vir vee in die droë wintermaande. Dit is veral nuttig waar min of geen weiding onder besproeiing beskikbaar is nie. Goed aangepas vir die koeler oostelike dele en word in die herfs en winter benut. Dit is nie koue- of rypgevoelig nie. Die droëmateriaal is hoogs verteerbaar en dit is goeie weiding vir skape en beeste. Vir beeste is dit beter om die radyse uit te trek of uit te ploeg en heel te voer.

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

Reënval >600 mm

STAR 1650 Soortgelyk aan NOOITGEDACHT, maar agronomies beter en effens hoër produserend. Droëland: 2

Besproeiing: 3,5

NOOITGEDACHT ’n Bekende kultivar met goeie produksie gedurende die winter. Droëland: 2

Besproeiing: 3,5

Planttyd: Oostelike Hoëveld vroeg tot middel Desember, alhoewel Januarie tot einde Februarie die algemene planttyd is.

39

Die grootste voordeel van klawer is die vermoë om stikstof te bind en hoëkwaliteitproteïen te produseer. Die meeste kultivars is aangepas vir die koeler gebiede met ’n reënval hoër as 800 mm per jaar. Dit word gewoonlik onder besproeiing verbou. Die gevaar van opblaas word aansienlik verminder wanneer dit in kombinasie met gras as mengsels aangeplant word. Saad moet altyd voor aanplanting met vars entstof geënt word. Kultivar Eienskappe en Aanwending

Plantdigtheid kg/ha

1 000 mm/Besproeiing

QUINEQUELIDit is ’n hooggroeiende klawer met groot blare en komplementerend tot witklawer met beter somerproduksie. Dit is gehard, langlewend en baie smaakvol. Opblaas is minder van ’n probleem.

Grasmengsels: 2 - 4Klawermengsels: 4 - 6

TROPEROUitstekende kiemkragtigheid vir vinnige vestiging. Uitnemende blaar-, kroon- en wortelsiekteweerstand. Verhoogde droogteverdraagsaamheid. In VSA geteel met laer estrogeenvlakke.

Grasmengsels: 2 - 4Klawermengsels: 4 - 6

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

1 000 mm/Besproeiing

DUSI Ladino-tipe geteel vir beter penwortel en grondsuur-verdraagsaamheid. Puik opbrengspotensiaal. Grasmengsels: 2 - 3

Klawermengsels: 2 - 4

SHASTALadino-tipe, sianiedvry (blousuurvry). Egter nie skuimopblaasvry nie. Kan baie koue toestande hanteer. Kan van Februarie tot Augustus geplant word.

Grasmengsels: 2 - 3Klawermengsels: 2 - 4

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

1 000 mm/Besproeiing

CALIPSO

Eenjarige klawer met uitstekende hergroei en lewer opbrengste soortgelyk aan raaigras. Dit beskik oor ’n ruproteïeninhoud van 18 tot 28%. Geen gevalle van blousuurvergifting is nog gerapporteer nie. Pas egter versigtige beweiding toe wanneer CALIPSO welig en vinnig tydens die lente groei, aangesien skuimopblaas kan voorkom. Dit kan as weiding, hooi, kuilvoer of groenbemesting benut word. Berseemklawer beskik oor autotoksisiteit en kan slegs elke derde jaar op dieselfde land geplant word.

Alleen 15Grasmengsels: 10

ROOIKLAWER (Trifolium pratense) Planttyd: Februarie tot April.

WITKLAWER (Trifolium repens) Planttyd: Februarie tot April.

BERSEEMKLAWER (Trifolium alexandrinum) Planttyd: Februarie tot Maart.

GEMATIGDE EN WINTER-VOERGEWASSEvervolg

KLAWERIdeaal in ’n mengsel met meerjarige raaigras, langswenkgras of kropaargras. Witklawer lewer beter lente- en herfsweiding, terwyl rooiklawer beter in die somer produseer. Klawer is nie geskik vir perde nie.

40

’n Pakket kultivars vir voedsame herfs-, winter- en lenteweiding. Aanbeveel onder droëland- en/of aanvullende besproeiing.

Planttyd: Die normale planttyd is Februarie tot April.

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

Rye Breedwerpig Besproeiing

Hawer:LE TUCANA

Uitstekende herfs- en winterweiding. Hoër weidingsopbrengs en beter koueverdraagsaamheid as DRAKENSBERG. 40 - 50 50 - 70 100

DRAKENSBERG Beproefde staatmaker hawer vir weiding in die herfs en vroeë wintermaande. In LNR-KGI proewe het skape op DRAKENSBERG-groenvoer uitstaande massatoenames getoon. 40 - 50 50 - 70 100

SAIA ’n Swart hawer wat maklik vestig en vinnig vir beweiding gereed is. Goeie keuse vir groenbemesting. Onderdrukkende invloed op onkruid en nematodes (aalwurm). 40 - 50 50 - 70 100

MAJORIS ’n Nuwe mediumseisoen wit hawer met uitstekende opbrengspotensiaal en Roesweerstand. 40 - 50 50 - 70 100

Korog:PAN 248

’n Relatief vinnige korogtipe wat ideaal geskik is vir groenvoerproduksie op vlak, marginale gronde. Geskik om weiding in die laatherfs- en wintermaande te voorsien. Ook geskik vir kuilvoer in die winterreënvalgebiede. Korog is meer koueverdraagsaam as hawer.

40 - 50 50 - 70 100

PAN 299’n Egte wintertipe korog met ’n baie goeie stoelvermoë. Hierdie kultivar is veral geskik vir benutting in die laatwinter- en lentemaande. PAN 299 ontwikkel aanvanklik stadig en is na 12 tot 13 weke reg vir beweiding.

25 - 35 40 - 60 100

KIEWIET Lentetipe korog geskik vir kuilvoerproduksie in die winterreënvalstreek. 80 120 120

Stoelrog:PAN 263

Stoelrog het die beste koueverdraagsaamheid van al die kleingraanweidingsoorte. PAN 263 is deur die LNR geteel en veral geskik vir sanderige leemgrond in die koeler, oostelike Hoëveldstreke. Hierdie rog is ’n intermediêre lentetipe, met goeie midwinterproduksie en is bedoel vir benutting in die vroeë tot laat winter.

30 - 40 40 - 60 75

SOROM Vinnige lentetipe stoelrog, ook geskik vir laat aanplanting in Junie, Julie en selfs die begin van Augustus, wanneer voer vinnig benodig word. 45 – 50 75 – 100 100

Plantdatum en verwagte beweidingstydperk vir die somerreënvalgebied:

Februarie Maart April Mei Junie Julie August September Oktober November

DRAKENSBERG en MAJORIS

X

XX

SAIAX

XX

LE TUCANAX

XX

PAN 248X

XX

PAN 263X

XX

SOROMX

XX

GROENVOERGEWASSEPANNAR is verskaffers van hoë potensiaal hawer-, korog- en stoelrogkultivars en bied ’n kultivarpakket wat groenvoer van goeie gehalte in die kritiese laat herfs-, winter- en lentemaande lewer. Die regte kultivarkeuse verseker groenvoer wat genoegsame weiding op die regte tyd produseer.

Groenvoerkultivars word, net soos koringkultivars, volgens hul groeiwyse in lente-, intermediêre en wintertipes ingedeel. Elkeen van hierdie tipes het ’n eie gebruiksaanwending in ’n voervloeiprogram. Dit is daarom belangrik om op die eienskappe van elk van die tipes ag te slaan, om so die beste voordele daarvan te benut.

X – Februarie-plantdatum, XX – Maart-plantdatum 41

SOMER- VOERGE- WASSE

LUSERN (Medicago sativa)Die grootste voordeel van lusern is die goeie kwaliteit hooi wat dit produseer. Dit kan ook met vrug bewei word indien dit reg bestuur word. Dit is belangrik om die kalk- en fosfaatbehoefte voor vestiging reg te stel. Ent saad voordat dit geplant word.

Die “koning van voergewasse”, is ’n hoëgehalte voer met 18 tot 20% ru-proteïen en ’n hoë verteerbaarheid. Lusern is baie smaaklik en produseer baie goed onder besproeiing. Dit is ’n sterk meerjarige plant en sal goed vir ongeveer ses jaar en langer produseer. Langslewendheid is afhanklik van die bestuur en die dormansieklas van die kultivar wat geplant word.

Winterdormansie soos gebaseer op die VSA-sisteem is genommer vanaf 1 tot 10, waar die 1-dormansieklas sterk dormant gedurende die winter is en die 10-dormansieklas winteraktief of nie-dormant is. In die RSA is die volgende klasse die beste vir ons klimaatstreke aangepas:

5 – Semi-dormant

6 & 7 – Intermediêr-dormant

8 – Nie-dormant

9 – Sterk nie-dormant

Die sterker dormante tipes het ’n langer produksieleeftyd, en is beter aangepas vir beweiding. Hierteenoor het die nie-dormante variëteite ’n korter produksieleeftyd. Hulle lewer egter hoër produksie per seisoen en is beter aangepas vir hooiproduksie.

Daar moet altyd in gedagte gehou word dat opblaas ’n gevaar is indien lusern bewei word. Die maatreëls om dit te bekamp moet dus streng toegepas word.

Kultivar Eienskappe en Aanwending

SARDI 7

Intermediêre dormansieklas 7, ’n baie robuuste variëteit met tophooiproduksie en ook geskik vir beweiding. Relatief fyn stamme en behou sy onderste blare baie goed. Hoë opbrengspotensiaal.

PAN 4884

Dormansieklas 8, wat goeie beskerming teen siektes, insekte en aalwurm bied. PAN 4884 reageer baie goed op insette wat opbrengs bevorder. PAN 4884 is meer geskik vir hooiproduksie in meer stresvolle omgewings. Gebruik onder besproeiing vir optimale produksie.

PAN 4961 en PAN 4956

Sterk nie-dormant: Klas 9, hoë produksie, uitsluitlik vir hooiproduksie geteel. Regop groeiwyse.

ALFAMASTER 9Sterk nie-dormant: Klas 9, lewer hoë hooiproduksie. Sterk saailinge, baie blaarryk, met regop groeiwyse.

Lusern

VestigingKoel gebiede: Februarie – April Warm gebiede: Maart – Junie

Reënval <700 mm

Reënval >700 mm

Besproeiing

Plantdigtheid (kg/ha)

Rye 5 5 - 12 12 - 15

Breedwerpig - - 20 - 25

Hierdie groep weidings lewer in die somer produksie en is gewoonlik dormant in die winter. Die gewasse sluit lusern, voersorghum, baster babala en die subtropiese spesies in.

Lusern kan suksesvol onder intensiewe hoëproduksietoestande onder besproeiing of minder intensief onder droëland verbou word. Lusern is by uiteenlopende klimaatstoestande aangepas, maar het spesifieke grondvereistes ten opsigte van vrugbaarheid, dreinering en grondsuurheid.

Voersorghum en basterbabala is eenjarige voergewasse wat na gelang van die baster se eienskappe as weiding, in ’n sny en voer sisteem, as staandehooi of as kuilvoer benut kan word. Dit is belangrik om tydens basterkeuse op die eienskappe met betrekking tot hergroeipotensiaal, opbrengspotensiaal en suikerinhoud ag te slaan.

LUSERN

42

GRAANSORGHUM X SOEDANGRASBASTERSEenjarige somerweiding vir beweiding of aanwending as dubbeldoelgewas waar dit een keer gesny of bewei word en dan gelaat word om uit te groei, sodat daar kuilvoer gesny kan word. Bewei wanneer die weiding ongeveer 75 tot 100 cm hoogte bereik en wei af tot ongeveer 25 cm vir goeie hergroei.

Planttyd: Beste periode is Oktober tot Desember sodra minimum grondtemperatuur bokant 16°C styg.

GRAANSORGHUM X SORGHOBASTERSEenjarige somergewasse die beste geskik vir staandehooi- of kuilvoerdoeleindes. Dit kan hoogstens een keer op ongeveer 80 cm hoogte benut word voordat dit gelaat moet word om vir kuilvoer of staandehooi uit te groei. Die eenmalige beweiding of sny tot 15 cm hoogte stimuleer stoelvorming, sodat meer lote gevorm word, wat dan kan uitgroei.

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

Reënval <600 mm Reënval >600 mm

PAN 868

Laat-blommende Sorghum x

Soedanbaster

Die baster beskik oor die beste opbrengspotensiaal in die pakket. PAN 868 se hoë opbrengspotensiaal kom tot sy reg wanneer dit eenmalig toegelaat word om uit te groei en dan as weiding of vir inkuiling of in ‘n sny en voer sisteem of as staandehooi in die vroeë winter (Mei/Junie) benut word. Die baster blom na ongeveer 130 dae, wat meebring dat dit lank in die vegetatiewe stadium bly en ’n hoë produksie van smaaklike blare en stamme van goeie kwaliteit lewer. Die sukrose-inhoud van die baster is hoog (± 15 Brix). Dit beskik oor baie goeie droogte- en blaarsiektetoleransie. Die staanvermoë is uitstekend vir ’n baster wat tot 2,8 m hoog groei.

Rye: 4 - 6Breedwerpig: 15

Rye: 7 - 15Breedwerpig: 20

PAN 888

Normale Sorghum x Soedanbaster

Beskik oor die beste hergroei vermoë in die pakket. Gebruik in ’n weidingsisteem waar dit twee tot drie maal as weiding of vir sny en voer benut word. Blomdatum is ongeveer 75 tot 80 dae. Wyd aangepas met die beste droogteverdraagsaamheid in die pakket.

Rye: 4 - 6Breedwerpig: 15

Rye: 7 - 15Breedwerpig: 20

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

Reënval <600 mm Reënval >600 mm

SILAGE KINGSoetriettipe met bittergraantipe saad. Die plante bly baie smaaklik nadat dit uitgegroei en doodgeryp het. By uitstek geskik vir staandehooi of kuilvoer. Dit lewer hoogs kompeterende opbrengste en is ’n goedkoper alternatief in vergelyking met die ander bekende soetriettipes. Blomdatum is ongeveer 78 dae.

Rye: 4 - 6 Rye: 7 - 12

Algemeen: Tref nodige blousuurvoorsorgmaatreëls indien enige voersorghum bewei word. Voersorghums is nie geskik vir perde nie.

BASTERBABALA (Pennisetum glaucum)Eenjarige somergewas vir beweiding. Daar bestaan geen moontlikheid vir blousuurvergiftiging met hierdie gewas nie. Veilig vir beweiding deur perde. Basterbabala is baie droogteverdraagsaam.

Planttyd: Beste periode is Oktober tot Desember sodra die minimum grondtemperatuur bokant 16°C styg

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

Reënval <600 mm Reënval >600 mm

MILKSTAR’n Hoë opbrengs-, blaarryke gewas. Goed aangepas op sandgrond. Dit is ’n goeie keuse vir skaapweiding. Blousuurvry en geskik vir perde.

Rye: 3 - 5Breedwerpig: 10

Rye: 5 - 10Breedwerpig: 15

VOERSORGHUM EN BASTERBABALA

43

SOMER- VOERGE- WASSE vervolg

Bastertipe Dae tot 50% Blom

Suiker- inhoud Brix % Hergroei Weiding Kuilvoer Staandehooi Sny en Voer

(Green Chop)

PAN 868 Sorghum x Soedan 130 ±15.3%

PAN 888 Sorghum x Soedan 81 ±11.7%

SILAGE KING Sorghum x Sorgho 81 ±16.5%

MILKSTAR Basterbabala 70 - 80 ±10%

VOERSORGHUM GEBRUIKERSGIDS

Uitstekend Bo Gemiddeld Gemiddeld Onder Gemiddeld Swak

VOERSORGHUM EN BASTERBABALA

44

KIKOEJOE (Pennisetum Clandestinum)Sterk, meerjarige somergras wat deur middel van dik, ondergrondse lopers en bogrondse ranke versprei. Kikoejoe is hoofsaaklik geskik vir beweiding. Oortollige somerproduksie kan in die herfs en winter as staandehooi of kuilvoer benut word.

Planttyd: Beste periode is Oktober tot Desember sodra die minimum grondtemperatuur bokant 16°C styg.

TEF (Eragrostis Tef)Tef is ’n eenjarige somergras. Die gras is baie blaarryk, wat dit ’n uitstekende hooigewas maak. Die beste produksie word by ’n jaarlikse reënval van meer as 600 mm verkry. Tef is binne 65 tot 75 dae gereed vir hooiproduksie. Sny voordat die stand in volle blom is, dus teen ±10% blomstadium.

Alhoewel Tef bewei kan word, vind baie vermorsing plaas en is dit beter geskik vir die maak van hooi. Gemiddeld twee snysels kan gewoonlik verkry word. Tipiese opbrengste is ongeveer vier ton en twee ton droëmateriaal vir die eerste en tweede snysel onderskeidelik.

Planttyd: Beste periode is Oktober tot Desember sodra die minimum grondtemperatuur bokant 16°C styg.

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

Reënval>700 mm

WHITTETTVestiging moet voor einde Januarie afgehandel word. Plant in rye 10 tot 15 mm diep. Plantjies moet voor die eerste ryp goed gevestig wees.

Rye: 2

Kultivar Eienskappe en AanwendingPlantdigtheid kg/ha

Reënval >600 mm

HIGHVELD Aarkleur is ligbruin met ’n klein persentasie rooi are. Effens later tot blom in vergelyking met die volgende twee kultivars. Meer blaarryk en beter Roesweerstand as SA BRUIN. Goeie hergroei. Breedwerpig: 15 - 20

ROOIBERG Aarkleur is ligbruin en die beste geskik as hooi vir perde. Blom later as SA BRUIN, maar vinniger as HIGHVELD. Breedwerpig: 15 - 20

WITKOP Aarkleur is pers. Produseer breër blare as die vorige twee kultivars, met ’n meer aggressiewe wortelstelsel, wat WITKOP ook geskik maak as weiding. Goeie hergroei en beter Roesweerstand as SA BRUIN. Breedwerpig: 15 - 20

SUBTROPIESE VOERGEWASSEHierdie weidings word onder semi-intensiewe toestande verbou. Die groep weidings is somergewasse en is rustend in die winter. Gedurende die herfsmaande translokeer die weidings voedingstowwe uit die blare en stamme na hulle wortels. Dit stel hierdie grasspesies in staat om in die lente uit te loop en vinnig te ontwikkel.

45

SOMER- VOERGE- WASSE vervolg

MEERJARIGE SEMI-INTENSIEWE WEIDINGSHierdie spesies is meerjarige polvormende grasse, aangepas op ‘n wye reeks grondtipes en klimaatsones. Raadpleeg u PANNAR verteenwoordiger vir meer inligting in verband met gebruikersriglyne.Planttyd: Beste periode is Oktober tot November of Januarie tot Februarie sodra die minimum grondtemperatuur bokant 16°C styg.

Spesie Kultivar Eienskappe en Aanwending Plantdigtheid kg/ha

OULANDSGRAS (Eragrostis curvula)

ERMELO’n Praktyk wat goed werk, is dat die gras gedurende die vroeë lente bewei word, en dan gelaat word om vir hooiproduksie deur die seisoen te groei . Vir die beste benutting word rotasiebeweiding aanbeveel.

Breedwerpig: 6 – 8

SMUTSVINGERGRAS (Digitaria eriantha)

IRENE

Vir beweiding kan dit vanaf middel November tot die einde April gebruik word. Rotasiebeweiding met ‘n hoë veedigtheid is noodsaaklik vir die beste resultate. Dit is ‘n uitstekende gras vir staandehooiproduksie, aangesien dit smaaklik bly nadat dit doodgeryp het.

Rye: 3 – 4

Breedwerpig: 5 – 7

RHODESGRAS (Chloris gayana)

KATAMBORAOmdat die gras so vinnig vestig, is dit ’n uitstekende gras om erosie te beheer. Ideaal in ’n mengsel saam met Smutsvingergras.

Rhodesgras kan as uitstekende weiding gedurende die somer benut word.

In rye (250 mm): 5 – 7 Breedwerpig: 8 – 10

Mengsels: Rhodesgras 2 – 4

Smutsvingergras 4

WITBUFFELSGRAS (Panicum maximum)

GATTONDit is baie blaarryk met dun stamme en is baie smaaklik. ‘n Hoë worteldigtheid kom in die bogrond voor, wat die gras vinnig op reën laat reageer. Uitstekend vir staandehooiproduksie.

In rye (250 mm): 3 – 5 Breedwerpig:

6 – 8

Raadpleeg die PANNAR Voergewas Produksieriglyne by www.pannar.com vir meer verbouingsinligting van die verskillende weidingsgewasse .

OULANDSGRAS, SMUTSVINGERGRAS, RHODESGRAS EN WITBUFFELSGRAS

46

BEMARKINGSPAN

HOOFKANTOORPosbus 19, Greytown, 3250 GPS: S29°0456.54 E30°3601.52Tel: 033 413 9500 Fax: 033 413 1261 / 417 1803Nasionale VerkoopsbestuurderFlip Botha 033 413 9562 082 771 5553Nasionale BemarkingsbestuurderJohn Odendaal 033 413 9556 082 650 4525Produkbestuurder GraangewassePieter Rademeyer 056 216 3016 082 776 5583Produkbestuurder VoergewasseJan Coetzer 033 413 9597 082 779 4535Landboukundige VoergewasseDirk Coetzee 082 649 6359Markontwikkelingsbestuurder Harry Matebese 033 413 9530 079 705 0415Internasionale NavraePierre Steyn +27 (0)33 413 9500NOORDWESPosbus 1980, Klerksdorp 2570 GPS: S26°79927 E26°61349StreeksverkoopsbestuurderJannie Blignaut 018 406 1700 083 659 5400LandboukundigeCorné van der Westhuizen 082 570 8240Verkoopsverteenwoordigers Jannie van Aswegen Coligny 018 673 1184 083 449 4526Cornel Ferreira Delareyville 053 948 0137 079 878 6486El le Grange Koster 082 856 5430Ben Dunhin Lichtenburg 018 632 5658 082 785 7503Hendrik Mokoto Mafikeng 082 767 7333Joe Payne Sannieshof 018 632 0595 083 417 4795Dawie Prinsloo Schweizer-Reneke 053 963 1402 082 925 4954Bertie Heyns Vryburg 083 780 6197Gert Pretorius Wolmaransstad 018 596 1883 082 924 5484WES-VRYSTAAT / NOORD-KAAPPosbus 426, Kroonstad 9500 GPS: S27°66734 E27°21321StreeksverkoopsbestuurderTiaan Fourie 056 216 3032 083 229 3014Landboukundige AK Geldenhuys Wes-Vrystaat 051 853 2396 082 496 6058Andries Zanberg Noord-Kaap 082 809 4372Verkoopsverteenwoordigers Charl van der Merwe Bloemfontein 082 421 0222Robbie Prehn (Robvil) Bothaville 056 515 3179 082 550 7193Stefan Prehn (Robvil) Bothaville 056 515 4276 082 417 7193Henri Grovè Douglas 053 298 1800 082 824 8690Eugène Marais Goudveld 084 451 9050Johannes Fourie Groblershoop 083 260 4182Klaas van Wyk Hartswater 072 665 6488Kobus van Zyl Hoopstad 083 967 7858Fanie Schoeman Jacobsdal 053 591 7057 083 650 7299Dawie Human Kimberley 082 782 1287Niel Snyders Kroonstad 056 215 1498 082 773 8723Rossouw Grobbelaar Senekal 051 933 2081 083 501 4010Ben Zengerink (Robvil) Viljoenskroon 056 343 0168 082 927 9399Martin Maartens Wesselsbron 051 853 1394 082 377 3618

KWAZULU-NATAL / KAAP Posbus 19, Greytown 3250 GPS: S29°0456.54 E30°3601.5Streeksverkoopsbestuurder Petrus van Rooyen 033 413 9559 082 822 6438Landboukundige Grant Pringle 033 413 9594 071 678 1511Reggie Mchunu 033 330 8366 082 098 5242VerkoopsverteenwoordigersVusi Ngesi Ciskei/Transkei 071 678 1533Angus Stanford Oos Griekwaland 082 332 4870Vincent van der Merwe Oos London 082 043 6225Duwal Edwards Oos London 043 732 1919 083 228 5951Ian Blakeway Noordoos-Kaap 083 414 2446Chris Nel Pietermaritzburg 079 529 8987Darryl Lloyd Port Elizabeth 041 367 2992 082 466 7163Jannie de Bruyn Swellendam 028 514 2428 082 457 2245Frik Moolman Vryheid 034 982 2181 082 973 6671Gavin Robinson Winterton 036 488 1741 083 627 5769Welcome Zulu Zululand 082 973 6604OOSTELIKE HOËVELD / LIMPOPO Posbus 439, Delmas 2210 GPS: S26°14488 E28°70768StreeksverkoopsbestuurderAndré du Randt 013 665 8521 082 454 5543Landboukundige Hanlie Geldenhuys 013 665 8500 082 322 5134VerkoopsverteenwoordigersNico Bouwer Bela-Bela 083 283 4251Jaco Naudé Bethal 083 287 0949Martin Bullock Delmas 013 665 8522 082 921 0887Enrico van Stittert Ermelo 082 456 8120Dawie Jacobs Lydenburg 013 235 4665 083 455 7969Fanie Roux Middelburg 017 843 1993 082 928 7378Jacobus Durr Middelburg 083 388 2617Alex Watt Pretoria 082 448 5704GAUTENG, SUID-MPUMALANGA / OOS-VRYSTAAT Posbus 1123, Heidelberg 1438 GPS: S26°51104 E28°36111Streeksverkoopsbestuurder Carl Otto 016 341 6404 079 523 9980LandboukundigeVakant Verkoopsverteenwoordigers Loftie van den Berg Bethlehem 058 303 0029 082 375 0277Gert Naudé Frankfort 073 246 9416Tinus van Rensburg Heidelberg 016 342 1913 082 556 9325Roger Hele Parys/Heilbron 056 811 2976 083 455 6909Ras Meintjes Reitz 058 863 1288 082 925 7167Jan Saaiman Standerton 016 341 5881 083 526 4123Paul Herbst Ventersdorp 018 264 2377 082 929 0570Kobus Swanepoel Vereeniging 016 422 3387 078 612 4065

47

NASIONALE VERKOOPSBESTUURDERFlip Botha 082 650 4525Tel: Kantoor (033) 413 9556

NASIONALE BEMARKINGSBESTUURDERJohn Odendaal 082 771 5553Tel: Kantoor (033) 413 9562

MARKONTWIKKELINGSBESTUURDERHarry Matebese 079 705 0415Tel: Kantoor (033) 413 9530

HOOFKANTOOR:Posbus 19, Greytown 3250Tel: (033) 413 9500GPS: S29°0456.54 E30°3601.52

PRODUKBESTUURDER GRAANGEWASSEPieter Rademeyer 082 776 5583Tel: Kantoor (056) 216 3016

PRODUKBESTUURDER VOERGEWASSEJan Coetzer 082 779 4535Tel: Kantoor (033) 413 9597

LANDBOUKUNDIGE VOERGEWASSEDirk Coetzee 082 649 6359Tel: Kantoor (033) 413 9500

INTERNASIONALE NAVRAE:Pierre SteynPosbus 508, Greytown 3250Tel: +27 (0) 33 413 9500E-pos: [email protected]

KWAZULU-NATAL EN KAAPPosbus 19, Greytown 3250Tel: (033) 413 9500GPS: S29°0456.54 E30°3601.52VERKOOPSBESTUURDER: (033) 413 9559Petrus van Rooyen 082 822 6438LANDBOUKUNDIGE:Grant Pringle 071 678 1511Reggie Mchunu 082 098 5242 WES-VRYSTAAT EN NOORD-KAAPPosbus 426, Kroonstad 9500Tel: (056) 216 3000GPS: S27.66734° E27.21321°VERKOOPSBESTUURDER: (056) 216 3032Tiaan Fourie 083 229 3014LANDBOUKUNDIGE:AK Geldenhuys 082 496 6058 Andries Zandberg 082 809 4372 NOORDWESPosbus 1980, Klerksdorp 2570Tel: (018) 406 1700GPS: S26.79927° E26.61349°VERKOOPSBESTUURDER: (018) 406 1700Jannie Blignaut 083 659 5400LANDBOUKUNDIGE:Corné van der Westhuizen 082 570 8240

OOSTELIKE HOËVELD & LIMPOPOPosbus 439, Delmas 2210Tel: (013) 665 8500GPS: S26.14488° E28.70768°VERKOOPSBESTUURDER: (013) 665 8502André du Randt 082 454 5543LANDBOUKUNDIGE:Hanlie Geldenhuys 082 322 5134 GAUTENG, SUID-MPUMALANGA & OOS-VRYSTAATPosbus 1123, Heidelberg 1438Tel: (016) 341 5881GPS: S26.51104° E28.36111°VERKOOPSBESTUURDER: (016) 341 6404 Carl Otto 079 523 9980LANDBOUKUNDIGE:Vakant

RSA STREEKSKANTORE

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, Greytown, KwaZulu-Natal, RSA.

Navorsingstasie

Streekskantoor: Saadproduksie

Streekskantoor: Bemarking

Verpakkingsaanleg Registrasie No. 1986/002148/07Webwerf: www.pannar.comE-pos: [email protected]

Navorsingstasie

Streekskantoor: Saadproduksie

Streekskantoor: Bemarking

Verpakkingsaanleg

PORT ELIZABETHOUDSHOORN

EAST LONDON

PORT ST JOHNS

MTATA

DURBANLESOTHO

KOMATIPOORT

LETSITELE

MANZINI

SWAZILAND

GREYTOWN

KROONSTAD

MASERU

KIMBERLEY

BAINSVLEI

KLERKSDORP

KEMPTON PARKDELMAS

HEIDELBERG

GLOBALE TEGNOLOGIE PLAASLIKE PRESTASIE

Prestasie beproefde saad