1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die...

62
STUDIEMATERIAAL DERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE MATTEUS TOT OPENBARING

Transcript of 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die...

Page 1: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

STUDIEMATERIAAL

DERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKEMATTEUS TOT OPENBARING

Page 2: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

INHOUD

BLADSY

MODULE I : DIE EVANGELIES 1Inleiding tot die Evangelies : 1Raamwerk vir Evangelies 2Tussentestamentêre Periode en die Volheid van die tyd 7Die Evangelies 8Die Evangelie volgens Matteus 8Die Evangelie volgens Markus en Lukas 10Die Evangelie volgens Johannes 14

MODULE II : HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BOEKE 16Oorsig 16Lesing 1: Handelinge 17Lesing 2: 1 Korintiërs 19Lesing 3: 2 Korintiërs 21Lesing 4: Romeine 23Lesing 5: Galasiërs 30

MODULE III : GEVANGENISBRIEWE EN ESKATOLOGIESE BRIEWE 31Lesing 1: Efesiërs, Filippense, Kolossense, Filemon 32Lesing 2: 1 Tessalonisense en 2 Tessalonisense 33

MODULE IV : PASTORALE BRIEWE 34Oorsig 34Lesing 1: 1 Timoteus 37Lesing 2: 2 Timoteus 38

Titus 39

MODULE V : HEBREЁRS 41Lesing 1: Hebreёrs 41Lesing 2: Hebreёrs 42

MODULE VI : NAAMBRIEWE 43Lesing 1: Jakobus, 1 Petrus 43Lesing 2: 2 Petrus, 1 Johannes 44

MODULE VII : OPENBARING 46

Lesing 1: Openbaring 1 – 11 46Lesing 2: Openbaring 12 – 22 47

Evalueringsvorm

Page 3: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE I: DIE EVANGELIES

INLEIDING TOT DIE EVANGELIES

RAAMWERK VIR EVANGELIES

1. Inleiding

1.1 Algemene inleiding tot die evangelies

1.1.1 Die evangelie as literatuur vorm

1.1.2 Die benaming evangelie

1.1.3 Die uniekheid van die evangelies

1.2 Die Tussentestamentêre Periode – Maleagi tot by die geboorte van Christus

1.2.1 Israel onder die Perse (± 550 – 333 v.C.)

1.2.2 Israel onder die Grieke (333 – 301 v.C.)

1.2.3 Israel onder die Ptolemeërs (Egipte) (301 – 198 v.C) en die Seleusiede (Sirië) (198 – 166 v.C)

1.2.4 Die Makkabeërs

1.2.5 Israel onder die Romeine (vanaf 63 v.C)

1.2.6 Ontwikkeling van godsdienstige partye

1

Page 4: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

INLEIDING TOT DIE EVANGELIES: DIE TUSSENTESTAMENTÊRE PERIODE

DIE TYDPERK VAN MALEAGI TOT CHRISTUS

LEES: Habakuk 2

1. Israel onder die Persiese heerskappy ± 550 - 333 v.C.

Van die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. Dit loop oor 400 jaar en in dié tyd het daar heelwat gebeur met die volk wat uit Babel na Palestina teruggekeer het. Gedurende hierdie hele tyd was die Jode maar b aie selde onafhanklik.

Selfs in die dae van die Makkabeërs het hulle nou en dan die juk van die oorheerser afgeskud en vryheid geniet.

Van die oorheersing van die Perse het hulle maar min las gehad. In dié tyd het die teenstand gekom van die Samaritane en die omringende volke, maar die Persiese koning het hulle beskerm teen die haat en vyandskap. Die Perse het die magtigste volk gebly tot die jaar 336 v.C.

2. Israel onder die Griekse heerskappy 333 - 301 v.C.

Die Persiese mag is vervang deur die Grieks-Masedoniese ryk onder Alexander die Grote. Alexander was die Jode goedgesind. Nadat hy die Persiese leër in die jaar 333 v.C. verslaan het, en nadat hy Tirus en Gasa verower het, het Palestina ook in sy besit gekom. Hy het teen Jerusalem opgetrek, want hy was kwaad omdat die Jode nie vir hom lewensmiddele gestuur het nie. Toe hy voor die poort van Jerusalem kom, het die hoëpriester Jaddua met 'n hele skare priesters hom tegemoet gegaan. Hierdie plegtige optog het so 'n indruk op hom gemaak dat hy gehoor gegee het aan die smeking van die hoëpriesters en Jerusalem gespaar het.

3. Israel onder die Ptolemeërs (Egipte) 301 - 198 v.C. en Seleusiede (Sirië) 198- 166 v.C.

Na die dood van Alexander is sy ryk onder sy vier generaals verdeel. Van toe af was die Joodse land 'n twisappel tussen die Egiptenaars en die Siriërs. Eers was Palestina honderd jaar lank onderworpe aan die Egiptenaars of Ptolemeërs. Veral onder die oorheersing van Antiochus Epifanes moes die Jode baie ly. Hy het hulle gekrenk in hulle heiligste regte en hy het die tempel van die Here aan Jupiter gewy. Hy het die Joodse godsdiens nie geduld nie en die Jode gedwing om voor sy gode neer te kniel. Wie aan die Joodse godsdiens getrou gebly het, moes sterf. Besnydenis en Sabbatsviering is verbied, en wie dit nog onderhou het, moes eweneens die doodstraf ondergaan. Die getal afvalliges onder die lede wat hulle godsdiens vaarwel gesê het, was groot. Hulle het dan aanhangers van die Griekse godsdiens geword.

4. Die Makkabeërs

In hierdie tyd van die hoogste nood het die Here verlossing aan die Jode gebring deur middel van die Makkabeërs. Die Makkabeërs was die naam vir die vyf seuns van die priester Mattatias. Hulle het hulle in die jaar 166 v.C. teen die tirannie van Antiochus verset. Judas, die seun van Mattatias, het die bynaam Makkabeus ("Hamer") gekry, en hierdie naam het ook oorgegaan op sy vier broers.

Judas het met heldemoed vir die Joodse geloof gestry. Hy het menige neerlaag aan die Siriese bevelvoerders besorg en ook die tempel in besit geneem en dit weer gereinig. Hierdie tempelreiniging leef nog steeds in die herinnering van die Jode voort in die fees van die vernuwing van die Tempel.

Gedurende 100 jaar het die nakomelinge van Mattatias, wat ook hoëpriesterlike waardigheid gehad het, die leiding oor die Joodse volk gehad. By tye was die Jode heeltemal vry van die Siriërs, en dan weer was hulle min of meer aan hulle onderworpe.

5. Israel onder Romeinse heerskappy (Vanaf 63 v.C.)

In hulle stryd teen die Siriërs het hierdie dapper manne uiteindelik die hulp van die Romeine ingeroep. Judas het al daarmee begin, en ten laaste het daar 'n verbond tussen die Romeine en die Jode tot stand gekom. Hierdie bondgenootskap het die Jode baie kwaad aangedoen. Daardeur het die Jode uiteindelik onder die Romeinse heerskappy gekom. Die Romeine het ook aan die regering van die Makkabeërs 'n einde gemaak. Hulle het die laaste afstammeling uit die geslag van die Makkabeërs, Antigonus, se

2

Page 5: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

koningskap vervalle verklaar, en hom vervang deur die Edomiet, Herodes. Antigonus het nog probeer om die stryd vir sy koningskap voort te sit, maar na drie jaar het hy gesneuwel, en Herodes het die troon bestyg. Hy was heeltemal van die Romeine afhanklik.

Om darem 'n skyn van wettigheid aan sy regering te gee, het Herodes getrou met Marianne, 'n dogter uit die Makkabese geslag. Hy het sy bes probeer om die Jode aan sy kant te kry, veral deur die verfraaiing en vergroting van die tempel waaraan daar 46 jaar lank gearbei is. Hy het egter almal gehaat wat nog familie was van die ou heldegeslag. Daarom is eers die oupa van sy vrou, Hirkanus, daarna haar pa, en eindelik ook Marianne self en haar twee seuns vermoor. So was die hele geslag van die Makkabeërs uitgeroei. Dit was ook die einde van alles wat aan die vroeëre glorie herinner het. Hierdie Herodes het oor die Joodse land geregeer toe Jesus in Betlehem gebore is.

6. Godsdienstige toestande

Die ballingskap het die Joodse volk in geestelike opsig nie skade berokken nie. Juda is veral weens afgodery in ballingskap weggevoer, maar ná die ballingskap wou hulle nie meer weet van afgodery en beeldediens nie. Hulle wou toe die Wet nalewe, en veral toe daar nie meer profete opgetree het om God se raad bekend te maak nie, is die Wet as God se openbaring geëer. Tog het die volk nog telkens oortree, en moes daar deur hervorming telkens weer verbetering aangebring word soos blyk uit Nehemia 13.

Behalwe in die tempel is die Woord van God gereeld op die Sabbat in die sinagoges gelees.

Die sinagoges het ook in die lande buite Palestina voorgekom. Skrifgeleerdes en Wetgeleerdes het opgetree om die Woord van God en die Wet te verklaar. Die wyse waarop die Jode aan die Wet vasgehou het, het gelei tot werkheiligheid en formalisme in die uitlewing van hulle godsdiens. Eie instellings en bepalings het die Woord van God sy krag ontneem. Hulle het regverdigheid uit die werke van die Wet gesoek en nie deur die geloof nie. In daardie tyd het daar verskillende godsdienstige partye ontstaan wat afbreuk gedoen het aan die ware, voorvaderlike geloof. Die vernaamste party was die van die Fariseërs, die mees regsinnige rigting. Hulle het hulle heil gesoek deur aan die letter van die Wet vas te hou, en hulle het gemeen om daardeur die guns van God te verwerf. In Matteus 23 wys Jesus op hulle vormdiens, maar ook op hulle geveinsdheid. Naas die Fariseërs was daar ook die party van die Sadduseërs, wat meer vrysinnig was. Hulle het ontstaan onder die invloed van die Griekse wêreldbeskouing. In baie opsigte het hulle 'n teenstelling met die Fariseërs gevorm, hoewel hulle wesenlik ook ooreengestem het, want die ware godsdiens was ook nie by die Sadduseërs te vinde nie. Die Sadduseërs was vrydenkers wat nie geglo het in die opstanding van die liggaam nie. Met die dood is alles uit. Hulle het ook nie geglo in die bestaan van engele en geeste nie. Wat ons by hulle kry, is 'n blote verstandsrigting.

Verder was daar nog die sekte van die Esseners. Hoewel die Bybel geen melding van hulle maak nie, weet ons van hulle uit die tekste wat oor hulle gevind is. Hulle het hulle heil gesoek in 'n lewe van afsondering en onthouding. Die meeste van hulle het ongetroud gebly, en het hulle ook onthou van verskillende kosse en dranke. Dit was 'n mistieke rigting wat hulle oorgegee het aan meditasie en Skrifstudie.

Gelukkig het daar 'n skare van getroues oorgebly wat vasgehou het aan die beloftes van God, en wat vurig na die Messias verlang het.

3

Page 6: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

DIE VOLHEID VAN DIE TYD

OU EN NUWE TESTAMENT

LEES: Lukas 1:26-56

1. Messiasbeloftes van die Ou Testament

Die Ou Testament en die Nuwe Testament vorm saam die Bybel, die Woord van God. Christus, die Messias, is die middelpunt van die Woord van God. "Christus" is die Griekse woord vir "gesalfde", en "Messias" die Hebreeuse woord wat dieselfde beteken. Die Ou Testament is in Hebreeus geskryf, en die Nuwe Testament in Grieks. Christus en Messias beteken dus dieselfde.

Die Ou Testament is vol beloftes aangaande die Messias. Aanvanklik is die belofte vaag en taamlik algemeen, maar later word dit baie meer spesifiek en al hoe duideliker. Dit begin met die moederbelofte in Genesis 3:15. Daarna sien ons die vernouing van die stroom in die profesie van Noag dat Jafet 'n woonplek sal kry in die tente van Sem (Gen 9:27). Aan Abraham is vervolgens die belofte gegee dat al die volke van die aarde in hom geseën sal wees. Die volk wat uit Abraham sou voortkom, sou die uitverkore volk word waaruit die Messias gebore sou word. Wanneer Jakob later sy kinders seën, blyk dit dat die stam van Juda die stam is waaruit die Messias sou voortkom: "Jy sal altyd heers, jy sal aanhou regeer totdat Silo kom, die heerser aan wie die volke hulle sal onderwerp" (Gen 49:10). Uit die stam van Juda is Dawid eeue later gebore, en die belofte van die Messias is aan hom bevestig (2 Sam 7:12, 13, 16).

Baie van die Psalms sing ook van die Messias, en beskryf die karakter van sy regering in verhewe taal. Hy sal Koning wees (Ps 2, 72), wat sal regeer met majesteit (Ps 45:4, 5) en regverdigheid (Ps 72:3). Die Nuwe Testament dui ook aan hoe in die boeke van die profete die Messias al hoe duideliker aangewys word. Hy sal as 'n kind in die wêreld kom (Jes 9:5), en as die Immanuel uit 'n jong vrou gebore word (Jes 7:14). Die tyd van sy koms (Dan 9:24-26) en selfs die plek van sy geboorte, naamlik Betlehem, word ook aangedui (Miga 5:1). Aan sy koningsheerskappy sal daar geen einde wees nie (Jes 9:6; Dan 7:14). Hy sal met die Gees van die Here toegerus wees om die heilsboodskap aan die heidene te bring (Jes 11:2). Jesaja stel die Messias ook voor in sy diepe vernedering. As dienaar van die Here sal Hy verag wees, en selfs dood en graf sal Hom nie gespaar bly nie (Jes 53). Hy ondergaan dit alles om die straf op die sondes van sy volk te dra, en hulle van die ewige dood te verlos.

2. Voorafskaduwing en tipes

Die plegtige handelinge van die godsdiens van Israel wys ook heen op die Messias. Dit is 'n voorafskaduwing van wat later sou volg. Veral die offerdiens wys na die offer wat eenmaal deur Christus op Golgota gebring sou word. In verskillende gebeurtenisse in die Ou Testament sien ons dieselfde voorafskaduwing: die ram wat in die plek van Isak geoffer word op Moria; die manna in die woestyn, wat heenwys na die "ware brood uit die hemel", Jesus Christus (Joh 6:31-16).

Ook besondere fasette van die werk van bepaalde persone, en gebeurtenisse in hulle lewens, is in die Ou Testament 'n heenwysing na die Messias. Hulle word dan tipes van Christus genoem. Simson is in sy dood, waardeur hy die oorwinning oor die vyand behaal en sy volk verlos het, 'n tipe van Christus. So is ook Jona toe hy drie dae in die maag van die groot vis was en weer op die land uitgespoeg is, 'n tipe van Christus wat ná drie dae opgestaan het uit die graf.

So vind die beloftes, voorafskaduwings en tipes van die Ou Testament hulle vervulling in Jesus Christus in die Nuwe Testament. Hy het die slang, naamlik Satan, se kop vermorsel toe hy oor dood en graf geseëvier het. In Hom is al die volke van die aarde geseën. Hy is gebore uit 'n vrou en het in alle opsigte aan ons gelyk geword, behalwe die sonde (Fil 2:7). Hy het Homself verneder tot die dood van die kruis (Fil 2:8), en is tans met koninklike mag beklee (Fil 2:9,10), terwyl daar aan sy ryk geen einde sal wees nie.

4

Page 7: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

DIE VOLHEID VAN DIE TYD

LEES: Galasiërs 4:3-7

1. Die toestand van die wêreld, één wêreldtaal, almal soek na waarheid

Die tyd waarin ons Here Jesus Christus gebore is, word genoem die volheid van die tyd (Gal 4:4 Ou Vertaling). Hierdie tyd dra besondere kenmerke, en is sorgvuldig deur God voorberei.

Die Romeinse Ryk was die heersende mag nadat dit al die ryke van die toenmalige bekende wêreld aan hom onderwerp het. Toe keiser Augustus die alleenheerskappy verkry het, het die Romeinse Ryk sy toppunt van bloei bereik. Onder die regering van Augustus was daar van oorlog geen sprake nie. Daar was 'n lewendige verkeer tussen al die dele van die ryk. Alles het daartoe bygedra om die eenheidsbesef te versterk. Hierdie algemene vredestoestand het die verbreiding van die Evangelie ten goede gekom. Van groot belang was ook die feit dat daar in die hele ryk gebruik gemaak was van één wêreldtaal, naamlik Grieks. Wie Grieks geken het, kon orals oor die weg kom. So kon die apostels, veral Paulus, hulle op hul reise van die Griekse taal bedien om die Evangelie aan alle volke te verkondig.

In hierdie wêreld was daar 'n algemene verdorwenheid te bespeur. Verskillende wysgere het probeer om hulle volk uit die diep sedelike verval op te rig. Elke wysgeer het 'n skool met volgelinge gevorm, en het gemeen om in sy stelsel die waarheid te beliggaam. Desnieteenstaande was daar geen sprake van ware geluk nie. Daar was geen enkele wysgerige stelsel wat die sug na waarheid kon bevredig nie. Elke land het sy eie gode gehad, maar hulle kon ook geen bevrediging bring vir die soekende hart nie. In Athene was daar selfs 'n altaar vir die onbekende god opgerig. Die godsdiens was onmagtig om die toenemende geestelike ontaarding en sedebederf teen te gaan, en daarom het mense begin om die godsdiens te minag. Ongeloof en bygeloof was aan die orde van die dag. Daarom het almal verlangend na 'n Verlosser uitgesien. Hierdie verlange het ook by Israel, God se verbondsvolk, geleef.

2. Die verbondsvolk: staatkundige en godsdienstige toestande

Die hele bekende wêreld van hierdie tyd het onder die heerskappy van die Romeine gestaan. Aan die hoof van die Romeinse regering het die keiser gestaan, en hy het sy setel in Rome gehad. Al die onderhorige lande en volke moes swaar belastings aan die keiser betaal. Die Romeine het hulle oppergesag gehandhaaf deur Romeinse amptenare en 'n besettingsmag in die verskillende lande aan te stel. So het die Jode ook onder die Romeinse oorheersing gestaan, en hulle het hartstogtelik verlang na iemand wat hulle hiervan sou bevry.

Die Romeine het egter ter wille van allerlei politieke en diplomatieke motiewe toegelaat dat koning Herodes nog sy koninklike waardigheid in Palestina behou, alhoewel hy net beperkte mag gehad het. Herodes was 'n Edomiet, dus 'n afstammeling van Esau. Nadat hy aan bewind gekom het as koning van Judea, was hy bang vir die Makkabeërs, 'n geslag van Joodse leiers wat in opstand gekom het teen die staatkundige en godsdienstige onderdrukking van die Jode. Herodes het al die afstammelinge uit die geslag van die Makkabeërs laat uitroei. In 'n poging om die guns van die Jode te wen, was hy ook getroud met Marianne, 'n vrou uit die geslag van die Makkabeërs, maar as gevolg van al sy politieke intriges het hy in verskillende stadiums haar grootvader, haar vader, haarself en altwee haar seuns laat vermoor. Hy was as gevolg hiervan gehaat deur die Jode. Om te probeer om in die Jode se guns te bly, het hy die tempel in Jerusalem uitermate verfraai. Dit het hom en sy regering egter nie nader aan die Jode gebring nie.

Op godsdienstige gebied het die Jode 'n politiek-nasionale verklaring aan die profesieë van die Ou Testament gegee, en hulle het 'n Verlosser verwag wat hulle van die gehate Romeinse oorheersing sou verlos. Omdat die verlossing nie gekom het soos hulle dit verwag het nie, het hulle teleurgesteld geraak. Die wysgerige stelsels van die Griekse wysgere kon ook geen bevrediging bring nie. So het die hele wêreld van daardie tyd in 'n hopelose toestand te lande gekom. Die tyd vir diepgaande verlossing het aangebreek. Dit word genoem die volheid van die tyd (Gal 4:40). In hierdie tyd was daar baie goeie kommunikasie tussen die volke van die Romeinse Ryk; daar was 'n afwagting onder al die volke van die verlossing wat sou kom; en daar was 'n geestelike ontvanklikheid onder die volke vir die Evangelie wat bekend gemaak sou word.

In die voorafgaande tyd, toe die Jode deel geword het van die Romeinse Ryk, het God sy volk gelei om deel te word van die politieke bestel van daardie tyd. Die Jode se aanraking met die ander volke het ook daartoe gelei dat hierdie volke die Jode se godsdiens leer ken en waardeer het. Dit was 'n voorbereiding vir die sendingwerk wat later deur Paulus en andere gedoen sou word.

5

Page 8: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

Die Joodse godsdiens was vol innerlike teenstrydighede. Naas die verlange na 'n Verlosser, die terugkeer na die Here, en die gereelde voorlesing van die wet, het die nadruk geval op die uiterlike dinge. Die wet is na die letter onderhou, en die godsdiens het opgegaan in uiterlike seremonies. Die wyse waarop die Skrifgeleerdes die wet uitgelê het en die gewone mense verplig het om swaar laste te onderhou, het hulle laat smag na ware verlossing in 'n wêreld waar hulle geen rus kon vind nie.

3. Messiasverwagtings

Uit hierdie ingewikkelde wêreld het daar verskillende Messiasverwagtings na vore gekom. Die Jode het 'n Messias, 'n Verlosser verwag wat hulle van die Romeinse oorheersing sou verlos. Die wyse manne uit die Ooste het 'n Verlosser verwag. Die Grieke het gesmag na die bekendmaking van die Waarheid. Daar was egter ook nog getroues in Israel, armes en geringes onder die Jode, wat met verlange uitgesien het na die vervulling van die beloftes van God soos Hy dit in die Ou Testament bekend gemaak het.Fariseërs: Wetties Hand 26:5; 23: Mat 23:2-3Sadduseërs Nd 23:8 Rasionalisties; vryheid van die menslike wilSelote Luk 6:15; Hand 1:13; 5:37 Sterk Joodse nasionale besefEsseners 150 v.C.- 70 n.C. Qumram Hand 19:13 ev? Askete.

6

Page 9: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE I: DIE EVANGELIES

Voorgestelde Bybelboeke in hierdie module met kernverse en temas.

BOEK KERNVERSE TEMAS

Matteus 23:37 Jesus, die Messias, Koning van die Jode.

Markus 10:45 Jesus, die Dienskneg van God.

Lukas 10:10 Jesus, die Seun van die Mens.

Johannes 20:30,31 Jesus, die Seun van God.

7

Page 10: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

RAAMWERK VIR MATTEUS

1. Inleiding1.1 Inleiding tot die Evangelie van Matteus

1.1.1 Besondere posisie in die vroeë kerk1.2 Kenmerke

1.2.1 Joodse en Ou Testamentiese agtergrond1.2.2 Die evangelie vir die hele wêreld1.2.3 Die kerk1.2.4 Geregtigheid / wil van God1.2.5 Koning-as-Herder Evangelie1.2.6 Onderwysende Evangelie1.2.7 Die eindtyd (Eskatologie)

1.3 Taal en Styl1.4 Skrywer

1.4.1 Die kerklike tradisie1.4.2 Die gegewens in die boek self1.4.3 Slotsom

1.5 Lesers en hulle milieu1.6 Tyd en plek van ontstaan1.7 Doel en aanleiding tot die skrywe van die Evangelie1.8 Matteus en die raakvlakke met Johannes, Paulus en Jakobus1.9 Struktuur-analise

2. Die Teologie van Matteus2.1 Inleiding2.2 Christologie

2.2.1 Vervulling2.2.2 Titels vir die Christus2.2.3 Gesigshoek

2.3 Kerk en Koninkryk2.3.1 Die koninkryk van die hemele2.3.2 Die verbond van God met sy Gods volk2.3.3 Wat van Israel?2.3.4 Die kerk2.3.5 Die kerk en die koninkryk van die hemele

2.4 Vervulling van die wet2.4.1 Die wet: nou nog geldig?2.4.2 Die vervulling van die wet2.4.3 Getrouheid aan die wet2.4.4 Matteus en Paulus – in konflik oor die wet?

2.5 Heilsgeskiedenis

8

Page 11: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE I: DIE EVANGELIES

Lesing 1 MATTEUS

Lees: Matteus 1 – 4

Na ‘n vastyd van 40 dae kom die Satan se versoeking. Jesus sou sy eerste ondervinding hê van wat Hy in die loop van sy prediking op aarde sou deurmaak. Hy het nou mag want Hy het die Heilige Gees ontvang.

Vraag 1: Skryf ‘n paragraaf oor die drie versoekings wat met mag te doen het, wat die Satan gebruik het om Jesus mee te laat struikel. Noem die versoeking, Jesus se antwoord en die betekenis (Skrifverwysings).

Lees: Matteus 5 – 10

Vraag 2: In die bergrede praat Jesus onder andere oor die volgende sake. Wat is die betekenis van elk?

Die sout van die aarde en die lig vir die wêreld (5:13-16) Die vervulling van die Wet (5:17-20) Vertoon in godsdiens (6:1-4) Sorge van die lewe (6:25-34) Moenie oor ander oordeel nie (7:1-6)

Lees: Matteus 11 – 17

Vraag 3(a): Verduidelik kortliks die kernbetekenis van die volgende vier gelykenisse.

Koring en onkruid Mosterdsaad en suurdeeg Skat en pêrel Die treknet

Vraag 3(b): Bespreek kortliks enige gelykenis wat vir jou as Nuwe Testametiese gelowige baie betekenis het.

Lees: Matteus 18 – 23

Vraag 4: Jesus waarsku die Skrifgeleerdes en Fariseërs teen huigelary. “Ellende wag vir hulle.” Noem en verduidelik 4 maniere waarop hulle die volk verlei.

Lees: Matteus 24 – 28

Vraag 5: Skryf ‘n kort paragraaf waar jy die ooreenkomste tussen die pasga (Eksodus 12) en die nagmaal vergelyk.

Vraag 6: Wat was Jesus se laaste opdrag aan Sy dissipels? Skrifverwysing.

9

Page 12: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE I: DIE EVANGELIES

Lesing 2 MARKUS EN LUKAS

RAAMWERK VIR MARKUS

1. Inleiding1.1 Inleiding tot die Markusevangelie

1.1.1 Tekssoort

1.1.2 Taal en Styl

1.1.3 Tradisie

1.2 Skrywer1.2.1 Wie was Markus?

1.2.2 Die outeur-verteller

1.3 Plek, Tyd en Eerste lesers1.3.1 Plek

1.3.2 Tyd

1.3.3 Eerste lesers

1.4 Struktuuranalise1.4.1 Dramatiese vertellings

1.4.2 Begin, middel en einde

1.4.3 Waar eindig Markus?

1.4.4 Die plot

1.5 Doel van die Evangelie1.5.1 Geen eie doelwit

1.5.2 Eie poging

2. Die teologie van Markus2.1 Teologie?!2.2 Geïnterpreteerde geskiedenis2.3 Die woord “evangelie”2.4 Jesus as Rabbi / Leraar2.5 Heil vir die heidene ook2.6 Lydensgeskiedenis2.7 Opstandingsvoorspellings2.8 Gebruik van die Ou Testament2.9 Christologie2.10 Die Messiasgeheim

10

Page 13: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

RAAMWERK VIR LUKAS

1. Inleiding1.1 Besondere kenmerke

1.1.1 Taal en styl

1.1.2 Historikus en teoloog

1.1.3 Belang van die Tempel en Jerusalem

1.1.4 Ander besondere punte

1.2 Skrywer1.2.1 Uitwendige getuienis

1.2.2 Inwendige getuienis

1.2.3 Van waar afkomstig?

1.3 Lesers1.3.1 Theophilus

1.3.2 Wyer gehoor?

1.4 Tyd en Plek van ontstaan1.4.1 Tyd

1.4.2 Plek

1.5 Doel1.5.1 Proloog

1.5.2 Laaste vers van die proloog

1.6 Struktuuranalise1.6.1 Teologie beïnvloed struktuur

2. Die Teologie van Lukas2.1 Teoloog en Historikus2.2 Sentrale tema2.3 Besondere ander momente

11

Page 14: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE I: DIE EVANGELIES

Lesing 2 MARKUS EN LUKAS

Lees: Markus 1 – 8

Vraag 1: Vanweë Johannes die Doper se voorkoms en sy onwrikbare oortuiging dat hy ‘n goddelike boodskap het, is hy as profeet herken en word die lyne met Elia getrek as die vervulling van die belofte van ‘n tweede Elia wat sou kom (2 Konings 1:8 en Maleagi 4:5-6). Skryf kortliks die ooreenkoms tussen Johannes die Doper en Elia.

Lees: Markus 9 – 10

Vraag 2: Volgens Markus 9:33-37 en 10:13-16 skryf kortliks ‘n paragraaf oor jou verstaan van Jesus se opdrag om soos kindertjies te word.

Lees: Markus 11 – 16

Vraag 3: In bogenoemde leeswerk word die laaste week van Jesus se lewe op aarde beskryf. Beskryf wat het Vrydag en Sondag gebeur.

Maandag

Jesus ry Jerusalem binne op die rug van ‘n donkie terwyl Hy deur die skare geprys word (11:1-10) Hy en die twaalf vertrek die aand na Betanië (11:11).

Dinsdag

Jesus vervloek die vyeboom oppad na Jerusalem (11:12-14) Hy reinig die tempel. Priesterhoofde en Skrifgeleerdes raak vyandig (11:15-18).

Woensdag

Die vyeboom het verdroog (11:20) Jesus in konfrontasie met die priesterhoofde, skrifgeleerdes en die familiehoofde oor sy gesag

(11:27-33) Hy bots met die Herodiane oor die betaling van belasting (12:13-17) Konflik met die Sadduseërs oor die opstanding (12:18-27) Op die Olyfberg saam met sy dissipels: die profesie aangaande die verwoesting van Jerusalem en

die eindtyd (13:3-37) Sy dood word beplan (14:1-2).

Donderdag

Terug in Betanië: die maaltyd in die huis van Simon die melaatse en Jesus word gesalf vir sy begrafnis (14:3-9)

Judas bied aan en soek ‘n geleentheid om Jesus te verraai (14:10-11) Voorbereidings vir die pasga vir Jesus en sy dissipels (14:12-16).

Lees: Lukas 1 – 4 en 10 – 12

Vraag 4: Bespreek volgens die Evangelie van Lukas watter rol die Heilige Gees in die lewe van Christus gespeel het. Gee vyf voorbeelde met skrifverwysings.

Vraag 5: Skryf ‘n paragraaf oor die uitstuur van die 72 dissipels en hulle opdragte.

Lees: Lukas 20 – 24

12

Page 15: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

Vraag 6: Op die konkrete feit en werklikheid van die opstanding is die hele geskiedenis van die Christendom gebaseer. Geen ander verskynsel kan die feite verklaar nie.Ná sy opstanding verskyn Jesus in 5 verskillende geleenthede aan mense. Wat was die verandering aan die disssipels se gemoed en houding na Sy verskyning aan hulle?

13

Page 16: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE I: DIE EVANGELIES

Lesing 3 JOHANNES

RAAMWERK VIR JOHANNES

1. Inleiding1.1 Johannes – Evangelis en Interpreteerder

2.1 Strukturele Merkers2.1.1 Die “point of view” of gesigshoek2.1.2 Die Proloog (1:1-18)2.1.3 Stof-seleksie2.1.4 Tendens-geskrif2.1.5 Sentrale motief2.1.6 Struktuur-fondament2.1.7 Samehang tussen teken en prediking2.1.8 Die “Ek is” uitsprake2.1.9 Die epiloog (slot)

2.2 Die Feeste as Indelings-beginsel2.2.1 Joodse godsdienstige feeste

2.3 Die Evangelie as Drama2.3.1 Dubbelsinnige gesigshoek2.3.2 Verhoor – motief

2.4 Struktuuranalise2.4.1 Notas

3. Die Teologie van Johannes

3.1 Lewe en verlossing in die Johannesevangelie3.2 Simboliek en sakrament3.3 Christologie3.4 Die kruis in die prediking van Johannes3.5 Verheerliking (“doksa”) in Johannes3.6 Eskatalogie of leer oor die laaste dinge

14

Page 17: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE I: DIE EVANGELIES

Lesing 3 JOHANNES

Lees: Johannes 1:1-8; 1:19 – 2:12

Vraag 1: Wat wil Johannes aantoon met die skryf van hierdie Evangelie?

Vraag 2: Daar is ‘n ooreenkoms tussen Genesis 1 en Johannes 1 deurdat albei begin met “in die begin”. Wat bedoel Johannes deur te sê dat Jesus die Woord van God is?

Lees: Johannes 2:13 – 6

Vraag 3: Met Jesus se koms verander die tempel se betekenis radikaal. Wat beteken dit?

Lees: Johannes 7 – 12

Vraag 4: Die Huttefees (September / Oktober in ons kalender) was ‘n agtdaagse Oesfees ter herdenking van die twaalf stamme se omswerwinge in die woestyn en hoe God vir hulle gesorg het. Teen sononder is vier groot kandelare aangesteek om die vuurkolom waarmee God sy volk snags in die woestyn gelei het, te simboliseer (Eksodus 13:21).

Wat is Jesus se vergelyking met die Ou Testamentiese agtergrond oor die Lig?

Lees: Johannes 13 – 17

Vraag 5: Skryf ‘n paragraaf oor die gebed van Jesus vir sy dissipels waarin jy die hoofelemente van die gebed saamvat.

Lees: Johannes 18 – 21

Vraag 6: Skryf ‘n paragraaf waarin jy die stelling van die Jode dat Jesus se liggaam gesteel is weerlê uit die beskikbare inligting in Johannes 20.

15

Page 18: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE II

DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWE

Romeine, Korintiërs, Galasiërs

Voorgeskrewe Bybelboeke met temas and kernverse

BOEK KERNVERSE TEMAS

Handelinge 1:8

Die voortgesette werking en lering van die

lewende Christus deur die Heilige Gees, deur

middel van sy liggaam, die Kerk.

Romeine 1:17 Die Boodskap van Verlossing

1 Korintiërs 10:31

Toepassing van verlossing in elke dag se

lewe; die regstelling van foute in die gemeente.

2 Korintiërs 5:19, 21 Die Bediening van die Versoening.

Galasiërs 3:10, 11 Vryheid in Christus.

16

Page 19: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

Lesing 1 Handelinge

RAAMWERK VIR HANDELINGE

Skrywer

Hoe moet ons Handelinge lees en verstaan?

Riglyne

Strukturele merkers in Handelinge

Spesifieke temas

Die Handelinge van Jesus (Hand 1:1-3, 15-26 {Num 27:15-18})

Blinde getuies word genees (Hand 1:8; 22:14-15)

Die ander Kneg (Hand 3:13,26; 4:24-30; 8:29-35)

Die bedeling van die Heilige Gees (Hand 2:1-11)

Vooruitskouing op omvattende herstel (Hand 3:1 – 4:12)

Minagting van die Gees in die heilige gemeenskap (Hand 4:32 – 5:16)

Nuwe insig en horisonne (Han 6:8 – 11:18)

17

Page 20: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE II: DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWE

Lesing 1 Handelinge

Voorgeskrewe leeswerk:

Lees die hele Boek

Lees: Hand 1:1-3

Vraag 1: Gaan hierdie boek van Lukas oor die “handelinge” van die apostels of oor die “handelinge” van Jesus? Staaf jou antwoord uit die gelese gedeelte.

Lees: Hand 1 – 15

Vraag 2: Lukas laat in Handelinge die klem val op die werk van die Heilige Gees. Bespreek hierdie stellings kortliks deur te verwys na minstens ses voorbeelde uit Handelinge 1 – 15. Dui ook telkens die gevolg / betekenis daarvan aan. Voorbeelde moet al 15 hoofstukke dek.

18

Page 21: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE II: DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWE

Lesing 2 1 Korintiërs

RAAMWERK VIR 1 KORINTIËRS

Algemene opmerkings

Inhoud Outeur Ontvangers Geleentheid Klem

Oorsig van 1 Korintiërs

Spesiale raad by die lees van 1 Korintiërs

Diepte snitte

19

Page 22: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE II

Lesing 2 1 Korintiërs

Voorgeskrewe leeswerk:

Lees die hele boek

Vraag 1: Op watter maniere hou Paulus Christus aan die gemeente voor? Hoe beskryf hy Christus? Verwys na minstens ses voorbeelde, met Skrifverwysings, en gee by elke voorbeeld een sin wat jy daaruit verstaan.

20

Page 23: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE II: DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWE

Lesing 3 2 Korintiërs

RAAMWERK VIR 2 KORINTIËRS

Algemene opmerkings

Inhoud Outeur Ontvangers Geleentheid Klem

Oorsig van 2 Korintiërs

Spesiale raad by die lees van 2 Korintiërs

Dieptesnitte

21

Page 24: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE II

Lesing 3 2 Korintiërs

Lees die hele brief

Lees: 2 Kor 1:1 – 2:13

Vraag 1: Dit is reeds hier duidelik dat Paulus deur baie swaarkry gegaan het.(a) Hoe het hy God in hierdie tye beleef?(b) Wat was volgens hom die rede vir sy beproewinge?

Lees: 2 Kor 3 – 6

Vraag 2: In hoofstuk 3 noem Paulus dat gelowiges ‘n aanbevelingsbrief (getuigskrif) is wat deur Christus self geskryf is, nie met ink nie en ook nie op kliptafels nie, maar deur die Gees van die lewende God. Hy verwys hier na die Ou en Nuwe Verbond. Noem 4 verskille tussen die Ou en die Nuwe Verbond.

Lees: 2 Kor 7

Vraag 3: Paulus skryf aan die gemeente dat hy nie spyt is oor sy brief wat hulle hartseer gemaak het nie want dit het hulle tot inkeer gebring. Hy onderskei hier tussen droefheid uit ‘n wêreldse oorweging en droefheid volgens die wil van God.

(a) Wat bring droefheid uit ‘n wêreldse oorweging volgens Paulus?

(b) Wat bring droefheid volgens die wil van God?

Lees: 2 Kor 8 – 9

Vraag 4: In sy brief vra Paulus dat die Korintiërs in hulle oorvloed moet uitreik na die behoeftiges in Judea, nie net liefdeswerk vir materiële behoeftes nie, maar ook oorvloedig in die uitdeel van gawes. Hoe moet hulle gee en wat is die oorvloedige gawes waarna Paulus verwys?

Lees: 2 Kor 10 – 13

Vraag 5: Stem jy saam met die volgende: “As Christen kan ek roem in rykdom en voorspoed as deel van my alledaagse lewe”. In die lig van Paulus se lewe, waarop moet ons roem?

22

Page 25: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE II

DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWE

Lesing 4 en 5 Romeine en Galasiërs

RAAMWERK VIR LESINGS

Algemene opmerkings

Inhoud Outeur Ontvangers Geleentheid Klem

Oorsig van Romeine en Galasiërs

Spesiale raad by die lees van Romeine en Galasiërs

Dieptesnitte

23

Page 26: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE II

DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWE

Lesing 4 Romeine

INLEIDING

Uniek en manjifiek Volledige uiteensetting van die evangelie Instrumenteel in bekering van Augustinus en Luther Die brief wat jý moet lees

?Waaraan kan hierdie geweldige effek toegeskryf word ٭

Romeine is eerstens ‘n kragtige boek omdat dit ‘n Goddelike oorsprong het Romeine is ‘n kragtige boek as gevolg van sy inhoud Romeine is ‘n kragtige boek omdat dit ons ware behoeftes aanspreek. Die boodskap van Romeine

gee ons ‘n toekoms en daarom die een ding wat die wêreld nie het nie: HOOP! (5:3-5; 8:28-39)

?Wie wanneer en waar ٭

Die Pauliniese outeurskap staan vas Vanaf Korinte, ongeveer 56/57 n.C. Die oorsprong van die gemeente in Rome is onbekend. (Waarskynlik deur gewone Christene

ontstaan) Bestaan uit Jode en heidene.

?Die doel van die brief ٭

Paulus skryf hierdie boek om sy lesers, wat reeds gelowiges is, te versterk en te bemoedig deur die evangelie (vgl 1:11; 15:14-16; 16:25).

24

Page 27: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

VOËLVLUG OORSIG

Belangrike agtergrond: Die groter prentjie

Die Jode se denke en Paulus se antwoord

Inleiding: Romeine 1:1-17

Paulus en die Evangelie 1:1-7 ٭

Eerstens die aard van Paulus se bediening Tweedens die aard van die Evangelie

Wat is die evangelie?

Paulus en Rome: 1:8-15 ٭

Die woord “versterk” (vers 11) is belangrik. Die versterking van Christene was die sleutel van Paulus se apostoliese werk en van kardinale belang vir sy program van wêreldevangelisasie (Sien Hand 18:23, 1 Tes 3:2).

Die geweldige belangrike Evangelie 1:16 -17 ٭

Hierdie gedeelte gee ons die tema van die brief Die grootsheid van die evangelie moet alle skaamte vernietig Die grootsheid van die evangelie word gesien in:

Die krag van die evangelie om lewe te gee 16a, 17 Die reikwydte van die evangelie (vers 16b)

“geregtigheid van God” (OAV) Die 1983 se vryspraak = onvoldoende

1) Sy regverdige karakter. Sy getrouheid aan die verbond2) Dit wat Hy gee. Meer as vryspraak = regte verbondsverhouding!

n Handige sleutel tot die boek’ ٭

Die regverdige deur die geloof, sal lewe (vers 17).

Die eerste 4 hoofstukke beskryf dan hierdie regverdiging deur die geloof en die laaste 5 fokus meer op die lewe wat die evangelie bring.

Geregtigheid deur geloof alleen 1:18 – 4:22

Hoofstuk 1:18 – 3:20 ٭

Bevestig die universele skuld van die wêreld en daarom die absolute onmoontlikheid van enige “werke geregtigheid”.

Die afwaartse spiraal vanaf 1:18 – 1:32 (vgl Dan 4:28-37). Dit is belangrik om te sien dat wat Paulus hier doen is om die standaard Joodse kritiek op die

heidene (afgodsdiens en immoraliteit) te herhaal, meer intens te maak en in Israel se hande te plaas (1:18 – 2:16; 2:17-29).

25

Page 28: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

Belangrik ook: Paulus wys dat almal (Jode en heidene) [2:14-16] eintlik “wet” het. Maar almal breek dit!

As ons hoofstuk 3:9-18 lees: in wie die heerlikheid van God (beeld) erg vermink is (3:23). Hoofstuk 3:19-20 vorm ‘n goeie opsomming vir hierdie argument. Dit is daarom belangrik dat ons nie enige uitsprake in hoofstuk 2 sal sien as sou dit leer dat mens

gered kan word deur sekere dinge te doen nie (2:5-10). In hoofstuk 3:21-22 maak Paulus dit duidelik dat hierdie verlossing plaasvind sonder die wet, maar

dat die wet en profete daarvan getuig. Die hart van hierdie gedeelte is dus 3:21-30. Mense word regverdiglik regverdig verklaar voor God.

Weer eens dit gaan hier oor meer as vryspraak! Hoe kan God dit doen? Sy Seun kom doen wat Israel en ons nie kan / kon doen nie. Let wel: Die voordele van hierdie dood, dws geregtigheid wat lei tot lewe, kom na ons deur geloof. Alle roem word uitgesluit (vers 27), en God se reddende doelwitte vir die wêreld word bevestig. Die woord “verlossing”. Hoofstuk 3:31 – 4:25 wys dat hierdie weg van geregtigheid inderdaad nie iets nuuts is nie, maar

volkome in lyn met die Ou Testament (sien 1:2, 3:21, 3:31). Wat leer vers 31 werklik? Die lering van regverdigmaking bevestig dus die wet (die eerste 5 boeke of Tora) wat eintlik reeds

gepraat het, vooruit gewys het na geloof, die geloof wat nou in die leer van regverdigmaking na vore kom en bevestig word.

Vanaf hoofstuk 4:1 wys Paulus hoe lyk die geloof wat tot regverdigmaking ly. Die keuse van Abraham! Vers 5 is hier van deurslaggewende belang. Die woord Goddeloos en regverdig staan langs

mekaar! Dit is ‘n skok, want wat sê God in Eks 23:7? Hoe is dit moontlik? Paulus versterk sy argument deur Dawid (4:6-8). In 4:9-12 wys Paulus baie duidelik dat Abraham se tipe geloof op almal van toespassing is of jy

besny is of nie. In 4:13-17a wys Paulus dat Abraham se tipe geloof op almal van toepassing is of hulle die wet het of

nie. In 4:17b-27 beklemtoon Paulus nog duideliker dat ons deur dieselfde geloof as Abraham

geregverdig word en ons leer meer oor hierdie geloof. ‘n Vergelyking tussen 4:17 en 4:24 bring die volgende interessante ooreenkoms aan die lig

o 4:18-22 en die kenmerke van hierdie geloof.

Die LEWE wat die evangelie bring 5:1 – 8:39

Hoofstuk 5 ٭

Vrede tussen ons en God. Vrye toegang. Blydskap. Vaste hoop. Waarom kan ons roem in swaarkry? Abraham geloof! Die Heilig Gees se rol en die verband met vers 5-11. Hoofstuk 5:1-11 som eintlik hoofstuk 5 – 8 op! In 5:12-21 gee Paulus nou amper ‘n voëlvlug oorsig oor die hele geskiedenis van die mensdom tot

op die tyd waarin hy skryf. Die groot punt in hoofstuk 5:12-21 is dat Jesus die rol van Adam oorgeneem het en dit wat deur

Adam skeefgeloop het, kom regstel. In vers 20 sien ons dat die wet (die hele Ou Verbondsbedeling) in God se groter plan die rol gehad

het om sonde as’t ware te laat meer word, duidelik te maak.

Hoofstuk 6 ٭

Paulus antwoord nou vrae en temas wat voortvloei uit hoofstuk 5. Die ou mens wat dood is = die mens in Adam. Hierdie mens was die troon van sonde (vers 12). Heers deur begeertes.

26

Page 29: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

Ons moet dit nie meer toelaat nie want die ou mens is dood! Hoe gebeur? Gesterf toe Jesus sterf! Klaar opgestaan (vgl 6:3-5). Ook nie meer onder die wet nie (vers 14) waar wet is heers sonde! Die belangrikheid van regte denke oor ons nuwe identiteit in die geveg met versoeking (vers 11) Die kies teen sonde is die verkies van die beter posisie wat ons reeds het!

Hoofstuk 7 ٭

Handel oor wat die wet kan en nie kan doen nie. Die vergelyking met ‘n huwelik. Geen vrug vir God uit die huwelik met wet! (vgl Jes 5 en Joh 15). Die huwelik met Christus dra vrug. Vanaf vers 7-12 wys Paulus eintlik wat met Israel gebeur het toe die wet (Tora) gekom het. Daarom

word die verlede tyd hier gebruik. Vanaf vers 13-20 wys Paulus hoe lyk iemand en Israel wat nog steeds onder die wet lewe (daarom

gebruik hy die teenswoordige tyd). In vers 7-12 wys Paulus dat met Israel gebeur eintlik wat met Adam gebeur, toe die wet kom! Of

dan wat gebeur met ons as ons in aanraking met die wet kom. Belangrik om te sien is dat die wet nie sleg is nie. Die wet maak net die sonde (wat sleg is) duidelik,

bring dit na vore en ons sal sien dit is deel van God se groot plan. En in vers 13-20 wys Paulus dat Israel (en die mens wat steeds onder die Tora lewe) lewe die

doodslewe van Adam! Met die gebruik van “ek” identifiseer Paulus homself met hierdie Israel. Hy skryf van homself as ‘n verteenwoordiger van hierdie Israel.

Dit is baie duidelik hoe hierdie lewe lyk? Sonde word nie beleef as dood nie, daar is geen oorwinning nie, die taal van slawerny word gebruik!

Hoofstuk 8 ٭

In vers 1-2 sluit Paulus aan by hoofstuk 7:4-6. Hierdie persoon leef nie meer onder die veroordeling wat die wet bring nie. Wat het gebeur? In vers 2 verwys Paulus na die wet van die Gees. As ons onthou dat wet verwys

na die hele ou bedeling, kan ons sê dat die nuwe bedeling van die Gees maak my vry! Die woord Gees se dominasie in die hoofstuk. Maar hoe het hierdie nuwe bedeling van vryheid deur die Gees ‘n werklikheid geword, gebeur? Vers 3 beskryf die wonderlike gebeure. God het iets gedoen wat die wet nie kon doen nie. Wat was

dit? Die wet (ou bedeling) kon nooit met sonde handel en klaarspeel nie. Dit is wat God deur Jesus gedoen het. Wat die wet gedoen het in God se plan is as’t ware om sonde duidelik te maak, uit te wys en Jesus gaan onder daardie sonde in, dra dit, en ontvang die regverdige straf vir daardie sonde. Daardie verbondsverbreking. Hy speel daarmee klaar.

Vers 4 se gedagte is waarskynlik dit: Die wet het Lewe beloof, maar kon dit nooit werklik gee nie, as gevolg van die sonde probleem. Daardie lewe is nou moontlik deur wat Jesus gedoen het en deur die Gees.

Let op die woorde “lewe” en “vrede” aan die einde van vers 6! Baie belangrik: Ons sien hier dat ‘n kind van God die Gees het. As jy nie die Gees het nie, is jy nie

‘n kind van God nie. Vers 11 is belangrik: As die Gees van Jesus in ons woon is dit die bewys dat ook ons sterflike

liggame nuutgemaak gaan word. Omdat dit waar is het ons die verpligting om sonde, deur die Gees dood te maak. Dit is waaroor ons

reeds gepraat het in hoofstuk 6. En dit is hoe die Gees ons lei (vers 14). Die verwysing na slawerny en ‘n nuwe skepping (18- 25). Baie belangrik: Voor die nuwe skepping kom is daar lyding en swaarkry nou nog in hierdie wêreld

(vers 17). En dit is binne hierdie konteks dat die Heilige Gees in ons werk: versekering van kindskap (vers 15)

en gebed (26). Die wonderlike belofte in vers 28! – nie dat alles in ons lewens goed uitwerk nie. Nee, alles word

ingeskakel in ons lewens om ons te verander na die beeld van Jesus Christus. Die Een wat binne swaarkry opofferende uitreikende liefde openbaar het!

Waarom kan dit gebeur en is dit so seker? Omrede die wat Hy geroep het klaar verheerlik is. Let op die verlede tyd. As Hy jou geroep het deur die evangelie is jou uiteindelike verheerliking verseker!

27

Page 30: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

Vers 31-39 is ‘n wonderlike lied wat jy maar gerus uit jou kop kan leer. Dit wys dat God, soos Abraham, Sy eie geliefde Seun oorgelewer het, maar anders as Abraham nie gespaar het nie. Vir ons! Vir jou! Hoe kan enige iets of iemand ons dan veroordeel en hoe kan ons twyfel aan Sy liefde selfs al loop alles verkeerd. Ja, moenie dat die duiwel jou aankla nie!

Opsommende opmerkings:

Alhoewel hierdie hoofstukke onderverdeel en apart geanaliseer is, is dit belangrik om hulle samehang te sien. So byvoorbeeld word die temas van hoop, heerlikheid en liefde (God se liefde vir ons) in 5:1-5 en 8:26-29 gevind. Die werk van die Gees en die bemiddeling van Christus is beide sentraal in hierdie gedeelte.Daarom is dit miskien reg om 5:12-21 as sleutel tot hierdie 4 hoofstukke te sien. Hierdie hoofstukke stel voor ons twee groot “tydperke”; die van Adam en die van Christus, die laaste Adam.Adam se “tydperk” (die huidige era) word gekenmerk deur:

ToornSonde

DoodDie wet

Christus se “tydperk” (die era wat kom) word gekenmerk deur

Vrede (versoening met God)GeregtigheidEwige leweDie Gees

Die Christen lewe in die “laaste dae” – die oorvleueling van die “tydperke”. Hy geniet die “eersteling” (lett Eerste vrugte) van die komende era, maar ervaar steeds die “sugtinge” van hierdie era (sien 8:18-25).Hy is bevry van toorn (hfst 5), sonde (hfst 6) en dood (hfst 8). Hy is oorgebring vanaf die sfeer van die wet na die sfeer van genade (hfst 7; sien ook 1 Kor 15:56; Heb 12:18-24). Hy het nou God se Gees in hom en God se wet in sy hart (Vgl Jer 31:31; Eseg 36:22).

MAAR

Hy moet steeds die sonde doodmaak (6:12; 8:13), hy moet steeds lyding deurgaan (5:3; 8:18), steeds ‘n fisiese dood sterf. Hierdie dinge skud aan sy vertroue, maar hy moet onthou dat God se doelwitte en beloftes hom veilig sal bewaar tot die einde.

Die Evangelie en die misterie (geheimenis) 9:1 – 11:36

Hierdie moeilike gedeelte word dikwels verwaarloos en soms weer “oor-beklemtoon”. Ons moet probeer om beide slaggate te vermy.

Dit gaan hier oor twee groot sake:

1. God se getrouheid aan Sy woord van belofte en die krag van daardie woord (veral dan in die lig van 1:16 en 8:26-39).

2. Die misterie, naamlik dat die heidene as mede erfgename van die uitverkore Israel, deel in hierdie groot en kosbare beloftes. En weer eens dat God in Sy groter plan juis Israel gebruik om die wêreld te red! Net soos Hy die wetsbedeling gebruik het!

Hoofstuk 9 - 11 ٭

‘n Eenheid. Die saak op tafel is nie enige individu se verkiesing tot ewige saligheid of sy verwerping vir ewige

verdoeming nie. Die vraag is: As God so genadig is en so groot verlossing bewerk het, wat van die Jode? Het God

se beloftes aan hulle verval (vers 4). Hoe antwoord Paulus? Hy wys daar was nog altyd twee groepe binne Israel. Soos Jakob en Esau (6-14).

28

Page 31: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

Dui dit op onreg by God (Vers 14)? Nee, dit wys God is soewerein en het die volste reg om een te kies en ander een nie. Hy is barmhartig en ontferm Hom oor wie Hy wil (vers 15).

Die voorbeeld van Farao: Farao het God verwerp – God gebruik om sy naam op aarde te verkondig. Die vraag (vers 19): Waarom verwyt Hy? As Hy maak soos Hy wil? – Ja, Hy is soos Pottebakker! Hy maak twee groepe: Vir eer en oneer / of dan voorwerpe van toorn wat Hy verdra, juis om sy

Heerlikheid bekend te maak in die tweede groep – voorwerpe van barmhartigheid (vers 22-23). Let op: Niks van een groep vir hel, en een groep vir hemel nie. Vanaf vers 27 verwys hy na die Ou Testament se lering oor die oorblyfsel = weer 2 groepe. Vanaf 9:30 verwys hy na hierdie 1ste groep die voorwerpe oneer. Hulle het vryspraak / geregtigheid

op verkeerde manier deur wetsonderhouding gesoek (9:32). Die res van hoofstuk 10 wys dat manier om verlos te word geloof in Jesus is. Hoofstuk 11:7 verwys weer na twee groepe. Vanaf vers 11:11 e.v. word ‘n meesterplan verduidelik! Die verstommende konklusie! God wil uiteindelik barmhartigheid bewys! Met ‘n meesterlike plan

verhard hy die Jode, sodat heidene gered kan word. Dit veroorsaak dat die Jode jaloers word en weer gered word! Die hele Israel (bestaande uit Jode en heidene) word so gered!

Soewereiniteit (hfst 9) verantwoordelikheid (hfst 10) en barmhartigheid (deurlopend) is die sleutel idees.Miskien kan 11:32 as sleutel geneem word!?

Om te lewe as die volk van God 12:1 – 15:13

Die sleutel frase hier is “... die vernuwing van julle denke”. Dit is die gevolg van die kragtige evangelie van genade. Dit moet ‘n inpak hê op die hele lewe. Dit is ware aanbidding volgens die wil van God. Hfst 12:1-3 is die bron van die hele gedeelte. Die gedeelte kan as volg verdeel word:

Die nuwe denke en die kerk (12:3-13) Die nuwe denke en die wêreld (12:14-21) Die nuwe denke en die staat (13:1-7) Die etiek van ‘n mens met ‘n nuwe denke (13:8-14) Die nuwe denke en die universele kerk (14:1 – 15:13)

Die tema weer gestel: 15:14 – 16:27

Die doksologie (16:25-27) is die opsommende vers van hierdie gedeelte en die hele brief. Dit bevat die sleutel temas van Paulus se doel en oogmerke. Sy doel in die brief is om hulle te versterk sodat hulle sy medewerkers kan word om “geloofsgehoorsaamheid” onder die heidene te bewerk.

Die versterking vind plaas:

Volgens die evangelie; Volgens die prediking van Christus; Volgens die misterie, Volgens die bevel van die ewige God.

Hierdie is bloot sinonieme vir die evangelie wat hy uiteengesit het in sy brief, in ooreenstemming met sy God gegewe gawe en bediening. Dit is die evangelie van die genade van God, wat inderdaad God se krag is om die wêreld te red.

Soli deo gloria!

29

Page 32: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE II

DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWE

Lesing 4/5 Romeine en Galasiërs

Lees beide boeke

Lees: Galasiërs 1 – 3

Vraag 1: Wat verstaan jy onder die volgende waarheid: “Ons is almal één in Christus”?

Lees: Galasiërs 2 – 5

Vraag 2: Wat sê Paulus in die brief aan die Galasiërs oor:

(i) Regverdigmaking en vryspraak(ii) Die werking van die Heilige Gees(iii) Christelike Vryheid?

Lees: Romeine 1 – 4

Vraag 3: Die mensdom staan onder die toorn van God omdat hulle hul rug op Hom gedraai het. Daar is geen mens wat deur enigiets wat hy/sy doen weer in die regte verhouding met God kan kom nie.

Wat, volgens Paulus, is die enigste oplossing daarvoor?

Lees: Romeine 5 – 8

Vraag 4: Paulus verduidelik in die vorige gedeelte hoekom alle mense voor God skuldig is, maar dat die wat glo vrygespreek word.

Noem 3 vrugte van vryspraak wat volgens hom ‘n gesonde geloofslewe teweeg bring.

Lees: Romeine 9 – 11

Vraag 5: Wat is volgens Paulus die boodskap van geloof wat redding bring?

Lees: Romeine 12 – 15

Vraag 6: In dié geldeelte sluit Paulus aan by die res van die boek deur ‘n oproep te maak, in die lig van die “groot ontferming” van God, dat die mens se denke moet vernuwe ten opsigte van:

Die kerk (12:3-13 Die wêreld (12:14-21) Die staat (13:1-7) Die etiek van die mens (13:8-14) Die universele kerk (14:1 – 15:13).

Watter genadegawes word genoem wat in die kerk gebruik kan word?

30

Page 33: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE III

GEVANGENISBRIEWE EN ESKATOLOGIESE BRIEWE(Efesiërs, Filippense, Kolossense, Filemon, Tessalonisense)

Voorgeskrewe Bybelboeke, Kernverse en Temas

BOEK KERNVERSE TEMAS

Efesiërs 1:3 Geseën met al die seëninge in Christus.

Filippense 4:4 Wees bly in Christus.

Kolossense 1:18 Volmaak in Christus.

Filemon Vs.20 Bedien mekaar in Christus.

1 Tessalonisense 5:23 Wees heilig in afwagting op die wederkoms.

2 Tessalonisense 3:3

Wees standvastig te midde van vyandigheid

teen die Evangelie.

31

Page 34: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE III

GEVANGENIS– EN ESKATOLOGIESE BRIEWE

Efesiërs, Filippense, Kolossense, Filemon, Tessalonisense

Lesing 1

Leerstellings (Doktrines)

Lees: Efesiërs 1 – 3

Vraag 1: Ons sien baie duidelik in Efesiërs 1 dat God die Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees betrokke is in ons verlossing. Dui aan watter rol elk gespeel het om ons verlossing te bewerkstellig.

Praktiese toepassing van ons Doktrine

Lees: Efesiërs 4 – 6

Vraag 2: Gee in jou eie woorde ‘n kort uiteensetting van wat die verskil is tussen die ou (heidense) en die nuwe (heilige) lewe.

Lees: Filippense 1 – 2

Vraag 3: Paulus wil hê dat kinders van God ligdraers vir die wêreld moet wees. Watter gedrag verwag hy van die kinders van God?

Lees: Filippense 3 – 4

Vraag 4: Watter woorde in hoofstuk 4 is kenmerkend van die brief aan die Filippense en wat was dan ook kenmerkend van Paulus se lewe dat hy so ‘n aanmerking kon maak?

Lees: Kolossense 1 – 4

Vraag 5: Skryf kortliks ‘n paragraaf oor Paulus se diens in belang van die kerk. Wat was Paulus se opdrag en verduidelik die geheimenis waarvan Paulus praat.

Lees: Filemon

Vraag 6: In hierdie brief illustreer Paulus baie duidelik die beginsel van vergifnis. Na watter insident word verwys?

Vraag 7: Gee kortliks ‘n verduideliking wat die leer van toerekening is, met ander woorde dat iemand anders jou skuld betaal en hoekom is hierdie beginsel vir ons as Christene van belang?

32

Page 35: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE IIIGEVANGENIS- EN ESKATOLOGIESE BRIEWE

1 en 2 Tessalonisense

Lesing 2

Lees albei briewe – die oorheersende tema is die wederkoms van Christus

Lees: 1 Tes 1

Vraag 1: Wat beteken die wederkoms van Jesus Christus vir ons as gelowiges en wat gaan Hy vir die gelowiges doen?

Lees: 1 Tes 2

Vraag 2: Waarom het Paulus in gebed volhard en God gedurig gedank?

Lees: 1 Tes 3

Vraag 3: Volgens Paulus, hoe moet die gemeente tydens die wederkoms lyk?

Lees: 1 Tes 4 – 5

Vraag 4: Wat, volgens Paulus, sal met die ontslapenes, en die wat nog lewe tydens die wederkoms gebeur?

Lees: 2 Tesssalonisense

Vraag 5: Hoe red God die uitverkorenes?

33

Page 36: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE IV

PASTORALE BRIEWE

1. DIE BENAMING: PASTORALE BRIEWE

Die twee briewe van Paulus aan Timoteus en sy brief aan Titus staan bekend as die Pastorale Briewe, en is aan hierdie twee voorgangers of evangeliste gerig in hul kapasiteit as ampsdraers en herderlike versorgers van die gemeentes.

Hierdie titel is vir die eerste keer in 1753 vir die briewe aangewend, en wel deur Paul Anton in sy Verhandeling oor die Pastorale Briewe van Paulus. Sedertdien het die naam algemene erkenning en ingang gevind.

Die naam is uiters geskik aangesien dit die doel van hierdie briewe was om raad en leiding te gee insake kerklike organisasie aan hulle wat in posisies van verantwoordelikheid in die kerk gestaan het, en aan wie die herderlike sorg vir die Christelike gemeenskap toevertrou was. Inhoudelik behoort die drie briewe bymekaar, en is geestelike en gemeente-versorging die hoofonderwerp by aldrie.

2. DIE HISTORIESE AGTERGROND VAN DIE BRIEWE

Die historiese situasie waarin die Pastorale Briewe ontstaan het, is die volgende: Paulus en Timoteus het vir 'n tyd lank saam in Efese gearbei. Paulus het toe afgereis na Masedonie (1 Tim 1:3), maar hoop hy om gou weer terug te keer (1 Tim 3:14). Timoteus is in Efese agtergelaat om die gemeentelike lewe daar te organiseer, om lastige dwaalleraars te weerlê, en te sorg vir die welsyn van "... die huis van God, wat die gemeente van die lewende God is, 'n pilaar en grondslag van die waarheid" (1 Tim 3:15).

Volgens die Brief aan Titus was Paulus ook in Kreta, en het hy Titus daar agtergelaat dat hy " ... verder regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel" (Titus 1:5). Later moes Titus oorkom na Nikopolis, waar Paulus sou oorwinter (Titus 3:12). Volgens 2 Timoteus was Paulus 'n gevangene te Rome (2 Tim 1:8,16; 2:9). Hy het reeds een maal voor die regbank verskyn, van al sy vriende verlaat, maar God het hom "... uit die bek van die leeu verlos" (2 Tim 4:16-17). Net Lukas was nou by hom. Titus het van Rome na Dalmasië vertrek (2 Tim 4:10-11), Tigikus is na Efese gestuur (2 Tim 4:12), en Trofimus is siek in Milete agtergelaat (2 Tim 4:20).

3. TYD EN PLEK VAN ONTSTAAN

Nie een van bogenoemde situasies pas in die prentjie van die lewe en reise van Paulus soos ons hulle ken uit Lukas se beskrywing in Handelinge, of uit die ander Pauliniese geskrifte nie. Paulus was wel saam met Timoteus in Efese, volgens Handelinge, maar hy het Timoteus vandaar na Masedonië gestuur, en het hom nie, na sy eie vertrek vandaar, in Efese agtergelaat nie (vgl. Hand 20:1 e.v.; 19:21,22). Dit kon dus nie dieselfde geleentheid wees waarna 1 Timoteus 1:3,4 verwys nie. Volgens Titus was Paulus in Kreta en Nikopolis vir uitgebreide sendingwerk, maar van so iets maak Handelinge geen melding nie. Voorts was Paulus volgens 2 Timoteus in Korinte, Troas en Milete, maar hierdie besoeke kan nie dieselfde wees as die wat in Handelinge vermeld is nie (Hand 20:2,5,15, e.v.). Volgens Handelinge 21:29 het Trofimus saam met Paulus na Jerusalem gereis, terwyl hy volgens 2 Timoteus 4:20 siek in Milete deur Paulus agtergelaat is.

Konklusie: Die Pastorale Briewe is dus hoogs waarskynlik geskryf tydens en ná ‘n ander belangrike sendingonderneming van Paulus, waarvan Handelinge geen melding maak nie, omdat dit plaasgevind het ná Paulus se vrylating uit sy gevangenskap in Rome, o.g.v. sy beroep op die keiser – ‘n verhoor wat nog aan die gang was toe Handelinge afgesluit is. Die reise en werk van Paulus wat in die Pastorale Briewe genoem word, kan nie gedateer word in die tydperk wat deur Handelinge gedek is nie, maar het later plaasgevind – tussen sy eerste en sy tweede gevangenskap, dié waarna 2 Timoteus verwys (1:8,16-17).

Dat dit die geval was, word bevestig deur die eenparige getuienis van die kerkvaders en die kerklike tradisie, o.a. Clemens Romanus, so ook die Muratoriaanse Kanon, en Eusebius: "Ná hy homself suksesvol verdedig het, is algemeen beweer dat Paulus weer uitgegaan het om die evangelie te verkondig, en later vir die tweede keer na Rome gegaan het om daar die marteldood onder Nero te sterf". Ons kom dus tot die

34

Page 37: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

gevolgtrekking dat die Pastorale Briewe geskrywe is in die tydperk tussen 62nC (vrylating uit die eerste gevangenskap) en 66/67nC (die jaar van die apostel se marteldood).

Wat die plek van skrywe betref, kan geen stad met sekerheid as plek van ontstaan genoem word nie – ons neem maar aan dat sowel 1 Timoteus as Titus in Masedonië geskrywe is (vgl. 1 Tim 1:3), en 2 Timoteus tydens Paulus se tweede gevangenskap te Rome (66nC), kort voor sy dood (vgl. 2 Tim 4:6-8,18).

4. OUTEURSKAP EN OUTENTISITEIT

Die inwendige getuienis, waarvolgens die skrywer homself Paulus noem (1 Tim 1:1; Titus 1:1; 2 Tim 1:1), en die groot aantal persoonlike verwysings wat in die briewe voorkom, word bevestig deur die uitwendige getuienis dat Paulus die outeur was. Die getuienis van die vroeë kerk aangaande hul Pauliniese outeurskap en hul plek in die kanon van die Nuwe Testament, is net so duidelik en sonder voorbehoud as dié vir die ander briewe van Paulus. Met uitsondering van die kanon van die ketterse Marcion in die tweede eeu, word die Pauliniese outeurskap van die Pastorale Briewe onderskrywe deur die Muratoriaanse Kanon sowel as reeds vroeër Clemens van Rome, en die Brief van Barnabas, en ook later Clemens van Alexandria, Tertullianus en ander. Vir negentien eeue is die outentisiteit van die briewe nie bevraagteken of aangeveg nie.

Besware teen die Pauliniese outeurskap is eers sedert die aanvang van die negentiende eeu gelug, en was veral drieërlei:

a) Die briewe kan nie ingepas word in die geskiedenis van Paulus se reise soos dit in Handelinge te boek gestel is nie;

b) Die briewe openbaar ‘n meer gevorderde kerklike organisasie as wat ons in die res van die Nuwe Testament vind, en té gevorderd vir Paulus se dae;

c) Die taal van hierdie briewe verskil in baie opsigte van dié van die ander erkende briewe van Paulus.

Opmerking: Ons hoef nie te breedvoerig op die besware hier in te gaan nie. Die eerste beswaar is reeds beantwoord in ons siening oor die historiese situasie waarin die briewe geskrywe is, te wete ná die tydperk wat in Handelinge gedek word, en tussen sy eerste en tweede gevangenskap in Rome.

Die beswaar t.o.v. die gevordere organisatoriese opset van die kerk is gebaseer op die felt dat die briewe melding maak van opsieners (biskoppe), ouderlinge en diakens – soos dit in die later gevestigde kerklike organisasie te vind is.

Hierteenoor kan ons stel dat Paulus reeds op sy eerste sendingreis ouderlinge in elke stad aangestel het waar gemeentes gestig is (Hand 14:23); in sy brief aan die Efesiërs verwys hy na herders en leraars (Efes 4:11); in Filippi is daar opsieners (biskoppe) en diakens wat die gemeente dien (Fil 1:1); en na alles was dit tog ‘n baie eenvoudige organisasie met hierdie paar ampte, en met opsieners (biskoppe) en ouderlinge as mekaar afwisselende benaminge (Titus 1:5,7) – ‘n kerklike organisasie wat nog geensins reflekteer word in enige vorm van biskoplike hiërargie soos dit in die later eeue gestalte geneem het nie.

Die linguistiese beswaar berus op die verskil in styl en woordeskat met die gewoonlik erkende Pauliniese geskrifte. Daar sou in die Pastorale Briewe nie minder as 175 hapax Iegomena (woorde wat net éénmaal in die Nuwe Testament voorkom) te vind wees nie, waarvan 1 Timoteus alleen 96 bevat.

So ‘n statistiese metode kan egter nie as oortuigende kriterium aangewend word oor die outentisiteit van geskrifte nie. Paulus se briewe verskil veel van mekaar, volgens onderwerp en stemming by elk. Woordeskat en styl word bepaal deur ‘n groot getal persoonlike faktore, en hang ten nouste saam met die saak wat bespreek word. Die woordeskat kan ook verander met die vordering van jare, of die skrywer se amanuensis kan elke keer ‘n verskillende persoon wees.

Statisties gesproke kan soortgelyke beswaar teen enige brief van Paulus gelanseer word – elkeen het ‘n noemenswaardige aantal hapax legomena, bv. 1 Korintiërs het 100; 2 Korintiërs het 91; Romeine het 94 – altesaam 461 in die eerste tien erkende briewe van Paulus.

Al die briewe – ook die Pastorale Briewe – is getrou aan die gees en karakter van die groot sendingapostel Paulus, en daar is geen rede om hierdie briewe wat hulle in die naam van Paulus aandien, sy outeurskap te ontsê nie.

35

Page 38: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

5. AANLEIDING EN DOEL

In hierdie persoonlike briewe deur die apostel gerig aan sy medewerkers Timoteus en Titus, t.o.v. hul verantwoordelike pligsvervulling in Efese en Kreta onderskeidelik, wil Paulus – noudat die apostels wegval, en hy self ook al gevorderd in jare is en aan vervolging blootstaan – vaste voorskrifte gee vir die organisasie en regering van die kerk, riglyne vir die gemeentelike lewe, reëls vir pastorale toesig en geestelike versorging, en aanduidings van die vereiste kwalifikasies vir ampsdraers in die kerk.

Daarby word in belang van die behoud en verkondiging van die waarheid van die Evangelie, getrouheid aan God se Woord, die noodsaaklikheid van strenge lewensdissipline, opbouende toesig oor die gemeentes, en waaksaamheid teen dreigende dwaalleer van die herders van die kudde vereis.

36

Page 39: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

1 TIMOTEUS

1. DIE GEADRESSEERDE

Timoteus, die ontvanger van hierdie brief, sowel as ‘n tweede, was die seun van ‘n heidense (Griekse) vader en ‘n vrome Joodse moeder (Hand 16:1; 2 Tim 1:5), en het blykbaar in Listre op Paulus se eerste sendingreis tot bekering gekom (vgl. Hand 14:6-23; 16:2; 1 Tim 1:2,18 - "my kind in die geloof"). Hy vergesel Paulus as medewerker op sy tweede reis (Hand 16:1-3), ná handoplegging tot die bediening (1 Tim 4:14; 2 Tim 1:6), en is hy saam met Paulus in Troas, Filippi, Berea, Atene en Korinte. Op die derde sendingreis vind ons hom weer by Paulus in Efese (Hand 19:22).

Timoteus is die mede-afsender van verskillende briewe van Paulus in dié tyd en later tydens die apostel se gevangenskap in Rome (vgl. 1 Tes 1:1; 2 Kor 1:1; Fil 1:1; Kol 1:1; Filemon 1). Waarskynlik was hy tydens Paulus se latere besoek aan Spanje besig met die saak van die evangelie en gemeente-bou in Efese (1 Tim 1:3).

2. INHOUD EN INDELING

Die sleutelwoord van die brief is ongetwyfeld 3:15 – "Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid" (OAV: " 'n pilaar en grondslag van die waarheid"). Rondom die Tema, Die gemeente van die lewende God, val die brief in drie dele uiteen:

1. INLEIDING 1 Timoteus 1:1-20 Aanhef 1:1-2 Timoteus se taak 1:3-11 Danksegging 1:12-17 Die taak word bevestig 1:18-20

2. OPDRAGTE OOR DIE GEMEENTE 1 Timoteus 2:1 – 3:16 Gesamentlike aanbidding 2:1-15 Die bedienaars 3:1-13 Hulle pligte teenoor die waarheid 3:14-16

3. OPDRAGTE OOR SY PASTORALE PLIGTE 1 Timoteus 4:1 – 6:10 Teenoor sy gemeente in geheel 4:1-16 Teenoor die verskillende groepe in die 5:1 – 6:10

gemeente

4. SLOTVERMANINGS 1 Timoteus 6:11-21 Behou die ware geloof en stry die goeie stryd 6:11-16 Bring Christus se eise by die rykes tuis 6:17-19 Waak oor die waarheid 6:20-21

37

Page 40: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

2 TIMOTEUS

1. HISTORIESE AGTERGROND

Hierdie laaste brief wat ons van Paulus besit, is weer eens uit die gevangenis te Rome geskrywe (1:8; 2:9), en as sy vaarwel-brief aan sy getroue medewerker Timoteus kan dit ook gesien word as sy Iaaste testament wat hy aan die kerk agterlaat. In die strawwe en bloedige vervolging onder keiser Nero is hy gevange geneem, en – anders as sy eerste gevangenskap waarin hy heelwat vryheid van optrede geniet het (Hand 28:30-31), en onder vrye bewaking was – is hy nou onder militêre bewaking en het hy reeds voor die gereg verskyn (2 Tim 4:16), is hy ter dood veroordeel, en leef hy in die wete van die nabye voltrekking van die doodstraf (2 Tim 4:6-8), en die geloofsverwagting dat die Here hom sal verlos om in Sy koninkryk in te gaan (4:18). Kort voor sy dood dus is die brief geskrywe, ongeveer 66nC.

Opmerking: Blykbaar het Paulus sy voorneme om Nikopolis te besoek, soos in Titus 3:12 te kenne gegee, uitgevoer. Maar hoewel dit onmoontlik is om met sekerheid die apostel se bewegings gedurende hierdie laaste tydperk aan te gee, lyk dit hoogs waarskynlik dat hy, onder bedreiging van die Nero-vervolging wat in 64nC uitgebreek het, hom ver van Rome gehou het, en deur Masedonië na Troas gegaan het, waar hy by Karpus tuis was (2 Tim 4:13). Daar is hy blykbaar gevange geneem, en in haas, sonder sy boeke en reismantel (4:13) na Rome gevoer en in die gevangenis gewerp, waar hy aan ontberinge en eensaamheid onderworpe was (4:13), en sterk na Timoteus verlang het (4:9), wat blykbaar nog in Efese was.

2. AANLEIDING EN DOEL

Die brief is meer persoonlik van aard en minder leerstellig as die ander twee herderlike briewe van Paulus, en slegs gedeeltelik pastoraal. Die apostel openbaar besorgdheid oor die bediening van Timoteus wat deur dwaalleraars gekonfronteer word en wie se gemeente deur allerlei afwykings bedreig word (1:7,8; 2:15-18; 3:1-5), en wil hom roep tot volle toewyding en bemoedig in sy Godgegewe taak (2:15; 4:2-5). Daarby was verdere aanleiding tot die skrywe ook die apostel se eensaamheid waaronder hy as gevangene, van sy vriende verlaat, verlang na sy medewerker Timoteus, en na die diens van Markus (4:9,11), en daarby sy dringende behoefte in die gevangenis aan sy mantel en boeke (4:13). Eindelik bied die brief hom ook die geleentheid om self rekenskap te gee van sy Christelike geloof in die aangesig van die dood (4:4-8,18).

3. INHOUD EN INDELING

As ons as sleutelwoord van die hele brief sou neem, Die bediening, na aanleiding van die opdrag aan Timoteus, "Vervul jou bediening", (OAV, 4:5), val die hoofgedagtes onder vier hoofde uiteen:

1. INLEIDING 2 Timoteus 1:1-5 Aanhef 1:1-2 Danksegging 1:3-5

2. GETROUHEID T.M V. SWAARKRY 2 Timoteus 1:6-14 Weens die Christelike geloofservaring 1:16 – 8 Weens die wonder van die evangelie 1:9-11 Weens Paulus se voorbeeld 1:12-14

3. GETROUHEID T.M V. AFVALLIGHEID 2 Timoteus 1:15 – 2:13 Onesiforus se goeie voorbeeld 1:15-18 Die aard van Timoteus se taak 2:1-7 Christus se verlossingswerk 2:8-13

4. GETROUHEID T.M V. DWAALLEER 2 Timoteus 2:14 – 4:8 Dwaling oor leerstellings 2:14-26 Dwaling oor praktiese Christenskap 3:1 – 4:8

5. SLOT 2 Timoteus 4:9-22 Opdragte 4:9-13 Waarskuwings 4:14-15 Verdediging 4:16-18 Persoonlike groete 4:19-21a Seëngroet 4:21b-22

38

Page 41: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

TITUS

1. DIE GEADRESSEERDE

Titus, 'n heiden-Christen – nie by naam in Handelinge genoem nie – word deur Paulus vir die eerste keer as sy begeleier genoem na die apostelvergadering in Jerusalem (Gal. 2:3), waar hy sy weiering handhaaf dat hierdie bekeerling van hom uit die heidendom (OAV, 1:3 – "my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof") besny sou word.

In Paulus se bemoeienis met die gemeente in Korinte word Titus in 2 Korintiërs meermale genoem as tussenganger en helper van die apostel (vgl. 2 Kor 2:12; 7:6,13; 8:6,16; 12:18), terwyl hy blykbaar ook 'n besondere aandeel geneem het aan die insameling wat Paulus ten behoewe van die armes in Jerusalem onderneem het (vgl. 2 Kor 8:15-24). 2 Timoteus 4:10 meld 'n latere reis van Titus vanaf Rome, waar hy by Paulus was, na Dalmasië. Volgens Titus 1:5 is hy deur Paulus as geestelike leier en organiseerder van die gemeentes op die eiland Kreta aangestel, en is hy daar werksaam as die brief aan hom gerig word. Net soos in 1 Timoteus is dit geskrywe kort vóór Paulus se tweede en laaste gevangenskap te Rome, ongeveer die jaar 64/65.

2. INHOUD EN INDELING

As tema van die brief sou goedskiks kon dien, Pastorale aanwysings vir die kerk, terwyl die inhoud in drieërlei indeling veroorloof:

1. INLEIDING Titus 1:1-5 Beskrywing van Paulus se posisie, hoop en pligte 1:1-3 Aanhef 1:4 Titus se taak 1.5

2. OPDRAGTE OOR OUDERLINGE Titus 1:6-16 Die vereiste wat gestel word 1:6-9 Die behoefte aan behoorlike bestuur 1:10-16

3. OPDRAGTE OOR DIE CHRISTELIKE LEEFWYSE Titus 2:1 – 3:7 Onder mekaar 2:1-15 Teenoor die buitewêreld 3:1-7

4. OPDRAGTE TER AFSLUITING Titus 3:8-11 Verkondig die waarheid 3:8 Vermy tweedrag 3:9-11

5. BESONDERE OPDRAGTE EN GROETE Titus 3:12-15

39

Page 42: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE IV: PASTORALE BRIEWE

Lesing 1

2 Tim 3:16 – Die Ideale Kerk

“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek.”

Leeswerk: Al drie briewe

Tema: gewete ... gewete ... gewete ... skoon, geskoei, onderdruk!

Lees: 1 Timoteus 1 – 4

Vraag 1: Noem 4 voorbeelde van die begrip gewete wat in die gelese gedeelte voorkom en noem telkens wat Paulus wou sê.

Lees: 1 Timoteus 1 – 6

Vraag 2: In hierdie eerste brief van Paulus aan Timoteus stel hy Jesus Christus op ‘n breë manier bekend – vertel hy van Christus se werking (ook in sy lewe), en heg hy betekenisvolle titels aan Hom. Kyk of jy ten minste vier sulke omskrywings van Christus in die bogenoemde Skrifgedeeltes kan raak lees (voorbeeld 1:1 – Hy is ons Hoop)..

TEMA: Dra jou deel van die ontberings!

Lees: 2 Timoteus

Vraag 3: Die frase “Dra jou deel van die ontberings” kom twee keer in hierdie brief voor, te wete in 1:8 en 2:3, maar is dit opmerklik dat Paulus direk nadat hy die frase in 2:3 gebruik, hy in die res van die hoofstuk ses (6) treffende beelde / metafore gebruik om Timoteus aan te moedig – identifiseer vier metafore en brei kortliks uit op die betekenis van elkeen vir jou.

TEMA: Geïnspireerde Woord van God

Lees: 2 Timoteus 3:14-17 & 4:5

Vraag 4: Identifiseer in hoofstuk 3 die funksies van die belangrikheid van die Skrif.

TEMA: Goeie werke, goeie werke, goeie werke!

Lees: Titus 1 – 3

Vraag 5: In Titus 2:14 is die bedoeling van Christus se verlossingswerk in elke gelowige se lewe.“Hy het Homself vir ons as offer gegee om >>> ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat >>> ons Sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen”.

Vyf (5) keer praat Paulus oor goeie werk, en stem hy al hier saam met Jakobus (2:14-26) dat dade bewyse van die geloof is! Neem as voorbeeld 1:16 wat dade meld wat kennis van God weerspreek. Noem nog vier voorbeelde en verwoord die betekenis daarvan vir jouself.

40

Page 43: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE V: HEBREËRS

Hebreërs

Lesing 1

Lees: Heb 1 – 7

Jesus Christus is die Seun van God en is God se finale openbaring aan die mens

Lees: Heb 1

Vraag 1: In die verlede het God deur mense (profete) gepraat, maar in die laaste dae deur die Seun. Noem drie eienskappe wat Jesus onderskei van die profete.

Die waarde van ons redding en ons verantwoordelikheid

Lees: Heb 2

Vraag 2: Noem die redes vir die waarde van ons redding.

Jesus die groot Hoëpriester

Lees: Heb 4:14-16

Vraag 3: Volgens die gelese gedeelte kan gelowiges voor God se genadetroon gaan pleit vir hulp. Wat is dit volgens hierdie verse wat ons die oortuiging gee dat ons pleidooi gehoor sal word?

Waarskuwing teen afvalligheid

Lees: Heb 6

Vraag 4: Wie is verantwoordelik vir die afvalligheid van die mense waarna verwys word en wat is hulle uiteinde?

Die verhewenheid van Jesus Christus se Priesterskap

Lees: Heb 7 – 10

Vraag 5: Jesus is met ‘n eed deur God tot Hoëpriester verklaar (7:20-21). Gee nog vier voorbeelde uit die gelese gedeelte hoe Christus se Priesterskap verhewe is bo die van die aardse priesters in die Ou Testament. Gee deurgaans Skrifverwysings.

41

Page 44: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE V: HEBREËRS

Hebreërs

Lesing 2

Lees: Heb 8 – 13

Die uitnemendheid van die Nuwe Verbond

Vraag 1: Noem die twee belangrike aspekte waarin die Nuwe Verbond verskil van die oue (Vgl Rom 8:2-4 en Heb 9:28).

Lees: Hoofstuk 10

Vraag 2: In watter opsig verskil die offer van Jesus Christus van al die ander offers wat vroeër gebring is in die Ou Verbond?

Wat is geloof?

Lees: Hebreërs 11

Vraag 3: Opregte geloof word in Heb 11 verduidelik. Wat is die verskil tussen die hoop wat opregte geloof bied teenoor die hoop van die wêreld?

Volharding van geloof

Lees: Heb 12

Vraag 4: Hebreërs 12:1-3 gee raad oor wat ons kan doen om nie geestelik moeg te word nie. Wat is die raad?

Die Christelike lewenswandel

Lees: Hebreërs 13

Vraag 5: Christene word aangespoor om voorbeeldig te lewe. Wat is die bemoediging vir hierdie optrede?

42

Page 45: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE VI: NAAMBRIEWE

JAKOBUS EN 1 PETRUS

Lesing 1

Verpligte leeswerk: Die briewe Jakobus en 1 Petrus

INDELING EN VOORBEREIDING

Lees: Jakobus 1:1 – 2:26

Jak 1:1 (Aanhef); Jak 1:2-11 (Beproewings); Jak 1:12-18 (Versoekings); Jak 1:19-27 (Luister na die Woord); Jak 2:1-13 (Regte maatstawwe) en Jak 2:14-26 (Geloofsdade).

Vraag 1 (a): Hoekom behoort gelowiges volgens Jakobus baie bly te wees wanneer allerlei beproewings oor hulle kom?

Vraag 1 (b): Wat gebeur volgens Jakobus met mense wat hulle deur hulle eie begeertes laat verlei?

Lees: Jakobus 3:1 – 5:20

Jak 3:1-18 (Innerlike vernuwing); Jak 4:1-12 (Nederigheid voor God); Jak 4:13-17 (Erkenning van afhanklikheid); Jak 5:1-11 (Onreg); Jak 5:12 (Die waarheid); Jak 5:13-18 (Gebed) en Jak 5:19-20 (Optrede teenoor hulle wat afdwaal).

Vraag 2 (a): Die beheer van die tong is vir die mens lotsbepalend, verraai sy hart. Hoekom?

Vraag 2 (b): Watter opdrag en belofte lê in Jakobus 4:7-10 opgesluit?

Lees: 1 Petrus 1:1 – 2:10

1 Pet 1:1-2 (Aanhef); 1 Pet 1:3-12 (Lof aan God); 1 Pet 1:13-25 (Hoop op God); 1 Pet 2:1-10 (Groei in geloof)

Vraag 3 (a): Watter vier eienskappe het die erfenis wat gelowiges deur die opstanding van Jesus Christus ontvang?

Vraag 3 (b): Watter beskrywing gee Petrus van die boodskap wat gelowiges behoort te verkondig?

Lees: 1 Petrus 2:11 – 3:121 Pet 2:11-12 (Die kern opdrag oor verhoudings); 1 Pet 2:13-17 (Verhouding met die owerheid); 1 Pet 3:1-7 (Verhouding in die huwelik); 1 Pet 3:8-12 (Verhouding met die naaste).

Vraag 4 (a): Om watter rede behoort gelowiges hulle volgens Petrus altyd goed te gedra?

Vraag 4 (b): Watter ingrypende gevolge sal daar vir ‘n gelowige man wees as hy nie in liefde met sy eggenote leef en aan haar eer bewys nie?

Lees: 1 Petrus 3:13 – 5:111 Pet 3:13 – 4:19 (Verhouding met hulle wat vyandig is); 1 Pet 5:1-4 (Opdrag aan ouderlinge); 1 Pet 5:5-7 (Opdrag aan jongeres); 1 Pet 5:8-11 (Samevattende opdrag).

Vraag 5 (a): Noem twee basiese beginsels met betrekking tot lyding van die gelowiges soos in die gelese gedeelte voorkom.

Vraag 5 (b): Wat behoort gelowiges met hulle bekommernisse te doen?

43

Page 46: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE VI: NAAMBRIEWE

2 PETRUS, JUDAS EN 1 – 3 JOHANNES

Lesing 2

Verpligte leeswerk: Die briewe 2 Petrus, Judas en 1 – 3 Johannes

INDELING EN VOORBEREIDING

Lees: 2 Petrus 1:1 – 2:22

2 Pet 1:1-2 (Aanhef); 2 Pet 1:3-11 (Samevatting van die apostel se leer); 2 Pet 1:12-15 (Die doel van die skrywe en die apostel se naderende dood); 2 Pet 1:16-21 (Fundering van die apostel se gesag); 2 Pet 2:1-22 (Waarskuwing teen die vals leraars).

Vraag 1 (a): Watter belofte ontvang gelowiges as hulle aanhou om hulle geloof te verryk?

Vraag 1 (b): Waarin moet die gelowiges kennis hê om dwaalleer te bestry?

Lees: 2 Petrus 3:1-18

2 Pet 3:1-2 (Die doel van die skrywe); 2 Pet 3:3-16 (Sekerheid van die koms van die Here); 2 Pet 3:17-18a (Slot van die brief); 2 Pet 3:18b (Lofprysing).

Vraag 2 (a): In watter verwagting moet die gelowige lewe?

Vraag 2 (b): Waarvoor moet die gelowige hom beywer om anders as die wêreld te lewe?

Lees: Brief van Judas

Judas 1 – 2 (Aanhef); Judas 3 – 4a (Doel en aanleiding van die skrywe); Judas 4b (Algemene beskrywing van mense teen wie gestry moet word); Judas 5 - 19 (Nadere omskrywing van mense teen wie gestry moet word); Judas 20 – 23 (Die wyse hoe daar gestry moet word teen die valse leraars) en Judas 24 – 25 (Slot).

Vraag 3 (a): Judas sê dat gelowiges in die liefde van God moet bly. Met watter drie ander opdragte omring hy hierdie opdrag om in God se liefde te bly?

Vraag 3 (b): Om mense wat van die waarheid van die evangelie afgedwaal het, te help, moet ons nie in alle gevalle dieselfde optree nie. Watter leiding gee Judas in die laaste deel van sy brief aan ons in hierdie verband?

Lees: 1 Johannes 1:1 – 4:61 Joh 1:1-4 (Proloog); 1 Joh 1:5 – 2:17 (God is lig – leef in die lig); 1 Joh 2:18 – 4:6 (God is ons Vader – leef as sy kinders).

Vraag 4 (a): Waarvan kan gelowiges volgens Johannes seker wees wanneer hulle met berou hulle sondes bely?

Vraag 4 (b): Waaruit weet ons dat God die gelowige in die gemeenskap met Christus gesalf het?

Lees: 1 Johannes 4:7 – 5:21; 2 Johannes en 3 Johannes1 Joh 1:4:7 – 5:5 (God is liefde leef in sy liefde); 1 Joh 5:6-13 (God [se Gees] is die waaragtige Getuie – leef in sekerheid) en 15:14-21 (Epiloog).2 Johannes3 Johannes

44

Page 47: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

Vraag 5 (a): Wat sal u uit 1 Johannes 5 vir iemand sê wat beweer dat ons meer klem moet lê op ons liefde vir God as op ons gehoorsaamheid aan die gebooie van God?

Vraag 5 (b): Johannes verwys in sy skrywe aan sowel “die uitverkore vrou” (2 Joh) as aan “Gaius” (3 Joh) na ‘n soort lewe waaroor hy hom baie verbly. Watter soort lewe is dit?

45

Page 48: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE VII: OPENBARING

Openbaring 1 – 11

Lesing 1

INDELING EN VOORBEREIDING

Lees: Openbaring 1 – 11

Vraag 1: Wie is die sentrale figuur in Openbaring?

Vraag 2: Noem 4 beskrywings van Jesus Christus in hoofstuk 1 – 3 wat uniek is in Openbaring. Gee beskrywings uit elke hoofstuk met skrifverwysings.

Vraag 3: Aan elke gemeente is daar ‘n belofte gegee. Beskryf baie kortliks drie daarvan.

Vraag 4: Lees Openbaring 4 en 5. Noem kenmerke van die gelowiges se gedrag in die teenwoordigheid van God.

Vraag 5: Wat verskyn wanneer elk van die eerste vier seëls oopgemaak word en watter betekenis het dit?

46

Page 49: 1¾ « {' à - Lynnwoodrif Bybelskool€¦  · Web viewVan die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. ... Anton in sy Verhandeling

MODULE VII: OPENBARING

Openbaring 12 – 22

Lesing 2

INDELING EN VOORBEREIDING

Lees: Openbaring 12 – 22

Vraag 1: Noem die drie reekse van oordeel in Openbaring (Hoofstuk 6 – 16).

Vraag 2: Wie is die 144 000 mense?.

Vraag 3: Waar sal die nuwe Jerusalem wees en sal daar ‘n tempel wees?

Vraag 4: Wat is die verbondsbelofte / formule van God wat in Openbaring 21 voorkom?

Vraag 5: As jy wil, skryf ‘n paar sinne / getuienis oor jou vooruitsig van die wederkoms.

47