Eenheid 1: Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

Post on 12-Jan-2016

1.541 views 17 download

description

Eenheid 1: Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika. Handboek bladsy 44 - 59. Powerpoint aanbieding geskep deur: Mnr L Taute ltaute@hsmontana.co.za. Eenheid 1: Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika. Kernwoorde. - PowerPoint PPT Presentation

Transcript of Eenheid 1: Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

Powerpoint aanbieding geskep deur:Mnr L Taute

ltaute@hsmontana.co.za

Handboek bladsy 44 - 59

1

Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

KernwoordeDriehoekige handelsroete Roete tussen drie verskillende lande/plekke.

Industriële Revolusie Het gedurende 1750 in Engeland begin, en behels dat goedere al hoe minder met die hand gemaak word, maar eerder deur middel van masjiene in groot fabrieke.

Kinderarbeid Werk wat deur kinders onder die ouderdom van 16 jaar verrig word, wat tot misbruik kan lei en gevaarlik en onvanpas vir ’n kind is.

Massaproduksie Die vervaardiging van groot hoeveelhede van een tipe produkte.

Omheiningstelsel Om afgemerkte stukke gronde te skei.

Tuisnywerhede Produkte is met die hand gemaak by die huis, deur gesinne.

Ander belangrike kenwoorde waarvan gepraat word in dié eenheid:

Luddiete , Oopveldstelsel, Swing-onluste

2

Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

Kernwoorde

lyfeienskap Die verhouding wat kleinboere met grondbesitters gehad het, waarvolgens hulle op die grond kon woon, maar die grondbesitter met oeste en arbeid moes betaal.

bestaansboerdery As jy net genoeg vir eie gebruik produseer.

handelaar Iemand wat produkte verkoop.

losieshuis ‘n huis met baie kamers waar mense ‘n kamer vir een of meer nagte kon huur.

meganisering Wanneer masjiene die werk doen wat mense eers gedoen het; dit maak mense in fabrieke oorbodig.

krotbuurt Baie vuil, onhigiëniese en oorbevolkte lewensomstandighede.

tifus ‘n bakteriële siekte.

Skalpeer Die hare en vel word van die kop verwyder.

Trekkerig Gevul met trekke (koue lug).

heersend Dit het dikwels gebeur.3

Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

Kernwoorde

Whig-regering ‘n liberale politieke party in Brittanje, terwyl die Tories ‘n konserwatiewe party is.

oortollig Wanneer werkers nie meer nodig is nie omdat hulle deur masjiene vervang word.

Penarie Situasie.

Vigilante Tree op soos wetstoepassers.

Ses wette Strawwe wette teen daardie tyd wat die Luddiete moes keer om meganiese weesmasjiene te verwoes.

Vakbond ‘n groep werkers wat in die algemeen in dieselfde bedryf werk, wat ‘n unie gestig het om ‘n gesamentlike doelwit te bevorder om hul werksomstandighede te verbeter.

koalisie Groep organisasies of samewerking tussen organisasies.

satelliete Lande wat afhanklik is van of onder die invloed is van ander magtiger lande.

4

1. Rykdom uit slawehandel Die driehoekige handelsroete tussen Europa, Afrika en die Amerikas het in

die 18de eeu ‘n hoogtepunt bereik. Hierdie het bygedra tot die

ekonomiese groei van Europa + die Amerikas.

Die Britse ryk het veral ekonomies daarby gebaat: Het grootste rol van Europa gespeel

en het 3 miljoen uit Afrika geneem vir slawerny.

5

1. Rykdom uit slawehandel (vervolg)

Britse ekonomie het op die volgende maniere baat gevind by dié handel:

• Hawens en stede baie ryk geword.(Bristol en London belangrikste stede, later Liverpool as die grootste slawehandelhawe in die atlantiese stelsel)

• Teen middel van 18de eeu (1700’s) was daar net in Liverpool ± 175 slaweskepe. Grootste inkomste verkry uit belasting op Invoer/Uitvoer van skepe vanaf hawe.

6

1. Rykdom uit slawehandel (vervolg)

Britse ekonomie het op die volgende maniere baat gevind by dié handel (vervolg):

• Brittanje het tekstielware, fabrieksware & kommoditeite na Afrika uitgevoer. Veral gewere was ook in groot aanvraag in Afrika.

• Lloyds & Barclays (van die vroegste banke in Brittanje) het hul rykdom uit die slawehandel verdien.

• Sommige mense het ryk geword en was invloedryk in die politiek.

7

2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie

Voor Industriële Revolusie = Groot deel van land se bevolking het op

die platteland gewoon.

Hierdie mense was heeltemal

afgesonder en het klein gemeenskappe

gevorm.

Hul het graan verbou of skape vir

wol geteel, wat handearbeid geverg

het.

Plaasgereedskap was algemeen, maar

nie masjiene nie.

Goeie somers =Goeie oeste

Lang winters =Hongerte en

ongerief8

2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)

2.1 Landbou-ekonomie

• Lyfeienskap het in Engeland teen einde van 17de eeu (1600’s) verdwyn, maar meeste plase was nogsteeds op “gemeenskaplike grond” gevestig.

• Kleinboere het grond gehuur.• Gemeenskaplike grond was

geskoei op die oopveldstelsel.9

2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.1 Landbou-ekonomie (vervolg)

• Lande op die oopveldstelsel is verdeel in lang smal stroke – elke huishouding kry toe dus ‘n strook.– Beteken dat gewasse nie op groot skaal verbou kon word

nie en dat landbouproduksie nooit veel toegeneem het nie. Kleinboere het arm gebly.

• Vroeë 1700’s het landbouproduksie skerp laat styg en tot ‘n landbou-oorskot gelei. Dié ontwikkelings het die volgende ingesluit:– Uitvindings– Nuwe boerderymetodes– omheiningstelsel

10

1. Uitvindings: Jethro Tull(Engelse landboukundige)

Saaimasjien

2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.1 Landbou-ekonomie (vervolg)

11

1. Uitvindings: Jethro Tull(Engelse landboukundige)

skoffelmasjien

2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.1 Landbou-ekonomie (vervolg)

12

2. Uitvindings: Lord Townshend(Engelse edelman)

Viergang-wisselbouvan gewasse bekend gestel.

=Wat gehelp het dat die

grond byna heeljaargeskik is vir boerdery.

2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.1 Landbou-ekonomie (vervolg)

13

3. Uitvindings: Robert Bakewell(Engelse landboukundige)

Veeteelt grootliks verbeter=Diereproduksie

vermeerder

2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.1 Landbou-ekonomie (vervolg)

14

4. Uitvindings: Omheiningstelsel

• Die gemeenskaplike oop velde waarop kleinboere hul gewasse verbou het, is omhein en volle beheer is aan die grondbesitters teruggegee.

• Dit het in die 1750’s begin gebeur.• Eienaars/Grondbesitters = boereproduksie vermeerder &

spesialiseer in spesifieke gewasse.• Kleinboere = van grond ontein

Brittanje kon nou ‘n oorskot voedsel produseer, wat nodig sou wees om ‘n bevolking te voed wat sou toeneem, en wat teen die 18de eeu sou verdubbel het!

2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.1 Landbou-ekonomie (vervolg)

15

2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)

• Ander deel van Brittanje se ekonomie voor die I.R. was geskoei op tuisnywerhede.

• Gewilde soort ekonomiese bedrywigheid in 17de-vroeë 18de eeu. (1600’s-1700’s).

• Boere en hul gesinne was betrokke by:– Naaldwerk– Kantmakery– Huishoudelike vervaardiging

• Teen vroeë 18de eeu het tuisnywerhede meer gespesialiseerd geword.

2.2 Tuisnywerhede

16

Hoewel tuisnywerhede grootliks in duie gestort het met die beginvan die Industriële Revolusie, het dit op sommige belangrike maniere daartoe bygedra:

• Winsgewend vir die stedelike handelaars.• Het die engelse ekonomie verstewig met die toename van handel.• Brittanje het oorsee bekend geword vir goedkoop uitvoer van hoë

gehalte.• Landelike handelaars het ondervinding opgedoen van die

invoer van grondstowwe en uitvoer van fabrieksware.• Baie het tuisnywerhede-vaardighede opgedoen, wat nodig was in

die Industriële Revolusie, soos bv. die tekstielfabrieke.

2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.2 Tuisnywerhede (vervolg)

17

18

3. Wat was die Industriële Revolusie?

• ‘n Verandering wat in Briitanje begin het.

• Verskuiwing van mense– Mens op grond werk, na– Mense in vervaardiging werk.

• Verstedeliking vind plaas!• Nuwe metodes van vervaardiging

= goedkoper en vinniger produsering.

• Nuwe uitvindings, idees en metodes het ontstaan, bv. die gebruik van yster+steenkool het gelei tot die stoomenjin.

19

• Tydens 1800’s (17de eeu) het dit versprei reg deur Brittanje.

• Aantal fabrieke is opgerig en mense het vanaf platteland na die stede beweeg vir werk/geld.

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie

20

• 1000’de werkers moes masjiene in meule en smelterye bedien.

• Stede het toe vol mense geword.• Londen (en ander Britse stede) was nie voorbereid

op dié groot toename in mense nie.• As daar geen huise was om te huur nie, het mense in

losieshuise gebly, met hele gesinne wat in enkelkamers gewoon het.

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)

4.1 Verstedeliking en ander lewensomstandighede

21

• Massaproduksie en meganisering het tot werkloosheid gelei, terwyl sommige werkers nuwe werksgeleenthede gekry deur met die nuwe masjienerie te werk.

• Werkers het onder strawwe omstandighede in die groeiende nywerheidstede gewoon en gewerk.

• Die hegte familie-verhoudings tydens tuisnywerhede, het onmoontlik geword in die groot fabriekstelsel.

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)4.1 Verstedeliking en ander lewensomstandighede (vervolg)

4.1.1 Die werkersklas

22

• Werksdag in fabrieke = 12-14ure, 6 dae ‘n week.(dieselfde as in tuisnywerhede)MAAR Werkgewers/Fabriekseienaars wou die masjiene so lank moontlik laat loop, so werkers is gedwing om vinniger en sonder rus te werk.

• Werk het later meer gespesialiseerd geraak, en dus vervelig ook.

• Vroue en kinders het ook as ongeskoolde arbeiders gewerk, en het minder lone as mans verdien.

• Kinderarbeid het dikwels voorgekom, met kinders so jonk as 9jaar het in fabrieke gewerk.

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)4.1 Verstedeliking en ander lewensomstandighede (vervolg)4.1.1 Die werkersklas (vervolg)

23

• Werkers woon naby fabrieke om werk toe te kan loop.

• Huise is vinnig en goedkoop gebou. Meestal 2-4 verdiepings met 1of2 vertrekke op grond en 1of2 vertrekke op boverdiepings.

• Victoriaanse gesinne was groot, met 4of5 kinders.

• Geen lopende water of binnenshuise toilet nie.(hele straat moes ‘n buitemuurse pomp en ‘n paar buitetoilette deel).

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)4.1 Verstedeliking en ander lewensomstandighede (vervolg)

4.1.2 Oorbevolkte behuising

24

• Meeste huise in Noorde van Engeland was– “rug aan rug” gebou sonder vensters aan

voorkant– Sonder agterplase– Met ‘n riool in die middel van die straat.– Dig opmekaar gebou, met nou strate.

• Huise was stampvol met 5+ mense.• Stede was vuil en ongesond.• Vullis is in strate gegooi.• Sulke krotbuurt omstandighede was

ideal vir siektes.• Meer as 31 000 mense sterf in 1832 in

uitbreking van cholera, en nog meer doodgemaak deur tifus, pokke en disenterie.

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)4.1 Verstedeliking en ander lewensomstandighede (vervolg)

4.1.2 Oorbevolkte behuising (vervolg)

25

Armoede het in verskeie dorpe en stede voorgekom:1. Nie genoeg werk vir al die mense wat na die stede toe gestroom

het nie.2. Omdat daar’n ooraanbod van werk was, kon fabriekseienaars baie

lae lone betaal, waarop die mense nie kon oorleef nie.3. Die toenemende meganisering het tot werkloosheid gelei.

• Baie gesinne het hul kinders gestuur om te werk!Kinders van 7 & 8 – jariges kon van 04:00-19:00

as voëlverskrikkers op die lande gaan werk.

Ouer kinders het as tydelike werkers gewerk.

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)4.1 Verstedeliking en ander lewensomstandighede (vervolg)

4.1.3 Armoede

26

• Groepe vuil, verflenterde kinders het in strate rondgeswerf :– Geen gereelde inkomste en geen huis om heen te gaan nie.– Straatkinders was soms weeskinders.– Hulle het gesteel of sakkerollers geword om kos te koop.– In buitegeboue of deuropeninge geslaap.– Sommige het werkies gedoen om geld te verdien.– Hulle kon werk kry as straatveërs wat pad gevee het deur die

modder en perdemis van die hoofstrate, om plek te maak vir dames en here.

– Ander het blomme, vuurhoutjies en muffins buite op straat verkoop.

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)4.1 Verstedeliking en ander lewensomstandighede (vervolg)

4.1.3 Armoede (vervolg)

27

• ‘n Gebou wat opgerig is om armes te huisves.

• Huise is oor die hele land gebou as ‘n gevolg van die nuwe wet op armes van 1834.– Dié wet van parliament het

bepaal dat mense wat baie arm, oud, siek of werkloos was, versorg moet in ‘n armhuis.

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)4.1 Verstedeliking en ander lewensomstandighede (vervolg)

4.1.4 Armhuise

• Dié armhuise sou kos, drank en werk aan sy inwoners gee.• Was ook onaangename plekke; arm mense word verwag om al

hulle besittings saam te vat na die armhuis, waar hulle sou bly totdat hulle gesterf het. 28

29

• Myne + fabrieke het werk aan mense gebied.• Was nie altyd veilig om daar te werk nie.• Baie mense en kinders is beseer/dood in myne en

fabrieke.

Fabriekstelsel kenmerke: Streng dissipline Kwaai strawwe Ongesonde werksomstandighede Lae lone Onbuigsame werksure

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)

4.2 Die myne en fabrieke

Fabrieke het werkers ontneem van:* Vryheid

* Waardigheid*Kreatiwiteit

30

Fabrieks-en meuleienaars kinders as werkers gebruik om:

o Kinders goedkoop bron van arbeid.

o Was ideale fabriekswerkers: gehoorsaam & onderdanig.(Hulle sou op straf reageer en nie vakbonde vorm nie)

o Hul was geskik vir nuwe masjiene en werksomstandighede: ratse vingers, klein postuur en soepelheid.

o Kinders voordeel gehad met klein masjiene op grond en in smal ondergrondse tonnels van steenkool-en metaalmyne.

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)4.2 Die myne en fabrieke (vervolg)

4.2.1 Kinderarbeid= kinders jong ouderdom te werk as goedkoop arbeid, en min/geen betaling kry.

31

• 1000’de kinders het daar gewerk.• Fabriekseienaars het selfs

weeskinders ingeneem MAAR hul dan so hard moontlik laat werk sonder betaling!

• Meeste tyd van kinders was spandeer by masjiene met min/geen tyd vir vars lug/oefening.

• Hul het selfs sondae masjiene skoon gemaak!

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)4.2 Die myne en fabrieke (vervolg)

4.2.2 Kinderarbeid in katoenfabrieke

• Daar was baie ernstige ongelukke. Kinders is geskalpeer wanneer hul hare in die masjiene vasgevang is, hande is vergruis en party het gesterf toe hul aan die slaap geraak het en in die masjiene geval het. 32

• Steenkoolmyne was gevaarlike plekke waar dakke ingestort het, ontploffings gebeur het en werkers allerlei beserings opgedoen het. (a.g.v. min veiligheidmaatreëls)

• Sny + vervoer van steenkool = mans, vrouens en kinders.• Kinders het gewerk as:– “vangers” (beskrywing bl.52)– “steenkooldraers”

(vragte steenkool in groot mandjies dra op rug)

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)4.2 Die myne en fabrieke (vervolg)

4.2.3 Kinderarbeid in myne

33

• Die regering het in 1842 die mynwet aanvaar, wat die indiensneming van vroue en meisies en alle seuns jonger as tien in myne verbied het.

• Later het dit onwettig geword dat ‘n seun jonger as 12 onder in ‘n myn werk.

4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg)4.2 Die myne en fabrieke (vervolg)

4.2.3 Kinderarbeid in myne (vervolg)

34

5. Weerstand teen werksomstandighede(militante optrede en die organisering van vakbonde)

• Die Swing-onluste was ‘n wydverspreide opstand deur plaaswerkers wat in Aug 1830 begin het. (Sien “Kaptein Swing” op bl.53)

• Die Luddiete was bendes Engelse werkers wat masjienerie vernieting het (veral in katoen & wolfabrieke), wat geglo het hulle werk bedreig het. Hulle bedrywighede het in 1811 begin.

5.1 Swing-onluste en Luddiete

35

• Weens omheiningstelsel het kleinboere arm geword en die grond verloor waarop hul geboer het.

• Sommige kleinboere het as werkers opgetree vir die grondbesitters en het baie lae lone gekry ook.

• Grondbesitters het toe baie werkersbegin afdank endorsmasjiene begingebruik.

5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.1 Swing-onluste en Luddiete (vervolg)

5.1.1 Swing-onluste - Landbou

36

• Op 18 Aug 1830 het die Swing-onluste begin toe hulle die 1ste dorsmasjiene verwoes het.

• Teen 3de week van Aug was 100’de dorsmasjiene verwoes.

• Na dié het grondbesitters besluit om lone te verhoog en meer kleinboere in diens te neem, maar baie het nie hul belofte gehou nie.

• Brittanje het politieke hervormings nodig gehad wat plaaswerkers verteenwoordig in die parlement.

5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.1 Swing-onluste en Luddiete (vervolg)

5.1.1 Swing-onluste - Landbou (vervolg)

37

• Op 15 November 1830 is Wellington se regering in ‘n stemming in die laerhuis (parlement) verslaan. 2 dae later is ‘n nuwe, meer liberale regering gevorm: ‘n Whig-regering (die whigs was ‘n liberale party in Brittanje terwyl die Tories konserwatief was)

• Die Swing-onluste het bygedra tot die maatskaplike, politieke en landbou-onrus in Brittanje in die 1830’s.

• ‘n Hervormingswet is toe opgestel in 1832 wat kleinboere verteenwoordiging gegee het in laerhuis.

• Whig-regering het ook klomp armhuise gevestig.

5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.1 Swing-onluste en Luddiete (vervolg)

5.1.1 Swing-onluste - Landbou (vervolg)

38

• Die luddieteprotes was anders!• Wewers was mans (weefstof

bewerk) en was baie vaardig.• Daar was begin om hulle oortollig

te maak d.m.v. masjiene in te bring by katoenfabrieke.

• Die wewers was ontstoke oor hul verlies van status en relatiewe rykdom. Hul word toe Luddiete-beswaarmakers.

• Hulle beplan toe om die rame van die masjiene te verwoes wat vir hul penarie verantwoordelik was.

5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.1 Swing-onluste en Luddiete (vervolg)

5.1.2 Luddiete - nywerhede

39

• Die ontwrigting wat die Luddiete veroorsaak het was so erg dat die premier, Stanley Perceval, die wet teen raambrekery ingestel het.

• Dié vigilante taktieke van die Luddiete is dus nou onwettig en die doodstraf in ingestel vir enige iemand wat nou ‘n raam stukkend slaan.

• Die regering het voortgegaan om nog wetgewing op te stel, soos die ses wette, om die Luddiete se optrede te onderduk.

• Die Luddiete het eers in 1813 hul optrede gestaak toe 3 Luddiete gehang is nadat hul in 1813 ‘n katoenfabriek eienaar doodgemaak het.

5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.1 Swing-onluste en Luddiete (vervolg)

5.1.2 Luddiete - nywerhede (vervolg)

40

• In 1816 het die geweld en masjienbrekery egter weer opgevlam na ‘n swak oes en insinking in handel.

• In Junie 1816 het die Luddiete ‘nkatoenfabriek in Loughborough aangeval en 52 weeframe stukkend geslaan. Hulle is in hegtenis geneem. 6 Mans is tereggestel en nog 3 is tronk toe gestuur.Na dié hofsaak het Luddisme bedaar.

5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.1 Swing-onluste en Luddiete (vervolg)

5.1.2 Luddiete - nywerhede (vervolg)

41

42

• Sedert 1800 het werk begin van Landbou-na Nywerheidsproduksie te beweeg.

• Lae lone, swak werksomstandighede en stygende kospryse het daartoe gelei dat werkers begin “vroeë vorms van ‘n vakbond” stig.

• Die reaksie van regerings was om hierdie samespannings te beperk deur dit onwettig te maak.

• Die Franse Revolusie (1789) het gehelp om meer radikale idees te ontwikkel en te versprei.

5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg)

5.2 Groot Nasionale Verenigde Vakbond

43

• In 1834 het Robert Owen, ‘n maatskaplike hervormer, die Groot Nasionale Verenigde Vakbond (GNVV) gestig.

• Dié was ‘n koalisie met baie werkers wat daarop gemik was om hul regte te beskerm. Dit het 500 000 lede gehad wat bestaan het uit:– Mynwerkers– Kleremakers– Bakkers– Gaswerkers

5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg)

5.2 Groot Nasionale Verenigde Vakbond (vervolg)

44

• In 1834 het die regering probeer om die GNVV vakbond te verpletter deur 6 plaaswerkers van die dorp Tolpuddle in Dorset in gehtenis te neem.Dié 6 mans wat by die GNVV aangesluit, is aangekla enskuldig gevind en gevonnistot deportasie na Australia(‘n Britse strafkolonie) vir7 jaar.

5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg)

5.2 Groot Nasionale Verenigde Vakbond (vervolg)

45

• Die GNVV het net 1 jaar gehou! Daar was te veel meningsverskille oor hoe om die vakbond te organiseer en na die Tolpuddlesaak was werkers bang om aan te sluit.

• Nietemin is die idee van ‘n verenigde werksunie geplant en het in 1845 het die stigting van die nasionale assosiasie van verenigde ambagte vir die beskerming van arbeid gebeur.

5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg)

5.2 Groot Nasionale Verenigde Vakbond (vervolg)

46

• Die Industriële Revolusie het ‘n enorme toename in die vervaardiging van baie soorte goedere geskep.

6. Vergrote mag en rykdom van Brittanje en Wes-Europese lande

6.1 Vergrote mag en rykdom van Brittanje• Brittanje het die voortou geneem.• Banke is gestig om die toename van geld te hanteer.

In 1750 het London 20 banke gehad, en teen 1800 het die stad 70 gehad.Banke = lenings aan fabriekseienaar om masjiene te koop.

= korttermynlenings aan nyweraars. = krediet voorsien aan boere, groothandelaars,

ens.47

• Die Industriële Revolusie sou aan Wes-Europa die ekonomiese stelsel en tegnologie gee om ‘n groot deel van die wêreld te oorheers in die koloniale periode na die einde van die 19de eeu.

• Die lande wat NIE na industriële stelsels verander nie, is spoedig agtergelaat, en het dikwels satellliete van die groot moonthede geword.

6. Vergrote mag en rykdom van Brittanje en Wes-Europese lande (vervolg)

6.2 Vergrote mag en rykdom van Wes-Europese ekonomieë

48

Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

Powerpoint aanbieding geskep deur:Mnr L Taute

ltaute@hsmontana.co.za

Handboek bladsy 44 - 59

49