Post on 17-Jan-2020
Universiteit van PretoriaVoorgraadse Fakulteitsbrosjure
Opvoedkunde2012/13
www.up.ac.za2012/13
Boodskap van die Dekaan
Boodskap van die Dekaan Die Fakulteit Opvoedkunde op die Groenkloofkampus lok die beste en knapste studente wat oor die potensiaal beskik om ‘n betekenisvolle impak op die Suid-Afrikaanse opvoedkundige gebied te maak.
Ons studente is leiers met selfvertroue en hulle is toegerus met ‘n uitnemende stel opvoedkundige en professionele vaardighede. Hierdie ‘stel vaardighede’ is egter nie hul belangrikste eienskappe as gegradueerdes van die Fakulteit Opvoedkunde nie. Hul ingesteldheid op kundigheid wat ‘n verskil maak, hul vakkundigheid, hul totale betrokkenheid as landsburgers en hul hoë vlak van wetenskaplike geletterdheid is die eienskappe wat hulle in staat sal stel om ‘n verskil in die onderwys te maak.
Die Groenkloofkampus is die tuiste van meer as 3 500 voorgraadse onderwysstudente en uit hierdie groep gradueer jaarliks ongeveer 500 tot 800 studente wat die onderwysberoep kan betree. In ons land waar studies toon dat slegs 7% van alle matrikulante toegang tot die openbare hoër onderwys verkry, slegs 12% ander vorme van verdere en hoër onderwys betree, slegs 30% ‘n werk kry en ‘n totaal van 51% van ons jeug werkloos is, is dit duidelik dat onderwys hoë prioriteit geniet.
Die Fakulteit Opvoedkunde beskou dus ons verantwoordelikheid om topgehalte gegradueerdes vir die onderwyssektor te lewer as ‘n saak van erns. Ons leef in ‘n tyd waar die eeueoue beginsels van doeltreffende onderwys selfs nog belangriker vir vooruitgang en ontwikkeling geword het - en ons gegradueerdes speel ‘n noodsaaklike rol in hierdie verband.
Die onderwys is ongetwyfeld die sinvolste manier waarop ons ons tyd kan bestee. Dit is vir enige volk, gemeenskap, gesin of individu die kortste roete op die pad na langtermynsukses. As ‘n professionele vakgebied is dit een van daardie gekoesterde sektore waar ‘n mens daagliks ervaar dat jy in staat is om ‘n verskil te maak. Hierbenewens beskik die onderwys oor die eienskap dat dit alle wetenskaplike vakgebiede oorspan.
Dit is die een sektor wat ‘n indruk sal maak op die lewens van toekomstige dokters, ingenieurs, rekenmeesters, prokureurs, onderwysers, filosowe, kunstenaars, musici, sporthelde, koninklikes en presidente. Om hierdie rede moet ons na uitnemendheid streef in alles wat ons doen.
Ons glo dat, as ‘n fakulteit, ons veel te bied het om die onderwys in ons land te versterk, die beste studente te help om toegang tot die onderwys te verkry en inspirerende, sorgsame en kundige onderwysers te lewer.
Prof Irma Eloff Dekaan: Fakulteit Opvoedkunde
Inhoudsopgawe
Fakulteit Opvoedkunde ii
Inhoudsopgawe
Boodskap van die Dekaan ................................................................................................................................................i
Studieprogramme ........................................................................................................................................................... 1
Fakulteit Opvoedkunde ................................................................................................................................................... 2
Doel van die Baccalaureusgraad in Opvoedkunde ......................................................................................................... 2
Voorbereiding vir ‘n beroep in Opvoedkunde .................................................................................................................. 2
Voorgraadse programme: Baccalaureus Educationis (BEd)............................................................................................ 2
Algemene Inligting .......................................................................................................................................................... 5
- Fakulteitspesifieke inligting ...................................................................................................................................... 5
- Kliëntedienssentrum ................................................................................................................................................ 5
- GPS-koördinate na UP-kampusse ........................................................................................................................... 5
- Universiteit van Pretoria bankbesonderhede ........................................................................................................... 5
- Verwelkomingsdag en die Amptelike program vir registrasie en aanvang van die akademiese jaar (28 Januarie – 7 Februarie 2012) ............................................................................................................................. 5
- Institusionele Vaardigheidstoets (IVT) ...................................................................................................................... 5
- Aansoeke ................................................................................................................................................................. 5
- Toelating .................................................................................................................................................................. 6
- Taalbeleid en onderrigmedium ................................................................................................................................. 6
- Akademiese Inligtingbestuur .................................................................................................................................... 6
- Verpligte Akademiese Geletterdheidstoets vir geregistreerde eerstejaarstudente ................................................... 6
- Beurse en lenings .................................................................................................................................................... 7
- Gelde betaalbaar ..................................................................................................................................................... 8
- Akkommodasie ........................................................................................................................................................ 8
- Privaatakkommodasie .............................................................................................................................................. 8
- Opedag .................................................................................................................................................................... 8
- TuksSport ................................................................................................................................................................ 8
- Departement Studentesake ..................................................................................................................................... 8
- Afdeling Studente-ondersteuning ............................................................................................................................. 9
- Afdeling Studente-ontwikkeling ................................................................................................................................ 9
- Biblioteekdienste ...................................................................................................................................................... 9
- Internasionale studente.......................................................................................................................................... 10
- Hoër Onderwys Suid-Afrika (Higher Education South Africa - HESA) .....................................................................11
- Omskakelingstabel vir Toelatingspunttelling (TPT)..................................................................................................11
- Vrywaring ................................................................................................................................................................11
Die Fakulteit Opvoedkunde het my gehelp groei en om as student, opvoeder en mens te ontwikkel. Ek heg waarde aan die leiding en bekwaamheid van my studieleier en die ander dosente. Die geleentheid om my navorsingstudie by die Opvoedkundige Vereniging van Suid-Afrika aan te bied het ‘n hele nuwe wêreld vir my oopgemaak. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie het my gevra om aanbiedings te gee en ek het my navorsing by verskeie skole in Gauteng, Noordwes en die Vrystaat aangebied. Sover ek kan onthou, wou ek nog altyd onderrig gee. Ek geniet dit om ‘n onderwyser te wees!Tanya de Jager
1 Fakulteit Opvoedkunde
Studieprogramme
Studieprogramme Let wel: Dit is verpligtend dat alle aansoekers die Institusionele Vaardigheidstoets (NBT) moet aflê in hul Graad 12 jaar.
Die minimum vereistes vir die volgende programme (grade) is:Program (Graad)Duur Sluitingsdatum
Afrikaans of Engels
as Huistaal of Eerste
Addisionele Taal
Wiskunde of Wiskundige
Geletterdheid
TPT
BEd(Vroeë Kinderontwikkeling en Grondslagfase) (Voorskool – Graad 3) [4 jaar] Sluitingsdatum: 30 September Beroepe: Onderwyser en opleidingsbeampte in pre-primêre of primêre skool
4 (50-59%) 4 (50-59%)
2622-25 sal
oorweeg word op grond van
die uitslag van die IVT
BEd(Intermediêre Fase) (Graad 4-6) [4 jaar] Sluitingsdatum: 30 September Beroepe: Onderwyser en opleidingsbeampte in primêre skoolBEd(Senior Fase) (Graad 7-9) [4 jaar] Sluitingsdatum: 30 September Beroepe: Onderwyser en opleidingsbeampte in primêre of sekondêre skoolBEd(VOO) Algemeen (Graad 10-12) [4 jaar] Sluitingsdatum: 30 September Beroepe: Onderwyser en opleidingsbeampte in sekondêre skoolBEd(VOO) Menslike Bewegingskunde en Sportbestuur (Graad 10-12) [4 jaar] Sluitingsdatum: 30 September Beroepe: Onderwyser en opleidingsbeampte in sekondêre skool
Program (Graad)Duur Sluitingsdatum
Afrikaans of Engels
as Huistaal of Eerste
Addisionele Taal
Wiskunde Fisiese Wetenskap
TPT
BEd(VOO) Natuurwetenskappe (Graad 10-12) [4 jaar] Sluitingsdatum: 30 September Beroepe: Onderwyser en opleidingsbeampte in sekondêre skool
4 (50-59%) 5 (60-69%) 4 (50-59%)
2622-25 sal
oorweeg word op grond van
die uitslag van die IVT
BEd(VOO) Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Graad 10-12) [4 jaar] Sluitingsdatum: 30 September Beroepe: Onderwyser en opleidingsbeampte in sekondêre skool
4 (50-59%) 4 (50-59%) -
2622-25 sal
oorweeg word op grond van
die uitslag van die IVT
Belangrike inligting:Finale toelating sal deur die Toelatingskomitee van die Fakulteit bepaal word.
Aanlynaansoeke: www.up.ac.za/aansoeke (Jy moet beskik oor ‘n kredietkaart om die aansoekgeld vir aanlyn aansoeke te betaal.)
Sodra ‘n kandidaat tot die BEd-graad toegelaat is, sal hy of sy in kennis gestel word dat hy of sy in Januarie van die volgende jaar by die Universiteit moet registreer. Dit is in ‘n voornemende student se eie belang om so spoedig moontlik aansoek te doen, veral met betrekking tot finansiële bystand en/of koshuisverblyf.
Webwerf: www.up.ac.za
Karen Schneider
Die Visekanselier- en Rektor-toekenning vir uitstekende voorgraadse akademiese prestasie is aan my toegeken. Die feit dat ek op die Groenkloofkampus kon studeer waar die lede van die fakulteit werklik geesdriftig was oor Opvoedkunde was vir my iets besonders. Ek het die verskeidenheid vakke wat die graad aangebied het werklik geniet. Die werk van my drome is om ‘n kunsterapeut binne ‘n opvoedkundige omgewing te word.
Fakulteit Opvoedkunde 2
Voorgraadse programme: Baccalaureus Educationis (BEd)
Fakulteit Opvoedkunde Die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van Pretoria is een van die grootste en mees diverse fakulteite in Suid-Afrika vir die aanvanklike en gevorderde opleiding van professionele opvoedkundiges van regoor die wêreld. ‘n Onderskeidende kenmerk van die Fakulteit is dat nie net voordiensonderwysers opgelei word nie, maar ook opvoedkundige sielkundiges, skoolhoofde, navorsers, programevalueerders, kurrikulumontwerpers, spesialiste in rekenaaronderrig, -opleiding en -assessering, onderwysbeleidanaliste, gemeenskapsontwikkelingswerkers en onderwysregsadviseurs wat in nasionale en internasionale agentskappe en organisasies werksaam is.
Doel van die Baccalaureus-graad in Opvoedkunde Die doel van die kwalifikasie is om onderwysers op te lei wat bevoeg is om onderwys in ‘n spesifieke leergebied of fase te gee soos gespesifiseer deur die verskillende kwalifiseerders.
Voorbereiding vir ‘n beroep in Opvoedkunde Die toekoms van Suid-Afrika lê in die opvoeding van sy mense. Onderwys bly ‘n loopbaan wat nie net uitdagend en vervullend is nie, maar ook lewensnoodsaaklik vir die groei en ontwikkeling van die bevolking. Ten einde onderwysers, opvoedkundige sielkundiges en beleidmakers vir hierdie reuse uitdaging voor te berei, bied die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van Pretoria kursusse aan wat innoverend en relevant is.
Die kursusse rus studente toe vir die uitdagings van die onderwysberoep. Daar is min loopbane wat so vervullend as die onderwys is en daar is nie ‘n beter plek om jou loopbaan te begin as by die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van Pretoria nie. Hier word opwindende voorgraadse programme in onderwyseropleiding aangebied.
Voorgraadse programme: Baccalaureus Educationis (BEd)
Baccalaureus Educationis (BEd)
Fundamentele modules in al die programme• Akademiese Diensleer • Akademiese Inligtingsbestuur • Geletterdhede vir die Onderwys
Vroeë Kinderontwikkeling- en Grondslagfase
Kernmodules KeusemodulesEen taal as keusevak tot op tweedejaarsvlak geneem
• Opvoedkunde • Vroeë Kinderontwikkeling- en Grondslagfasestudies • Leerondersteuning • Lewensvaardigheidsmodules • Geletterdheidsmodules • Gesyferdheidsmodules • Navorsingsmetodologie • Praktiese Onderwys
• IsiZulu • Sepedi • IsiNdebele • Afrikaans • Engels
Wat ek van my fakulteit geniet, is dat dit baie bekwame, simpatieke, nederige en suksesvolle mense het wat altyd daar is wanneer ek hulle nodig het. Ek kry ook die geleentheid om die fakulteit se mentorskapprogram te koördineer, wat my interpersoonlike vaardighede verbeter. Die werk van my drome is om ‘n opvoedkundige sielkundige te word met die doel om ‘n positiewe impak te kan maak op gemeenskappe en leerders.Maesala Thabe
3 Fakulteit Opvoedkunde
Voorgraadse programme: Baccalaureus Educationis (BEd)
Intermediêre Fase
Kernmodules KeusemodulesTwee eerstejaarsvakke waarvaneen tot op tweedejaarsvlak geneem word
Addisionele keusemodules geneem vanaf tweedejaar
• Opvoedkunde • Leerondersteuning • Professionele Studies • Navorsingmetodologie • Praktiese Onderwys
• 1 van 3 Afrikatale/Engels/Afrikaans
• Wiskunde (ten minste 4 in Graad 12 as vereiste)
• Geografie/Geskiedenis • Sielkunde (voorvereiste vir
Lewensoriëntering) • Godsdiensstudies • Fisika (voorvereiste vir
Natuurwetenskap en Ontwerp en Tegnologie)
• Chemie (voorvereiste vir Natuurwetenskap en Ontwerp en Tegnologie)
• Kunsopvoeding • Musiekopvoeding • Lewensoriëntering • Natuurwetenskap • Ontwerp en Tegnologie • Intermediêre Wiskunde • Geletterdheidspraktyke
Senior Fase
Kernmodules KeusemodulesDrie eerstejaarsvakke waarvan twee tot op tweedejaarsvlak geneem word
Addisionele keusemodules geneem vanaf tweedejaar
• Opvoedkunde • Leerondersteuning • Professionele Studies • Navorsingmetodologie • Praktiese Onderwys
• Een van drie Afrikatale/Engels/Afrikaans
• Wiskunde (telling van minstens 4 in Graad 12 word vereis)
• Geografie • Geskiedenis • Godsdiensstudies • Sielkunde (voorvereiste vir
Lewensoriëntering) • Fisika (voorvereiste vir
Natuurwetenskap en Ontwerp en Tegnologie)
• Chemie (voorvereiste vir Natuurwetenskap en Ontwerp en Tegnologie)
• Rekenaarwetenskap en Informatika (voorvereiste vir Rekenaartoepassingstegnologie)
• Grafiese Kommunikasie en Wiskunde (voorvereistes vir Ingenieursgrafika en -ontwerp)
• Kunsopvoeding• Musiekopvoeding • Lewensoriëntering • Rekenaartoepassingstegnologie • Natuurwetenskap • Ontwerp en Tegnologie • Geletterdheidspraktyke • Ingenieursgrafika en -ontwerp • Molekulêre en Selbiologie • Dierkunde en Entomologie • Plantkunde
Carla Greenland (Dekker)
Die skeppingsvermoë en entoesiasme wat ek ondervind het terwyl ek aan die Universiteit van Pretoria gestudeer het, was fenomenaal en dit het my gehelp om my gedagtes te ontluik deur onderwyser te word. TUKS se Kreatiewe Studenteorganisasie het die grondslag gelê om my kreatiewe denke op ‘n positiewe manier te ontwikkel. Die dosente is hoogs ervare en inspirerend. Die werk van my drome is om by ‘n skool te werk waar die primêre fokus op die kind en op die ontwikkeling van kinders se intellek gerig is.
Fakulteit Opvoedkunde 4
Voorgraadse programme: Baccalaureus Educationis (BEd)
Verdere Onderwys en Opleiding (VOO)
Kernmodules Graadkeuses en KeusemodulesDrie eerstejaarsvakke waarvan twee tot op tweedejaarsvlak en een tot op derdejaarsvlak geneem word
Addisionele keusemodules geneem vanaf tweedejaar
• Opvoedkunde • Praktiese Onderwys • Professionele Studies • Navorsingmetodologie
Algemeen (ALG)
• 1 van 3 Afrikatale/Engels/Afrikaans • Wiskunde (telling van minstens 4 in
Graad 12 word vereis) • Geskiedenis • Geografie • Erfenis- en Kultuurtoerisme • Godsdiensstudies • Sielkunde (voorvereiste vir
Lewensoriëntering) • Informatika en Rekenaarwetenskap
(voorvereiste vir Rekenaartoepassingstegnologie)
• Ondernemingsbestuur • Statistiek (voorvereiste vir Wiskundige
Geletterdheid) • Grafiese Kommunikasie en Wiskunde
(voorvereiste vir Ingenieursgrafika en -ontwerp)
Algemeen (ALG)
• Lewensoriëntering • Rekenaartoepassingstegnologie • Wiskundige Geletterdheid • Kunsopvoeding • Musiekopvoeding • Ingenieursgrafika en -ontwerp
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW)
• Statistiek (let op voorvereistes) • Ondernemingsbestuur • Toerismebestuur • Finansiële Rekeningkunde (tot en met
tweedejaar)• Ekonomie (let op voorvereistes) • Rekenaarwetenskap en
Informatika (voorvereiste vir Rekenaartoepassingstegnologie)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW)
• Rekenaartoepassingstegnologie
Menslike Bewegingskunde en Sportbestuur (MBS)
• VERPLIGTEND: Menslike Bewegingskunde en Sportbestuur
• Dieselfde keuses as by VOO (ALG)
Menslike Bewegingskunde en Sportbestuur (MBS)
• Dieselfde keuses as by VOO (ALG)
Natuurwetenskappe (NW)
• Wiskunde (telling van minstens 5 in Graad 12 word vereis)
• Plantkunde • Molekulêre en Selbiologie (voorvereiste
vir Biochemie) • Dierkunde en Entomologie • Chemie (voorvereiste vir Biochemie) • Fisika • Genetika
Natuurwetenskappe (NW)
• Biochemie
5 Fakulteit Opvoedkunde
Algemene inligting
Algemene inligtingFakulteitspesifieke inligting
Fakulteit Opvoedkunde: Administrasiegebou, Groenkloofkampus
Telefoon Faks E-pos
Hoof: Studenteadministrasie +27 (0)12 420 5695 melinda.joubert@up.ac.za
Voorgraads +27 (0)12 420 5615+27 (0)12 420 5644+27 (0)12 420 5652
+27 (0)12 420 5933 thandi.mngomezulu@up.ac.zahannie.deweerd@up.ac.za
makgomo.manale@up.ac.za
Nagraads +27 (0)12 420 3080+27 (0)12 420 2725+27 (0)12 420 5660
+27 (0)12 420 5933 jeannie.beukes@up.ac.zawiida.stander@up.ac.zalizzie.mafora@up.ac.za
Afstandsonderrig +27 (0)12 420 4670 +27 (0)12 420 3951+27 (0)83 918 0055
Alle algemene navrae kan gerig word aan die Kliëntedienssentrum
Tel: +27 (0)12 420 3111E-pos: csc@up.ac.zaWebtuiste: www.up.ac.zaOuerblad: www.up.ac.za/parentsPosadres: Universiteit van Pretoria,
Privaatsak X20, Hatfield 0028Straatadres: Universiteit van Pretoria, h/v
Lynnwood- en Universiteitsweg, Hatfield 0083
GPS-koördinate na UP-kampusse
Hatfieldkampus: S25º 45’ 21”E28º 13’ 51” (hoofkampus)
UP Sportkampus (LC De Villiers): S25º 45’ 10”E28º 14’ 46” (1.2 km van Hatfieldkampus)
Groenkloofkampus: S25º 46’ 10”E28º 12’ 34” (3.5 km van Hatfieldkampus)
Onderstepoort-kampus: S28º 10’ 54”E25º 38’ 52”
(22 km van Hatfieldkampus)
Mamelodikampus: S25º 43’ 22”E28º 23’ 56” (12 km van Hatfieldkampus)
Prinshofkampus: S25º 43’ 57”E28º 12’ 10” (6 km van Hatfieldkampus)
GIBS-kampus: S26º 07’ 46”E28º 02’ 46” (56 km van Hatfieldkampus)
Universiteit van Pretoria bankbesonderhede
ABSATak: HatfieldTakkode: 632005Rekeningnommer: 214 000 0054Swift kode: ABSAZAJJ
Standard BankTak: HatfieldTakkode: 011545Rekeningnommer: 012 602 604Swift kode: SBZAZAJJ
Verwelkomingsdag en die Amptelike program vir registrasie en aanvang van die akademiese jaar (28 Januarie – 7 Februarie 2012)
Bywoning van die Amptelike program vir registrasie en aanvang van die akademiese jaar is verpligtend vir alle nuweling eerstejaarstudente. Die program is saamgestel om jou akademies gereed te maak sodat jy die oorgang van hoërskool na universiteit suksesvol kan doen.
Institusionele Vaardigheidstoets (IVT)
Die Universiteit van Pretoria verwag van voornemende student om ʼn Institusionele Vaardigheidstoets (oftewel die Nasionale Normtoets) af te lê. Besonderhede van hierdie toets sal skriftelik aan jou gekommunikeer word.
KontakinligtingTel: +27 (0)21 650 3523Webwerf: www.nbt.ac.za
Aansoeke
Nuwe studente mag slegs registreer na suksesvolle toelating. Indien voorwaardelik toegelaat, moet jy steeds voldoen aan die fakulteitsvereistes van die Fakulteit waar jy wil registreer met jou Graad 12 NSS-uitslae aan die einde van die jaar. Nuwe studente sal dus eers kan registreer nadat hulle aansoek en toelatingsproses goedgekeur is. Voorwaardelike toelating is gebaseer op die uitslae behaal in die Graad 11-eindeksamen. Neem asseblief kennis dat die finale Graad 12 NSS-uitslae steeds die bepalende faktor vir toelating is. Neem ook kennis dat die voldoening aan die minimum vereistes nie noodwendig toelating tot enige studieprogram waarborg nie.
Laat aansoeke. Voordat jy ʼn laat aansoek indien, kontak asseblief die Fakulteitsadministrasie-konsultant om te bepaal of daar nog plekke beskikbaar is. Indien die studieprogram nie om keuring onderworpe is nie, en indien die Fakulteit nog plek beskikbaar het, sal jou aansoek oorweeg word. Laat aansoeke word alleenlik aanvaar op voorwaarde dat daar aan al die toelatingsvereistes vir die toepaslike grade voldoen word. Sou ’n student nie voldoen aan die vereistes nie, sal die student se aansoek nie oorweeg word nie. Aansoekfooie is nie terugbetaalbaar nie. ʼn Graad 12-Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met universiteitsvrystelling (endossement) word vereis indien Graad 12 behaal is voor 2008.
Fakulteit Opvoedkunde 6
Algemene inligting
Toelating
Voornemende studente met ʼn NSS-kwalifikasie wat graag toelating tot enige van die nege fakulteite van die Universiteit van Pretoria wil bekom, moet aan die volgende toelatingsvereistes voldoen:• die minimum statutêre en institusionele vereistes vir
graadstudies• erkende en toepaslike kombinasies van vakke• die vereiste Toelatingspunttelling (TPT) soos
gestipuleer in die regulasies en leerplanne van elke fakulteit
• Engels en/of Afrikaans op Graad 12-vlak
Die berekening van die TPT is gebaseer op ʼn kandidaat se prestasie in enige ses 20-kredietvakke (nie slegs aangewese vakke nie) deur gebruik te maak van die onderstaande sewe-puntgraderingskaal.
Prestasie Prestasievlak Punt7 Uitstaande prestasie 80-100%
6 Verdienstelike prestasie 70-79%
5 Wesenlike prestasie 60-69%
4 Voldoende prestasie 50-59%
3 Middelmatige prestasie 40-49%
2 Elementêre prestasie 30-39%
1 Nie behaal nie 0-29%
Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
Taalbeleid en onderrigmedium
Wat onderrig betref, maak die Universiteit van twee amptelike tale gebruik, naamlik Afrikaans en Engels. By formele onderrig is die onderrigmedium óf Afrikaans óf Engels, óf albei tale, indien daar ‘n aanvraag is, en dit akademies en ekonomies regverdigbaar is. Dit bly egter steeds ‘n student se verantwoordelikheid om jaarliks vas te stel in watter taal ‘n module en alle verdere vlakke van die module aangebied word. Wat administratiewe en an-der dienste betref, is ‘n student daarop geregtig om te kies of die Universiteit in Afrikaans of Engels met hom of haar moet kommunikeer.
Akademiese Inligtingbestuur
Akademiese Inligtingbestuursmodules (AIM101 of [AIM111 en AIM121] afhangende van jou program), is verpligtend vir alle nuweling eerstejaarstudente.• AIM101 word in die eerste of tweede semester
aangebied afhangende van jou program.• AIM111 sal in die eerste semester en AIM121 in die
tweede semester aangebied word.• Daar is geen vrystellingseksamens beskikbaar vir
AIM101 of (AIM111 en AIM121) nie.
Verpligte Akademiese Geletterdheidstoets vir geregistreerde eerstejaarstudente
LET WEL: Die Akademiese Geletterdheidstoets vervang nie die Nasionale Normtoets (NBT) nie.
• ‘n Student met ‘n hoë akademiese potensiaal kan ‘n onvoldoende vlak van akademiese geletterdheid hê wat akademiese sukses kan belemmer. Daarom word die akademiese geletterdheidsvlakke van alle nuweling eerstejaarstudente aan die Universiteit van Pretoria deur middel van ‘n gestandaardiseerde Akad-emiese Geletterdheidstoets gemeet. Indien nodig, moet studente op grond van hul risikovlak ʼn gepaste akademiese geletterdheidskursus volg.
• Die Akademiese Geletterdheidstoets word eenma-lig geskryf en is verpligtend vir alle nuweling eerste-jaarstudente, ongeag of die student reeds ʼn toelat-ingstoets afgelê of ʼn taalkursus deurloop het. As die student later van studierigting verander, hoef die stu-dent nie weer die Akademiese Geletterdheidstoets te skryf nie.
• Studente mag die Akademiese Geletterdheidstoets in Engels óf Afrikaans aflê. Studente in die fakulteite Gesondheidswetenskappe en Veeartsenykunde word egter verplig om die toets in Engels af te lê. Raadpleeg asseblief jou Amptelike program vir registrasie en aan-vang van die akademiese jaar vir tye en lokale vir die skryf van die Akademiese Geletterdheidstoets.
Natalie Anderson
Ek het dit geniet om op die Groenkloofkampus te studeer, aangesien dit beslis die mooiste kampus is. Die atmosfeer is intiem en rustig en dit het van studentwees ‘n fees gemaak! ‘n Gevoel van kameraadskap het gehelp terwyl ons gewerk het want ons het die mense geken wat saam met ons gestudeer het. Ek het akademiese prestasiebeurse ontvang en daarmee my klasgelde betaal. Ek het my graad met lof geslaag en die toekenning ontvang vir die beste akademiese prestasie in die BEd: Seniorfase. ‘n Droomberoep voel nie soos ‘n werk nie, maar dit is iets wat ‘n mens nog baie jare kan geniet. Dit is hoe ek in dié stadium oor my beroep voel.
7 Fakulteit Opvoedkunde
Algemene inligting
Beurse en lenings
Nuwe voorgraadse studente wat inskryf vir studieprogramme moet die onderstaande minimum gemiddelde persentasies behaal om vir ʼn merietebeurs te kwalifiseer.
Nuwe voorgraadse prestasiebeurse waardes: 2012
Fakulteit/Skool Fakulteit Natuur-
en Landbou-wetenskappe
Skool vir Ingenieurswese en die
Bou-omgewing
Skool vir Inligting-tegnologie
Ander fakulteite en
skoleKwalifiserende gemiddelde % 75-100% 75-100% 80-100% 80-100%
Minimum beurswaarde R11 300 R11 300 R11 300 R7 700
Maksimum beurswaarde R26 500 R26 500 R22 700 R20 300
Beurse vir prestasie op ander akademiese terreine en buitemuurse aktiwiteite: 2012
Entrepreneurskap R2 400
Expo Goue Medalje R2 400
Vakolimpiades: Algehele wenner R6 400
Vakolimpiades: 2de–10de plek R2 400
Wetenskap/Wiskunde/Rekeningkunde: Algehele wenner R33 300
Wetenskap/Wiskunde/Rekeningkundge:2de plek R26 600
Wetenskap/Wiskunde/Rekeningkunde: 3de plek R20 000
Wetenskap/Wiskunde/Rekeningkunde: 4de–10de plek R2 400
20 Toppresteerder nuweling eerstejaarstudente R20 200
JuniorTukkie Ontwikkelingsprogram (15 beurse) R11 600
Graad 12 Dux-leerders* van 678 geselekteerde voederskole (1 beurs per skool)
*Top akademiese presteerder in Graad 12
Aanvangsbetaling vir onderriggelde tydens registrasieperiode (R3 500)
Vrywaring: Die Universiteit behou die reg voor om die regulasies en voorwaardes van toepassing op die toekenning van beurse en lenings sonder kennisgewing te wysig. Besoek www.up.ac.za/fao vir die nuutste inligting.
Janine De Gouveia
My four years at the Faculty of Education was an amazing time in my life. The tranquil environment at Groenkloof made for a truly positive learning experience. The lecturers were always friendly and helpful. The Faculty of Education gave me every opportunity to become the best educator I could possibly be. Through their great internship programme I found my perfect job and gained the relevant experience I needed. I was awarded the Top Achiever for Teaching Practice. This was due to the excellent advice I received from all my lecturers and mentors. In 2011, I started my dream job: that of teaching Science.
Fakulteit Opvoedkunde 8
Algemene inligting
Gelde betaalbaar
Die beraamde onderriggelde in die Fakulteit Opvoedkunde vir 2012 is R23 000 tot R27 300. Hierdie bedrag is onderhewig aan verandering en moet nie as die finale koste beskou word nie. Voornemende studente word aangeraai om bedrae aan te pas vir kostestygings.
Heffing Betaling vereis Betaaldatum Bedrag 2012
Ad hoc-heffings • Aansoekgeld (nie terugbetaalbaar nie)
• Internasionale administratiewe heffing
• Betaalbaar in jaar wat studie voorafgaan
• Betaalbaar voor of tydens registrasie
R220
R2 500
Aanvaardingsheffing van toepassing op ʼn toegekende plek vir studie- en/of losies
Betaling gelyk aan eerste paaiement word vereis ten einde aanvaarding van toegekende studieplek te bevestig:• Studieplek• Losiesplek
Betaling met kennisgewing van plasing
• Studieplek• Losiesplek
R3 500R4 000
Kansellasieheffings Indien ʼn studie- en/of losiesplek wat aanvaar is, nie opgeneem word nie, sal kansellasiegeld gehef word
Heffing word van die aanvaardingsbetaling verhaal
• Studieplek• Losiesplek
R1 750R2 000
Aanvangsbetalings (eerste paaiement)
Onderriggeld• Nagraadse studente wat registrasie
hernu
• Alle ander studente (voor- en nagraads)• Losiesgeld
Betaalbaar voor of tydens registrasie indien nie reeds ter aanvaarding van ʼn studieplek betaal is nie
Betaalbaar indien nie reeds ter aanvaarding van losiesplek betaal is nie
R2 400
R3 500R4 000
Tweede paaiement 50% van gelderekening Voor of op 30 April
Derde paaiement 100% van gelderekening Voor of op 31 Julie
Akkommodasie
Groenkloofkampus: Fakulteit Opvoedkunde• Dameskoshuise: Zinnia, Lilium en Inca• Manskoshuis: Kiaat
Enkelkamers: R21 600Dubbelkamers: R19 900Etes (indien 100% van die etes genuttig word): R26 200
Privaatakkommodasie
Privaatakkommodasie is beskikbaar en die volgende nommers kan gekontak word in hierdie verband:
Arlon PropertiesTel: +27 (0)12 362 5499 E-pos: arlon@icon.co.za
City PropertyTel: +27 (0)12 362 4473 E-pos: propworld@cityprop.co.za
Off-campus RentalTel: +27 (0)12 362 6123 of 083 438 2548 E-pos: ocrental@telkomsa.net
SonopTel: +27 (0)12 460 7830/5723 E-pos: toniev@sonop.org.za
South PointTel: +27 (0)12 341 1762 E-pos: tumi@staysouthpoint.co.za
Opedag
Datum: 19 Mei 2012Tyd: 08:00-14:00
Die volgende persone moet die Opedag bywoon:• Graad 12-leerders wat reeds bevestiging ontvang het
dat hulle voorlopig toegelaat is• Graad 12-leerders wat aan die toelatingsvereistes
voldoen en wat hulle aansoekvorms wil inhandig• Graad 11-leerders wat feitlik seker is dat hulle wel by
UP gaan aansoek doen• Die ouers van bogenoemde leerders
TuksSport
Tel: +27 (0)12 420 6069Faks: +27 (0)12 420 6095E-pos: sportinfo@up.ac.zaWebwerf: www.up.ac.za
Departement Studentesake
Die Studentedekaan is die hoof van die Departement Studentesake. Sy kantore is in die Roosmaryngebou op die Hatfieldkampus. Die Departement Studentesake bestaan uit twee afdelings: Studente-ondersteuning en Studente-ontwikkeling.
9 Fakulteit Opvoedkunde
Algemene inligting
Afdeling Studente-ondersteuning
Hierdie afdeling sluit in Studentegesondheid, Studenteberading en die Eenheid vir studente met spesiale behoeftes.
Dienste wat die Afdeling vir Studente-ondersteuning bied:• Akademiese ontwikkeling. Loopbaanvoorligting
en assessering, studiemetodes en leeskursusse, stresbestuur, psigometriese toetsing, tydsbestuur, loopbaanbeplanning.
• Potensiaalontwikkeling. Konflikbestuur, kommuni-kasievaardighede, doelwitstelling, probleemoplossing.
• Individuele en verhoudingsberading. Interpersoonlike probleme, stres, depressie, eetversteurings, lewens-trauma, emosionele probleme, ontwikkeling van lewensvaardighede.
KontakinligtingTel: +27 (0)12 420 2333E-pos: ria.paul@up.ac.zaLigging: Studentesakegebou, K2-13,
Hatfieldkampus
Bykomend tot die dienste van die Afdeling Studente-ondersteuning, kan studente ook die krisislyn (0800 006 428 tolvry) skakel.
Afdeling Studente-ontwikkeling
Die volle spektrum van georganiseerde studentelewe is in hierdie afdeling te vinde, insluitende:
Studenteparlement (SP)Verteenwoordigende Studenteraad (VSR)Grondwetlike Tribunaal (Studentehof)DaghuiseFakulteitshuiseMeer as 100 godsdienstige, kulturele, akademiese, politieke en ander verenigingsJool (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid)Stuku (studentekultuur)Perdeby (studentekoerant)TuksFM (kampusradiostasie)Studentesport
KontakinligtingTel: +27 (0)12 420 6600/1411Ligging: Roosmaryngebou, Hatfieldkampus
Biblioteekdienste
Die Departement Biblioteekdienste huisves ʼn moderne akademiese navorsingsbiblioteeknetwerk van wêreld-gehalte wat oor die kampusse van die Universiteit versprei is. Hierdie diens ondersteun die Universiteit van Pretoria se fakulteite deur middel van pasgemaakte dienste vir voor- en nagraadse studente, personeel, alumni en besoekende akademici. Alle dienste is sodanig ontwerp dat dit ʼn poort tot wêreldwye inligting skep, asook leer, onderrig en navorsing ondersteun deur interaksie met professionele personeel.
Belangrike inisiatiewe behels onder meer ʼn e-diens (aanlyn); toegang tot ʼn wye verskeidenheid gedrukte en elektroniese versamelings; ʼn leersentrum by die Merenskybiblioteek en aanlynondersteuning met opdragte aan voorgraadse studente; ʼn aanlynverwysingsdiens (Vra-’n-Inligtingkundige); draadlose internettoegangsgebiede
(“wireless hotspots”); soekenjins wat toegang tot elektroniese vaktydskrifte, boeke en databasisse verleen; elektroniese proefskrifte en verhandelings; ʼn institusionele digitale bewaarplek; ʼn verskeidenheid oudiovisuele materiaal; geriewe vir liggaamlik gestremdes; en fasiliteite vir interbiblioteeklenings by nasionale en internasionale versamelings. Al hierdie dienste dra aktief by tot ʼn leeromgewing van wêreldgehalte. Verdere inligting is beskikbaar by www.library.up.ac.za.
Merenskybiblioteek (Hatfieldkampus) Tel: +27 (0)12 420 5375/6Ligging: Departement Biblioteekdienste,
Lynnwoodweg, Hatfieldkampus
Basiese Mediese Wetenskappe en Tandheelkunde-biblioteek (Prinshofkampus) E-pos: suzy.nyakale@up.ac.zaTel: +27 (0)12 319 2242 Ligging: Basiese Mediesewetenskappegebou,
Bopheloweg 9, Gezina
Opvoedkundebiblioteek (Groenkloofkampus) E-pos: johann.vanwyk@up.ac.zaTel: +27 (0)12 420 5536 Ligging: Mediagebou, h/v George Storrar- en
Leydsstraat, Groenkloof
Gesondheidswetenskappebiblioteek (Prinshofkampus)E-pos: magriet.lee@up.ac.zaTel: +27 (0)12 354 2298/1440 Ligging: Fakulteit Gesondheidswetenskappe,
HW Snymangebou, Bopheloweg 31, Gezina
Klinikalabiblioteek (by die Kalafong Akademiese Hospitaal) Tel: +27 (0)12 373 1031 Ligging: Klinikalagebou, Klipspringerweg,
Atteridgeville
Mamelodibiblioteek E-pos: jacob.mothutsi@up.ac.za Tel: +27 (0)12 842 3566 Ligging: Mamelodikampus, h/v Hinterlandlaan
en Hans Strijdomrylaan, Mamelodi
Musiekbiblioteek E-pos: isobel.vanderwalt@up.ac.za Tel: +27 (0)12 420 2317 Ligging: Departement Biblioteekdienste,
Lynnwoodweg, Hatfieldkampus
Oliver R Tambo-biblioteek (Regsbiblioteek) E-pos: shirley.gilmore@up.ac.za Tel: +27 (0)12 420 2268 Ligging: Regsgeleerdheidgebou,
Lynnwoodweg, Hatfieldkampus
Jotello F Soga-biblioteek (Onderstepoortkampus) E-pos: susan.marsh@up.ac.za Tel: +27 (0)12 529 8007/8/9 Ligging: Arnold Theilergebou, Fakulteit
Veeartsenykunde, Onderstepoort
Witbankbiblioteek E-pos: riki.duplessis@up.ac.za Tel: +27 (0)13 653 2342 Ligging: Witbankhospitaal, h/v President- en
Coert Steynberglaan, eMalahleni
Diensverskaffers
Fakulteit Opvoedkunde 10
Algemene inligting
Normale biblioteekure
Maandag, WoensdagDonderdag
Dinsdag Vrydag Saterdag
Hatfieldkampus 07:30-21:00 08:30-21:00 07:30-20:00 08:30-13:00
Regsgeleerdheid 07:30-21:00 08:30-21:00 07:30-20:00 08:30-13:00
Groenkloof 07:30-21:00 08:30-21:00 07:30-20:00 08:30-13:00
Gesondheidswetenskappe 07:30-20:00 08:30-20:00 07:30-20:00 08:30-14:00
BMW en Tandheelkunde 07:30-17:00 08:30-17:00 07:30-16:00 Gesluit
Musiek 07:30-19:00 08:30-19:00 07:30-16:00 09:00-13:00
Veeartsenykunde 07:30-18:00 08:30-18:00 07:30-18:00 08:30-12:30
Mamelodi 07:30-16:00 08:30-16:00 07:30-16:00 08:00-13:00 Normale studiesentrum-ureWeeksdae: Oop 24-uur per dagSaterdae: 06:00-18:00Sondae en open-bare vakansiedae: Gesluit tensy anders vermeld
Internasionale studente
Belangrike inligtingAlle internasionale studente moet voor registrasie by die Internasionale Studenteafdeling aanmeld. Die Kliëntedienssentrum (KDS) sal vanaf 3 Januarie 2012 oop wees.
Kontakinligting:Tel: +27 (0)12 420 3111E-pos: csc@up.ac.zaWebwerf: www.up.ac.za/ISDLigging: Kliëntedienssentrum, Hatfieldkampus
Algemene inligtingNie-Suid-Afrikaanse burgers moet bewys van hulle amptelike status in Suid-Afrika, asook ʼn bewys van voldoende mediese dekking by die Internasionale Studenteafdeling in die KDS indien voordat hulle sal kan registreer.
Stawende dokumentasieLet asseblief daarop dat studente afskrifte van dokumente soos hierin vermeld, gereed moet hê voordat hulle na die Internasionale Studenteafdeling in die KDS gaan. Afskrifte kan by Xerox (in die Studentesentrum) gemaak word.
Gcinaphi Emily Mabuta-Sikhoudze (Swaziland)
Ek het baat gevind by die Margaret Macnamara-studiebeurs. As ‘n vroulike student wat by UP studeer, het ek om hierdie studiebeurs aansoek gedoen. Die werk van my drome is om in die diens van die Departement van Onderwys te wees en om die lewens van andere te verbeter.
Alle internasionale studente moet hul oorspronklike dokumente toon en twee afskrifte van elk van die volgende dokumente indien: • die Internasionale Studente-inligtingsvorm, voltooi en
geteken• ʼn geldige paspoort of identiteitsdokument (in die
geval van studente met permanente verblyf in Suid-Afrika)
• ʼn geldige studiepermit vir studie aan die Universiteit van Pretoria
OF asielversoekerspermit OF sertifikaat van vlugtelingstatus OF diplomatieke paspoort (nie ʼn diplomatieke
kaart nie)• bewys van mediese dekking (mediese dekking moet
vir ʼn jaar – Januarie-Desember – vooruit betaal wees)
Bogenoemde dokumente moet by ʼn internasionale konsultant ingedien word en die inligting moet ingelees word alvorens jy kan registreer.
Studiepermit• Studente moet in besit wees van ʼn geldige
studiepermit voordat hulle na Suid-Afrika vertrek. Dit is nie meer moontlik om ʼn eerste studiepermit in Suid-Afrika te bekom nie.
• Aansoek om ʼn studiepermit kan by die naaste Suid-Afrikaanse Ambassade of kantoor van die Hoë Kommissaris in jou tuisland of ʼn Ambassade of Hoë Kommissaris in ʼn buurland ingedien word.
Mediese dekkingʼn Bewys van mediesefondslidmaatskap, vooruitbetaal vir die volle akademiese jaar, moet ingedien word.
Mediese dekking wat deur die Universiteit van Pretoria aanvaar word:
• Momentum Health (Ingwe-opsie) Tel: +27 (0)12 671 8511 E-pos: neville.govender@momentum.co.za Webwerf: www.ingwehealth.co.za
11 Fakulteit Opvoedkunde
Algemene inligting
NSS – Nasionale Senior Sertifikaat (Graad 12 voltooi gedurende of na 2008)
SS HG – Senior Sertifikaat Hoërgraad (Graad 12 voltooi voor 2008)
SS SG – Senior Sertifikaat Standaardgraad (Graad 12 voltooi voor 2008)
HIGCSE – ‘Higher International General Certificate of Secondary Education’
IGCSE – ‘International General Certificate of Secondary Education’
NSSC – ‘Namibia Senior Secondary Certificate’A-level – ‘Advanced level’O-level – ‘Ordinary level’AS-level – ‘Advanced Subsidiary level’IB – ‘International Baccalaureate Schools’ (higher
levels and standard levels)
• BESTmed Mediese Skema (Blueprint-studenteopsie) Tel: +27 (0)12 339 9800 of 086000 2378
of 086000BEST E-pos: service@bestmed.co.za Webwerf: www.bestmed.co.za
Hoër Onderwys Suid-Afrika (Higher Education South Africa – HESA)
Voornemende studente wat nie Suid-Afrikaanse burgers is nie, moet die webblad www.up.ac.za/ISD vir meer inligting besoek. Voornemende studente kan aanlyn aansoek doen by www.up.ac.za/aansoeke. Die akademiese jaar van Suid-Afrikaanse universiteite strek vanaf Januarie tot Desember.
HESA benodig die volgende dokumente vir ‘n aansoek om ‘n vrystellingsertifikaat: • Afskrifte van jou kwalifikasie as korrek gesertifiseer
deur die Registrateur van ‘n Suid-Afrikaanse universiteit, of ‘n Suid-Afrikaanse ambassade of konsulaat in die buiteland of ‘n notaris. Let wel: Uitslagstate, faksafskrifte en afskrifte gesertifiseer deur ‘n kommissaris van ede word nie aanvaar nie
• ‘n Gesertifiseerde afskrif van die Suid-Afrikaanse identiteitsdokument, slegs in die geval van persone met permanente verblyf of ‘n geldige paspoort wat die volle name asook die geboortedatum aandui, paspoortnommer en foto, of ‘n gesertifiseerde afskrif van die geboortesertifikaat
• Voltooide M30E-vorm (www.hesa-enrol.ac.za/mb – gaan na “Applications”)
Hierdie voorvereiste geld vir alle studente wat by die Universiteit van Pretoria vir voorgraadse studies wil inskryf. Hierdie sertifikate kan slegs van HESA bekom word. Om hierdie sertifikaat te bekom, moet jy direk met HESA in verbinding tree. Die Universiteit van Pretoria kan nie namens jou hierdie sertifikate aanvra nie.
Kontakinligting (HESA)Tel: +27 (010) 591 4401/2Faks: +27 (0)12 481 2922 or 481 2718E-pos: exemption@hesaenrol.ac.zaWebwerf: www.hesaenrol.ac.za/mbLigging: Unisa Sunnyside-kampus, Gebou 3,
Vlak 1, hoek van Rissik- en Mearsstrate, Sunnyside, Pretoria
Posadres: Posbus 3854, Pretoria 0001
Omskakelingstabel vir Toelatingspunttelling (TPT)
TPT NSS SS HGM-telling
SS SGM-telling
'HIGCSE /NSSC HL'
'IGCSE/ GCSENSSC OL/O-level'
'AS-level' 'A-level' 'IB HL' 'IB SL' TPT
Gr 11 Gr 12
10 A 7 10
9 9
8 B 6 8
7 7 (80–100%) A 1 A A C 5 7 7
6 6 (70–79%) B A 2 B B D 4 6 6
5 5 (60–69%) C B 3 C A C E 3 5 5
4 4 (50–59%) D C D B D 2 4 4
3 3 (40–49%) E D 4 E C E 1 3 3
2 2 (30–39%) F E F D/E 2 2
1 1 (0–29%) G F G F/G 1 1
Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit soos van toepassing ten tyde van die druk daarvan. Wysigings aan, of opdatering van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder voorafkennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om hieraan te voldoen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.