Post on 30-Oct-2019
NUUS
www.skuilkrans.co.za Facebook: Skuilkrans NG Gemeente
SnapScan
LEEF WEER BERADINGSENTRUM Het jy ‘n oor nodig om te luister?
Kontak 063 712 6346
14 Oktober 2018
And A Meadowlark Sang Ravindra Kumar Kanai
“The child whispered, ‘God, speak to me’
And a meadowlark sang. But the child did not hear.
So the child yelled, ‘God, speak to me!’ And the thunder rolled across the sky.
But the child did not listen.
The child looked around and said, ‘God, let me see You’ and a star shone brightly.
But the child did not notice.
And the child shouted,
‘God, show me a miracle!’
And a life was born, but the child did not know.
So the child cried out in despair,
‘Touch me God, and let me know You are here!’
Whereupon God reached down and touched the child.
But the child brushed the butterfly away
And walked away unknowingly.”
Seekamp 2018
Hierdie jaar se seekamp was weer, soos elke jaar tevore, ‘n wonderlike ervaring vir ons jongmense
gewees! Die seekamp is ‘n netwerk van 14 gemeentes wat jaarliks by T.O. Strand, net bokant Port
Edward, kamp. Ons het almal saam soos krewe op die strand gelê, deelgeneem aan strandsport,
stiltetyd gehou en ook lekker gesing met ‘n seekamp-“band” wat saamgestel is uit die verskillende
gemeentes se musikante. Die seekamp is ‘n plek waar nuwe vriendskappe gevorm, diep verhoudings
gebou en erns gemaak word met ons verhouding tot God.
Die tema van hierdie jaar was “One life - live it!”. Dit het mooi aangesluit by Skuilkrans se jaartema
van Floreer. Ons het gesels oor onderwerpe soos liefde, vertroue, vrede en vreugde.
‘n Seekamp is ‘n ervaring wat jou nie onveranderd gaan laat nie! Hou sommer nou al die datum dop
vir 2019 se kamp!
H/v Jan Albertsstraat & Cussonialaan Val de Grace
Bankbesonderhede: ABSA, Takkode 632005 NG Gemeente Skuilkrans Tjekrekeningnr: 70 580 403
Tel: 012 804 7787/ 804 7165 E-pos: info@skuilkrans.co.za
EREDIENSTYE
Tye
14 Oktober
21 Oktober
09:00 Erediens
Ds. Auke Compaan Ds. Nico Swart
09:00 Gesinsdiens
Ds. Anel Pienaar Ds. Auke Compaan
17:30 Aanddiens
Ds. Gerrie Bodenstein Ds. Gerrie Bodenstein (Belydenisaflegging)
LERAARS EN PASTORALE HULPE
Auke Compaan 083 381 7002
auke.compaan.ac@gmail.com
Nico Swart 083 678 8290
nico@skuilkrans.co.za
Gerrie Bodenstein 078 509 6754
gerrie.bodenstein@gmail.com
Anel Pienaar 082 069 0494
anel@skuilkrans.co.za
Willem Boshoff 082 890 2644
boshows@mweb.co.za
Piet Meiring 083 458 9008
pgjmeiring@gmail.com
VOORBIDDING WORD GEVRA VIR:
Trientjie Swart, Dawie Nel, Pieter Dempers,
Bessie Scheepers, Henriëtte de Vos
en Johan Voigt
09:00 - 13:00 in die kapel
DANKBAARHEIDSMAAND
Ons dankfees, wat hierdie jaar op 28 Oktober plaasvind, sal weer lekker vrolik en gesellig wees. Dit verloop
soos volg:
Ons elkeen besluit in gebed wat ons graag vir God wil teruggee in ruil vir wat Hy vir ons gee. Ons mik om ‘n bedrag van R 300 000 in te samel en daarom bring ons ons DANKOFFERKOEVERT saam na die erediens. Daar is spesiale koeverte vir ons KINDERS. Kom ons leer hulle die vreugde daarvan om iets vir God eenkant te bêre, dit daarna weg te gee en dan net te vertrou. Dit sal goed wees as elke ouer met sy kind ‘n gesprek oor dankbaarheid en offers kan hê.
Ons vier NAGMAAL in al ons dienste.
Ons DANKFEES-ETE vind direk na die oggenderedienste en voor die aanddiens plaas. Ons gaan
sommer boereworsrolle braai en heerlike nagereg eet. Kom ons beplan om voor en na die eredienste wat ons bywoon, lekker saam te kuier.
Ons sal ook spesiaal vir ons KINDERS voorsiening maak.
PREEKTEMAS VIR DANKBAARHEIDSMAAND
14 Oktober
Ons verwonder ons oor God en Sy oorvloed (Psalm 65)
21 Oktober
Die gawe van vrygewigheid (Romeine 12:8-20)
28 Oktober
Kom dank nou almal God! (2 Korintiërs 9:1-15)
Kom ons maak Oktobermaand ‘n spesiale tyd in ons gemeente!
Kolwyntjies te koop
Ná die oggenddiens op Sondag, 21 Oktober -
ten bate van Dankbaarheidsmaand