08 feb 2015

8
1 08 Februarie 2015 Vandag se diens…. Amptelik: [email protected] / www.ngmtonoos.co.za Kantoorure Wo Wo Wo Wo— —Vry Vry Vry Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster) Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 TakMeyerton Leraar: Vakant. Konsulent: Ds. Francois van Zyl 082 457 7794 Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 Die erediens word gelei deur ds. Wicus vd Merwe Die Deurkollekte vandag: SorgAksie Vir voorbidding Sophia van Loggerenberg se hand is Woensdag geopereer. Marguerite vd Walt is Dinsdag geopereer. Stem vir die voorgestelde wysiging van Artikel 1 (sien addisionele uitdeelstuk) Daar word opnuut voorbidding gevra vir die toekoms van die gemeente, veral rakende die gesprekke wat rondom dit gevoer word. Een van ons gesinne kan moontlik hul huis verloor a.g.v. afdanking. Voorbidding word gevra. Enigiemand wat finansieel kan help kan die kantoor kontak. Lief en leed Wyk D1 D5 Blok Diensbeurte So 8 Feb Blok C / So 15 Feb. Blok D Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/rooibos! Blok Diensbeurte Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur Kontakno: 083 652 4486 072 107 3300

description

Bly op hoogte van die week se gebeure

Transcript of 08 feb 2015

Page 1: 08 feb 2015

1

08 Februarie 2015 Vandag se diens….

• Amptelik: [email protected] / www.ngmtonoos.co.za • Kantoorure WoWoWoWo————Vry Vry Vry Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster) • Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton

• Leraar: Vakant. Konsulent: Ds. Francois van Zyl 082 457 7794

• Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095

Die erediens word gelei deur ds. Wicus vd Merwe

Die Deurkollekte vandag:

SorgAksie

Vir voorbidding

Sophia van Loggerenberg se hand is Woensdag geopereer.

Marguerite vd Walt is Dinsdag geopereer .

Stem vir die voorgestelde wysiging van Artikel 1 (sien addisionele uitdeelstuk)

Daar word opnuut voorbidding gevra vir die toekoms van die gemeente, veral rakende

die gesprekke wat rondom dit gevoer word.

Een van ons gesinne kan moontlik hul huis verloor a.g.v. afdanking. Voorbidding word

gevra. Enigiemand wat finansieel kan help

kan die kantoor kontak.

Lief en leed Wyk

D1

D5

Blok Diensbeurte

So 8 Feb Blok C / So 15 Feb. Blok D Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/rooibos!

Blok Diensbeurte

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

Kontakno:

083 652 4486

072 107 3300

Page 2: 08 feb 2015

2

Byeenkomste die week

Sondag 08 Februarie

MELAS — 08:00 Voorsang en diensliedere word in plek

gekry vir volgende Sondag se diens.

Kategese— ons open direk na die erediens in die kerk

waarna na die klasse verdaag word.

Maandag 09 Februarie

Belydenisklas — 18:00 aan huis van Willie Vermaak—

Sam Hewittstr 18, Riversdale. Skakel indien onseker waar dit is 016 364 0635.

Dinsdag 10 Februarie

Oesfees — 19:00 almal wat graag by die Oesfees

betrokke wil raak, is welkom.

Donderdag 12 Februarie

SorgAksie — 10:00 in die kerksaal. Indien jy ‘n hart het

om jou naaste te help, skakel gerus in.

Vrydag 13 Februarie

FK — 09:00 in die kerkkantoor. Blokleiers moet

asseblief ook teenwoordig wees. Enigiemand anders wat graag wil inskakel is welkom.

Sondag 15 Februarie

Hoogliedfees

Page 3: 08 feb 2015

3

Vier jou doopverjaarsdag só:

∗ Gesinslede gee geskenke met geestelike inslag;

∗ Blaai deur foto album en vra jou ouers uit oor jou doop

geleentheid, wie daar was, wat jou naam beteken, wat spesiaal was die dag.

∗ Doop jou vingers in ‘n bietjie water. Druk jou nat vingers

teen jou voorkop. Onthou daarmee dat God jou eerste gekies het en liefhet.

∗ Het jy al die Here in jou lewe toegelaat? Het jy Hom al

genooi om jou Verlosser te wees? Lees gerus Joh.3:16 en 1:12.

Annatjie de Beer B1 082 753 9518

Geluk elke verjarende!! So 08 —Sa 14 Feb

So 08

Jana Smith B5 083 451 7505

‘n Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid vir 2015 nms Kerkraad & Admin Bestuur.

Ernie Potgieter D1 084 706 0436

Haidee Koen C7 079 591 7478

Martie Labuschagne E5 083 250 4442

Wo 11

Jeané Pitout D7 071 514 2723

Sanel Kriel E6 083 354 2939

Hausen Brits D4 082 770 9699

Vr 13 Do 12

Petroné Theron C6 082 572 8754

Willie v Zyl B1 072 033 5723

Di 10

Gerrie Bezuidenhout C7 083 255 3520

Doopverjaarsdae

Vr 13

Wo 11

Page 4: 08 feb 2015

4

Leerstellige sake: Sake wat betrekking het op die kerkordelike bestuur van die NG Kerk.

Aktuele sake: Alledaagse sake/gebeure wat ‘n impak het op ons lewe, hetsy op plaaslike, nasionale

of internasionale vlak.

Leerstellige sake.

Dit word onder u aandag gebring dat daar ‘n landwye stemming gaan plaasvind in die NG Kerk oor die

voorgestelde wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde. Hierdie stemming is juis sodat elke lidmaat wat

deel is van die NG Kerk, geleentheid kry om deel te neem aan die proses, ’n demokratiese reg uit te

oefen en u stem in die Kerk te laat hoor!

Die stemdatum sal later bekend gemaak word. Maak dus vroegtydig seker van die feite sodat u ’n

ingeligte stem kan uitbring.

NB.NB.— As lidmaat van die NG Kerk, is dit u plig om seker te maak dat u attestaat by u ge-

meente geboekstaaf / op rekenaar is!

Sonder hierdie bewys sal u ongelukkig nie kan stem nie.

Aktuele sake.

Vandag is dit Sondag vir Onderwys en Opvoeding. Die NG Kerk doen ’n beroep op lidmate om vandag vir die onderwys en die hofsaak teen ses skole te bid. Ses Afrikaanse skole word deur die Organisasie vir Godsdiens-onderrig en Demokrasie (OGOD) voor die hof gedaag om hulle te verbied om onder meer Christelike waardes en norme voor te staan. Die saak raak nie net die ses skole nie, maar alle skole.

Sou die Suid-Afrikaanse openbare onderwys vandag ’n pasiënt wees, sou ons dit in die intensiewe-sorgeenheid vind, gekoppel aan ’n asemhalingsapparaat wat dit kunsmatig aan die lewe hou. Dít is so erg as wat die toestand van onderwys in Suid-Afrika in 2012 was, ten spyte daarvan dat die grootste deel van die nasionale begroting aan onderwys toegesê word. Suid-Afrika bestee meer aan onderwys as enige ander Afrika-land, maar vergelyk swak met armer lande soos Mosambiek, Botswana, Kenia en selfs Zimbabwe.

Ons bid daarom ook vir verbeterde onderwys administrasie, meer onderwysers, beter infrastruktuur soos genoeg handboeke, sanitasie, tafels en stoele—veral in die platteland en “townships”, verbeterde tegnologie in klasse en vir die suksesvolle bekamping van geweld in skole.

Verder dra ons ook die regering en die Minister van Onderwys aan die Here op sodat hulle hul pligte nougeset sal nakom.

Leerstellige en Aktuele sake.

Page 5: 08 feb 2015

5

Stukkie geskiedenis.....

‘n Nuwe inligtingsblad vir ons nuwe intrekkers het die lig gesien! Dit bevat ook die gemeente se geskiedenis. Oud-lidmate wat graag so boekie wil hê kan dit aankoop @ R20. Navraag kan by die kantoor of I-toonbank gedoen word.

Fondsinsamelings projekte

Die volgende projekte vind in Februarie en Maart plaas:

Ω Hoogliedfees, Sondag 15 Februarie om 12:00

Ω Na die Nagmaal van 22 Februarie is daar ‘n worsbroodjie-proe-en-bestel-wors-braai. Daar gaan sowat 150 worsbroodjies ge-maak word (vars gebraai) wat beskikbaar sal wees. Die doel hi-ervan is dat die heerlike wors wat deur die gemeente gemaak word, geproe kan word vir bestellings (rou, gevries). Daar word beplan om ten minste een keer per maand worsbroodjies na die erediens te koop aan te bied. Dan sal dit beskikbaar wees teen R15 per broodjie. Neem dus jou kans waar op die 22ste en kry jou gratis broodjie! (as dit vir jou lekker is, gee gerus ‘n donasie wat jy voel gelykstaande is aan die smaaksensasie wat jy ondervind het met die eet daarvan).

Ω Golfdag, 25 Maart. Enigiemand wat met die inskrywings kan help en pryse kan bekom gee asseblief jul name by die I-toonbank of kontak Flip Nel by 082 560 6022. Koste beloop R250/speler. Om ‘n putjie te borg sal R3 000 kos. Die persoon/instansie wat die putjie borg, kan dan vier spelers nooi om te kom speel—gratis!

Page 6: 08 feb 2015

6

Kerk werkdag 21 Februarie Ons eerste kerk werkdag van 2015 is hier!

Vir diegene wat nie weet wat hierdie dag behels nie, die volgende ter inligting:

‘n Hele paar jaar gelede het die voorsitter van BET (Bates, Eiendom & Terrein) dit

goedgedink dat ons lidmate eienaarskap van die kerk neem en, op daardie tyd-stip, een keer per maand op ‘n Saterdag herstel- & instandhoudingswerk begin doen. Daar is heelwat lidmate in die gemeente wat vaardighede het wat daarmee kan help. So kan ons mekaar beter leer ken en die geboue en terrein op die koop toe heerlik verbeter / herstel / in standhou. Intussen is dit verander na slegs een keer per kwartaal.

Niemand word persoonlik uitgenooi nie, aangesien ons nie kennis dra van JOU vaar-digheid nie. Neem dus asseblief die vrymoedigheid om op Saterdag 21 Februarie

om 08:00 te kom aanmeld.

Daar is heelwat werk wat gedoen moet word:

• die stoepe by die kategese lokale moet geverf word

• Spreiligte moet aangebring word

• Geut hakies moet verwyder word aan die agterkant van die kategese lokale

• Die kerkbanke in die Jeug saal moet gemeet word. Daar is moontlike kopers wat belangstel, maar hulle wil eers kyk of die banke in hul fasiliteite gaan pas.

• Die deur by die mans kleedkamer moet vervang word.

• Al die klaskamers- en saaldeure moet afgeskuur en vernis word

• Skadunet skerms aan die kant van die kerk moet vasgesit word.

• Die kategete en hul kinders in hul klasse is welkom om hulle klaskamers te kom mooimaak.

Dames, julle is net so welkom om te kom help aangesien diegene wat die arbeid gaan verrig, beslis lafenis gaan nodig hê. Daar sal ook vir ‘n happie teen 13:00 gesorg word.

Page 7: 08 feb 2015

7

Vir ons kinders......

Page 8: 08 feb 2015

8

Werksgeleenthede Serfco Animal Feeds het 2 posisies

wat dringend gevul moet word:

• Kode 14 bestuurder—PDP sal

voordelig wees;

• Meganiese instandhouding. Die

volgende sal van hierdie per-

soon verwag word:

• Algemene meganiese kennis &

ondervinding

• Moet goed kan sweis

• Moet self gemotiveerd wees

en op sy eie kan werk

• Moet 'n geldige rybewys hê

• Moet eie vervoer hê

Kontak Marié by 016 366 0488 / 072

173 1098 vir meer besonderhede

Hulp nodig

Borge vir 1ste span hokkie toer vir seun en dogter word gesoek. Elkeen se toer beloop ±R4 000.

Indien jy kan help, kontak asseblief die kerkkantoor

Hoogliedfees

As jy nog nie ‘n kaartjie gekry het nie, moet jy opskud! Kwaliteit ete vir ‘n weggee-prys! Kontak Annatjie van der Berg ( 083 709 3068) as jy ‘n kaartjie(s) soek.

Hulp nodig

Petru Koen, een van ons dowe lidmate, bak kol-wyntjies om haar inkomste aan te vul. Indien jy haar wil ondersteun, stuur ‘n boodskap na haar selno, 0795917478