1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk...

18
2020 facebook/ngweltevreden ngweltevreden jonkxweltevreden www.ngweltevreden.co.za Kerkkantoor 011 475 5510 [email protected] [email protected] [email protected] [email protected] Kerk 08:00 & 10:00 (Doop) Dr Neil du Plessis - Nina Marie Herbst - Amelia Janine Vermaak - Lia Zaayman - Zaxon Wally Topham KIX-kerk 08:00 & 10:00 Ilze de Villiers (Kreatiewe-KIX) Kapel 10:00 (Doop) Ds Kobus Sandenbergh - Lucas Andrew Jackson - Liam Johannes Venter - Mia de Klerk Kerk 17:30 Ds Ferreira Marais 1 Maart

Transcript of 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk...

Page 1: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

2020

facebook/ngweltevreden ngweltevreden

jonkxweltevredenwww.ngweltevreden.co.za

Kerkkantoor 011 475 5510

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

Kerk 08:00 & 10:00 (Doop)Dr Neil du Plessis- Nina Marie Herbst- Amelia Janine Vermaak- Lia Zaayman- Zaxon Wally Topham

KIX-kerk 08:00 & 10:00Ilze de Villiers (Kreatiewe-KIX)

Kapel 10:00 (Doop)Ds Kobus Sandenbergh- Lucas Andrew Jackson- Liam Johannes Venter- Mia de Klerk

Kerk 17:30 Ds Ferreira Marais

1 Maart

Page 2: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

GemeentebriefMaart 2020

Aanraak-punte

Laasweek het glad nie verloop soosbeplan nie. Ek moes onverwags ‘n draai indie hospitaal gaan maak. Gelukkig vir ‘nklein prosedure, maar ‘n mens se daaglikselewe kom tot stilstand. Klein goedjies soosom jou skoene aan te trek is skielik nie somaklik nie en gewone roetines nie meervanselfsprekend nie.

In die hospitaal loop ek ‘n paar engeleraak. Die suster wat die drip weer aan dieloop moet kry, en die skoonmaakster, ‘n oudame, wat my insteekskoene netjies langsmekaar sit sodat ek maklik my voetedaarin kan steek. ‘n Groot dankbaarheidoorweldig my.

Met die draai wat my lewe maak, kom ekmet ander mense in kontak; mense wat myglad nie ken nie en van wie ek niks weetnie. Skielik maak ‘n glimlag en oogkontakweer saak. Iemand wat die glas naderbring as jy nie kan rek vir die water nie; watgenoeg omgee om ‘n paar sekondes opte offer vir iemand anders en so jou leweaanraak.

Terwyl ek lê en wag om ontslaan te wordwonder ek hoe ek dit wat ek beleef het,kan uitdra. Ek dink aan die kere wat ekongeduldig was by die betaalpunt in diesupermark; hoe ek soms te haastig is om teluister en te vinnig om ‘n besluit te neem.

Jesus het tyd gemaak om saam met dieEmmausgangers te stap. Hy kon seker baieander, meer opspraakwekkende manieregebruik het om twee mense se lewens tebereik? Twaalf kilometer is nogal ‘n entjieom te stap! Kleopas en sy vriend washartseer en ontsteld oor die gebeure inJerusalem. “Ons het so gehoop dat dit Hyis wat Israel sou verlos,” verduidelik Kleopasin Lukas 24: 21. Jesus vra hulle uit, luister nahulle antwoorde en bly selfs langer toe Hy

genooi word. Hy raak hulle lewens aan enverander hulle geheel en al.

Die Samaritaanse vrou in Johannes 4 hetseker ook nie ‘n lewensveranderendeontmoeting verwag toe sy die vreemdeman by die put gewaar het nie. Sy vraHom waar Hy dink Hy lewende watervandaan gaan kry as Hy nie eens ‘nskepding by Hom het nie! Tog stap sydaardie dag van die put af weg nadathaar lewe onvergeetlik aangeraak is.

Later stap ek af na die apteek. Daar isbaie mense. ‘n Dame in uniform sien dieoom wat sukkel om op sy krukke te bly, sybeursie uit sy sak te haal, te betaal enboonop nie ander mense raak te slaanmet die krukke nie. “Kan ek help?” vra sy.Nadat hy betaal het, dra sy sonder dat hyhoef te vra, sy sak na die motor. Hullegesels soos ou vriende.

Ek besluit om te kyk hoe ek mense kanaanraak. Miskien kan ek met my maniervan doen ‘n bietjie van Jesus se liefde namense oordra. Miskien in my glimlag; dalkmet my hande. Miskien kan ek ‘n bietjiemeer luister en aandag gee, miskien is ‘nbietjie omgee al wat nodig is om ‘n anderse hart aan te raak. Die motoroppasserwaai vriendelik toe ons uitry. Ek waai terugen bêre sy skewe glimlag in my hart.

Groete

Ilze de VilliersJeugkoördineerder

Page 3: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

LangtermynDie volgende persone sukkel met hulle gesondheid:• Hugh Arnott, 083 379 7325.• Xander Wentzel, 082 420 9047.• Juanita Barnard, 082 335 3316.• Renske Louw, 083 627 4004.• Elsie Mostert, 083 604 2857.• Marléne Dykes, 072 500 2626.• Judy Erasmus se skoonseun, Francois, in Australia. Bid ook asb vir sy vrou,

Suné. Judy se nommer is 082 772 8359.• Roelof Kruger. Sy vrou, Marie, se nommer is 083 272 8902.• Juanita Ferreira se ma, Ella. Juanita se nommer is 082 920 8416.• Marius van Niekerk, 083 554 7752• Pikkie du Toit, 073 445 8258.

Ander• Chané Boyce se dogtertjie, Leané, sterk tuis aan na ‘n hartoperasie en

reageer goed op behandeling. Haar nommer is 078 420 3608.• Kobus Moolman sterk aan na behandeling vir pancreas kanker. Sy vrou,

Antoinette, se nommer is 083 611 4883. Bid asb ook vir Antoinette.• Helen Krige ontvang behandeling. Haar nommer is 082 572 6950.• Vica Etsebeth sterk aan in ‘n stepdown-fasiliteit nadat sy haar heup

gebreek het. Haar man, Johan, se nommer is 082 330 5010.• Lana van Deventer sterk tuis aan na ‘n rugoperasie. Haar nommer is 082

561 9129.• Annette Duvenage se suster, Rita, is oorlede. Innige simpatie aan die

familie. Annette se nommer is 084 758 5549.• Ilze de Villiers herstel tuis na ‘n operasie. Ilze se nommer is 082 789 0621

GebedsversoekeDie gebedsgroepie kom Sondag vanaf 9:15 – 09:45 in A5 bymekaar.

Indien jy by ons wil aansluit is jy baie welkom om te kom saam bid. Indien jy gebed benodig, vra ons dat jy asb ‘n gebedskaartjie invul en dit in die

bussies laat sodat ons span vir jou kan bid.

Lief en LeedOns nooi jou uit om vir

iemand op die lysie te bid.

Indien jy van enige lidmaat weet wat deur n moeiike tyd gaan of

siek is, kontak gerus die kerkkantoor of die Leraar aan diens.

Page 4: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

Belangrike datums!

8 Maart Graadgroepe Gr 3 & Gr 415 Maart KIX-buitelugerediens27 – 29 Maart #Imagine

KIX-kleuterkerk (3-6 jaar) in A608:00 & 10:00KIX-kerk (Gr 1 – 6)08:00 & 10:0010:00 Engelse groep18:30 Slegs Gr 6 klas

JonkX (Gr 7 – 11)08:00 Engelse groep09:00 Slegs Gr 7 klasJonkX (Gr 7 – 11)18:30

Die Silwerhoekie kom weer op Dinsdag 10 Maart bymekaar.

Onthou om jou kind te registreer vir Kleuterkerk, KIX en JonkX op die webwerf! Koste beloop R220 per kind vir die jaar. Fooie kan kontant of dmv EFT betaal word. Gebruik

asb verwysing: Naam van Kind+Graad

Vrywilligers benodig vir vervoer van Ekklesiapark Aftreeoord na die Spar vir inkopies op 5, 12 en 19 Mei 2020. Indien jy betrokke wil raak as koördineerder vir Ekklesiapark, kontak asb dringend vir Alda Boer, ons Direkteur Versorging

by 011 475 5510.

Barnabas-bedieningIndien jy voel dat jou gawe is om mense in moeilike tye te bemoedig, wil ons jou uitnooi om aan te sluit by ons Barnabas-bediening. Kontak asb vir Erika Steyn by

082 855 9100 indien jy by ons wil aansluit, ons benodig altyd nog mense om te help met die belangrike taak!

VERSORGINGOns koskas is leeg! Ons benodig dringend fondse omnog pakkies aan te koop. Ons kon die afgelope jaar meeras 800 gesinne help met ‘n kospakkie. Hierdie projek lê onsbaie na aan die hart en ons wil vra dat indien jy kan help, jyasb die verwysing “kospakkie” sal gebruik. Kontak gerus virAlda Boer by die kerkkantoor vir meer inligting.

Dringend op soek na vrywilligers vir rybeurte!

SENIORSSilwerhoekie

Sien jy kans vir vrolike kinderstemmetjies? Ons is dringend op soek na vrywilligers wat bereid is om kleuters van die Jan Hofmeyer speelskooltjie na uitstappies te vervoer op 13 Maart, 17 April, 15 Mei en 12 Junie. Dit behels die oplaai van ‘n paar kleuters om

08:30 in Vrededorp en aflaai in Northcliff of terugneem van Northcliff na Vrededorp om 11:00. Elke kind moet met ‘n veiligheidsgordel vasgemaak kan word. Kontak asb vir

Esmé Coetzee by 082 772 7932 of Maretha Gous by 082 877 9387 (slegs SMS!)

Kontak: Ilze de Villiers (Muggie) by082 789 0621 of [email protected].

Page 5: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

Bybelstudies en GroeigroepeBYBELSTUDIES (tydens skoolkwartale)

Dinsdae• Wilgeheuwel Aftreeoord: Elke 1ste en 3de Dinsdag van die maand om

15:00 in die gemeenskapsaal. Navrae: Ds Hettie Wessels by 083 254 6833 of Les Fischerby 082 689 8318.

Woensdae• Manne: 05:30 in K6 & K7. Navrae: Dr Neil du Plessis by 082 346 5238.• Manne: 05:45 by Ds Kobus se huis. Navrae: Ds Kobus Sandenbergh by

082 451 1671.• Gemeente: 09:00 in die koffiewinkel. Navrae: Ds Kobus Sandenbergh by

082 451 1671.• Celebration-aftreelandgoed (Northgate): 09:30 in die saal.

Navrae: Dr Willem Saunderson by 083 657 9828.• Harveston Aftreeoord: Elke 2de en 4de Woensdag van die maand om

15:00. Navrae: Ds Kobus Sandenbergh by 082 451 1671.

Donderdae• Vroue: 08:00 in die koffiewinkel. Navrae: Ds Hettie Wessels by 083 254

6833.• Donderdag-kafee vir alle ouderdomme: 18:45 in die koffiewinkel.

Navrae: Ds Kobus Sandenbergh by 082 451 1671.

Saterdae• Manne: 07:00 in A1. Navrae: George Louw by 082 491 5313.

GROEIGROEPE• Sewe30’s: Woensdagaande in die koffiewinkel. Navrae: Johandie by 083

393 0707 of [email protected].

Indien enige iemand sou belangstel om by ‘n Groeigroep of Bybelstudie in te skakel, kontak asb vir Ds Hettie Wessels by 083 254 6833 of

[email protected].

Pieter Potgieter wil graag met ‘n groeigroep in die Helderkruin-omgewingbegin. Indien jy belangstel, kontak asb vir Ds Hettie Wessels by 083 254 6833.

Op soek na n nuwe groeigroep?

Afrikaanse eredienste vind plaas by Celebration-aftreelandgoed in die saal elke 2de Sondag om 09:30 (word afgewissels met Engelse eredienste).

Page 6: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

ELEKTRONIESE BETALINGSRekeningnaam: NG Weltevreden Bank: ABSA ClearwaterTakkode: 632005Reknr: 0730 580 460Verwysing: Voorletters+Van+Waarvoor

SNAPSCAN

Gebruik SnapScan vir:

Kollekte Dankoffers Dankfees en meer

*Vir jou gerief is die debietordervorm op die webwerf gelaai

onder “vorms”.

Belangrikedatums!

15 Maart Nagmaal in die Kapel

15 Maart KIX-kerk buitelugdiens

6 Maart Wëreldbiddag vir vroue

Gebed vir Lydenstyd

Here, vergeef my my sondesSoos ek diegene vergeef wat my seer gemaak het.

Lei my op my reisOm deur hierdie lydenstyd voortdurend nader aan U te leef.

Lei my deur die proses van vergifnis, deur die seer na heel-wordingSodad ek werklik goedgesind kan wees teenoor die mense wat my

seergemaak het.Help my om soos Aäron en Moses in gehoorsaamheid aan U

‘n Seëning vir die mense rondom my te wees.In Jesus se Naam,

Amen.

21 April Omgee-gholfdag

Die koffiewinkel en ander lokale by NG Weltevreden kan teen billiketariewe gehuur word! Kontak gerus vir Mari by die kerkkantoor

011 475 5510 vir meer inligting!

Het jy geweet?

Page 7: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

Is jy ‘n nuwe intrekker?Het jou kontakbesonderhede verander?Help ons asseblief om ons databasis op datum te hou! Voltooi asb die onderstaande vorm en plaas dit in die kollektesakkies of kontak vir Mari by die kerkkantoor

met nuwe inligting.

Naam en van: Telefoonnommer: Fisiese adres: E-pos adres: Kommentaar:

Page 8: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

Gemeente-finansiesBeste Gemeentelid,

Om in ‘n gemeente soos Weltevreden te wees, is ‘n groot seën. Oral om jou kan jy sien enervaar waar die gemeente ‘n vingerafdruk het op lidmate se lewens en in die gemeenskap omons. Hierdie gemeente van sowat 5,000 lidmate het groot finansiële behoeftes omlewensvatbaar en volhoubaar te wees.

Elke jaar vra ons vir bydraes by die Dankfees en ander projekte, en ons word geseën. Ons bid,en die Here voorsien. Soms moet ons 'n bietjie meer geduldig wees en ons kontant reserwesaanwend.

Hierdie jaar is ons situasie anders as ander jare waar begrotingstekorte aangevul kon word deurbeskikbare kontant reserwe bronne. Hierdie jaar het ons nie meer beskikbare bronne om onstekorte aan te vul nie. Die beraming is dat alle kontant reserwes teen Mei-maand uitgeput salwees. Maandelikse dankoffers bly ons grootste bron van inkomste, maar die wisselvalligheiddaarvan beïnvloed ons kontantvloei baie nadelig.

Daar is twee maniere om so ‘n probleem aan te spreek. Eerstens kan mens probeer om geld tespaar, maar ons het alreeds meer as R400,000 gespaar op bedieningsuitgawes in 2019. Ons wilnie graag verder perke plaas op die bediening en die werk van die kerk nie – dit gaan so swaardaar buite. Tweedens kan mens probeer om inkomste te verhoog. Ons kan ook net soveelfondsinsamelingsfunksies hou. Wat ons nodig het, is standvastige maandelikse bydraes.

Die realiteit waarmee ons werk is dat daar slegs 470 bydraers is wat ‘n gereelde maandeliksebydrae gee (en net ‘n paar meer wat weeklikse kollekte in die sakkies gee). Hierdie realiteitmaak ons model onbekostigbaar. Ons moet moeilike vrae beantwoord, wat ‘n groot impak hetop ons vingerafdruk in die gemeenskap en ook vir lidmate se bediening. Moet ons personeelverminder, moet ons geboue verkoop, hoe ver kan ons die bedieninge nog sny… hoe moet onsmaak?

Die Kerkraad het by die pas afgelope Kerkraadsvergadering besluit om die gemeente te vra omsaam oor hierdie probleem te dink en bid. Ons moet verstaan dat dit ONS gemeente is en ONSkerk. Daarom moet ONS gereeld ‘n finansiële bydrae maak. Dis nie die persoon langs jou metwie ons praat nie, dis ek en jy!

Ongelukkig verstaan die bank en ander krediteure nie wanneer mens sê hulle moet net vertrouen dat die geld sal kom nie. Salarisse moet op tyd betaal word asook munisipale rekeninge endie Ontvanger van Inkomste. Ons kan ons nie ryk spaar nie. Ons het elke lidmaat se volgehoueverbintenis nodig in swart en wit sodat ons weet dat die kerk waarvoor ons almal lief is se deurenog volgende maand en die maand daarna kan oop bly.

Daarom vra die Kerkraad dat, waar dit ookal moontlik is, jy ‘n gereelde bydrae in die vorm van‘n debietorder of gereelde EFT, sal maak. As jy reeds gee, vra ons of jy jou bydrae dalk kanverhoog. Ons kan eenvoudig nie langer kop bo water hou met die uitgebreide bediening watons aanbied aan gemeentelede en hulp aan die armstes in die gemeenskap, met net 470persone wat ‘n vaste bydrae maak nie.

Vul asseblief die debietordervorm hier langsaan in om jou maandelikse bydrae te bevestig ofverhoog. En bid saam vir die gemeente se volhoubare voortbestaan. Ons het nou elkeen sehulp nodig.

Groete uit die Kerkraad.

Page 9: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

/ /

/ /

Debietorder Magtiging

Die verwysingsnommer op die bankstaat sal altyd begin met “MULTID FOR” gevolg deur jul kortnaam

soos geskep by Sanlam Multi Data.

Betalingsopdrag (Spesifiseer waar van toepassing)

Unieke Verwysings Nommer ________________________ (vir kantoorgebruik)

Herhalende Betaling Maandeliks

Herhalende Bedrag ________________________

Besonderhede van Rekeninghouer

Titel:

Volle name en van/maatskappy/trust

Identiteitsnommer

Taal: Afrikaans Engels

Woonadres

Posadres

Telefoonnommer (w)_____________________(h)_________________________ (c) _________________________________

E-pos adres

Bankbesonderhede

Naam van bank Naam van tak

Rekeningnommer 6-syfer takkode

Tipe rekening Tjek Spaar Transmissie Ander

Aftrekkings

Datum van eerste aftrekking (dd/mm/eejj) en daarna maandeliks soos ooreengekom.

Wil jy dit nie asb oorweeg om jou debietorder jaarliks op 1 Augustus te verhoog nie? Ja / Nee

Ek wil dit graag verhoog met: 5% / 7.5% / 10% / _____%

Verklaring

Ek, die ondergetekende, versoek dat N.G. Kerk Weltevreden met my bank reëlings tref om deur middel van die debietorderstelsel, die betalings volgens die bepalings van die kontrak en agterstallige betalings (soos dit van tyd tot tyd gewysig kan word/waar van toepassing/waar dit versoek word) van bogenoemde teen my rekening te vorder.

Handtekening van betaler

Datum (dd/mm/jaar)

Plaas gerus voltooide Debietordervorms in die kollektesakkies of stuur dit [email protected]

Page 10: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

1 Maart 2020

Hoe adverteer ek? In die Helpmekaar kan jy jou produk of diens teen ‘n minimale

bedrag adverteer. Kontak gerus vir Tanya by die kerkkantoor by (011) 475 5510 of stuur‘n epos na [email protected] vir meer inligting.

Helpmekaar

Page 11: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

Uvongo Akkommodasie – kom KUIER en RUS hier!!Heerlike FAMILIE-STRANDHUIS!

Gemaklike stapafstand na beide St Michaels-en Uvongostrand.Volledig toegeruste 10 bed huis. 4 x kamers, 2 x badkamers, 3 x toesluit motorhuise.

Tariewe per dag vir die huis:Buite Seisoen: R750 per dagPensionarisse: R675 per dag

Middelseisoen: R1200 per dag (Julie & Oktobervakansie, November )Volseisoen: R1700 per dag (April vakansies, 1 Desember tot middel Januarie)Kontak Heinrich Ueckermann by 0764309146 of [email protected]

1 Maart 2020Helpmekaar

🏠🐳🐟 Plettenbergbaai Woonstel!! 🐬🏠

Dis jou beurt! Breek weg vir die Maart

skoolvakansie na die tuinroete!!

Selfsorg woonstel met 2 slaapkamers (slaap

4), oopplan leefarea en kombuis, vol DSTV

en braaiarea.

Maart Skoolvakansie...R 1000 pd

Paasnaweek.....R 900 pd

Skakel 0760803535 of

[email protected] vir fotos.

Page 12: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

1 Maart 2020Helpmekaar

Page 13: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

1 Maart 2020Helpmekaar

Page 14: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

1 Maart 2020Helpmekaar

Senior dame soekwerk as au pair.

Sal kinders by die skool gaan haal,

vervoer nabuitemuurse

aktiwiteite en help met huiswerk. Kontak Magda 084 748 1951.

Meenthuis beskikbaar in Weltevredenpark 1 April 2020Sentraal geleë naby Wilgeheuwel

hospitaal en Randridge Mall; 2

slaapkamers; 1 vol badkamer; ruim

eet-sitkamer area; dubbel motorhuis.

Swembad in kompleks

Vir meer inligting kontak Elize by

[email protected]

082 446 2133

J & S TransportBetroubare koerier en vervoerdienste!- Vervoer na en van die lughawe.- Aflewer van hofdokumente.- Vervoer na dokters en ander afsprake.-Kontak ons gerus vir enige ander vervoerbehoeftes.

Kontak Sarel Oosthuisen 072 312 0574 of 011 679 3451

Vakansiehuis beskikbaar in MarlothPark vir naweke of langer. Marloth Park

is geleë langs die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Krokodilbrug is die naaste toegangshek tot die wildtuin.

Skakel Inez Steyn vir verderebesonderhede en om te bespreek by

082 684 4339.

Page 15: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

23 Februarie 2020Helpmekaar

Enige waterdigting of verfwerk ofnodig? Johnston het dekades seondervinding met waterdigting enverfwerk insluitend, mure, dakke,hekke en afdakke. Hy en sy span isdeeglik met voorbereiding vanoppervlaktes en werk metodies en

baie netjies. Billike pryse en

uitstekende verwysings.Skakel 082 735 2650.

44-jarige vrou benodig dringend werk in Randburg-

omgewing.Sterk agtergrond in

eiendomsbestuur en administrasie.

Kontak 078 117 4338.

Gladys Phanyane is op soek na werk as

huishulp. Haar nommer is 078 340 6788. Kontak gerus vir Christa Smith by 083 445 6008 vir ‘n

verwysing.

48-jarige man op soek na ‘n werksgeleentheid (voltyds, deeltyds of

kontrak). 25 Jaar ondervinding in personeelwerwing en verkoopsbestuur.

Onmiddellik beskikbaar.Kontaknommer 071 768 6163.

Benodig jy vervoer of nutsman dienste?

Kontak gerus vir Jaco by 082 333 8864

Yvonne is op soek na voltydsewerk as huishulp. Sy is baiebetroubaar en het vir ‘n ruk namy ma omgesien wat nou in dieouetehuis bly. Kontak my gerusvir ‘n verwysing, Frikkie de Jager,by 082 963 4408. Kontak gerusvir Yvonne by 078 080 8724.

Kontak gerus ons Direkteur: Versorging, Alda Boer by die kerkkantoor (011 475 5510)

vir verwysings en meer inligting.

Jamina has worked for me for 23 years and is looking for full time

employment as we are immigrating -if possible with room. Jamina also

looked after my son from the age of 3. Contact Jamina on 063 829

6304 or Charisse on 071 686 2123 for a reference.

My Afrikaanse huishulp, Elizabeth Shuping, werk al meer as 10 jaarby ons en sy soek werk vir 1 of 2

dae per week. Sy is wonderlik met kinders en werk baie mooi. Skakelmy gerus vir ‘n verwysing: Riana

Venter 082 343 6677. SkakelElizabeth by 071 894 4288.

Page 16: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)
Page 17: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)
Page 18: 1 Maart - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/... · 2020. 2. 26. · KIX-kerk (Gr 1 –6) 08:00 & 10:00 10:00 Engelse groep 18:30 Slegs Gr 6 klas JonkX (Gr 7 –11)

Bespreek asb jou plek aanlyn by www.ngweltevreden.co.za of kontak Mari by die kerkkantoor.